KEKERERTJIE, BEET EN FETA SLAAI

2014-02-01-chickpea,beetenfetaslaaitested

KEKERERTJIE, BEET EN FETA SLAAI
Maak ‘n slaai van beet blokkies, blikkies kekerertjies (chickpeas) en blokkies feta kaas, giet sous van jou keuse oor of gebruik die volgende sous:

Sous:
2 eetlepels rooi wyn asyn of druiwe asyn
¾ koppie Mayonnaise
½ koppie suiker, meng baie goed

Bron van sous – Rina Kleinhans
Foto – Heidi Rowe




KERRIE UIE SLAAI

2014-02-02-1888949_10152283550783083_1515151603_otested
KERRIE UIE SLAAI
RESEP EN 1STE FOTO: Corne Liebenberg
2DE FOTO: Santie Carelse
FOOD LOVERS RECIPES
6 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ koppie) bruinasyn
60 ml (¼ koppie) water
45 ml (3 eetlepels) suiker
5 ml (1 teelepel) borrie
10 ml (2 teelepels) kerriepoeier
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

Kook alles saam vir 10 minute.
Bottel in gesteriliseerde glasbottels terwyl dit nog warm is.
Heeeeeeeerlik saam met braaivleis.




SONETTE SE KERRIENOEDELSLAAI

Anne Mortelman Chambers

SONETTE SE KERRIENOEDELSLAAI
500 g skulpie noedels
1 ui, gekap
3 soetrissie: 1 groen, 1 geel, 1 rooi, blokkies gesny
100 ml asyn
250 ml tamatiesous
100 ml olie
200 ml bruinsuiker
1 eetlepel kerriepoeier
1 pakkie spek, gesnipper

Kook noedels en laat afkoel. Braai ui en soetrissies in olie.
Meng oorblywende bestanddele saam, voeg by ui en soetrissie mengsel. Laat prut vir ± 3 min.
Gooi sous oor noedels, meng en plaas in yskas. Geniet.

Resep: Sonette Bezuidenhout
Foto en nota: Anne Mortleman Chambers
Ek het dit vanoggend, in ‘n kleiner hoeveelheid, gemaak – het geen skulpe gehad nie, maar spirali werk net so goed. Het ook nie spekvleis ingesit nie. Glo my, dit is LEKKER !




HENNIE SE KERRIENOEDELSLAAI

tested
HENNIE SE KERRIENOEDELSLAAI
Hierdie slaai is perfek vir `n braai of feestelikheid.|
1 Pakkie skulpie noedels
1 groen , 1 geel en 1 rooi Soetrissie
500 g weense worsies
500 g Chedder kaas in blokkies gesny
500 g agurtjies
1 tamatie in blokkies gesny
1 ui in dun ringe gesny
1 blik perskes
1 eetlepel kerriepoeier
50 ml olie
50 ml asyn

Kook noedels tot al dante.
Kap die rissies, worsies, agurtjies en perskes in blokkies (hou sous).
Meng alles saam buiten die perskes se sous.
Sit in yskas om koud te word.

Plaas die volgende in n kastrol:
1 eetlepel kerriepoeier
Sous van die perskes
50 ml asyn
Bring tot kookpunt en roer aanhoudend, kook tot kerrie gaar is so +- 5 min
Haal van hitte af en laat afkoel.
Giet oor die noedels en roer deur.
Die slaai is lekkerder as dit so dag vooruit gemaak word.

Resep en foto – Hennie Brits




EIERVRUG EN MURGPAMPOENTJIE SLAAI

1619312_629439993788735_1555952432_n

EIERVRUG EN MURGPAMPOENTJIE SLAAI

Rina daai is sommer ‘n kop-resep en regtig niks spesiaal nie.

Sny eiervrug en baby marrows in blokkies en ringetjies en laat in sout water lê vir ten minste ‘n halfuur.

Ek het dit in die groente-stomer gestoom tot net sag, maar dit kan maar in effens gesoute water gekook word en goed gedreineer word.

Vir ekstra geur het ek net bietjie Aromat en peper (van jou keuse) oorgestrooi terwyl warm.

Laat afkoel en met ‘n bietjie baie fyngekapte uit en gewone (plein) yoghurt gemeng.

Foto en Bron: Adam Cloete




KOMKOMMER EN APPEL SLAAI

KOMKOMMER EN APPEL SLAAI
1 Engelse komkommer
1 Rooi appel
2 groenappels
1 x 2ooml granadilla jogurt

Sny komkommer in skyfies en dan in kwarte! sny appel met skil en al in baIe dun stukkies, gooi in slaai bak en gooi yogurt hoor.
BRON- Hettie Swanepoel




CHIPI SE KOOLSLAAI

CHIPI SE KOOLSLAAI
1/2  groenkool.
1 klein pers kooltjie.
2 wortels.
1 medium ui.
1 kop mayonaise.
3 eetl kondensmelk
1 kop gewone yoghurt.
3 eetl sweet chillisous.
1 eetl growwe grondboontjiebotter.

Rasper eerste vier bestanddele hou in bak, meng die res van die bestanddele goed, voeg sout en peper na smaak by. Meng met groente en geniet!

BRON- Hanlie Meyer




AVO, SPEK EN NEUTESLAAI


AVO, SPEK EN NEUTESLAAI

1 pak gemengde slaaiblare [kan ook spinasieblare gebruik]

6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
8 repe swoerdlose streepspek
4 snye witbrood sonder korsies…
1 groot, ryp avokado
125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous
MAAK DAN SO:
Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in ‘n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op
kombuis papier. Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg ‘n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous. Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.

 




SELDERY SLAAI

 

tested

SELDERY SLAAI
Seldery fyn gekap
Groen appel fyn gekap
en ‘n pakkie cashew Neute….

Sous
Mayonnaise
Mosterd
Klein bietjie kondensmelk na smaak
Sout
Peper
En paprika
N WENNER PROBEER GERUS!!!
Hoeveelhede maak nie saak nie,  wat slaai betref hang af vir hoeveel mense ♡
sous gewoonlik half mayonnaise, kwart kondensmelk en bietjie melk, speserye soveel as wat jy wil

BRON- San-jone Nykie van Dyk

 




BROODSLAAI MET ROOM

broodslaai-benhettested
BROODSLAAI MET ROOM
Sny brood in blokkies en braai in diep olie ‘n dag voor dit benodig word.
Los oop.
Broodblokkies kan ook in ‘n vrieskas gebêre word.
250ml kaas blokkies
SOUS
4 Eiers
375ml Suiker (1.5 K)
7 ml Droë mosterd
250 ml Wit asyn (1 K)
Sout en peper

Klits alles saam vir 5 minute.
Kook vinnig en roer gedurig.
Wanneer afgekoel en ± ½ uur voor bediening voeg 125ml (½k) vars room en 125ml (½k)mayonnaise by.
Meng brood- en kaasblokkies.
Gooi sous oor net voor bediening.

Resep geplaas deur Liesl de Weerd  –

Benhet Nieuwenhuis
Saam vanaand se braai – broodslaai
(Wie onthou dit nog)…….
Sny brood in blokkies (nie vars brood nie) soveel soos benodig!
Diep braai tot bruin
Laat afkoel, sit blokkies kaas by en ook ingelegte komkommer (as jy wil)
Meng
1 koppie mayonnaise
1 koppie suurroom
1/2 koppie suiker en Meng Met brood blokkies
En GENIET!!!!
Jy kan sommer net mayonnaise en kondensmelk ook meng en dit gebruik in plek van die suurroom en suiker!!
Altyd lekker!!!