GRIEKSE SLAAISOUS RESEPTE

 

FLR BB be the first to give us a photo!!

Anita Mc Donald

Wie het asb vir my n lekker Griekse slaaisous resep?

Elize Swart Olie, asyn en speserye. Een eetlepetl van alles. En verdubbel soos nodig. Jy kan ook ‘n klein bietjie mayonnaise byvoeg en suiker na smaak

Adam Cloete Ek maak nooit vooraf ‘n sous vir ‘n Griekse slaai nie. Ek strooi eers die sout en peper (gewoonlik swart peper, as almal dit mag eet) oor die slaai, dan bietjie fyn knoffel, dan bietjie asyn (verkieslik rooi wynasyn) en dan bietjie olyfolie en meng dan die spul deurmekaar. Dit is soos die Grieke by wie ek leer kook het, dit gemaak het.

Marius de Beer Griekse GI Low slaaisous. Sny twee tamaties in dun skywe en n halwe komkommer. strooi sout oor soos vir slaai. Nie te min nie en nie te veel nie. Laat staan sowat n uur en en gooi die sous wat gevorm het af. Meng nou sous met griekse yoghurt tot so dik as wat jy dit wil hê. Jy kan ook bietjie suurlemoensap byvoeg. Gebruik ook sommer as n lekker doopsous.

Anita Mc Donald Ek het nou n sousie gekry, presies dieselfde as wat jy gebruik om Avokadopeer in te le. Probeer dit gerus.




AVO-ZIKI SLAAISOUS


AVO-ZIKI SLAAISOUS

1 ryp avokadopeer
2 E olyf- of sonneblomolie
¼ koppie gerasperde komkommer
Sap van een vars suurlemoen
1 huisie knoffel, fyngemaak
Sout en swart peper na smaak
1 tpl vars dille, gekap
Griekse joghurt (opsioneel)
Meng al die bestanddele met die hand of met ‘n voedselverwerker. Jy kan ‘n bietjie Griekse joghurt byvoeg, indien verkies.

Resep:  Mev. Papadakis




MOSTERD SLAAISOUS VIR AARTAPPELS

tested
MOSTERD SLAAISOUS VIR AARTAPPELS

1 koppie asyn(ek gebruik wit)
1 koppie water
3/4 koppie suiker
1 teelepel mostert – ek hou daarvan om heelkorrel mostert te gebruik.
1 eier
2eetlepels maizena
Sout en peper
Room
Klits eier – met asyn, suiker, en 3/4 van water met sout en peper
Bring tot kookpunt
Haal af van hitte en roer maizena gemeng met res van water by. Voeg mostert by. Laat weer tot kookpunt kom. Laat effe afkoel en voeg room by. Ek sit sommer halwe houertjie by.
Gooi warm sous oor warm gekookte blokkies aartappel. Laat afkoel. Geniet.

Marieta van Bladeren



GRIEKSE VINAIGRETTE

vinaigrettetested
GRIEKSE VINAIGRETTE
Hier is ‘n baie eenvoudige Griekse slaai vinaigrette . Dit kan net so lekker oor so ‘n pastaslaai werk. Die idee om dit eers in die yskas te laat trek is my eie en dit werk ook beter met vars oreganum en selfs fyngekapte basiblare daarby.
2 fyngemaakte knoffelhuisies
1 teelepel gedroogde orenanum
½ teelepel Dijon mosterd
¼ koppie rooiwyn asyn
1 teelepel growwe sout
½ teelepel gemaalde swartpeper
½ koppie olyfolie
Klits die knoffel, oreganum, mosterd, asyn, sout en peper in ‘n bakkie. Terwyl jy klits, voeg die olyfolie stadig by. Giet in ‘n botteltjie met ‘n prop, maak toe en laat ten minste 1 uur in die yskas staan. Meng deur slaai ongeveer 30 minute voor jy dit bedien.
Resep:  Adam Cloete




LEKKER SLAAISOUS


LEKKER SLAAISOUS

hoe langer hy staan hoe lekkerder

1 Kop wit asyn
1/2 kop sonneblomolie
2 teel sout
1/2 teel gemaalde peper
2 teel knoffel
1 teel selderysout
1/2 teel mostertpoeier
2 teel suiker
Meng als behalwe olie
Dan olie
Hou in yskas
Ek hou v meer suur maar as jy wil kan olie en asyn dieselfde hoeveelheid wees
As jy sukkel om selerysout te kry kan jy maar geelsout gebruik

Bron- Elba Groenewald




SLAAISOUS – SALAD DRESSING

1451964_384240435039683_705843911_n
SLAAISOUS – SALAD DRESSING

Maak jou eie slaaisous. Baie lekkerder en gesonder.

3 minute en 4 bestandele is al wat nodig is om die ‘beter eet’ indeks van jou maaltyd te verbeter!

Die meerderheid kommersieële slaaisous word gemaak met sonneblomolie en/of bevat preserveermiddels. Lg. kan die absorbsie van van die voedingstowwe van jou slaai benadeel en eersgenoemde dra by tot te veel Omega 6 vette in jou dieet.

3 tbs Olive  Oil
1 tbs lemon juice
1 tbs mustard
1 tbs honey
Salt to taste if required

 

 




GAIL’S SWEET CHILLI DRESSING

sweet chilli salad dressing
GAIL’S SWEET CHILLI DRESSING
Mix together:
150 ml sweet chilli sauce
50 ml vegetable oil (I suppose you can use olive as well)
Juice of one lime (I’m sure lemon juice will be ok too)
Any lettuce leaves
Some rocket leaves
Avo (sliced)
Biltong sprinkled (chopped)
Cashew nuts (chopped….
Dressing over the top (dribbled)

Recipe and photo: Gail Daniell




MAYONNAISE SLAAISOUS


MAYONNAISE SLAAISOUS

1 kop cross & blackwell mayonnaise.moet c&b wees.
1 kop suiker,
3/4 kop olie
3/4kop asyn
1 eetl mixed herbs
1/2 tl sout
meng alles saam en hou in yskas

RESEP: Elaine Ackerman




TUISGEMAAKTE MAYONNAISE


TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
Hier is my eie resep, kan dit vir enige slaai gebruik.
2 eiergele
50 ml suurlemoen sap
50 ml suiker
sout
1 gekapte ui
5 ml mosterdpoeier
knoffel (opsioneel)
‘n handvol pietersielie
Plaas alles saam in ‘n blender en blend tot dit glad is en drizzle 100 ml olie STADIG by terwyl die blender op vol spoed blend.

RESEP:  Annatjie de Klerk




BILTONG SLAAI

BILTONG SLAAI
Slaaisous
1 knoffelhuisie, gekneus
125 ml vars pietersielie, gekap
½ koppie sprietuie, gekap
2,5 ml gemaalde swartpeper
2,5 ml korrelmosterd
125 ml olyfolie
30 ml wit asyn
15 ml suiker
Slaai
500 ml dun gekerfde biltong
2 koppies kaas, in blokkies gesny
2 avokado’s in skywe gesny
4 hard gekookte eiers, in kwarte gesny
1 rooi Soetrissie, in blokkies
Blaarslaai

Slaaisous :
Meng bestanddele vir slaaisous en marineer gekerfde biltong in yskas vir 24 uur.
Slaai :
Pak groot slaaibord of individuele borde met res van slaaibestanddele.
Sprinkel biltong en van die slaaisous oor. Sit met res van slaaisous aparty voor.