RUSTIC SLAAI

RUSTIC SLAAItested
RUSTIC SLAAI
Cocktail tamaties in helfte gesny
Mozarella kaas is stukkies gesny
Basillie
Sout en swart peper
Heelwat olyfolie
Balseasyn
Gerookte varkworsies (skeef gesny)
Maak alles deurmekaar en laat oornag staan.

BRON – Cecil Dunhin




CARROT AND PINEAPPLE MOULD SALAD

2015-12-26-carrotandpineapplemouldsaladtested
CARROT AND PINEAPPLE MOULD SALAD
1 x tin of crushed pineapple,
2 lrg carrots grated (2 to 3 cups),
250ml freash cream,
2 pkts of lemon or pineapple jellie dissolved in a cup a 1/2 of boiling water (cooled).

Mix together and pour into jellie mould and leave to set in fridge.
Source and photo:  Tracy Anne Kerwan Behrens




AARTAPPELSLAAI MET SUURROOM EN SPEK

aartappelslaai met suurroomtested
AARTAPPELSLAAI MET SUURROOM EN SPEK
6 Medium aartappels
1 koppie suurroom
½ koppie mayonnaise
1 pakkie spek, gekap en bros gebraai
4 hardgekookte eiers – grof gekap as gaar is
1 klein ui – gekap
Spruituie – gekap
1 en ½ koppie gerasperde kaas (meng indien kan 2 kleure bv wit en geel cheddar – dit gee mooi kleur)
Sout en peper na smaak
Skil en kook die aartappels en sny in blokkies (laat afkoel)Meng die suurroom, mayonnaise sout, peper, ui en spruituieMeng die aartappels, eiers en die helfte van die spek in by die sousSkep in opdienbak.Gooi die gerasperde kaas en ander helte van die spek oor en bedien

Foto en resep:  Amanda Snyman
2de foto:  Foto: Elna Erasmus




GADO GADO

 

gado gadotested
GADO GADO
Indonesia, Toe ons in Bali was was dit een van my lekkerste straat kos. Die sous word in “n bakkie gesmeer en jou slaai apart, Word dan gemeng tot alles met die sous bedek is. Jy kan enige vars groente op kerf saam met enige gaar vleis in repies, of jy kan die vleis laat soos ek hier, Het dit saam steak bedien.
SOUS:
150 ml grondboontjie botter
3 huisies knoffel
sap van lemmetjies of suurlemoen (so 2 eetlepels)
1 eetlepel soyasous
1 eetlepels vissous
2 eetlepels tamarind sap
3 eetlepels fyn palm suiker of jy kan bruinsuiker gebruik
fyn gekapte rissie na jou smaak.(1 rissie met pitte of as jy nie van brand hou nie haal die pitte uit) Blitz alles en smeer bak daarmee,
SLAAI:
Kool gewone en rooi gekerf, gekookte eiers, gekookte klein ertappeltjies opgesny, wortelrepies, komkommer in repies, radyse, slaaibare, tamaties, pepers, enige rou groente in repies dan kan jy maar gaar vleis in repies byvoeg. Meng en geniet!
Foto en resep:  Martie Fourie Moolman




BAKED BEAN SALAD

 

BAKED BEAN SALADtested

BAKED BEAN SALAD
one can of baked beans
1 chopped onion
1 cucumber, pips removed and chopped
1 pineapple, cut in blocks
and cubed strong cheddar cheeses
2 tables spoons cross and Blackwell mayonnaise

Mix all together season with salt and black pepper….don’t put tomato in as it doesn’t keep well if all is not consumed in one day.
BRON – Mandi Klemp




PERELMOZZARELLA SLAAI

tested

PERELMOZZARELLA SLAAI
Eenvoudige slaai wat jy saam met vleis kan bedien
1½ kg kersietamaties ( probeer verskillende kleure kry as jy kan….dit lyk mooi )
1 kg pêrelmozzarella of dié wat so groot is soos die kersietamaties wat jy in 1/4 kan sny
500 ml gesnipperde vars basil
1½ eetl vars gemaalde swart peper ( of na smaak )
1½ eetl growwe sout ( of na smaak )
80 ml olyfolie

Metode
Spoel en sny die geel en rooi tamaties in die helfde.
Roer die tamaties, basil en mozzarellaballetjies saam.
Geur met vars gemaalde swartpeper en growwe sout na smaak en meng deur.
Gooi laastens die olyfolie oor, roer en versier met bietjie van die mozzarellaballetjies.
Hier kan jy al jou bestandele klaar geprep hê en maak dan net genoeg slaai aan op een slag wat bv in jou opdienbak pas. Dit is vinnig en maklik om te maak as jy gou nog op die tafel moet kry.
Hierdie resep is gehalveer, so dit maar redelik baie.
Resep geplaas deur : Wilanda Räsänen




SOET KERRIE MAYO RYSSLAAI

 

SOET KERRIE MAYO RYSSLAAItested

SOET KERRIE MAYO RYSSLAAI
Kook twee koppies spicy rice met sout na smaak tot net gaar en los.
Smelt twee eetlepels appelkoos konfyt in n klein potjie.
Voeg een gekapte ui by en braai stadig tot sag.
Meng in aparte bakkie
halwe koppie suiker,
100 ml Wellington tamatie sous ,
2 tel Rhaja mild and spicy kerrie
½ tel asyn en koppie warm water tot goed gemeng.
Gooi by uie en kook vir 5min stadig deur.

Meng die warm sous met 375 ml kwaliteit mayonaise. Meng een blikke Koo sweet corn, pea and red bell pepper by die warm rys en gooi mayo mengsel oor en meng goed deur. Laat staan tot af gekoel en plaas in yskas. Moet nie te veel bekommer as dit baie loperig lyk nie, sous trek in die rys in.
BRON – Franco Dippenaar




CORN AND PEACH SALAD

corn and peach saladtested

CORN AND PEACH SALAD

1 x tin of peach (not drained)
1 x tin of corn (drained)
1 x tablespoon mayo
1 x tablespoon sweetchili sauce
1 x tip of a teaspoon Italian Herbs

Mix together, serve and enjoy

SOURCE: Cefas Van den Berg




KERRIE-WORTEL-BOONTJIE-PRUIMSLAAI

KERRIE-WORTEL-BOONTJIE-PRUIMSLAAItested
KERRIE-WORTEL-BOONTJIE-PRUIMSLAAI
Resep kan aangepas word volgens smaak.
500 g wortels in wieletjies gesny
500 g gekerfde boontjies
500 g pruim in stukke gesny (met skil en al)
2 groot gesnipperde uie
700 g suiker
1 teelepel sout
2 teelepels kerrie
3 teelepels borrie
½ teelepel rooipeper
1 teelepel mosterdpoeier
½ koppie asyn
2 hoog eetlepels Maizena
Stowe pruim apart met van die suiker maar nie te sag. Hou eenkant.
Voeg res van bestanddele behalwe Maizena, alles in pot met bietjie water en kook tot nog effens krakerig.
Maak Maizena aan met bietjie koue water, voeg by en kook net tot stropie dik is na smaak.
Voeg gestoofde pruime by en meng net liggies deur anders roer vrugte te fyn.
Bottel en bêre.
Heerlike vakansieslaai.
Die pruim gee slaai ‘n heerlike vrugte geur.

Resep en foto: Cornelia Schlechter




HEERLIKE BROODSLAAI


HEERLIKE BROODSLAAI

8 snye witbrood (in blokkies gesny – sny korsies af)
kookolie vir diepbraai
125 g (250 ml) kaasblokkies
75 g (125 ml) agurkieskyfies
3 hardgekookte eiers, gesnipper
500-600 ml mosterdslaaisous

Braai broodblokkies tot goudbruin en dreineer. Laat die blokkies goed afkoel. Meng res van bestanddele by blokkies net voor opdiening.

Ek maak ‘n suursous en meng dit by in die plek van die mosterdsous.
Die suursous resep:
25 ml margarien of botter
2 eiers
150 ml suiker
1 ml sout
peper na smaak
150 ml asyn

Druk botter effens fyn in’n kleinerige pan. Voeg eiers by en klop botter en eiers met ‘n vurk tot taamlik gemeng. Voeg asyn by, plaas op stoof en roer aanhoudend oor matige hitte tot dik en gaar. Lewer ongeveer 300 ml sous.
Resep geplaas deur  Hettie Theunissen