GIDEON SE WORTELSLAAI MET MOSTERD


GIDEON SE WORTELSLAAI MET MOSTERD
My tuisgekweekte wortels het ek gebruik om n slaai te maak wat Susarah van Schalkwyk vir my aanbeveel het baie dankie Susarah dit is heeerlik
2k fyn gerasperde wortel
1/2t sout
2e mayonnaise
1t mostert poeier
N bietjie peper na smaak
Meng alles saam en verkoel

FOTO EN RESEP:  Gideon Louw




ANNELIZE SE HEERLIKE RYSSLAAI

ANNELIZE SE HEERLIKE RYSSLAAI

Gaar rys(so veel as jy wil)
1pak spek opgesny
3 wortels gerasper
1 pak mushrooms

1. Maak rys gaar
2. Braai spek, wortels en mushrooms tot lekker gaar.
3. Meng al die bestandele saam.
Is baie lekker.
Bron: Annelize De Bruin




MARELIZE SE LEKKER KOOLSLAAI

MARELIZE SE LEKKER KOOLSLAAI

-Rasper 1/2 koolkop
-Strooi een pakkie greengage jellie oor en meng goed
-Meng 1/4k mayonaise en 1/4k kondensmelk en gooi oor kool
-Meng goed deur en verkoel

Hierdie is heerlik en kan ‘n dag of twee voor die tyd gemaak word.
Bron: Marelize Kotze
Foto: Marian van Deventer




ELICIA’S BEANS AND AVOCADO SALAD

ELICIA’S BEANS AND AVOCADO SALAD
1 (15 oz) can black beans, drained and rinsed
1 (15 oz) can red kidney beans, drained and rinsed
1 (15 oz) can garbanzo beans, drained and rinsed
1 (15 oz) can whole kernal corn, drained
1 large orange or red bell pepper, diced
12 grape or cherry tomatoes, halved
1 bunch cilantro, chopped
2 large avocados, peeled, pitted and diced
juice of 2 limes
½ cup olive oil
salt and pepper to taste
2 cloves garlic, mashed or finely diced

Mix all ingredients together in a large bowl. Refrigerate for 1 hour before serving.
Note: After cutting up my avocado I tossed it in the lime juice then added the avocado and the juice to the salad. This will help with the avocado not turning brown before serving.
Source and photo: Elicia Wippo




NONNIE SE SPAGHETTI MET TAMATIE EN UIE

NONNIE SE SPAGHETTI MET TAMATIE EN UIE

Kook 500gr pasta (enige soort) so sag soos jy daarvan hou.
Rasper 1kg tamaties (as jy rasper bly die skil in jou hand)
Braai 2 gekapte uie in olie tot sag.
Voeg by tamatie met die volgende.
1teelepel kerrie
sout en peper
125ml wit asyn
250ml suiker

Kook tot gaar
Voeg 1kp mayonaise by

Meng met pasta en bottel warm

Bron en Foto: Nonnie Erasmus




AARTAPPELSLAAI MET KOLJANDER

AARTAPPELSLAAI MET KOLJANDER

10 aartappels, gekook, afgekoel en blokkies gesny
mayonnaise, na smaak (sommige mense verkies baie, ander minder)
3 eetlepels Sweet Chilli sous
1 bossie koljanderblare, fyn gekap
1 klein ui, fyn gekap
4 dill gherkins, fyn gekap
¼ teelepel fyn knoffel
sout en peper na smaak

Meng liggies en plaas in yskas voor opdiening.
Bron en foto: Louise Groenewald




PLUM, MOZZARELLA AND BILTONG SALAD

PLUM, MOZZARELLA AND BILTONG SALAD
100g mixed lettuce leaves
4-6 plums, pips removed and sliced
100g mozzarella slices or torn into pieces
100g thinly sliced biltong
1 red onion finely sliced
salt and freshly ground black pepper to taste
Balsamic glaze for drizzling
Arrange the lettuce on a platter
Arrange the plums, mozzarella, biltong and red onions on top
Season to taste and drizzle with balsamic glaze.




PEER, PEKAN EN ROQUEFORT SLAAI

PEER, PEKAN EN ROQUEFORT SLAAI

3 ferm, ryp pere – skil, verwyder klokhuisie, sny in redelike dik skywe of wiggies. Hou in water met suurlemoen sap in tot benodig.
1 E gewone suiker – strooi suiker egalig op bodem van pan, verhit oor matige hitte tot heeltemal gesmelt, laat karameliseer tot goud in kleur. Moenie roer nie!
25 g botter – voeg by karamel, laat smelt
100 ml sherry asyn – roer by karamel en botter mengsel
Kry meeste van die water van die peer wiggies af, voeg by karamel sous en skud pan dat dit oraloor daarmee bedek is. Braai vir minuut aan beide kante (of langer as verkies). Skep uit die sous en hou eenkant.
100 g pekan (of walnut) helftes – bak vir kort rukkie in oond (pasop vir brand).
1 T neut olie plus 1 E olyf olie (oorspronklike resep sê Walnut, ek net avokado olie gebruik) – voeg by karamel sous. Roer deur en proe – voeg nog asyn by indien verkies. Sout + peper na smaak
Plaas ‘n laag rocket of ander slaai blare op platter, sprinkel oorblywende karamel slaai sous oor en versprei die peer wiggies en neute eweredig daaroor,

ROQUEFORT ROOM SOUS
150 ml double cream
100 g Roquefort (ek het Simonzola blou kaas gebruik – dis nie oorweldigend nie) – Verhit die room en verbrokkelde kaas oor medium hitte. Die kaas moet nie heeltemal smelt nie, daar moet nog redelike groot brokkies wees. Laat afkoel.
Gooi lepels vol van die room sous oor die slaai en bedien dadelik as bykos of voorgereg. Bedien 4 – 6

n die oorspronklike resep het sy die peer wiggies vir 5 minute in die sous in die oond gebak, ek verkies die pere net af van rou. Ek het die eerste keer walnuts gebruik, maar verkies pekans, die smaak is minder wild vir my.

Dit was deel van ons Kersete en het baie goeie komplimente gekry. Ek het baie meer Simonzola (amper ‘n hele wiggie) teenoor minder room gebrui

Resep: Resep baseer op die van Monica Galetti – verskaf deur Petro Borchard
Foto: Petro Borchard




HEERLIKE NOEDELSLAAI

HEERLIKE NOEDELSLAAI
500 g pak pasta (Gnocchi)
1 koppie tamatiesous
1 koppie suiker
1 koppie olie
1 koppie druiwe asyn
2 van 250 ml bottels Knorr Peri-peri sous
4 groot uie, fyn gekap
6 groen/rooi soetrissies, gekap

Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1 eetlepel olie, dreineer en spoel af.
Smelt bestanddele saam oor medium hitte.
Roer uie en rissies saam en roer goed deur.
Voeg pasta by en roer liggies deur.
Laat staan oornag.
Bedien warm of koud.
Hou lank in die yskas.

Die knorr sous vervang ek met 2 x Wellingtons Peri Peri 375 ml, brand glad nie baie nie. Dis werklik ‘n heerlike resep, jy kan die pasta verminder tot 1 pakkie, dan is dit baie souserig. Ek gooi nog halwe pakkie by om dit meer te maak by my lodge. Dit word so vinnig opgeëet, maar jy kan die resep met net die 500 g pakkie maak.
Foto:  Wilna Dorfling
Resep:   Heather Strumpher se gastehuis resep




ROLINE SE KAPOKAARTAPPEL SLAAI

ROLINE SE KAPOKAARTAPPEL SLAAI

Kook jou aartappel tot sag.
Maak dit fyn met aromat en margarine – geen water of melk, dit moet fyn wees sonder klonte en styf genoeg want jy moet kan bolletjies rol
Jy kan spek baie baie fyn sny en vinnig braai en fyn fyn rou uie in die kapokaartappels gooi, roer goed deur en sit in yskas om koud te word.
Intussen meng jy mayonnaise, pietersielie en rou uie fyn fyn gekap, ek g
Kry n lang bak waar in jy die bolletjies kan pak, gooi op die bodem van die bak n biejtie van die mayonnaise mengsel, uie en pietersielie.
Dan as jou kapokaartapples koud is rol dan bolletjies so groot soos n okkerneut grootte , doop in mayonnaise mengsel wat oor is en plaas in die bak bo op die mayonnaise mengsel. Herhaal tot al die bolletjies in mooi rytjies geplaas is in die bak. Gooi die res van die mayonnaise mengsel wat oor is oor die bolletjies en versier na smaak. Ek het fyn pietersielie en uie gebruik. Jy kan ook bulgaarse yoghurt meng met mayonnaise indien jy dit so verkies.

Resep en foto: Roline van der Merwe Labuschagne