MY MASON JARS

2014-09-10-masonjarstested

MY MASON JARS
For the vinaigrette I used:
34 ml apple cider vinegar
34 ml white vinegar
33 ml honey
1 tablespoon crushed onion
34 ml oil, salt and pepper
Dijon mustard, if you like it

I shared that into 5 bottles. Added sliced seeded tomatoes, red onions, and cucumber to the vinaigrette After that I put couscous, followed by the lettuce and then the sugar beans. My quantities are work out as per my allowance on Weigh-Less. The bottle remain fresh in the fridge for up to 8-10 days. May be longer but I get worried so I usually use mine before 8 days.
Instead of beans I also used smoked chicken, feta cheese, ham and just about anything I have. I have not tried fish though.
Recipe and photo: Cam Ineke Venter




LEKKER NOEDELSLAAI

KERRIE NOEDEL SLAAItested

LEKKER NOEDELSLAAI
Om ‘n lekker kerrie noodel slaai te maak moet die sous oor die noodles gegooi word terwyl dit warm is, die geur trek dan vir my beter deur.
My gunsteling is die een:
1 fyngekapte greenpepper
½ fyngekapte ui
½ koppie tamatiesous
¼ koppie asyn
¼ koppie olyfolie
vars pietersielie
15 ml – 20 ml (na gelang van die sterkte) sterk kerrie,bietjie sou
15 ml suiker

Kook bogenoemde saam tot goed warm, ongeveer 5 min, meng dan deur warm noodles.
Ek kook skulpie noodels, dreineer en meng dan die sousie deur die warm noodles.
Resep geplaas deur Elaine Schoeman
Foto: Anne Mortleman Chambers




DRIE BOONTJIESLAAI

2014-09-07-333333
DRIE BOONTJIESLAAI
1 blik gebakte bone gedreineer
1 blik botterbone gedreineer
1 blik gesnyde groenbone gedreineer
1 blik rooi nierbone gedreineer
1 ui in skywe gesny
1 groen rissie in skywe
Slaaisous:
100 ml olie
75 ml bruin suiker
200 ml witasyn
5 ml droë mosterd
5 ml basiliekruid
5 ml droë pietersielie
3 ml sout
2 ml peper
Meng als saam behalwe slaaisous.
Skud slaaisous bestanddele in shaker, giet oor slaai, meng deur, seël en verkoel
Gepos deur: Ria Jacobs

 




AARTAPPEL EN EIER SLAAI

 

tested

AARTAPPEL EN EIER SLAAI
My eie resep, heerlik saam met ‘n braai.

6 groot aartappels, geskil en gekook
1 groot ui, fyngekerf
3 groot eiers, gekook en afgedop
½ koppie mayonaise, kan vermeerder of verminder word na smaak
2 takkies vars pietersielie, fyngekerf
¼ teelepel paprika
¼ teelepel gemaalde swartpeper
sout na smaak

Sny die aartappel in 2 cm x 2 cm blokkies. Meng die gekerfde ui en pietersielie in. Sny die eier in skywe en meng ook in. Meng nou die paprika, swartpeper en sout in die mayonnaise in, en gooi dit eweredig oor die aartappels. Meng goed, en maak toe met “gladwrap” en sit in die yskas tot opdiening. Beste as dit ‘n dag voor die tyd gemaak word. Maar dit kan ook as ‘n warm aartappelslaai bedien word.

Resep:  Dewet En Tania Botha




PYNAPPEL STOL SLAAI

 

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

2 blikkes krust pynappels al die sap moet uit wees
halwe blikkie kondensmelk en 500 ml suurroom meng melk en suurroom saam as al die pynappel sous gedreineer het meng die suurroom en kondensmelk in laat staan stol dan walla daars is ‘n wenner mooi daggie

Sarah Henning




GROEN SLAAI

2014-08-26-slaaitested

1 Blaarslaaikop

4 Seldery stronke
1 Komkommer
2 Klein uie
1 Groen Rissie (green pepper)
1 Klein pakkie gevriesde ertjies
Mayonaise
Chedder kaas

Sny als Fyn op en pak laag vir laag.Bedek met halwe pot mayonaise en strooi met cheddar kaas. Laat staan oornag vir geure om in te trek. Heerlik!




‘N MOET BY ‘N BRAAI KORINGSLAAI

tested

‘N MOET BY ‘N BRAAI KORINGSLAAI
Uit die samestelling – Afskeepkos
Daar word gesê jou braai sal onvolmaak wees sonder hierdie heerlike koringslaai.
325 ml koring
1 groen soetrissie
1 klein ui
½ blikkie ingelegde perskes
Sous:
250 ml tamatiesous
125 ml olie
125 ml suiker
7 ml kerriepoeier
5 ml borrie
Meng alle sous bestanddele tot goed gemeng.
Kook koring, meng dit met die soetrissie, uie en perskes, voeg sous by en meng deur.  Plaas in yskas. Hoe langer die slaai staan, hoe lekkerder word dit.
Resep geplaas deur Marie De Villiers Vermeulen.




TUNA SALAD L’ADORE

2014-08-24-tunasaladtested

TUNA SALAD L’ADORE
250 g shell noodles
100 ml oil
100 ml white vineger
10 ml sugar
5 ml mustard powder
1 clove garlic, crushed
salt and pepper
2 tins of tuna in brine
1 can of anchovy fillets
1 packet of black olives, pitted and sliced
25 ml mayonnaise
2 tomatoes
4 hard boiled eggs
spring onions

Cook noodles till soft.
Make up French dressing – mix oil, vinegar, sugar, mustard, garlic, salt and peper and pour over warm noodles.
Slice tomatoes.
Add tuna, olives, anchovies, spring onions and mayo and mix.
Add sliced eggs.
Allow to cool in fridge

My dad passed this recipe on to me many years ago.
Photo and recipe by Sharon Naude




GESTOLDE WORTELSLAAI

2014-08-23-wortelslaaitested
GESTOLDE WORTELSLAAI
Die gestolde wortelslaai is elke keer wat ek dit maak ‘n treffer.
1 blik fyn pynappel (410 g)
1 pakkie suurlemoenjellie (80 g)
100 g (125 ml) suiker
1 ml sout
200 g (500 ml) wortels fyn gerasper
1 pakkie Orley Whip kits versiersel (125 ml)

Dreineer die sap van pynappel, dit moet goed gedreineer word.
Verhit die stroop tot kookpunt, en los jellie daarin op, laat afkoel tot dik is maar nie gestol nie.
Klits die dik jellie tot romerig, klits dan die suiker bietjie vir bietjie by.
Meng die wortels en pynappel en vou liggies in jellie in klits die Orley Whip styf en vou by wortelmengsel in.
Keer wortelmengsel uit in nat slaaivorm en plaas in koelkas. Verkieslik oornag. Keer uit op bord.
Wenk ek gebruik ‘n die harde slaaivorms of ‘n glas bak om slaai in te stol die sagte vorm werk nie baie goed nie, en ek spuit die vorm met spray en cook.
Foto en resep:  Elsa Hattingh

Elize de Kock
Ek maak dieselfde resep, nooit ‘n flop nie, ek gebruik gewone room en gooi by 1 teelepel wit peper en 175 ml fyn gerasperde Cheddar kaas. Res van die resep dieselfde.




UIE IN PIKANTE EIER-EN-ASYN SOUS (Mikrogolf)

UIE IN PIKANTE EIER-EN-ASYN SOUS
20 piekeluie, geskil en gewas
3 eiers geklits
Sout en peper na maak
250 ml suiker
125 ml mostertpoeier
15 ml mielieblom
250 ml witasyn


Plaas die uie in ‘n plastieksak, bind sak lossies toe met ‘n rek of tou en plaas op ‘n halwe karton eierhouertjie. Mikrogolf vir 10 min op hoog. Dreineer uie en hou eenkant. Klits eiers met sout en peper, meng suiker, mostertpoeier, mielieblom en witasyn en voeg by eiermengsel. Mikrogolf 5 min op hoog en roer gereeld om te verhoed dat die eiers skif. Gooi sous oor uie. Sit warm of koud voor as ‘n slaai of bykos. Baie baie lekker.