TABOULI

 

taboulitested

I use the big bunch of parsley.
I bunch of mint
3 shallots
3 tomatoes diced
3 cucumber dived
2 lemons
1 tbs olive oil
1/4 cup of burgel  (cracked wheat)( optional)

Finely chop the parsley add the mint and shallots and tomato and cucumber
Then add the burgel and oil and lemon and combine. Dont add all the lemon. See how sour u like it.
Add salt to taste
Leave for about 10 min before eating for the burgel to absorb the lemon.
If ur not adding the burgel u can eat straight away

Recipes and and pictures of Di Bo




BROCCOLI, SPEK EN KAAS-SLAAI

Broccoli, spek, en kaas slaaitested
BROCCOLI, SPEK EN KAAS-SLAAI

1 broccoli
Pakkie bacon bits
1 koppie gerasperde kaas
1koppie mayo
1 koppie suurroom
1/2 koppie suiker
S&P
Sny broccoli in klein stukkies, braai spek tot goudbruin sit in slaai bak en meng die res van die bestandele saam. Plaas in yskas sodat die bacon se geur kan deurtrek.
BRON – Ingrid Mouton




MOSTERD AARTAPPELSLAAI

Mostert aartappelslaaitested
MOSTERD AARTAPPELSLAAI
Hierdie is my weergawe
1 e droe mosterd
1 t suiker
1 t meelblom
1 t asyn
1/4 t sout
1 ui fyngekap
2 t fyn knoffek
So 1 draai swartpepper
100 ml tiemie, grasuie, roosmaryn

Metode
Skil en sny in blokkies kook gaar
Meng die res van die bestanddele
En voeg by aartappel terwyl dit kook.
Voeg 2 t meelblom by en kook dit verdik
Laat afkoel
Bron – Nella Kootstra




Waatlemoenslaai

 

Waatlemoenslaaitested

2 skywe waatlemoen in blokkies gesny
2 greenpeppers
1 ui
Sprietuie fyngekap
1 e heuning
1 e suurlemoensap
1 blikkie perskes fyn gesny

Meng alles liggies met die waatlemoen en laat koud word in yskas. Ek het meer waatlemoen gebruik en minder greenpepper. Ook nie van die jalepenos gebruik gebruik gemaak nie, dus het ek die resep ook aangepas
Nella Kootstra




Tuna Salad

 

Tuna saladtested

1 large can of tuna
1/2 cup parsley chopped
2 tomatoes diced
2 cucumbers diced
1 chilli
1 lemon juiced
1 tbs olive oil
Salt and pepper to taste
BRON – Di Bo




Oulap se Rooislaai – gemengde slaai

 

gemengde slaaitested

Liezl Louw het hierdie gemengde slaai vir vannaand voorberei

2 geelperskes in blokkies gesny
2 skywe waatlemoen in blokkies gesny
1 rooi ui in ringe gesny
1/2 fyn gekapte brandrissie
1 handvol gekapte gras uie
6 peppa dews wat gekerf is
1 handvol gekapte basil blare
1 suurlemoen se gerasperde skil en sap
1 e heuning

gooi in n slaaibak en meng




AARTAPPELSLAAI SONDER MAYONNAISE

warm duitse aartappelslaai
AARTAPPELSLAAI SONDER MAYONNAISE

Petronella De Lange Brynard – Middag, het enige iemand vir my ‘n aartappelslaai resep sonder mayonnaise asb?

Robert van Dijk – Griekse yogurt?

Annetjie Laughland – Ek braai gewoonlik blokkies gesnyde aartappels net in botter. Dis vir my lekkerder as met mayonnaise.

Sandra Du Preez Thirion – Klein baba aartappeltjies, bacon, sprietuie en honey en mustard slaaisous.

Maria Mynhardt Swanepoel – Ek gooi kwart koppie asyn, halwe koppie olie, jou keuse, sout en peper meng heerlike slaaisous.

Olivereen Van Der Merwe – Slaaisous (heerlik). Verhit 3 koppies, water en 1 koppie suiker. Klits 1 koppie asyn en 2 eiergele, roer by. Meng 1 eetlepel vlapoeier, 1 eetlepel meel, 1 teelepel mosterdpoeier en sout.  Meng alles saam oor hitte, roer pal tot verdik. Dit moenie kook.  Gebruik oor aartappels of groenbone of uie vir slaai. Geniet dit.

Marésa Nortjé – Ek kook aartappels gaar en eenkant in swart swaarboom pot of lekker groterige pan lekker baie uie bruin gebraai in olie, gooi aartappels by met vars gemaalde swart peper en vars gemaalde sout, kan ook vars pietersielie by voeg, gooi bietjie melk by sodat dit nie te styf is nie, heerlik saam met eintlik enige ete, ek is lief om dit saam met braai vleis te bedien. Kan ook bacon saam met uie braai, ook baie lekker.

Debbie Willemse – wat van room aartappels was nog altyd lekker.

Michelle Wolmarans – Baby potatoes cooked and add parley, garlic, salt, pepper and butter. Cook through and enjoy or cook potatoes and put aside. Fry bacon, onion and garlic, then add cooked potatoes. Heat and eat.

Elbie Van Den Berg – Kook aartappels sag. Gooi olyfolie, balsamiese asyn sout en peper oor terwyl aartappels nog warm is. Voor jy dit bedien kan jy pietersielie, gekapte /gebraaide uie, knoffel ens. bygooi, ook eier of waarvan jy hou. My een kind eet nie mayonnaise nie ,maar is mal oor die aartappelslaai.  Geheim is om olie en asyn oor te gooi solank aartappels warm is dan absorbeer dit die geure.




LITCHIESSLAAI

litchieslaaitested
LITCHIESSLAAI
2 blikke ingelegde litchis – gedreineer
1 blik crushed pynappel – gedreineer
1 blik pynappelstukke – gedreineer
Maak ‘n sousie van:
250 g roomkaas
397 g kondensmelk*
½ kondensmelkblikkie* Suurlemoensap

Plaas die gedreineerde pynappel en litchis in jou slaaibak.
Klits die bestanddele vir die sousie goed saam en gooi oor vrugte.
Verkoel in yskas vir 2 ure tot nodig.

Resep en foto geplaas duer Drinie Conradie




GEKRUIDE HOENDERSLAAI

2014-12-29-hoenderslaaitested
GEKRUIDE HOENDERSLAAI

3 gaar hoenderborsies ontbeen en in blokkies gesny
1 koppie gaar bruin rys
3 eetlepels rooi wynasyn
4 eetlepels olyfolie
2 eetlepels Franse mosterd
sout en peper na smaak
2 teelepels cumin poeier
2 fyngemaakte knoffelhuisies
2 eetlepels fyngekapte pietersielie
1 gekapte selderystingel met blare
¾ koppie gekapte komkommer
2 kleinerige gekapte tamaties
1 groen / rooi / geel soetrissie (jou keuse of bietjie van elk)
1 koppie gekapte sampioene in botter gebraai tot net verkleur.
Meng die asyn, olie, mosterd, sout, peper, cumin, knoffel en pietersielie goed deurmekaar. Giet die mengsel oor die warm rys en meng. Voeg die hoender, seldery, sampioene, komkommer, tamaties en soetrissies by en meng goed.
Bedien koud.
Bron: Adam Cloete.




OUMA SANKIE SE GESTOLDE APPELRING

gestolde appelringtested
OUMA SANKIE SE GESTOLDE APPELRING

4 rooiskil appels, gerasper
1 eier, geklits
1 blik fyn pynappel
250 ml geklitste Orley Whip of vars room
1½ pak groen jellie
100 ml kookwater
100 g fyn pekanneut

Warm die pynappel op in ‘n mikrogolfoond, koel af en meng met die geklitste eier.
Los die jellie op in die kookwater.
Meng nou alles goed saam en gooi in ring.
Stol oornag, heerlik!

APPEL STOL SLAAI
380 g fyn pynappel
1 ½ pak lemmetjie jellie
1 koppie kookwater
2 koppies rooiskil appels, gerasper met skil
125 ml neute (okkerneute/walnuts)
2 eiers, geklits
350 ml room

Maak die jellie aan met die kookwater, laat afkoel, nie stol nie.
Kook pynappel in stroop vir 5 minute en laat afkoel.
Voeg eiers stadig by.
Roer aanhoudend tot dik word.
Gooi nou afgekoelde jellie by.
Laat weer afkoel maar nie stol nie.
Klop room styf en meng met die res van die bestanddele.
Gooi in vorm en verkoel.
Geniet hierdie slaai, dit is heerlik in die warm maande.
Foto en resep:  Andre Beth Howell Vogel

Rina Kleinhans:  Pynappel is geneig om te keer dat ‘n gereg stol, en wanneer mens dit opwarm en weer afkoel help dit om seker te maak dat jou gereg stol, dit breek die chemiese reaksie wat die pynappel het.