KONDENSMELK NOEDELSLAAI

kondensmelk-noedelslaai

KONDENSMELK NOEDELSLAAI
500 g skulpie noedel
30 ml sonneblomolie
12.5 ml sout
500 ml gerasperde wortels
1 ui
1 soetrissie
Aromat

Sous
1 blik kondensmelk
250 ml mayonnaise
125 ml wit asyn
125 ml olie
15 ml mostertpoeier

Kook noedels 15 minute waarby 30 ml olie en sout gevoeg is.
Voeg wortels fyngekapte ui en soetrissie, en die aromat by.

Sous
Meng al die bestanddele saam en meng liggies in die slaaimengsel.
Verkoel tot nodig.

Resep geplaas deur Adele Viljoen




KERSFEES SLAAI IDEES

15232228_1821496868098403_7834164615678700331_ntested

KERSFEES SLAAI IDEES
Linda Wessels:
Green bean salad topped with roasted Tomatoes dressed with a balsamic reduction. (Nogal ‘n mond vol) Stoom heel groen bone. Ek gebruik die young beans. Rooster coctail tamaties met vars kruie en olive oil in die oond. Jy kan ook rooi en geel peppers by sit. Dan gebruik ek die sap wat uit die tamaties gebak het, suiker en balsamic asyn om ‘n reduction te maak. Kook dit net stadig saam tot lekker duk stroop. Pak jou bone (jy kan baba ertjies ook saam meng) op ‘n platter, pak dan jou tamaties bo op. Drizzle jou reduction oor en sit so paar stukke Feta kaas bo op.
Sanette Henning:
Pak op slaaiblare Waartlemoen balletjies/blokkies fetakaas stukkies en drizzele met balsamic reduksie. Mooi kleurvolle kersfees slaai OF
Pak op slaaiblare. Mangoblokkies, gebraaide broodblokkies en kaasblokkies. Meng mayonaise en Mrs Balls chutney , gooi net voor opdiening sous oor

Foto: Linda Wessels




GIDEON SE SPEKVLEIS MIELIE EN AARTAPPEL SLAAI

gideonbaconcornpotatotested

GIDEON SE SPEKVLEIS MIELIE EN AARTAPPEL SLAAI

(gistraant se bacon and corn parato salad)

250g gekapte spekvleis
1 blikkie pitmielies
1kg sag gekookte aartappels in blokkies gesny
1 gerasperde ui
1 bossie sprietuie gekerf
handvol gekapte pietersielie
bossie gesnipperde grasuie

Slaaisous
1/4 k olyfolie
2 tbsp mayonnaise
2 tbsp dijon mosterd
60ml suurlemoensap
1 tbsp gekapte knoffel
1 tbsp suiker
sout en peper
meng als saam

Braai die spekvleis tot bros en dreineer op handoek papier
Braai die mielies effens on n bietjie olyf olie
Strooi die uie oor di aartappels wat in n slaaibak geplaas is
Strooidan die mielies bo oor asook die ander gekapte kruie
Gooi dan die slaaisous oor en garneer met gekapte pietersielie

Resep en foto: Gideon Louw




PASTA AND CHICKEN MEDLEY

petrochicken and pastatested

PASTA AND CHICKEN MEDLEY
125 – 150 g dried fusilli
2 tablespoon mayonnaise
2 teaspoon pesto
1 tablespoon sour cream or fromage frais ( soos ‘n roomkaas, ek het mascarpone gebruik )
175 g cooked skinless boneless chicken, cut into strips ( ek het smoked chicken gebruik )
1 – 2 celery , sliced diagonally
125 g black grapes , halved
1 large carrot , cut into strips
Salt and pepper
Dressing
1 tablespoon white wine vinegar
3 tablespoon Virgin olive oil
Salt and pepper

Bring a large pot of lightly salted water to the boil . Add the pasta, bring to a boil and cook for 8 – 10 minutes, until tender but still firm to the bite. Drain, rinse and drain again. Transfer to a bowl and mix in dressing while still hot; set aside until cold.
Combine mayonnaise, pesto and sour cream in a bowl, and season to taste.
Add the chicken, celery, grapes, carrot and the mayonnaise mixture to the pasta, and toss thoroughly. Check the seasoning, adding more salt and pepper if necessary.

Recipe and photo submitted: Petro van Genderen




SELMA SE BROCCOLI SLAAI

15179009_1548674528482476_5545432767974457366_ntested

SELMA SE BROCCOLI SLAAI
Baie lekker, eenvoudig en gesond!
broccoli
1 wortel
½ rooi ui
1 handvol amandels
Sous:
½ koppie wit jogurt
1 eetlepel heuning
1 eetlepel appel asyn
Neutmuskaat, sout en peper, na smaak

Breek brocoli op, laat lê in kookwater vir ±3 min, gooi dan broccoli in yswater sodat dit “shock”. Rasper wortel. Sny ui fyn. Kap amandels op. Meng alles saam met sous.

Bron en Foto: Selma Keller




GIDEON SE VERFRISSENDE WAATLEMOEN SLAAI

gideon se verfrissende waatlemoen slaaitestedgideon se waatlemoen slaai
GIDEON SE VERFRISSENDE WAATLEMOEN SLAAI
Skil waatlemoen en sny in groterige blokke.
Strooi ‘n klompie mozzarella bolletjies oor.
Sny ‘n paar parmaham velletjies in strokies en draai om jou vinger en vorm rolletjies en plaas dit op die waatlemoen stukke.
Strooi growwe stukke gekapte pekaneute bo-oor.

Sous:
½ koppie korrelmosterd
1 toontjie gemmer, geskil en gerasper
sap en gerasperde skil van twee suurlemoene
bietjie balsamiese asyn
½ koppie olyfolie

Meng alles saam en strooi oor die slaai net voor jy dit opdien en garneer met ‘n bietjie gekapte growwe mint.
1ste Foto: Gideon Louw
2de Foto: Amanda Conradie

Linda Els
Jou waatlemoen slaai is awesome, het feta gebruik, kon nie mozzarella balle kry nie. My slaai sous was, balsamic vinegar, heuning, dash suurlemoensap. Awesome lekker!

Amanda Conradie
Gideon se Waatlemoenslaai. Een van die heerlikste slaaie wat ons nog geëet het. Baie Dankie Rinie en Gideon xxxxxx
Elize de Kock
Die slaai was met bokmelk kaas en was heerlik.




INEKE SE SOET PIESANGSLAAI

inekesesoetpiesnagslaaitested
INEKE SE SOET PIESANGSLAAI

1 blikkie pynappel
1 blikkie mielies
1 koppie mayo en halwe koppie melk
1 eetlepel suiker
Blue berries na smaak
6 piesangs opgesny or meer afhangende van groote 

Gooi suurlemoen sap oor als om piesangs te keer om van kleur te verander. Meng mayonaise en halwe koppie melk en n eetlepel suiker en gooi oor piesang. Jy kan ipv melk en suiker kondensmelk gebruik. Jy kan greenpepper extra bysit, of mostert na smaak. Ek gooi blou bessies ook by vir kleur. Jy kan selfs kersies insny. Baie lekker as n soet bygereg saam met kersfees vleis of braaivleis

Resep en foto: Ineke Steyn




RONELL SE RYSSLAAI

Ronell se rysslaaitested
RONELL SE RYSSLAAI
Kook 2 koppies rys met ‘n hoenderblokkie in. Net sag. Water af en spoel af.
Sny 1 tamatie sonder die sap in blokkies.
Sny ‘n paar blokkies kaas.
Ontdooi 2 koppies ertjies in gekookte water. Dis baie vinnig.
Jy kan ook ‘n stukkie pers ui fyn kap.
Voeg nou alles by die rys.
Gooi knoffel en speserye en ‘n bietjie sout en peper na smaak by.
Voeg 2 koppies mayonnaise by en meng goed deur.

Ns. Jy kan enigiets ingooi wat jy wil. Ek verkies om nie my mayonaise te verdun met melk nie.
Ek gebruik net Cross en Blackwell mayo. Of woollies se salad cream mayo. Lekker soet smakie.

Bron en foto: Ronell Muller Boshoff




ZWANET SE BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI

tested

ZWANET SE BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI
1 broccoli kop gebreek in blommetjies
½ blomkool kop gebreek in blommetjies
Plaas bogenoemde in kookwater vir 5 min (nie op die stoof- kook ketel en giet water oor)- spoel af.
Braai uie, sampioene en spek stukkies tot lekker gaar, en voeg by die groente.
meng die volgende:
½ blikkie kondensmelk
1 koppie gewone jogurt
1 koppie mayonnaise
Plaas alles saam in ‘n slaaibak en meng goed deur die broccolimengsel.
Sit gerasperde kaas bo oor en sit in yskas – hoe langer hy staan hoe lekerder !

Resep: Zwanet Kuhn
Foto:  Adam Cloete

 




ANNELIZE SE BROCCOLI SLAAI

ANNELIZE SE BROCCOLI SLAAI
1 kg broccoli/blomkool
Kersie tamatie
1 ui fyn gekap
1 koppie feta kaas
1 koppie gerasperde kaas(as jy wil)
1 koppie suurroom
1 koppie mayonnaise
Olywe

Stoom broccoli, maar nie te sag moet nog crunchie wees. Laat afkoel. Meng mayo en suurroom saam. Voeg die res van die bestandele met brocoli. Voeg mayomengsel by. Laat goed afkoel

Bron: Annelize de Bruin