PINEAPPLE, BANANA, MARSHMALLOW SALAD

 

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

2/3 c. sugar
3 tbsp. cornstarch
2 eggs
Pinch of salt
2 c. pineapple juice
1 pkg. miniature marshmallows
2 cans pineapple tidbits
3-4 lg. bananas

Beat eggs and juice, add sugar, cornstarch and salt, mix. Cook over double boiler until thick and slightly clear. Add 1/2 package marshmallows, stir until melted. Cool partially. Add bananas, pineapple and remainder of marshmallows. Chill.
Probeer gerus, is baie lekker
Amanda Conradie




PASTASLAAI


PASTASLAAI
1 pak skroefie noedels, die gekleurde pak
½ groen, rooi en geel soetrissie, fyn blokkies gesny
2 koppies wortels, grof gerasper
Meng saam vir sous:
kondensmelk
mayonnaise
klein bietjie asyn
1 teelepel mosterd poeier

Kook die noedels tot net sag. Laat goed koud word.
Meng die soetrissie en gerasperde wortels by.
Ek het geen maat vir die sous nie, ek gooi maar saam na skatting.
Meng die sous by.
Die slaai is op sy lekkerste ‘n dag later.
Bron:  Heibre Schronen




HEERLIKE RYSSLAAI

kerrie rysslaaitested

 

Gaar rys (ongeveer 2/3 kop)
1 uie gekap
1 Blikkie gemengde groente (gedreineer)
1 Klein blikkie perskeskywe (gesny in blokkies)
Maak ‘n sousie van:
Mayonaise,bietjie melk, sout, peper, kerriepoeier, borrie en pietersielie en ‘n paar teelepels suiker – Ek kyk maar hoeveel en proe tot lekker smaak het. Mense se smaak verskil met die Kerrie, maar ek vat gewoonlik so 2/3 tl Kerrie – 1 tl borrie en die ander na smaak en hoeveelheid rys wat jy gebruik.
Meng alles saam – bewaar in yskas. Die resep is eers op sy lekkerste as dit oornag gestaan het.

Amanda Conradie
Foto:  Belinda Minnie




OUTYDSE PIESANGSLAAI

PIESANGSLAAI MYRTLE 2tested

OUTYDSE PIESANGSLAAI
Seker die oudste resep in die boek.
Sewe tot nege piesangs in skywe gesny, ‘n blikkie kondensmelk en net soveel mayonnaise, sprinkel klein bietjie suurlemoensap oor die piesang en meng met die res.

Foto: Myrtle van Dyk




LAMSBOUD EN KOMKOMMER SLAAI

 

komkommerslaai lamsboud natalietested

LAMSBOUD EN KOMKOMMER SLAAI

Komkommer, cherry tamatie
Miracle whip mayonaise
Aromat swart peper en n knippie kerrie
Lams marinade
Rose maryn, swart peper, I love spice beef & lamb spice, genoeg knoffel, olive oil, en suurlemoen sap. Laat dit heel nag marineer skud die bak elke nou en dan. Braai spit smeer kort kort die marinade uit bak daar op voeg meer suurlemoen sap en olie by as nodig!!
In die oond voor verwarm toe 250-280*c bak vir 30 min dan draai oond na 180*c vir nog so 1- 1 1/2 uur laaste 15 min grill om velletjie lekker te braai’

Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




GROEN TAMATIE EN WAATLEMOENSLAAI

eksotiese tamaties slaai

GROEN TAMATIE EN WAATLEMOENSLAAI
1 kg WW eksotiese tamaties
½ medium ryp waatlemoen
1 fyn gekapte rooi chilli (ek het groen Jalapeno chilli gebruik, (sonder pitte vir minder hitte!!)
Granaat pitte
35 g microleaf slaai
10 g eetbare blommetjies
Vir die slaai sousie:
200 g Rosa tamaties ryp
½ koppie olyfolie
4 eetlepels balsamiek asyn (wit)
2 toontjies knoffel fyn gerasper
4 teelepels heuning
Sout na smaak

Sny die tamaties in skyfies, die kleintjies in wiggies vir tekstuur. Sny die waatlemoen in stukke en die chilli opgekap saam met alles gemeng in ‘n mooi slaai bak. Strooi die granaat pitte en microleaf blaartjies oor en sit die eetbare blommetjies bo-op. Drup die sousie bo-oor net voor bediening.

Sousie:
Druk die pitte en sap uit die Rosa tamaties in ‘n bekertjie. Voeg die olyf olie, balsamiek, knoffel, heuning en sout by en meng goed.
Wyn wat hierdie slaai komplimenteer: WW French Rose 2012

Geplaas deur Elsabie Templeton




DUITSE ANYS KOOLSLAAI

koolslaai elizetested
DUITSE ANYS KOOLSLAAI
Ons hou nie van kool nie en ek moes spesiaal kool gaan koop, maar glo my vry….. hierdie slaai kan julle maar maak, selfs mense wat nie kool eet nie gaan van die een hou, mens proe nie eers dit is kool nie, dankie Elize.

1 middelslag kopkool, fyngekerf
2 uie, in dun ringe gekerf
Meng bogenoemde en plaas in bak.
Giet bo oor die groente 250 ml wit suiker. MOENIE MENG NIE
Kook die volgende saam en giet ook oor groente. MOENIE MENG NIE
250 ml wit asyn
200 ml sonneblom olie
5 ml mosterdpoeier
5 ml anys saadjies
Laat dit nou vir 4 ure staan sonder om te meng, gooi vloeistof af en meng.

Post: Elize de Kock
Foto:  Rina Kleinhans




NOODLE SLAAI

 

noedelslaaitested

Mini penne pasta
Corn
Ham in blokkies gesny
Your choice of pepper, i used yellow pepper
Red onion
Mayo
Sweet chilli sous
Kook noodles en drain.
Dan mix alles saam.
Smaak lekkeder as hy over nag staan in die koelkas.

Nicolette Abrahams

 




PIESANG EN UIESLAAI

tested
PIESANG EN UIESLAAI

Genoeg vir 4-6 mense
4 teelepel botter
3 uie, in ringe gesny
500 ml (2 koppies) kookwater
Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag.
Voeg die kookwater by
20 ml maizena
20 ml geroosterde kerriepoeier
5 ml mosterdpoeier
5 ml borrie
75 ml water
75 ml witwynasyn
7.5 ml sout
5 ml peper
15 ml bruinsuiker
30 ml appelkooskonfyt
8 piesangs
2 hardgekookte eiers, in skywe gesny (opsioneel)

Meng die res van die bestanddele behalwe die piesangs en eiers, en voeg by die uie. Roer gedurig tot dit kook en effens verdik. Laat afkoel. Sny die piesangs in skyfies en voeg by sous. Hardgekookte eiers wat in skyfies gesny is, kan ook bygevoeg word.

Foto en resep:  Elize de Kock

 




MAKLIKE NOEDELSLAAI

tested

MAKLIKE NOEDELSLAAI
1 pak skroefie noedels (of jou eie keuse)
Sous:
1 koppie asyn
1 koppie tamatiesous
1 koppie suiker
1 eetlepel kerrie
Ekstra:
groen, geel en rooi soetrissies in klei blokkies gesny

Kook die noedels tot net sag nie pap nie, Drieneer en hou eenkant.
Meng die sousbestanddele saam en voeg by die pasta met verskillende kleur soetrissies.
Laat staan oornag dis wanneer dit die lekkerste is

Resep: Sonja de Wit