PRAWN SALAD

2015-06-14-prawnsaladtested
PRAWN SALAD
1 paw paw chopped into blocks
1 avocado chopped into blocks
1 cup prawns (shelled and clean)
1 red onion chopped
Mix all the above ingredients together in a salad bowl

SALAD SRESSING
half cup olive oil,
brown sugar
half cup of lemon juice
salt and pepper to taste.
Mix all the salad dressing ingredients together and pour over salad.
SOURCE/PHOTO: Anna Mtshweni




GEZINA SE BONESLAAI

GEZINA SE BONESLAAItested

GEZINA SE BONESLAAI

2 blikkies bake beans
1 blikkie goen bone
1 blikkie wit bone
1 blikkie rooi bone
Uie
Greenpeppers na smaak
1 teel coljander
1/2 t kaneel
1/4 t cumin
Asyn suiker sout en peper na smaak
My man n diabeet ek gooi versoeter in
Die spice doen iets vir die slaai!!!
Resep:  Gezina Vd Heever Gouws




KOOL EN BEET SLAAI

Kool en beetslaaitested

KOOL EN BEET SLAAI

2 middelslag bete
halwe koolkop
half koppie karringmelk
half koppie mayo
3 e kondensmelk

Kook beet tot sag. Laat afkoel en vryf skille af en rasper grof. Kerf koolkop fyn en meng met gerasperde beet. Meng karringmelk, mayo en kondensmelk en voeg by.
Meng goed.

RESEP EN FOTO: Jacques Marianne Van Niekerk




KERSFEES-AARTAPPELSLAAI

kersfees aartappelslaaitested

KERSFEES-AARTAPPELSLAAI
Die het ek by ‘n vriendin geleer. Nie my eie resep maar voorwaar n wenner. Dis Kersfeesslaai.

Slaaisous vir aartappelslaai:
1 blik ideal milk
1 blik kondensmelk
250 ml mayonnaise of na smaak

Voeg by:
2 fyngekapte agurkies
1 fyngekapte greenpepper
1 fyn gekapte ui
3 teelepels droë engelse mosterd
sprietuie
vars pietersielie
en so 4 kappertjiesade (capers)(opsioneel)
6 – 8 groot aartappels

Maak sous so 2 dae voor die tyd aan. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
Kook die aartappels in die skil, koel af en trek skille af.
Sny blokkies en meng soveel van die sous by soos nodig.
Die sous hou baie lank in die yskas.
Die slaai hou ook lank in die yskas. Nuwe jaar sal dit nog smaaklik wees!

BRON – Jacques Marianne Van Niekerk

Dis hoe die slaaisous vir Kersfeesslaai moet lyk. Ek sou voorstel as mens dit dikker wil he om bietjie meer mayonnaise by te sit of om dalk een klein aartappel fyn te maak in die hoeveelheid sous wat jy nodig het. Onthou ook dat die slaai liefs ‘n dag voor die tyd gemaak moet word en so paar keer omgeroer moet word.




MURG VAN GROENTE SLAAI (Marrow)

2015-05-23-marrowslaai

MURG VAN GROENTE SLAAI (Marrow)

2 pakkies baby marrows, in wielietjies opgesny
1 groot ui, gekerf
½ koppie pitmielies
1 pakkie gekerfde sampioene
3 hardgekookte eiers, net die wit
Sous:
¼ koppie olyf olie
¼ koppie asyn
sout en peper na smaak
1 teelepel pietersielie

Kook die marrows, mielies, gekerfde ui en sampioene saam vir ± 5 min, marrows moet nog redelik hard wees.
Laat koud word. (ek spoel dit sommer ‘n paar maal met koue water)
Meng dan eierwitte wat opgesny is in.
Meng dan die olyf olie, asyn, sout en peper en pietersielie saam. Gooi oor slaai. Krummel eiergele bo-op en verkoel.
Baie lekker as dit die vorige dag gemaak word.

BRON/PHOTO: Dassie Meyer




WARM BOKKAAS SLAAI

warm bokkaas slaaitested

WARM BOKKAAS SLAAI
Salade au chèvre chaud – warm bokkaas slaai!
Franse broodjie
olyfolie
gerookte ham of spek
bokkaas
blomme heuning
Slaaisous: (hoeveelhede van keuse)
mosterd
asyn
heuning
olyfolie

Ok, ek het ‘n Franse broodjie so skuins gesny en ‘n titseltjie olyfolie aan beide kante oorgegooi. (kan enige olie botter gebruik wat in die huis is) Kort gerooster en gerookte ham ook (bacon werk ook).
Dan het ek die skywe omgedraai, ham en bokkaas bo-op gesit en 2 min gegrill sodat net die buitekant van die kaas smelt en binne nog bietjie hard is.Dan kom die geheime tip:
Daai ietsie bruin wat op die kaas is wat soos gravy lyk, is egte blomme heuning. Maak die slaaisous met die mosterd, asyn, heuning en olyfolie. Pak die broodjies op slaai en siedaar. Lekker eet xxx

Resep en foto: Anika Armoed Kunzmann




BLOMKOOLSLAAI MET KAAS

Blomkoolslaai

BLOMKOOLSLAAI MET KAAS

1 kop blomkool, skoongemaak en in blommetjies gebreek
150 g soetsuur agurkies, gesny
100 g kaas, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap

Sous:

150 ml klaarbereide slaaisous (heuning en mosterd is nogal
lekker, of songedroogde tamatie)
25 ml tamatiepuree
5 ml Worcestersous
50 ml sonneblomsaad
Stoom die blomkool in bietjie water tot gaar, maar nie sag.
Dreineer. Meng die slaai bestanddele liggies saam. Meng nou die sousbestanddele
en gooi oor die slaai. Sprinkel die sonneblomsaad oor. Verkoel voor opdiening.




ANNELINE SE PYNAPPELSLAAI

tested

ANNELINE SE PYNAPPELSLAAI
1  groot blik pynappel  stukke,  plaas die  helfte van die stroop in ‘n kastrol, hou res en voeg 2 eetlepels vla poeier in en meng met die stroop.
Kook die pynappel stukke met ½ koppie suiker en meng die vlamengsel by.
Voeg klein bietjie borrie v kleur by.
Laat weer opkook en siedaar reg om warm of koud te eet.

Resep: Anneline du Plessis




BROCCOLI EN BLOMKOOL GRIEKSE SLAAI

 

brocolli en blomkool slaaitested

BROCCOLI EN BLOMKOOL GRIEKSE SLAAI
Sny blomkool  en broccoli in dun skyfies (halwe kop van elk) voeg olywe, gekrummelde feta en klein tamaties by. Gooi 1 bottel griekse slaaisous oor, meng goed deur, en laat staan.
Heerlik saam braaivleis

Resep en foto:  Madeleine Noeth




ELIZE SE HOENDERSLAAI

hoenderslaai Elize oliviertested
ELIZE SE HOENDERSLAAI
½ pak vooraf verpakte Italiaanse slaaiblare
½ pak vooraf verpakte baba spinasie
‘n hele bakkie cocktail tamaties 
1 pak grasuie
¼ van elk: groen, geel en rooi soetrissies
½ Engelse komkommer
1 ui
1 pakkie ontpitte groen monzanilla olywe
3 rolletjies feta swartpeper kaas
¼ koppie Knorr french vinaigrette salad dressing
¼ koppie Knorr Greek vinaigrette salad dressing
sout en swart growwe gemaalde peper na smaak
3 eetlepels olyfolie exstra virgin
Meng alles deur.

Hoender fillette:
Voeg 3 eetlepels botter in vooraf verhitte pan.
Geur die botter met hoender speserye, roosmaryn en knoffel van Robertsons.
Voeg ook growwe swart gemaalde peper en sout by.
Verhit jou oond vooraf deur net jou rooster bo aan te sit.
Plaas fillette in warm vooraf verhitte pan met botter bo-op die plaat en bak vir ongeveer 5-10 min, draai om en bak weer vir so 5-10 min.
Plaas die pan nou onder die vooraf verhitte boonste rooster in die oond vir ongeveer 5 min.
Haal uit en laat staan vir ongeveer een minuut -pak van die slaai in ‘n slaai bakkie en sny die hoender in mooi skywe en versier bo-op.
Resep geplaas deur Elize Olivier
Foto: Elize Olivier