KAMMA TABBOULEH

tabbouolehtested

KAMMA TABBOULEH
Tabouleh is ‘n Bulgaarse dis (slaai) wat met Bulgar wheat of couscous gemaak word. Ek weet nie wat alles in die oorspronklike resep ingaan nie, maar myne is:
1 koppie couscous/bulgar wheat gemeng met 1 teelepel sout, bedek met 2 koppies kookwater.
Sit deksel op sodat dit gaar stoom (neem so 20 min.)
Toe het ek opgesny
1 koppie cheddar
2 wiele feta
2 Granny Smith appels
‘n paar mint en basil blare

Toe die bulgar wheat gaar is het ek dit laat afkoel en losgemaak met ‘n vurk. Ek het die appels, kaas en kruie deurgemeng.
Slaaislous is ‘n ¼ koppie suurlemoensap en ¼ koppie olyfolie, goed gemeng en liggies in slaai ingevou.
Resep en foto: Hanta Henning




UITPAKSLAAI IDEES

uitpak slaai ideetested

UITPAKSLAAI IDEE
Ek het begin met die versiering van palmboompies, tamatierose en komkommer lelies …en die uitpakslaai bestaan uit – komkommers, coctailtamaties, uieringe, greenpepper gesny, pynappels, blaarslaai, wortelrepe, fetablokkies, olywe en slaaisous apart gesit in bakkies. daar kan nog bykom mushrooms en broccoli
Magde Van der Kolff
Ansa C Reyneke Hoe maak mens palmboompies?
Magde Van der Kolff Ansa dis soos Rina se vat n wortel wat jy kepies in maak en n greenpepper sny jy die onderkant af ..haal uit die binneste en sny lekker growwe kepe in ..sit dit vas bo op wortel. Die wortel worx ingedruk in n halfgesnyde rou aartappel wat jy n gat insny vir die wortel en whalla dis n palmboom




Pynappelslaai

 

pynappelslaaitested

1grt pynappel
1houer suurroom
1blik kondensmelk

Sny pynappel in stukkies
Meng met kondensmelk en suurroom

Die is vetmaak op sy beste…….maar baie lekker

Reesp en foto:  Marian van Deventer




KOMKOMMERSLAAI

Komkommerslaaitested

KOMKOMMERSLAAI
1 groot Engelse komkommer
bossie sprietuie
2 brandrissies
1 knoffelhuisie
1 t groen gemmer gerasper
1 t growwe sout
swart peper
1 t komyn saad
half k druiwe asyn
1 t suiker
Sny komkommer in dun skyfies.
Was sprietuie deeglik en kap fyn.
Sny rissie in skyfies.

Kneus knoffel en gemmer saam met die sout, peper en komyn saad. Roer dit in die asyn, voeg die suiker by en roer goed. Giet die sous oor die komkommer, sprietuie en rissies.
DIT IS HEERLIK!
Foto: Martie Fourie Moolman
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman




SPESERY BEETSLAAI

spesery beet 1

SPESERY BEETSLAAI
Kook 3 bossies beet, laat afkoel, skil en sny in skywe. Meng die volgende goed saam en bring tot kookpunt
500 ml asyn
500 ml water
500 ml suiker
2 ml fyn naeltjies
2 ml kaneel2 ml fyn gemmer
2 ml sout
1 ml peper
Voeg gesnyde beet by, bring weer tot kookpunt en verminder dan die hitte. Prut vir 20 minute. Skep warm beet in flessies, gooi warm sous oor en verseel. Ek hou altyd 2 potjies in yskas, want dis heerlik as dit koud bedien word.
Ek het drie sakkies beet gebruik en die sous dus een en ‘n half keer afgemeet.

Foto: Steph Kirchner




BABA-AARTAPPELTJIESLAAI

 

BABA-AARTAPPELTJIESLAAItested

Wat hierdie aartappelslaai besonders maak is dat jy avokadopeer en fetakaas ook bymeng.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 30 min.

SLAAI:
1 kg babaaartappels
1 ui, in ringe gesny
2 hardgekookte
eiers, in skyfies gesny
4 stingeluie, gekap
1 wiel fetakaas, gekrummel (opsioneel)
½avokado, in stukkies gesny en met suurlemoen bedruip
sout en gemaalde swartpeper

SLAAISOUS:
250 ml (1 k) mayonnaise
45 ml (3 e) soet brandrissiesous
15 ml (1 e) sojasous

MAAK DAN SO:
1.Slaai:
Kook die aartappels tot net gaar. Dreineer, laat afkoel en halveer elke aartappel.
2.Meng die res van die bestanddele vir die slaai liggies in ’n slaaibak.
3.Slaaisous:
Meng al die bestanddele goed en giet oor die slaai. Meng liggies en geur met die sout en peper.

FOTO- Adam Cloete




AARBEI EN SPEK SLAAI

aarbei slaai benhettested
AARBEI EN SPEK SLAAI

Spinasie blare
Halwe kop blaarslaai
2 Avo’s in skywe gesny
1 koppie croutons
1 pak spek gebraai
30ml balsamiese asyn
1 pak aarbeie gehalveer
2 skywe feta kaas in blokkies gesny.
Plaas blare onder in slaai bord, dan avo’s, dan ander bestandele. Die orige sap/olie wat in die pan agter gebly het nadat spek gebraai is kan met balsamiese asyn gemeng word en dien as slaai sous. Rond slaai af met aarbeie en feta. Gebruik verkieslik n plat slaai bord. Die slaai is n wenner!!!
Foto:  Benhet Niewenhuis




ELIZE SE SOUSBONE

tested

ELIZE SE SOUSBONE
1 can Butter beans, I woud not use beans in tomato sauce
1 tablespoon cornflour (to thicken sauce)
1 tablespoon sugar
1 tablespoon vinegar
1/2 teaspoon salt
250 ml water
White pepper to taste

Mix sugar,vinegar, salt and pepper with water to make a sauce bring to the boil, thicken with cornflour, add can of beans and heat throught about  3 minutes.
Recipe: Elize de Kock

1 blik botterbone
1 eetlepel mielieblom ( maizina) om mee te verdik
1 eetlepel suiker
1 eetlepel asyn
1/2 teelepel sout
Wit peper na smaak
250 ml water

Meng die suiker, asyn, sout en peper met water om ‘n sous te maak en bring tot kookpunt.  Maak dikker met die mielieblom, voeg die bone by en verhit omtrent 3 minute.
Resep:  Elize de Kock
Foto/Photo Marinda Oosthuizen




FAMILIE NOEDELSLAAI

tested

FAMILIE NOEDELSLAAI

1 pak Fattis & Monies SKULP noedels, ( gaar gemaak )
1 groot ui fyn gekap en gebraai
500 g of 250 g ( soos verkies ) gesnipperde spek gebraai
1 blik suikermielies ( room soort )
Cross & Blackwell Mayonaise
sout en peper na smaak.

Skep gaar SKULP noedels in n mengbak.
Voeg die spek, uie, en die mielies by.
geheim: braai als apart en sit dit dan by.
Voeg sout en peper by na smaak en meng dan die mayonaise by.
Meng alles goed deur en hou in yskas tot lekker koud.
Ek hou daarvan om black pepper feta kaas by te sit. (Geniet dit)
Resep:Karien Stoltz




PESTO EN MACARONI SLAAI

2014-09-26-pestoenmacaronislaaitested

PESTO EN MACARONI SLAAI
Ek wil graag my pesto en macaroni slaai se resep deel met julle en belowe julle die mense raak net mal oor dit so hier is die resept en geheim van die slaai.
Kook macaroni tot ferm maar nie pap nie belangrik,  meng mayonnaise saam met Ina Paarman se basil pesto en 2 groot lepels kondensmelk saam
Sny groen en geel red pepper op en voeg by, jy kan bacon byvoeg as jy so voel en sny spring onion op en voeg by. Dit is verskriklik baie lekker almal soek gewoonlik die resep by my maar gee dit nie graag weg nie so vandag het julle dit.
Dis 1 pakkie pesto en so 3 kwart pakkie macaroni 2 eet lepels kondensmelk en mayonaise genoeg dat die macaroni nie droog is nie en die pepers so half elk Dit is net te lekker om vir myself te hou probeer dit gerus dit sal een van jou fovourite slaai word. die ander een is simple en maklik, maar baie lekker
Gewone uie en tammie smoor, voeg by gaar macaroni en laat oor nag in fridge, baie belangrik moet koud wees, die volgende oggend voeg gerasperde kaas net by en walla done!!! regtig lekker BRON- Peter Harry