MICKAYLA SE BROODSLAAI

tested

MICKAYLA SE BROODSLAAI

1 wit brood (ongesny)
300 g cheddar kaas (klein blokkies gesny)
1 medium ui (fyn gekap)
300 g gemengde groente ( geblik of gevriesde groente. -klaar gekook)
500 g weense worsies (viennas in dun wiele gesny)
1 medium green peper ( in klein blokkies gesny)
500 ml mayonaise
3 eiers ( gekook)
3 eetlepels tamatie sous
Sout en peper na smaak

Voorverhit oond 180°C.
Sny brood in vingerdikte blokkies ± 1.5cm dik, pak op bakplaat uit en sit in oond. Rooster tot goudbruin aan alle kante. Indien klaar haal uit en laat afkoel. Terwyl brood rooster kan groente gekook word indien dit nie geblik is nie ( ek kook myne so 5min en dreineer dit dan in n vergietes en koel dit vinnig af met yswater.
Sny ui, greenpeper, kaas, worsies en eier in blokkies en plaas in groot bak saam met gemengde groente, sodra brood heeltemal afgekoel is kan die geroosterde brood blokkies bygevoeg word net voor opdiening.
Sous
Meng mayonaise en tamatiesous gooi sout en peper na smaak.

Mickayla Swart Tip:
Brood blokkies kan ook in diep olie gebraai word
Meng eers die roosterbrood by sodra dit opgedien word anders word die brood pap, meng sous en gooi ook oor net voor dit bedien word.

Bron: Mickayla Swart




IDEES VIR BLAARSLAAI


IDEES VIR BLAARSLAAI

Gideon Botha – Lettuce wraps – Vat heel blare, maak hoender strips gaar, gerasperde wortels, bean sprouts, gaar noodles, kom kom met en peanut sauce. Vat blaarslaai pak hoender, wortels, beansprouts, noodles en komkommer – gooi peanut sauce oor rol toe en geniet

Estelle Krüger Van Pletzen – Braai uie, knoffel, gemmer, masala, gooi in blaarslaai wat opgesny is en as jy wil kan jy blikkie kerrie groente in sit lekker saam met kapok artappels of rys of styf pap
Santie Carelse- Oe jy kan heerlike vulsels maak…..tuna/mayo of gebraaide spek en uie of maaskaas en sweet chilliesous en dit oprol. Amper soos springrolls.

Elna Joubert Badenhorst – Blasrslaai slaai….2 hardgekookte eiers, 1 medium aartappel in skil gekook en afgekoel, mayo, sout en peper. Liquidise die eier aar5appel en genoeg mayo sout en peper om n dik gladde mengsel te maak. Sny kop blaarslaai in repe en roer deur mengsel. Verkoel. Stukkie bacon kan ook bygevoeg word. Heerlik saam braaivleis

Angie Lovick – You can use the lettuce as a wrap and put in some ham,cheese,tomato and wrap it tightly and you have a nice meal.I also like chicken strips in it.

Rita Van Zyl – blaarslaai, stukkies komkommer en stukkies pynappel…heerlike kombinasie




WILLIE SE SPEK SLAAI

spek slaai willietested

WILLIE SE SPEK SLAAI

Blaarslaai
Komkommer
Feta
Cocktail tamaties
Green pepper
Kaas
Gebraaide bacon
Uie
Avo
Mayonnaise
Sweet chillies sous

Rangskik op ‘n mooi bord en geniet

Bron:  Willie Botha




UIE EN PIESANGSLAAI

tested

UIE EN PIESANGSLAAI
Bron en foto: Ilona Turner
FOOD LOVERS RECIPES
375 ml asyn
250 ml suiker
5 ml borrie
5 ml paprika
5  ml sout
5 ml maizena
15 ml kerrie poeier (Rajah mild and spicy)
3 groot uie in ringe gesny
4 – 6 piesangs

Braai die uie in bietjie olie.
Meng al die bestanddele behalwe die piesang en voeg by uie.
Laat oor matige hitte kook vir so 10-15 min.
Laat afkoel en sny piesangs in voor bediening.
Nota:
Die piesangs verkleur na die tyd, dit is hoekom ek net genoeg sous oor die piesangs gooi net voor ek opdien, ek bêre die res van die sous, tot ‘n volgende keer, die sous hou baie lank in die yskas.
Bottel die sous warm en gebruik soos benodig.




LICHELLE SE KERRIE NOEDELSLAAI

kerrienoedel slaai Lichelletestedkerrie noedelslaai pulcherie

LICHELLE SE KERRIE NOEDELSLAAI
500 g skulp noedels
1 groot ui gekerf
1 greenpepper gekap
Sous
1 koppie tamatiesous
¾ koppie suiker (200 ml)
½ koppie olie (125 ml)
½ koppie wit asyn (125 ml)
25 ml kerrie (5 gelyk teelepels)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tobasco sous

Kook noedels net tot sag en dreineer.
Bedek met koue water.
Meng al die sous bestanddele goed saam.
Dreineer die koue water van die noedels en voeg die noedels by die sous.
Bewaar in flesse in yskas.

Foto en Resep:  Lichelle Fouche Marais
Foto:  Pulcherie Lubbe




BRONKORS – WATERCRESS, HEERLIKE VARS KRUIE VIR SLAAIE

Bronkors Watercress, heerlike vars krui vir slaai

BRONKORS – WATERCRESS, HEERLIKE VARS KRUIE VIR SLAAIE
Die botaniese naam vir bronkors is Nasturtium officinale en oorspronklik kom dit van Europa en Asië, en is een van die oudste eetbare kruie waarvan ons weet. Bronkors is in die familie Brassicaceae en die genus is Nasturtium. Dit is ook verwant aan die mosterd en radyse en hulle is almal bekend vir die peperige pikante smaak.

Bronkors is ‘n vinnig groeiende plant. Die waterige stingeltjies is baie lig en die blaartjies is ook veeragtig saamgestel. Die plant dra klein wit en groen blommetjies aan trossies. Bronkors stingeltjies breek maklik af as daar hard aan hul gevat word en selfs die blaartjies kneus maklik.

Alhoewel bronkors se botaniese naam “nasturtium” is, is hulle nie naby verwant aan ons bekende blomme, nasturtium, nie. Bronkors kan in groot oppervlaktes en groot beddings geplant word asook op klein skaal en in potte saam met u ander kruieplante. Bronkors groei die beste in alkaliese grond en kom voor waar daar baie kalk in die water is. Die blare van die plante kan nie gedroog word en so versprei word nie, dit moet vars gepluk en vars versprei word. Dit kan ook nie lank vars gehou word nie en is geneig om ‘n bitter smaak te ontwikkel indien dit te lank in die yskas gestoor word. Dit word gewoonlik in groentewinkels of markte in verseëlde plastieksakkies verkoop. Bronkors word ook as spruitjies (uitloopsels of botseltjies) verkoop wat ge-oes net ‘n paar dae nadat die plante uitgeloop het. Bronkors word groei tussen 50 en 120 cm hoog. Dit is ‘n redelike digte plant. Die loof en stingeltjies van hierdie plante kry gou ‘n bitter smaak nadat dit begin blom het. Dit moet dus redelik vinnig ge-oes en versprei word.

Bronkors bevat baie yster, kalsium, Vitamine A en C en is heerlik in ons vars slaaie asook gestrooi oor gaar geregte vir versiering. Dit is ook baie goed om die spysvertering te help en bevat ook anti-oksidante. Dit is eenvoudig ‘n heerlike vars pikante krui in slaaie veral saam met vars koljander en roketblare en ook baba spinasieblare. U kan heerlik smul daaraan.

 




PERSKE PICCALILLI-SLAAI

perske piccalilli slaai met piesangtested
PERSKE PICCALILLI-SLAAI
1 x 820 blik perskeskywe, dreineer die sous af
1 bottel piccalilli (380 g)
250 ml kondensmelk
1 ml mosterdpoeier
2 piesangs, in ringetjies gesny

Meng net alles saam. Die slaai kan sonder die piesangs 2 dae voor die tyd gemaak word sodat die smake met mekaar trou. Voordat jy bedien, voeg piesang by en sit op slaaiblare. Ek gaan dit bedien saam met braaivleis.
Ek sal ‘n ½ teelepel ligte kerrie bysit volgende keer.
Resep geplaas deur Magde Van der Kolff
Foto: Magde Van der Kolff




TUNA SALAD WITH BURGUL SOAKED IN LEMON AND LIME JUICE AND CHILLI

Tuna salad with burgul soaked in lemon and lime juice and chillitested

TUNA SALAD WITH BURGUL SOAKED IN LEMON AND LIME JUICE AND CHILLI

(Burgul is cracked wheat)
Soak burgel in water and lime and lemon and some chilli paste or fresh chilli, salt and pepper for 30 min

Make a tuna salad. Add whatever ingredients u like. Then add it the burgel

Salad Idea and Photo: Di Bo




FIGS, FETA CHEESE AND ROCKMELON SALAD

vye slaai Louisetested

FIGS, FETA CHEESE AND ROCKMELON SALAD

Fresh figs
Rockmelon
Feta cheese
Walnuts
Cranberries
Mixed lettuce

Place lettuce on plate.
Add figs, rockmelon, cranberries, feta and walnuts.

Make salad dressing with 2 tablespoons olive oil, 1 tablespoon lemon juice, 1 tablespoon honey, 1 tablespoon cream and salt and pepper.
Drizzle over salad and enjoy!

Foto en resep:  Louise Venter




MIDDEL VAN DIE MAAND NOEDELSLAAI

2015-03-15-goodwood-20150315-01577tested

MIDDEL VAN DIE MAAND NOEDELSLAAI
Dis middel van die maand en al die lekker goedjies is al opgeëet. Daar lê nog ‘n paar varktjops in die vrieskas en ‘n pakkie wors, so ‘n man kan braai 🙂 Wat eet ons daarby? Krap in die kas en daar is darem nog ‘n blikkie uie en tamatiemengsel, ‘n pakkie Minestrone sop en baie pasta. Dan dink mens maar ‘n reseppie uit.

1 Pak pasta van keuse, gekook tot net gaar, afgespoel en gedreineer.
Sous:
1 blikkie uie en tamatiemengsel
1 pakkie Knorr Minestrone soppoeier
½ koppie suiker
1 teelepel kerriepasta of kerriepoeier
1 teelepel droë gemengde kruie
1 teelepel fyn knoffel
1 teelepel olie
Paar draaie varsgemaalde swartpeper
1 koppie water
½ koppie goeie gehalte tamatiesous
4 eetlepels mayonnaise

Kook die eerste 9 sousbestanddele saam oor baie lae hitte vir omtrent 10 minute. Roer die gaar pasta by, en kook deur vir omtrent 2 minute. Roer dan die tamatiesous deur en dan die mayonnaise. Laat afkoel en plaas in die yskas om koud te raak. Roer deur voor opdiening.

*Jy kan nou enige iets byvoeg, na smaak.
*Gekapte soetrissie sal ook lekker hierby wees, asook stukkies gebraaide spek. Maar dit moet wag tot die einde van die maand!
*Ek reken hierdie slaai sal nog lekkerder wees die volgende dag na dit bietjie getrek het.

Resep en foto:  Louise Groenewald