MARIANNE SE KOOLSLAAI

marianne-se-koolslaaitested

MARIANNE SE KOOLSLAAI

Die hoeveelheid is maar hoeveel slaai jy wil maak. Myne was ongeveer
3k fyn gekerfde kool,
halwe groen koolbaar saam gekerf,
1 wortel fyn gerasper,
so halwe handvol rosyne,
2t bruinsuiker,
ongeveer 4 opgehoopte eetlepels goeie mayonnaise,
sprinkel sout,
1/2t mosterdpoeier.
Meng alles en sit rukkie in die yskas vir al die geure om te trou.

RESEP EN FOTO:  Marianne de Beer




VLV NOEDELSLAAI

frieda se noedelslaaitested15338883_1191198257632247_6122659245748543032_n

VLV NOEDELSLAAI
Die slaai is heerlik, maak sommer ‘n paar bottels dan het jy ‘n vinnige slaai as daar onverwags gaste opdaag. Heerlik saam met braaivleis.
500 g noedels
1 eetlepel sout
1 ½ koppie kookolie
1 koppie witasyn
2 koppies suiker
500 g uie gekap
1 kg tamaties, skille afgetrek en gekap
1 rooi en 1 groen soetrissie
250 ml mayonnaise
peper
Kook die noedels, sout en helfte van die olie tot sag, maar nie pap, dreineer.
Kook die asyn, suiker en die ander helfte van die olie tot suiker opgelos het.
Voeg die uie, tamatie en soetrissies by en kook tot sag maar nie pap nie.
Voeg die noedels by die asynmengsels en kook deur.
Roer die mayonnaise en peper laastens by.
Bottel die slaai terwyl dit nog warm is in gesteriliseerde bottels.
Hou goed op die rak.
Resep getoets en foto: Frieda Greyling en Marié Fourie




BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI

tested

BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI
1 medium blomkool
1 medium broccoli.
1 medium ui gerasper
1 koppie gerasperde kaas
Neute opsioneel
1 pakkie spek (250g)

Breek die blomkool en broccoli in klein (blommetjies) spoel mooi af. Sny die spek in stukkies en braai liggies tot gaar, koel die spek af en meng.

Sous:
1 koppie mayonnaise
1/2 koppie strooisuiker
3 eetlepels asyn

Meng goed en voeg saam die blomkool en broccoli…kan ‘n dag voor die tyd gemaak word, dis heerlik verby! roer die slaai gereeld sodat die sous kan mooi deur die slaai trek

Bron: Magteld Janse Van Vuuren




CHARMAINE SE LEKKERBEK WORTELSLAAI

14566411_666898200139407_277198087281430044_otested

CHARMAINE SE LEKKERBEK WORTELSLAAI

Vat een pak wortels maak skoon en rasper op fyn kant.
Een blik fyn pynappel gooi die sap af,
een blik perskes fyn gemaak met sap (ek gebruik sommer my twister) en
een houertjie vars room :

meng gerasperde wortel, pynappel, perskes en room saam as jy dit nog soeter wil hê sit bietjie suiker by, sit in yskas

Resep en Foto: Charmaine Cox Bezuidenhout




PETRO SE HOLLANDSE AARTAPPELSLAAI

petro se hollandse aartappelslaaiduitse-aartappelslaaitested

PETRO SE HOLLANDSE AARTAPPELSLAAI
1 kg aartappels geskil en gekook tot sag , water af en terug op warm plaat om lekker droog te word .
Maak aartappel baie goed fyn sout en wit pepper na smaak .
Meng so 4 eetlepels Cross & Blackwell mayonnaise by .
Roer dan 1 klein blikkie pink salmon by, grate uitgehaal en gevlok .
Dan n klein blikkie Koo ertjies water af gegooi by .
Dan n klein potjie cocktail uitjies, die wit een, fyn opgesny .
Meng alles goed deur . Skep in n groot genoeg bak en versier met gekookte eiers en sweet & sour cucumbers .
Die beste is om dit oornag in yskas te laat staan .
Bron en foto: Petro van Genderen




CHILLI AND CARROT SALAD

chilli-carrot-salad-michelletested

CHILLI AND CARROT SALAD

Ingredients:
5 grated carrots
1 small hot chilli
1 fresh lemon
Seasoning

Method:
Finely chop the chillies and place in a serving bowl with the grated carrot.
Add the salt and pepper, squeeze in the juice of the lemon.
Mix and serve.

Posted by Palmer Terence Chantel
Photo:  Michelle Botha




BROCCOLI EN SALAMI SLAAI

broccoli-en-salami-slaaitested
BROCCOLI EN SALAMI SLAAI
2 koppe brocolli, in kleiner boompies gebreek/gesny
100 g cheddar kaas, in blokkies gesny
120 g salami
1 rooi ui
½ koppie mayonnaise
½ koppie gewone jogurt
2 teelepels suiker
2 eetlepels suurlemoensap
sout en peper na smaak

Plaas kleiner gesnyde brocolli stukkies in bak.
Meng mayo, suurlemoensap, jogurt, suiker, sout en peper saam.
Voeg uie en kaas by die brocolli en roer die sous in.
Plaas in mooi bak en sny salami fyn bo-op.
Sit in yskas vir 2 ure en geniet daarna.
Foto en resep:  Cecilia Richards




MARSHMALLOW SLAAI

pineapple-marshmallow-salad
MARSHMALLOW SLAAI

1 pak van daai klein wit marsmellows,
500g joghurt en
n klein blikkie pynappel crush (gooi die sous af) dit is genoeg vir 5/6 grootmense…

Meng alles saam en laat staan vir 2 ure..

Resep: Wilma Von Graszouw




RYSNOEDELSLAAI

tested
RYSNOEDELSLAAI
½ pak rys noodels
2 wortels gerasper
2 groot uie in ringe gesny
sout en peper
Mayonnaise, Sweet Chili Sous en bietjie suiker

Kook rys noodels tot el dente (gaar, maar nie papsag).
Braai uieringe en gerasperde wortels.
Geur met sout en peper en bietjie suiker.
Plaas alles in ‘n slaaibak en meng met bietjie Mayonaise en Sweet Chili Sous.
Resep: Lisa Haarhoff van Schalkwyk




LEEANDA’S MAYONNAISE NOODLE SALAD

14317423_1145496005511744_2670529040098131912_ntested
LEEANDA’S MAYONNAISE NOODLE SALAD

500g Shell noodles
2 Tomatoes
1/2 Cucumber
1 Onion
1Tin of Tuna
Mayonnaise
100ml condensmilk
50ml mustard
Cheese

Chop everything up and add to the pasta
Mix mayo mustard and condensmilk and mix with pasta mixture
Add salt and pepper to tast and chill

Recipe and photo submitted: Leeanda van Zyl