ANNELIZE SE SLAAISOUS

ANNELIZE SE SLAAISOUS
(hier gooi ek baie meer suiker in, want ek hou van soet slaaisous)
4 eiers
1 koppie asyn
4 koppies olie
1 teelepel sout
10 teelepels suiker, of suiker na smaak (ek gooi baie in ½ koppie)
8 teelepels kruie of gemengde kruie na smaak
6 teelepels knoffel of 4 knoffelhuisies
pietersielie na smaak
6 teelepels mosterdpoeier
grasuitjies

Klits eiers baie goed.
Voeg asyn stadig by terwyl vinnig geklits word.
Voeg olie in dun straaltjies by en klits aanhoudend
Voeg droë bestanddele by en meng goed.
Klop pietersielie, uitjies en knoffel by en versap.
Bêre in toe houer in yskas en gebruik soos nodig.
Hou baie lank in yskas, maar kan halveer word! Ek gooi sommer meer as 1 koppie suiker en meer mosterd in!
Resep: Annelize Smit




HEERLIKE BASIL SLAAISOUS

HEERLIKE BASIL SLAAISOUS
Vir almal wat nou ‘n oormaat Basil het.
Het hierdie resep sommer self aanmekaar geslaan.
1  1/2 koppie vars basil blare, styf in die koppie gedruk. Jy kan meer ook gebruik
12 knoffel huisies, gekerf
1/2 koppie olie, ek gebruik canola olie, maar jy kan olyf olie gebruik
2 koppies water
3 koppies mayonaise (Cross and Blackwell)
2 teelepels sout
3 teelepels suiker
swart peper en bietjie asyn (opsioneel….proe eers )

Sit alles in ‘n versapper en versap.
Ek meng eers alles en sit dan die water by om die regte dikte te verkry.
Die resep maak redelik baie, so jy kan dit maklik halfveer.
Sout, peper en suiker kan jy aanpas na smaak.
Ek gooi dit in botteltjies, dit hou bae goed in die yskas.
Heerlik oor slaaie en gebruik dit ook oor pasta.
Resep: Tanya Rossouw




PERS BASIELIEKRUID SLAAISOUS


PERS BASIELIEKRUID SLAAISOUS
Nie so soet soos die gekooptes nie, en meer geuriger.
4 koppies basiliekruid
2 knoffelhuisies
1/4 koppie sonneblomsade effens geskroei (het ongelukkig nie ander gehad nie)
2 opgehoopte teelepels heel mosterdkorrels
1/2 teelepel sout
1/2 teelepel grof gemaalde swartpeper
2 teelepels glukose
1/2 koppie wit asyn
1/4 koppie suurlemoensap
1/3 koppie olyfolie

Alles in voedselverwerker goed fyngemaak. In ‘n bak gegooi en 2 koppies mayonnaise bygevoeg, goed deurgemeng.
Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld




CAESAR SALAD DRESSING

CAESAR SALAD DRESSING
6 cloves garlic, mashed and minced
1 tablespoon Dijon mustard
1 tablespoon vinegar
Kosher salt and freshly ground black pepper
2 tablespoons mayonnaise
1/2 cup olive oil
Lemon juice, for seasoning
Minced anchovy fillets, optional

For the Caesar salad dressing: Combine the garlic, mustard, vinegar and two pinches of salt in a blender and mix thoroughly. Add the mayonnaise and blend together to form a thick base. In a slow stream add the olive oil through the hole in lid. Scrape the dressing with spatula into a bowl and season to taste with salt, pepper and lemon juice. If desired, add some anchovy to the dressing to create a deeper, saltier taste.




KINGSLEY CAFE DRESSING

KINGSLEY CAFE DRESSING
1 whole orange
1 whole lemon
50 ml honey
50 ml horseradish
50 ml wholegrain mustard
500 ml olive oil
100 ml mayonnaise
salt and pepper

Whizz all the ingredients together in a blender and pass through a sieve to remove all the pieces. Enjoy!
Keep in the fridge.

Recipe posted by Elsabie Templeton
Photo:  Elsabie Templeton




SLAAISOUS VIR PIESANGSLAAI


SLAAISOUS VIR PIESANGSLAAI
3 eiers
125 ml witasyn ( halwe koppie)
250 ml suiker (1 koppie)
10 ml mosterdpoeier (2 teelepels)
knypie sout
250 ml Ideal melk (1 koppie)

Klits als saam in kastrol tot goed gemeng. (Behalwe ideal melk) verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal van stoof af sodra begin kook. Laat afkoel. Voeg ideal melk by en meng goed. Gooi in fles en bewaar in yskas tot benodig. Vir slaai sny piesang in skywe en gooi van die sous oor. Bewaar res in yskas vir tot 3 weke.

RESEP:  Johan En Biebie Botha




LOVELY “GREEN” SALAD DRESSINGS

LOVELY “GREEN” SALAD DRESSINGS
DULCIE SALAD DRESSING
½ cup vinegar
5 eggs
3 level teaspoons salt
4 med or 2 large garlic cloves
6 teaspoons sugar
4 tablespoons mixed herbs
3 cups oil
½ cup parsley, not chopped (1 punnet)
Bunch of spring onion
Liquidize all ingredients except oil.
Add oil bit by bit.
Blend well until a thickish consistency (thickness of the salad dressing)
*To make larger quantities just keep doubling the ingredients.
Sourse: Chantélle Saayman
CHIMICHURRI SAUCE
Makes about 1 cup
Ingredients
1 cup (packed) fresh Italian parsley
1/2 cup olive oil
1/3 cup red wine vinegar
1/4 cup (packed) fresh cilantro
2 garlic cloves, peeled
3/4 teaspoon dried crushed red pepper
1/2 teaspoon ground cumin
1/2 teaspoon salt
Preparation
Puree all ingredients in processor. Transfer to bowl. (Can be made 2 hours ahead. Cover and let stand at room temperature.)

Photo: Elsje Stander‎

GROEN SLAAISOUS VAN KAAPSE RESTAURANT
Ek het ‘n resep van ‘n restaurant in Kaapstad.
Groot bos pietersielie,
1/2 – 3/4 blik Appletizer,
3 spring onions,
stukkie garlic,
(as jy wil) stukkie groen chilli,
teelepel heuning,
versap dit alles met so ±3 eetl griekse joghurt.
GRASgroen slaaisous…… te mooi .
Bron: Pattie Rossouw




CREAMY HERBY SALAD DRESSING (DULCI)


CREAMY HERBY SALAD DRESSING (DULCI)
(40 servings)
3 cups vegetable oil
5 Eggs
1/2 cup white vinegar
1 onion
Bunch parsley
1 tablespoon dried mixed herbs
1 tablespoon garlic
1 tablespoon salt
1 tablespoon sugar
Combine all the ingredients together in a large bowl and blend until light, thick, creamy and frothy.
Serve garnished with cucumber, salad or chicken.
PHOTO: Ineke Steyn




TESSIE SE WARM SLAAISOUS

TESSIE SE WARM SLAAISOUS

1 eier
1 eetlepel olie
2 eetlepels wit asyn
knippie sout
swart peper

klits al die bestanddele saam.
verhit in pan oor matige hitte totdat sous verdik.
laat effens afkoel gooi oor slaai.
heerlik met gekerfde blaarslaai en ertjies.
of by mengel slaai.
Resep en foto: Tessie Pretorius




NADA SE MENGELSLAAI MET ‘N VERSKIL


NADA SE MENGELSLAAI MET ‘N VERSKIL
Spoel als baie goed af en dreineer goed dat dit nie die slaai pap maak nie.
Sny blaarslaai in lang dun repies. Gooi onder in bord.
Breek rou kool/brokkoli in stukkies/blommetjies. Gooi oor blaarslaai.
Sny Robot peppers lang dun repies of kleiner stukkies.
Dreineer n blikkie ertjies. Gooi oor.
Sny komkommer in stukkies/repies. Gooi oor
Kersie tamaties werk lekker, sny in helftes en strooi oor. Ek het dit nie gehad nie, so ek het 1tamatie in dun snytjies/wiggies gesny en op randte gesit.
Strooi pitlose rosyntjies oor.
Druk Bacon Kips fyn en strooi oor.
Sny uie in dik skywe. Haal dit uitmekaar.
Sny Cheddar kaas in blokkies en gooi oor.
2 wiele fetakaas, druk fyn met vurk en strooi oor.

Sous van mayonaisse:
idealmelk,
kondensmelk, goed gemeng.
Skep uit in n bakkie en voeg n bietjie melk by om dit meer loperig te maak.
Opsioneel: pietersielie, knoffel vlokkies, kruie/speserye, aromat. Gooi oor net voor ete.

Ons het dit saam met n koue boud geeet.

Sous bere ek in my yskas, ek maak dit klaar en gooi dit terug in die glas bottel. Gereed vir enige iets waarmee jy dit wil eet of vir slaai gebruik.
1 Cross & Blackwell mayo
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie ideal melk
1t sout
Bietjie droee mostertpoeier aangemaak tot n pasta met asyn/botteltjie suurlemoensap
Gooi als bymekaar en roer goed deur. Bottel en bere in yskas.

Bron en foto: Nada Duplessis Bloem