TAMATIESLAAI
Geel en rooi baba tamaties
Sprietuie
Rooi en Geel pepper
Fennel takkies
Komkommer
Wortel repe
Olywe
Gekookte eiers
Viennas
Metode:
Was en sny die groente en pak uit op ‘n bord.
Bron: Corne Liebenberg
Geel en rooi baba tamaties
Sprietuie
Rooi en Geel pepper
Fennel takkies
Komkommer
Wortel repe
Olywe
Gekookte eiers
Viennas
Metode:
Was en sny die groente en pak uit op ‘n bord.
Bron: Corne Liebenberg
INGELEGDE NOEDELSLAAI
Vroulief se bydrae vir die tamatie week.
325 ml olie
500 ml suiker
500 g uie, geskil en gekap
1 kg tamaties, ontvel en gekap
2 groen soetrissies, ontpit en in repies gesny
250 ml asyn
100 ml mayonnaise
500 g skulpnoedels
2 eetlepels Aromat
Tobascosous na smaak
2 teelepels growwe sout, peper, swartpeper, crushed garlic.
Kook noedels, dreineer en hou eenkant. Kook eerste ses bestanddele vir 20 min, voeg dan die res van die bestanddele, sowel as die noedels by en kook deur vir 5 min. Bottel warm.
FOTO- Gideon Louw
STAMPMIELIESLAAI – SAMP
2 koppies gaar stampmielies
½ groen soetrissie
½ koppie fyn gesnyde kool
¼ koppie fyn gerasperde wortel
¼ koppie sampioene klein gesny
1 koppie kersie tamaties, ¼ gesny of klein blokkies tamatie
¼ koppie sweet chilli sous
1 eetlepel bruinsuiker
Meng alles saam laat staan so 2 ure in koelkas sodat die stampmielies, die soussie se smaak kan kry!!
Verdun die sousie met bietjie asyn as dit te dik is!!
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
BASILPESTO-PASTA SLAAI MET AVOKADO
Meng gaar pasta van jou keuse met ‘n opgesnyde tamatie, groenrissie en avocado asook olywe van jou keuse. Strooi ‘n goeie skudsel Aromat en bietjie Cayenne peper oor. Meng ± 2 eetlepels pesto met 2 eetlepels mayonnaise en meng dit versigtig deur die slaai om nie die opgesnyde avos stukkend te maak nie. Die hoeveelheid hang af van die grootte van jou slaai en dit moet net genoeg wees om alles te smeer. Maak toe met kleefplastiek en laat vir ten minste 30 minute staan vir die geure om goed deur te trek.
ADAM CLOETE
PASTA SLAAI MET MIELIES
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
500 g pasta
1 fyngekapte ui
1 fyngekapte soetrissie (geenpeper)
1 x 410 g heelpit mielies
SOUS
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn
½ koppie olie
½ koppie suiker
2 teelepels kerriepoeier
Sout en peper
Kook pasta in soutwater tot sag.
Meng alles in die sous saam en skep oor die paste, uie en soetrissie.
Meng goed en laat afkoel. (hoe langer dit staan die beter dan kom die kerrie heerlik deur)
Indien gaan bottel en bere, bottel dit warm in skoon warm bottels met deksels.
Neem een Butternut skil en rasper hom, strooi een pakkie perske jellie oor en neem n blik crush pynappel en gooi bo-op en meng laat vir n half uur staan sodat pampoen kan sag word dis baie lekker en hou 2 weke in yskas n mens sal nie kon se jy kan rou pampoen eet wat so lekker smaak nie. Vars pynappel is net so lekker saam met ‘n blikkie granadilla.
BRON- Engela Olckers
Fanie Smit
Soos wat jy ‘n wortelring maak, maak jy ‘n pampoenring – baie lekker met butternut. Gebruik dubbeljellie om stolling mooi te behou
Fanie Smit
Ek gebruik 2 pakkies jellie op die voorgeskrewe vloeistof vir 1 pakkie jellie. Omdat ek baie funksies doen weg van my kombuis, maak ek net seker dat die stolling van so ‘n aard is dat my gereg nie uitmekaarval tydens vervoer op ons paaie!
Nota: Ek het perske jellie bygesit en ook bietjie ingelegte perske en stroop by gesit met ‘n blikkie granadilla, Baie lekker
Butternut [rou] gerasper;
klein blikkie pulp [of 2 blikkies as die slaai groot is],
pynappel gerasper of klein opgekap.
Meng goed. Dis heerlik. Mense dink dis mango slaai. Ek het al geblikte pynappel ook gebruik, maar vars pynappel is lekkerder.
Bron: Wim Wessels
Foto: Rina Kleinhans
Hier’s ‘n slaaisous resep wat mens oor enige slaai kan gooi.
Med. bottle goeie mayonnaise,
1/2 blik kondensmelk,
1/2 koppie olie,
1/2 koppie asyn
2 en 1/2 teelepel mosterdpoeier,
fyngerasperde ui.
Meng alles goed saam en laat staan oornag om smaak te ontwikkel.
Lynette Jacobs Wasserman


ANEL SE 2 MINUTE NOEDELSLAAI
Vriendin se resep:
1 kg ertjies
2 pakke 2 min noodles net so droog
2 klein koolkop fyn gekap
sprietuie
Sous:
¼ koppie suiker
¼ kwart koppie asyn
¼ kwart koppie olie
2 eetlepels stock
‘n bietjie Soya.
Sprinkel gekapte neute en sesame bo oor.
Meng alles saam buiten die noedels, en meng goed deur.
Noedels kom by 10min voor op dis.
OR
1 small cabbage chopped
6 green onions chopped
100 g almonds
100 g noodles
Dressing:
¼ cup white vinegar
¼ cup castor sugar
1 tablespoon soy sauce en
½ a cup olive oil
2 tablespoons sesame oil is opsioneel
Recipes: Anel De Bruyn

Jy weet, my ma het altyd die komkommerslaai anders as ander mense gemaak en vandag eet ek net komkommerslaai as dit so gemaak is. Eenvoudig, gerasperde komkommer (ek verkies die gewone een), bruin asyn na smaak, suiker en peper na smaak – geen sout nie. Kan hele bak opeet.
Carol Kotze

2 Appels, halwe green pepper, halwe ui – blokkies gesny. Blikkie lospit mielies, gedreineer. Meng alles met so 4 eetlepels mayo, bietjie suiker en sout en peper. Dit smaak lekker!
Bron en Foto: Louise Groenewald