ZEE FRANSE SLAAI

12710989_10207303272593943_8308317042652026220_otested
ZEE  FRANSE SLAAI

Effens anderse bestanddele as ons gewone groenslaai of Grieks slaai. Tradisionele French Salad het opgekookte klein aartappeltjies en een of ander vorm van protein in soos hoender of vleis. Gekookte eier en fyn groenboontjies is altyd deel van hierdie slaai.
Groen blare
Fyn groenboontjies
Tamaties
Olywe
Gerasperde wortel
Uie
Gekookte eiers
Hoender of vleis (opsioneel)
Gekookte jong aartappeltjies (opsioneel)
Bron: Louise Groenewald




GROENTE EN LENSIE SLAAI MET JOGURTSOUS

12743919_10153343759652765_2514749591071218992_ntested
GROENTE EN LENSIE SLAAI MET JOGURTSOUS

250ml rou bruinlensies, afgespoel.
3 wortels, geskil en in blokkies gesny
1 groot soetpatat, in blokkies gesny
400grm botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
3 rou bete, in wiggies gesny
1 rooi ui, in wiggies gesny
45ml olie (Ek het cocunet olie gebruik )
15ml heuning
Knypie rooipeper
Sout en peper
Jogurtsous
60ml jogurt
5ml knoffel gekap
15ml vars koljander, fyngekap
15ml suurlemoensap
15ml olyfolie
2 sirkels fetakaas

Stel oond op 180•
1. Kook lensies tot gaar, dreineer en hou eenkant.
2. Meng al die groente met olie, heuning en geurmiddels.
3. Plaas groente op n bakplaat en bak vir ongeveer 40min of tot sag.
4. Joghertsous Meng al die bestandele behalwe fetakaas en hou eenkant.
5. Skep lensies in slaaibak, gevolg deur Geroosterde groente.
6. Skep joghertsous bo-oor en sprinkel fetakaas oor.
Ek het die jogurtsous apart gehou sodat elkeen dit self kon oorgooi
Bron: Elna Erasmus




LENSIE EN SPINASIE SLAAI MET UIE, KOMYN EN KNOFFEL

LENSIE EN SPINASIE SLAAI MET UIE, CUMIN EN KNOFFELtested
LENSIE EN SPINASIE SLAAI MET UIE, KOMYN EN KNOFFEL
Bedien 6
1 koppie groen lensies (ek het gewone bruin lensies gebruik)
1 vars lourierblaar
1 seldery stingel
‘n paar vars tiemie takkies
2 eetlepels olyfolie
1 fyngekapte ui
2 eetlepels gebreekte en geroosterde komynsade
400 g jong spinasie
sout en swart peper na smaak
2 tot 3 eetlepels gekapte pietersielie plus ‘n paar takkies vir garnering
Vir die slaaisous:
5 eetlepels olyfolie
1 teelepel Dion mosterd
3 – 5 teelepels rooi wynasyn (ek het gevoel dis te min en het ongeveer 4 eetlepels gebruik)
1 fyngekapte knoffelhuisie (hier het ek ook meer gebruik)
1 teelepel fyngerasperde suurlemoenskil, opsioneel

Spoel die lensies en plaas dit in ‘n groot kastrol. Voeg genoeg water by om dit behoorlik te bedek. Bind die lourierblaar, tiemie en seldery stingel in ‘n bondeltjie en voeg by die lensies. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte tot medium en kook vir 30 tot 45 minute tot net sag maar nie pap nie. Moenie sout byvoeg nie aangesien dit die lensies se doppe taai maak.
Maak intussen die slaaisous deur die olie, mosterd, asyn, knoffel en suurlemoenskil goed te meng en in ‘n klein klein botteltjie met ‘n delsel eenkant te hou.
Dreineer die lensies deeglik en plaas in ‘n mengbak. Voeg meeste van die slaaisous by en meng deeglik. Hou dit eenkant en roer dit elke nou en dan.
Verhit die olie in die diep braaipan en braai die uie oor lae hitte vir 4 tot 5 minute todat dit begin sag word. Voeg die komyn by en braai verder vir 1 – 2 minute.
Voeg die spinasie by, geur na smaak, bedek en kook vir 2 minute. Roer en kook dan nog ‘n bietjie tot die blare begin verwelk.
Meng die spinasie en uie met die lensies en laat afkoel. Voeg dan die oorblywende slaaisous by en roer die gekapte pietersielie daarby. Pas die geurmiddels aan en voeg meer rooiwynasyn by indien nodig.
Plaas oor in ‘n opdien bak en garneer met die ekstra pietersielie. Bedien by kamertemperatuur.

Bron: Adam Cloete (vertaal en aangepas uit The Onion Lover’s Cookbook)
Foto: Adam Cloete




MENGELSLAAI MET ‘N TWIST

 

MENGELSLAAI TIANAtested

MENGELSLAAI MET ‘N TWIST
Gebruik soos jy nodig het vir aantal mense
Komkommer in blokkies opgesny
Tamatie in blokkies op gesny
Blaarslaai opgekap
Ui in blokkies op gesny
Fetta kaas met peper in stukkies opgebreek
Bacon cips koekies opgebreek
Genoeg mayonaise net om lekker te meng
Meng alles lekker deur en geniet. Dit is raadsaam om alles dieselfde aand op te eet en nie te lank laat staan nie

FOTO:  Tania Bianca Benecke Behrens
RESEP:  Cornelia Booysen




ELSIE SE KOOLSLAAI


ELSIE SE KOOLSLAAI

Halwe middelslag kopkool, fyngekerf
1 blik pynappelstukke
1 pakkie jelliepoeier (ek verkies enige geel geur, die groen ene is net té groen)
kwart blikkie kondensmelk
250 ml mayo

Meng alles goed.
Kan tot week in yskas gebêre word.

RESEP: Elsie Venter




2 MINUTE NOODLE SLAAI

tested

2 MINUTE NOODLE SLAAI
2 pakkies 2 minute noodles
1 pakkie amandels
3 eetlepels sesame saad
1/4 koolkop of 2 klein kooltjies gekerf
Sprietuie gesnipper

Krummel die 2 pakkies noodles en braai in botter, maar nie bruin. Braai die pakkies amandels by en die sesame saad. Voeg gesnipperde sprietuie en kool by en meng alles bymekaar

Sous
¼ koppie olie
1 teelepel sojasous
¼ koppie asyn
½ koppie suiker

Kook alles saam. Gooi sous bo-oor en roer.

Dis heerlik!! Die slaai is crispy! Ek sit rooi peppers by vir kleur
Resep: Corinne Munro




APPEL-EN SPEKSLAAI

appel slaaitested
APPEL-EN SPEKSLAAI
Bestanddele
8 repies spek
2 rooi of groen appels
6 repies parmesaankaas
30 ml olyfolie
Swartpeper
Roket of basielie-kruid blare vir bediening

Metode
Verhit ‘n braaipan en braai die spek tot bros.
Verwyder die spek en plaas op kombuispapier om die oortollige vet te dreineer.
Sny die appels in ringetjies of dun skyfies en verwyder die pitte (plaas die appelringe in water met ‘n bietjie suurlemoensap om te voorkom dat dit verkleur.)
Rangskik die spek, appels en parmesaankaas netjies op ‘n bord.
Sprinkel met olyfolie en varsgemaalde swartpeper.
Garneer met roket- of basieliekruidblare en bedien met ‘n snytjie gesondheidsbrood.

Foto:  Marika Tegmann




ELSJE SE LAAGSLAAI

 

laagslaaitested

ELSJE SE LAAGSLAAI
Gebruik bak wat vierkantig is, want jy skep van onderste tot boonste laag.
Blaarslaai, repies gsny
1kg gevriesde ertjies
Groen peper blokkies gkap
2 k mayonaise
1 tl bruin suiker
1 tl garlic sout
250 gr bacon crisp gebraai fyngsny
3 gkookte eiers, blokkies gesny
2 k gerasperde cheddar kaas
Pak in lae slaai, peppers, ertjies.
Gooi mayonaise bo op,
Strooi suiker en garlic sout oor,
Strooi bacon stukkies op mayonaise, eiers volgende laag, en kaas bo op
Maak toe met kleef plastiek, laat staan vir 2 ure tot opdiening
Ete op sy eie!!!
Resep en foto: Elsje Stander.




SOET BEETSLAAI

 

12743540_10208393376333504_3535213801540337306_ntested

SOET BEETSLAAI
Gerasperde gaar beet.
Klits saam:
1 eier
1 koppie suiker
1 koppie asyn

Sit dan op plaat en kook tot dit wil oorborrel, roer die hele tyd om seker te maak die eier skif nie.
Gooi warm oor beet.
Koel af en sit in yskas.
Ek sit dit sommer in ‘n tupper houer met deksel in die yskas… hou baie lank.
Resep en foto deur: Corinne Munro




VERSKEIDENHEID GROENSLAAI IDEES

 

tested

GROENSLAAI IDEES
Anne McEvedy: English spinach , roasted pumpkin, feta/goat cheese pine nuts and beet root , balsamic vinegar dressing

Lisbe Meiring: My vriendin maak die lekkerste slaai met gesnyde blaaislaai, blokkies gesnyde kaas (waarvan jy ookal hou, geelkaas), blikkie mielies, blikkie ingelegde nartjies, meng alles saam met mayoinasse en sit geur middel by soos nodig – dit is heerlik!

Antoinette Dos Ramos: In n platterige bak sit baba spinasie of gemengde blare sprinkel n blik ertjies bo op, sprinkel feta, rof gebreek of gekrumel bo op. Maak n viniagrette 5 eetleepels olyf olie, drie eetlepels suurlemoen, sout en wit peper na smaak. Dit is baie lekker

Liezl Robbins: Mango en gekookte eier in ‘n groenslaai klink weird maar dis lekker!

Hermien Van Rooyen: Babaspinasieblare, halwe of kwarte gekookte eier, klein blokkies cheddarkaas, pers ui, tamatiewiggies. Strooi gekerfde biltong oor.

Rita Van Loggerenberg Zaayman: Ek sit verskillende kaas aarbeie en biltong in

Suemeria Nel: Klink net so lekker, Brewers sit ook aarbeie en wortels en druiwe in… Great idee thanks
Jacqui Gericke Groen peper, baby marrows, avocado & pynappel met Knorr French salad dressing – heerlik!

Charlene Erasmus ‘n lekker slaai met ‘n verskil, lekker wartlemoen in blokkies gesny, feta kaas, dun repies pers ui, cashew neute vir “crunch” maak sousie met bietjie olyf olie, balsamiese asyn, sout en peper na smaak, so knypie mosterd werk ook lekker gooi oor en geniet,

Susan Norval Heerlike spinasieslaai. Spinasie, krakerig gebraaide spek, gekookte eiers, rooi ui, bietjie vars knoffel, suurlemoensap en olyfolie…………heerlik!!!

Heibre Schronen
Vars pynappel in blokkies
• Gekrummelde bloukaas
• Croutons

As julle van slaaisous hou,
Probeer gerus Inma Paarman se Honey en Mustard slaaisous dit is heerlik – Deur Adéle Lintvelt Grobler

Heibre Schronen
Ertjieslaai; blare, net gaar ertjies, rou uie ringetjies gesny, Hard ekookte eiers, ringetjies gesny, klam aan met mayo. sout en peper na smaak. Dis n lekker slaai! Vinnig en maklik. – Deur Nelia Jacobs New

Heloise Rijke
2 Butter Lettuces, 2 baby cucumbers, 1 Avo, small packet frozen Petit Pois – Microwaved and left to cool, finely chopped mint. Dressing: Lemon Juice, Honey, Olive Oil, salt & pepper to taste. Tastes divine!