BILTONG, SPEK EN SAMPIOENSLAAI

biltong, bacon pastatested
BILTONG, SPEK EN SAMPIOENSLAAI
2 pakkies spek gesnipperd
Genoeg biltong (soos wat dit jou sak pas 
Uie
Peppers
Sampioene
2 houertjies room
2 pakkies mushroom sous knorr sin
Kruie
Sout en pepper
Klein tamaties
Advokadopeer
Pasta van jou keuse

Ek braai uie, pepper, spek en biltong saam. Gooi dan sampioene by en braai verder tot gaar. Gooi kruie vir pasta en bietjie sout in
Gooi dan die 2 houertjies room in. Gooi dan klein tamaties by. Als is dan gaar en jy wil die tamaties eintlik net warm maak. Maak die sous aan soos pakkie se. Gooi by.
Kook pasta soos pak se

Ek meng gewoontlik sommer alles saam. Dan weet jy jy sit nie met droë pasta wat taai word oor nie. Tensy jy pastaslaai wil maak met die wat oorbly 
Skep in bord en sny skyfies avo en sit bo op. Gooi dan lekker baie swartpeper oor. 
Ek het mos deesdae n fetish vir balsamic so ek het oor myne nog dit ook gegooi nadat ek dit ingeskep het

RESEP EN FOTO: Marian Van Deventer




SLAAI MET CALAMARI REPIES

2014-04-01-slaaiemetcalamarirepies

SLAAI MET CALAMARI REPIES
My aandete was oorskiet slaaie met calamari repies.
Die calamari is reeds gekrummelde repies van Spar wat ons net in die oond druk.

Die een slaai is sowaar een van die lekkerste resepte wat ek ‘n tyd gelede by ‘n kennis gekry het.
(hoeveelhede na eie keuse)
roket blare
handvol okkerneute
lemoen in stukkies gesny, ek het ‘n groot nartjie gebruik
‘n handvol gedroogde pere, in dun repies gesny
Fetakaas
Ek het slaai afgerond met songedroogde tamatie balsamiese “reduction”.
Vingerlek lekker!

Die ander slaai is my eie mengelmoes.
skroefie noedels
gekapte geskilde tamaties
komkommer
groenrissie
stukkies broccoli
kaas, in blokkies gesny
tuna
mayonaise gemeng met tamatiesous
titsel suiker
sout en swartpeper

BRON- Anita Steyn




Waterlemoen Slaai met bosbessies en roosmaryn

1486641_10203637125513730_1494447650_n
Waterlemoen Slaai met bosbessies en roosmaryn… Wow stunning smaak. Ek het Saterdag die Bosbessie en Roosmaryn Slaaisous gekoop by Magda Johnstone (ons eie Bloemfonteinse Kokkedoor). Het die slaai by haar Kookstertjie stalletjie geproe en magtig dit is stunning. Waterlemoen in blokkies gesny en bosbessies ingesit en bosbessie en roosmaryn slaaisous oorgegooi en oornag in die yskas gelos. Absoluut fantastiese smaak!
Bron: Leanne Thurston Coetzer

 




PEGGY SE GEMARINEERDE SAMPIOENE


sampioenetested

PEGGY SE GEMARINEERDE SAMPIOENE

1 knoffel toontjie
200 ml wit wyn asyn
125 ml olie
60 ml water
6 t – (35 ml) suiker
5 ml sout
5 swartpepper korrels
2 ml gedroogte oregano
2 heel naeltjies
1 lourier blaar
2 pk dwerg mushrooms (Woolies het lekker kleintjies) of
2 pk gehalveerde mushrooms
1 t chilli vlokkies
Skil en kneus knoffel. Verhit dit saam met res van bestanddele behalwe mushrooms. As sous kook gooi mushrooms by en kook met deksel vir 5 min. Gooi in n pirex bak met deksel ( sit vadoek onder op kas met bak bo-op, as kas te koud is kan die bak bars ) Laar afkoel. Verwyder die knoffel. Bottel in skoon flesse.
Kan gebruik as n slaai of n snack.
Na oopmaak plaas in yskas, hou nogal lank in yskas.
Baie lekker moet gewoonlik vir almal maak.

*My eie* Peggy Devine




Neil se watertand-lekker baba spinasie en advokadepeer slaai.

spinasie en avo slaaitested

BESTANDELE
100gr Baba spinasie
2 Ryp avos in blokkies gesny
1 Klein rooi ui in ringe gesny
2 Suurlemoene se gerasperde skil en sap
15ml Olyf olie
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die bestandele saam en geniet.

Nanette Fourie




MENGELNOEDELSLAAI

mengelnoedelslaaitested
MENGELNOEDELSLAAI
Kook penne pasta tot gaar en laat afkoel.
Maak ‘n pakkie sweet en sour sous met helfte van die water (soos op pakkie aangedui), voeg 3 eetlepels sweet chilli sous by en laat afkoel.
Ontvries ½ koppie ertjies en ½ koppie mieliepitte.
Maak mengelslaai met blaarslaai, groen, geel, rooi soetrissies, tamatie, uie, komkommer.
Wanneer als afgekoel is, meng als bymekaar en verkoel in yskas.
My eie konkoksie – pas slaai hoeveelhede aan afhangende van hoeveel persone

Resep en foto: Marie Dumas Jennings




KNOLSELDERIJ-APPELSALADE

seldery slaaitested
KNOLSELDERIJ-APPELSALADE
½ citroen
2 el kappertjes
1 knolselderij
3 augurken
1 appel
200 ml magere yoghurt
1 el mosterd
1 bosje bladpeterselie
Schil en snijd de knolselderij in dunne plakken en daarna in fijne reepjes.
Snijd de augurken fijn.
Snijd de appel in parten en verwijder het klokhuis. Snijd de appel in dunne plakjes.
Meng voor de dressing de yoghurt met de mosterd en het sap van de resterende citroen. Breng op smaak met een beetje zout en versgemalen peper.
Pluk en snijd de peterselie.
Roer de knolselderij, peterselie, augurk, appel en de resterende kappertjes door de dressing en meng goed door.

Annet Geelhoed




LENTE MENGELSLAAI

2014-03-24-lentemengelslaai
LENTE MENGELSLAAI
1 pak vars roketblare
½ pakkie geroosterde pekanneute
2 lemoene
½ pakkie droë pere
2 wiele fetakaas
olyfolie
balsemiekasyn
Skeur die blare rofweg, sit dit in ’n slaaibak en drup olyfolie en asyn oor.
Sny die een lemoen in wiggies, die pere in repies en die feta in blokkies en rangskik dit bo-op die blare.
Strooi die neute bo-oor.
Sny die ander lemoen oop en druk genoeg sap na jou smaak oor die slaai uit.

Anita Steyn
ek gebruik die balsamiese “reduction” omdat hy nie so loperig is en smaakliker is as slaaisous

FOTO- Anita Steyn




LEKKER AARTAPPELSLAAI

tested
LEKKER AARTAPPELSLAAI
FOOD LOVERS RECIPES

Steeds op die aartappel onderwerp… ek weet hierdie is lank terug ook bespreek, maar hier is mos baie nuwe lede intussen bygevoeg

Hoe maak jy jou aartappels gaar vir aartappelslaai en wat is jou geheime bestanddeel vir LEKKER aartappelslaai. Ek het vanaand gemaak vir saam met die braai. Alhoewel ek nie dink aartappelslaai is my sterk punt nie en ek dit min maak was dit tog baie lekker. Ek maak die aartappels in die mikrogolfoond gaar, laat dit afkoel en voeg C & B mayo by, bietjie suiker, halwe teelepel kerriepasta, Ina Paarman Green Onion seasoning, swartpeper en gekapte ui. Vir kleur sal ek ‘n paar gekapte Peppadews en vars pietersielie bysit.

BRON- Louise Groenewald

Adriana Wait Louw Ek kook myne op stoof, nola mayo, uie fyn gekapm gherkin bietjie ina paarman se olive & herb, maar as ek lus is vi fensie braai ek bacon fyn gesnipper en appel klein blokkies gesny daby so gemak met my troue 24 jaar terug en was baie lekker.

Lize-Marié Strydom Ek kook my aartappels op stoof. C&B mayo wat effens verdun is met melk. Gebraaide stukkies bacon, fyngerasperde uitjie, gekookte eier wat fyngesny is en klein blokkies soetmelk kaas Uit die boonste gestoeltes!.

Mariette Visser Ek kook my aartappels, reeds in blokkies gesny op die stoof in soutwater. Vir elke dag se aartappelslaai: meng mayonnaise met kondensmelk en bietjie mosterd. Dan gooi ek die aartappels (meestal is dit nog warm, want hierdie mamma van 3 het nie tyd vir wag nie) in lae met die mayonnaise en lekker aromat. Ek los dit netso, sonder om te roer, tot koud. Net voor opdiening, “roer” ek dit met die steel van ‘n houtlepel. So druk jy nie die aartappels stukkend nie. Vir wanneer ek wil “grand” wees: mayonnaise, kondensmelk, korrelmosterd en dan of griekse jogurt (halfie-halfie met die mayo) of klein bietjie room of nog beter, suurroom. En dan krummel ek lekker baie feta growwerig daarby in. Fyngekapte ui en vars pietersielie na smaak. Dis hemels!




WORTELSLAAI MET ‘N TWIST

 
 1888687_10152365766088083_23210576_n
WORTELSLAAI MET ‘N TWIST
4 gerasperde wortels
1 blikkie boontjiespruite
10 ml gemmerpuree
50 ml olyfolie
50 ml bruinasyn
3 eetlepels suiker
kappertjiesadeMeng die wortels en boontjiespruite.
Skud die gemmer, olyf olie, asyn en suiker saam om ‘n vinaigrette te maak.
Giet die vinaigrette oor die wortels en boontjiespruite.
Versier met kappertjiesade
Bron:  Corne Liebenberg