MIELIESLAAI MET AVOKADOSOUS

Mielieslaai met avokadosoustested

MIELIESLAAI MET AVOKADOSOUS
500 ml bevrore pitmielies
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
3 sprietuie
2 selderystingels
1 ryp avokado
60 ml suurroom
125 ml suurlemoensap
2 ml rissiepoeier

Kook mielies 2 minute in soutwater. Dreineer en verfris in koue water. Dreineer goed. Ontpit soetrissies en sny in blokkies. Sny die sprietuie en selderystingels en meng met mielies en soetrissie. Skil die avokado en druk fyn. Voeg die suurroom, suurlemoensap en rissiepoeier by. Meng sous deeglik met slaai. Lewer 4-6 porsies.
BRON – Elsabé Mulder Barnard‎




HEERLIKE REENBOOGSLAAI

Reenboogslaai
HEERLIKE REENBOOGSLAAI
Blaarslaai in repies gesny
1 uie wit of rooi
sampioene dun skyfies gesny
2 wortels grof gerasper
1 koppie bevrore ertjies, afgespoel
romerige mayonnaise
250g spek gekap en bros gebraai
100g gerasperde beleë of cheddar kaas

4 hard gekookte eiers fyngekap of deur ‘n sif gevryf
1/2 komkommer met skil aan, in klein blokkies gesny
2-3 ryp tamaties in klein blokkies gensy (ek gebruik cherry tamaties gehalveer)
Gebruik ‘n glasbak met regaf kante en ‘n plat bodem. die idee is dat die slaai se lagies mooi moet wys.
Pak al die bestanddele in lae in die volgorde soos hierbo aangegee deur met die blaarslaai te begin. Versprei elke laag so eweredig as moontlik.
Die slaai is lekker as dit so ‘n rukkie gestaan het. Ek berei dit gewoonlik in die oggend.

FOTO : Ingrid Mouton




GEROOKTE HOENDERSLAAI MET SELDERY

gerookte hoenderslaaitested

GEROOKTE HOENDERSLAAI MET SELDERY
3 seldery stingels opgesny
600g gerookte hoender in blokkies gesny
300g druiwe gehalveer of heel indien dit klein korrels is
3-4 spriet uie in ringetjies gesny
1 medium advokado in blokkies of skywe gesny
1 engelse komkommer gesny
Slaaisous:
125 g gewone yoghurt
125 ml mayonaise
15 ml korrel mostert
15 ml heuning
10 ml suurlemoensap
15 ml varsgekapte pietersielie
Sout en pepper na smaak
Plaas al die slaai bestanddele in slaaibak.
Meng slaaisous en gooi oor slaai.
Meng liggies deur.
Genoeg vir 4 porsies.

resep en foto: Elsabé Mulder Barnard




HEERLIKE GROENSLAAI

heerlike groenslaaitested

HEERLIKE GROENSLAAI
My dogter Ezelda se heerlike groenslaai wat sy vir ons gemaak het. Daar is nie ‘n resep nie maar dit is wat sy gebruik het.

Baba spinasie
roket blare
botterslaai
vars jong groenbone en aspersies wat sy net geblansjeer het en toe in riffelpan gerooster het
Baba murgpampoentjies in ringetjies (vars)
geblikte artichoke harte in stukkies
Neute en sade (pampoenpitte, sonneblom en sesemesaad)
Parmesaan skaafsels en ‘n handvol (cranberries) dit is die bietjie rooi daarin. Slaaisous van balsemiek asyn en olyfolie.
BRON – Martie Fourie Moolman




GESTOLDE WORTELSLAAI MET TAMATIE

tested
GESTOLDE WORTELSLAAI MET TAMATIE
Versier kouevleis met die volgende slaai:
1 koppie gerasperde wortel
1 tamatie, klein stukkies gesny
½ koppie ingelegde pynappel blokkies, klein gesny
1 pakkie lemoenjellie

Los die lemoenjellie in ¼ koppie gekookte lemoensap (lemoensap verdun met water) op.
Voeg die ander bestanddele by en giet dit uit in ʼn plat bord of pan om dit te laat stol.
Sny in blokkies en sit tussen die koue vleis.
Resep geplaas deur Peter Harry




KERRIE RYSSLAAI

KERRIE RYSSLAAI
1 kop rou rys
8 halwe ingelegde perskes
1 groot tamatie
1 groenrissie
1/ 2 kop mayonnaise
2 klein uie
2 eetl blatjang
1 tl kerrie
Knippie peri-peri

Kook rys tot gaar. Kap perskes, tamaties en rissie in blokkies en voeg rys by. Meng mayonnaise, blatjang, uie, kerrie en peri-peri goed met rys
Geplaas deur Peter Harry




DRIED FRUIT SALAD

tested
DRIED FRUIT SALAD
250 g mixed dried fruit, cut into smaller pieces, keep a small amount for decoration
weak Rooibos tea (enough to cover fruit)
3 bananas
½ tin condensed milk
65 ml white wine vinegar
5 ml mustard powder
25 ml sunflower oil
2 ml salt
1 egg yolk

Boil dried fruit in the Rooibos tea until soft and drain. Cut bananas in slices. With mixer, mix all other ingredients. Layer fruit and banana and spread sauce mixture over every layer. End with sauce. For decoration use roasted coconut and/or shredded fruit. ENJOY!
Elize de Kock’s recipe from my mom’s recipe book




PYNAPPEL OF KOMKOMMERSLAAI

 

pynappel en komkommerslaaitested

PYNAPPEL OF KOMKOMMERSLAAI

1 blik gesnipperde pynappel
2 middelslag komkommers
(geskil en in dun skywe gesny)

Sous:

250 ml suurroom
2 teel heuning
2 teel suurlemoenskil gerasper
5 ml swartpeper

Meng al die bestandele vir die sous tot glad

Meng slaaisous met pynappel en komkommer

Resep uit Braai-plesier bykosse
Geplaas deur Bianca-anne Koen
Foto deur Elsabé Mulder Barnard




VARIASIE NOEDELSLAAI

“SWEET & SPICY” NOEDELS
500 g noedels
1 groen soetrissie (blokkies)
1 blik gedreineerde appelkooshalwes in blokkies gesny
“Sweet & Spicy” sous van Knorr
Berei noedels volgens aanwysings op pak.
Meng soetrissie, appelkoosstukkies en sous by noedels.

KERRIE NOEDELSLAAI
500 g noedels

1 groot ui (gesnipper)
1 groot groen soetrissie (blokkies) (kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)
Sous:
250 ml tamatiesous
200 ml witsuiker
125 ml olie
125 ml witasyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)
Berei noedels volgens aanwysings op pak.
Voeg ui en soetrissie by noedels.
Meng sousbestanddele saam en voeg by noedels.
Wenk:
Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die sous trêk dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word
Geplaas deur Bianca-anne Koen




WALDORF SLAAI

WALDORF SLAAI
2 uie (gesnipper)
1 greenpeper (in blokkies)
250 g sampioene (in skywe)
1 fyngesnyde slaaiblaar
4 groot worteels (fyn gerasper)
1 blik (410 g) pit mielies (gedreineer)
500 ml bevrore ertjies
1 blik pynappels (blokkies en gedreineer)
100 ml kondensmelk
125 ml mayonnaise
125 ml franse slaaisous
blokkies kaas

Braai ui, greenpeper en sampioene saam ~ hou eenkant en laat afkoel
Pak slaai in lae in die volgende volgorde; blaarslaai, worteels, mielies, uie-greenpeper mengsel, ertjies, pynappel, sous, blokkies kaas
Wenk ~ Gebruik diep glas-slaaibak, dit laat die slaai mooi vertoon
Geplaas deur Bianca-anne Koen