RINA SE BROCCOLI EN AVO SLAAI

163654_10150109541984460_536844459_7335387_3372172_n
RINA SE BROCCOLI EN AVO SLAAI
(baie baie lekker)
2 koppies gesnipperde broccoli
1 koppie gesnipperde rooi ui (wit ui werk ook)
½ koppie pitlose rosyne
½ koppie okkerneute
1 avokadopeer
Meng bostaande bestanddele saam en gooi volgende sous oor:

SOUS:
2 Eetlepels rooi wyn asyn of druiwe asyn
¾ koppie mayonnaise
½ koppie suiker
Meng baie goed.
Genoeg vir 6 mense.
Cranberry kan bygesit word vir mooi kleur.
Bron: Rina Kleinhans




INDIESE RYSSLAAI MET PERSKE

INDIESE RYSSLAAI MET PERSKE
500 ml gaar rys
1 ui, geskil en fyngekap
25 ml blatjang
1 klein blik perskes, in blokkies gesny
125 ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5 ml kerriepoeier (matig)
250 ml mayonnaise
sout

Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap.
Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.
Laat staan oornag in yskas en dien op.

Nota:  Hier is ‘n beter foto. Die sous het maar ‘n bietjie baie gelyk – toe roer ek maar nog ‘n paar lepels rys by. Die koljander het die smaak baie mooi afgerond. Dis ‘n baie lekker slaai hierdie!

Foto en kommentaar: Wayne Dugmore




RINA SE ERTJIE EN AVO SLAAI

tested

RINA SE ERTJIE EN AVO SLAAI

Kerf blaarslaai fyn.
Ertjies bo-op gegooi.
Avocado, op gesny.
Feta oor gekrummel.
Gemengde sade oorgegooi en toe die sousie van die broccoli slaai (mayo, druiwe asyn en suiker) oor gedrup, baie min.
Elke persoon het vir homself sout en swart peper opgesit. Dit is heerlik!!!
Bron: Rina Kleinhans




BROCCOLI- EN SPEKSLAAI

BROCCOLI- EN SPEKSLAAI
Resep geplaas deur Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
± 600 g broccoli, in klein stukkies gesny (rou)
1 pakkie ontbytspek, bros gebraai en stukkies gesny
½ koppie rosyntjies
4 groen spring onions, fyn ringetjies gesny (ek gebruik gewoonlik sommer die hele pakkie, want jy koop dit in klein pakkies)
Sous:
¾ koppie mayonnaise (± 180 ml)
2 eetlepels asyn
¼ koppie suiker

Meng deeglik tot suiker opgelos het.
Meng broccoli, ontbytspek stukkies, rosyntjies en spring onions en gooi sous oor.
Meng liggies en laat staan ‘n klein rukkie voor opdiening.




LEKKER BROCCOLI SLAAI

broccoli slaai louisetested

LEKKER BROCCOLI SLAAI
Jy benodig (vir 6 mense)
2 heel broccolikoppe
1 ui, baie fyngekap
150 g cheddarkaas, in klein blokkies gesny
250 g ham of spekvleis, in klein blokkies gesny
(braai die spek voordat jy dit gebruik)

VIR DIE SOUS
1 koppie mayonnaise
100 ml kondensmelk

Temper die blomme.
Giet ‘n ketel vol kookwater oor die heel broccoli.
Laat dit vir ‘n paar minute staan en spoel dit dan deeglik af onder koue lopende water.
Kap die broccoli baie fyn.
‘n Bietjie proteïene. Meng die ui, kaas en ham by die broccoli.
O, so pikant. Meng die sousbestanddele en roer dit deur die slaai.
Wenk – Probeer ook die volgende vir die sous:
Maak een knoffelhuisie met ‘n mespunt sout fyn tot ‘n smeer.
Klits dit by 100 ml Griekse volvet jogurt en roer 100 ml goeie mayonnaise by.
Klits laastens vinnig 100 ml witasyn en 50 ml strooisuiker by.
Foto: Louise Groenewald
2 de Foto: Elize Viljoen  Nota: Ek het 100 g pekanneute bygevoeg.




BLOMKOOLSLAAI MET RADYSE

 

BLOMKOOLSLAAI MET RADYSE
1 blomkool, in blommetjies gebreek
24 gevulde olywe, in skyfies gesny
6 groot radyse, in skyfies gesny
250 ml Cheddar kaas, in blokkies gesny
1 bossie grasuie, fyn gekap opsioneel
Slaaisous:
100 ml suurroom
34 gr Knoffelsousmengsels, 2 x 17 g pakkies – gebruik droog
100 ml mayonnaise

Plaas die alles in slaaibak en meng met slaaisous en knoffelmengsel.
Verkoel die slaai tot dit bedien word.
Hou redelik lank in die yskas en word lekkerder soos dit staan!

My vriendin Mart Briel se resep
Foto: Henriette Wessels




GEBOTTELDE AARTAPPELSLAAI

gebottelde aartappelstested

GEBOTTELDE AARTAPPELSLAAI
4 kg aartappels
2 bottels mayonnaise (750 ml elk)
1 blik kondensmelk
3 groot uie, gekap

Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout, maar pasop dat aartappels nie te sag kook nie, maar NET gaar.
Staan maar die rukkie en toets jou aartappels dat dit nie te sag kook nie.
Dreineer die water af.
Plaas die mayonnaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Voeg aartappels by warm mayonnaise, roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Kan tot 2 maande op koel plek gehou word.

Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
2de Foto:  Leon Kotzé – Ek het vandag hierdie Gebottelde Aartappelslaai gemaak volgens die aangehegde resep.
Dit het heerlik uitgekom.
Ek het die volgende veranderinge gemaak:
5 ml lemonpepper
2 groen soetrissies, fyn gekap
pietersielie vir kleur
Bygevoeg voor die inroer van die aartappels.
Ek kon 5 x 1 L bottels inlê.
Probeer dit gerus 👍 Net reg vir die langnaweek.




WARM SAMPIOENSLAAI

2015-09-13-warmsampioenslaaitested

WARM SAMPIOENSLAAI
Heerlik in die winter, met enige vleis of vis.
500 g sampioene
50 ml meelblom
15 ml pietersielie
5 ml aangemaakte mosterd
250 ml room
50 ml botter
15 ml fyngekapte ui
5 ml sout
knypie rooi peper

Verhit oond tot 180ºC. Meng alle bestanddele behalwe die room. Smeer oondvaste bak en skep die mengsel daarin. Giet room oor en bak vir 30 min. Roer deur en bak nog vir 10 min.
LEKKER EET die sampioenslaai is ‘n wenner!!
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Kiti de Jager




MOSTERDRING

mosterdring leanne
MOSTERDRING
4 eiers
250 ml water
125 ml asyn
150 g wit suiker
15 ml gelatien
15 ml mosterpoeier
2 ml borrie
1 ml sout
250 ml room

Klits die eiers in die boonste deel van’n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie,en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mensel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in.Giet in dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit is of met koue water uitgespoel is, plaas in yskas om te stol. Ontvorm die ring op ‘n mooi slaaibord en vul en garneer dit soos verkies dit is baie lekker hoor.
Foto en resep geplaas deur Philip Theron Snr
2de foto deur Leanne Thurston Coetzer