MARIETJIE SE SLAAIBORD

marietjie se slaai bordtested

MARIETJIE SE SLAAIBORD

Dis net sommer goed wat in die huis was blaarslaai tamaties mango spansek my ingelegde uitjies avo gekookte eiers en druiwe wat ek uitgehol het met my ingelegde soetsuur peppadews en fetakaas gemeng. Mens kan enige iets gebruik wat jy het. En o ja die komkommer het ek so dingetjie wat jy in die komkommer druk dan sny hy dit soos ñ spiraal toe maak ek sulke blommetjies van dit op die kante.

Foto en idee van Marietjie Nel




MAKLIKE PASTASLAAI

2015-03-13-pastaslaaitested

MAKLIKE PASTASLAAI
Kook ‘n pak pasta volgens die verpakking
Intussen kap jy  ‘n greenpepper en ui.
As die pasta gaar is meng ui en green pepper saam met die pasta en laat staan.
Maak die sous aan van
250 ml tamatie sous
25 ml kerrie
200 ml suiker
125 ml asyn

Meng goed tot suiker als opgelos is,  meng goed en voeg by pasta en green pepper mengsel.
Bron: Annaline Dorfling




THAI RICE SALAD

 

2015-03-01-thaitested

3 cups cooked rice (I used a brown rice and quinoa mix)

Stir-fried Veggies
1/3 cup diced red bell pepper
1/3 cup diced red onion
1/3 cup julienne carrots
1/3 cup snap peas thinly sliced on a diagonal
1/2 teaspoon grated ginger
1 tablespoon crushed garlic
1 tablespoon chilly paste
2 tablespoons soy sauce
1 teaspoon rice wine vinegar
1 tablespoon sesame oil
1 tablespoon olive oil
1/2 to 1 cup chopped coriander
1/3 cup green onions sliced on a diagonal
Toasted sesame seeds
Lime wedges

Heat olive and sesame oil in wok.
Add onion, peppers, garlic, chilly paste and ginger and cook until onions begin to turn translucent.
Add carrots and cook for another 2 minutes.
Now add soy sauce, rice wine vinegar and sliced snap peas – turn off the heat.

Mix the rice and veggies.
Place in a serving bowl and sprinkle with coriander, green onion, sesame seed and lime wedges.
Source:  Louise Venter




LEKKERSTE BROCCOLI EN APPEL SLAAI

broccoli en appel slaaitested
LEKKERSTE BROCCOLI EN APPEL SLAAI

kan nie onthou waar ek die resep gekry het nie maar dis n wenner in ons huis.
2 Vars broccoli koppe in stukkies gebreek
1 rooi ui gekap
1/2 koppie pecan neute gekap
1/2 koppie gerasperde wortel
1/2 koppie gedroogde Cranberries
2 appels gekap( ek het Gala appels gebruik)
Metode:
Sit die Broccoli blommetjies in n houer met n deksel en bedek met kookwater.Sit die deksel op.
Gooi die res van die bestandele in n bak.
Dreineer die broccoli en spoel met yskoue water af.skud water af en voeg by die res.
Slaai sous:
1/2 koppie mayonaise
1/2 koppie griekse yogurt
Sap van 1 suurlemoen
1 eetlepel suiker
Meng saam en meng deur die slaai.Verkoel .
Variasies:
In plaas van die suiker gebruik ek Splenda
Ek vervang die gedroogde cranberries partykeer met Rosyne en vandag het ek granaatpitte gebruik..Die pecan neute het ek ook al met Pistacious vervang.

Resep en foto:  Hettie Bezuidenhout




ZUCCHINI SALAD

ZUCCHINI SALAD
A delicious, healthy salad for summer,what to do with all those Zucchini!
For 4 people
500 g whole zucchini, finely grated
olive oil
salt
freshly ground black pepper
thinly shaved Parmesan cheese
dash of lemon juice

Toss altogether, serve immediately.
Enjoy! (as we do it in Umbria, italy)
BRON – Chris van Rooyen




OORSKIET RYS SLAAI


OORSKIET RYS SLAAI
In groot mengbak:
3 koppies gaar rys
1 groot ontvelde, ontpitte tamatie in blokkies
1 groen soetrissie, in blokkies
1 blikkie heel mielies, dreineer
1 klein blikkie geelperskes, kleiner gesny
½ koppie gevriesde ertjies
½ teelepel kerriepoeier
2 eetlepels kookolie
3 eetlepels blatjang
½ koppie mayonnaise

Meng liggies deur en plaas in yskas voor bedien.
Resep geplaas deur Linda Venter




SOET-SUUR AARTAPPELSLAAI

2015-02-09-aartappelslaaitested
SOET-SUUR AARTAPPELSLAAI
250 ml asyn
225 ml water
250 ml suiker
10 ml droë mosterdpoeier
30 ml maizena
2 eiergele

Kook asyn, water en suiker, Meng mosterd en maizena met bietjie water tot pasta, voeg by asynmengsel, kook op.
Klits eiergele baie goed en klits vinnig by vorige mengsel.
Gooi 30 ml peppadew geursel by.
Gooi warm oor gaar aartappelblokkies, geur met swartpeper

Variasie
Voeg vars gekapte pietersielie by mengsel.
Voeg vars gekapte grasuie by mengsel.
Voeg warm sous oor gekookte uitjies.
Voeg warm sous oor murgpampoentjies.
Voeg 15 ml gekapte knoffel by mengsel.
Enjoy
Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter




LEKKER KERRIE SLAAITJIE

 

kerrie slaai Danietested

Komkommer, Girkens, Rooi Peppers, Pynappel, Ertjies saam met noodles in n kerrie sousie. Versier met paar Borage blommetjies. Dit saam met hierdie heerlike Gemsbok fillet. Gemsbok fillet vir 2 dae voor die tyd in karringmelk laat lê, en hy is murg-sag en smaak soos bees se kind.

Foto en resep Danie Van Der Westhuizen




Rysslaai

Rysslaaitested

Ek het Wit, bruin en wilde rys gekook en toe laat afkoel, ek het ‘n rooi, geel en groen peppers in blokkies gesny saam met ‘n rooi en wit uie, toe dit stadig gebraai in olive olie saam met 6 knoffelhuisies wat ek fyn gedruk het, “n pakkie gevriesde ertjies bygevoel en vir 5min saam met als gebraai.

Dit laat afkoel toe het ek ‘n stuk Gouda, Cheddar en ander kaas wat ek in die yskas gehad het, blokkies gesny, ‘n blik tuna oopgemaak, sout en peper by gegooi na smaak, als bymekaar geroer, en voor ek mes kon se, het almal weggeval en geeet.

Resep en Foto: Wilmien van der Merwe




GEVULDE BOTTERSKORSIE EN SLAAI

 

gestopte botterskorsie en slaaitested

GEVULDE BOTTERSKORSIE EN SLAAI
Hi mensies, ek het ‘n groot huisgesin, so ek het 2 oondpanne gebruik vir die resep.
4 botterskorsies, gehalveer en pitte uitgeskep
olyfolie
groente speserye – Ina Paarman
gaar maalvleis, volgens keuse voorberei
swartpepersous, volgens smaak aangemaak
gerasperde kaas vir oorsprinkel
Plaas die botterskorsie halwes in die oondpanne en smeer met olyf olie aan die bo-kant en in die holte. Sprinkel met die groente speserye, bedek die botterskorsie met foelie en plaas in ‘n voorverhitte oond by 190ºC, bak vir 1 uur.Verwyder die foelie en laat die botterskorsie ‘n rukkie oop bak. Verwyder die botterkorsies uit die oond, skep die maalvleis in die holte van die botterskorsies, skep die pepersous oor die maalvleis en sprinkel kaas bo-oor. Plaas die botterskorsies terug in die oond en bak tot die kaas gesmelt is. Bedien saam met ‘n slaai.
Tamatie-, wortel- en kersieslaai:
3 groot wortels, gerasper
6 tamaties, opgesny
kersies, opgesny
Fetakaas, soveel sooos verkies
Meng die wortel, tamaties, kersies en Fetakaas.
Bedien die slaai met ‘n Griekse vinaigrette slaaisous. Jy kan komkommer en blaarslaai ook byvoeg. dis net so lekker.
Resep en foto: Lindie Viljoen Yates