

Christa Flemming Du Plooy:
Meng saam jou aartappels ‘n blikkie gemengde groente, sny blokkies kaas in, braai klein stukkies spek tot lekker bros laat af koel gooi in, meng goed deur, gooi cross en blackwell mayonnaise in, meng goed deur sit in yskas.
Marisa Olivier:
Ander gunsteling en ek sê jou dis hemels… pakkie baba aartappels halveer en kook sag in sout water… braai net bacon tot crispy of bruin, voeg by aartappeltjies… bedek met Ina Paarman se honey en mustard sous.
Lynette Jacobs Wasserman:
Ek meng ook mayo en jogurt en af en toe gooi ek ‘n houertjie suurroom by. Heerlik!
Zuri Roos:
Aartappelslaai met fyngekapte uie en ‘n lekker “tangy” vinaigrette is baie lekker.
Elize Swanepoel:
Aartappels met gebraaide spek en dan kan jy ‘n koppie slaaisous van jou keuse bietjie warm maak en dan oor die aartappels gooi, baie lekker.
Dorie Schmidt:
Ek sit gesnyde hardgekookte eiers by slaai soos Anna Greyling sn!!
Hettie Swanepoel:
My vriendin gooi ‘n blikkie pynappels (fyn) in haar aartappelslaai en gebraaide bacon. Dis ook heerlik.
Dennise Rabie:
Dis nou nie aartappelslaai nie maar die slaai is heerlik: swart pitlose druiwe, gehalveer meng met mayonnaise en sout en peper . Die hoeveelheid hang van persoon self af en druiwe sal more nie pap wees nie net mayonaise pienk kleur!