BROKOLLIE SLAAI AL LA ELSABIE


BROKOLLIE SLAAI AL LA ELSABIE
Brokollie, spek en kaas slaai.
1 koppie brokolli
50 g neute
125 ml rosyntjies
125 ml croutons
30 ml asyn
250 ml mayonnaise
30 ml suiker
250 g spek, gebraai in stukkies
1 koppie kaas, in blokkies gesny

Breek die brokollie in stukkies en stoom vir 10 minute. Plaas die brokollie in slaaibak om af te koel.
Plaas die kaasblokkies, neute, rosyntjies, croutons en stukkies spek ook in die bak. Plaas die asyn in ‘n pot. Gooi die suiker by. Sit pot op lae hitte en roer tot al die suiker gesmelt is. Haal van die plaat af en roer die mayonnaise by. Gooi die asyn mengsel oor die slaai. Geniet!!
**Ek het vanaand kaas en spek ontbyt worsies gebraai en die croutons uitgelos en Mini Cheddar se uie geur beskuitjies gebruik saam met ‘n handvol grondboontjies en rosyntjies. My sousie was Nola se Ulta Creamy mayo gemeng met dieselfde hoeveelheid suurroom.

Foto: Elsabie Templeton
Resep: Elsabie Templeton




BAKED BEANS EN PIESANGSLAAI

BAKED BEANS EN PIESANGSLAAI
FOOD LOVERS RECIPES
Peet Strijudom
Net blikkie baked beans, fyn gekapte uie, mayonnaise en so bietjie kerrie poeier, al die bestanddele soos jy verkies, dan fyn gesnyde piesang. Plaas in yskas om te trek. Ek vind hoe langer dit trek hoe lekkerder.

Elize Grobbelaar
Jy kan green pepper en gherkins opgekap en bysit ipv van kerrie, ‘n lepel dijon mosterd.
Of dreineer die sous en hou eenkant om oor fritters te bedien. Meng baked beans met bruismeel en ‘n eier en bak fritters in vlak olie. Sit bietjie chilli by as jy van byt hou.

Adelaide Classen
Ek like baked beans met chakalaka met mayonaisse as ‘n slaai. Sommige keer doen ek net chakalaka met mayo as dip. Of soms chakalaka met mayo gemeng met die “strikdas” pasta. Heerlik saam met ‘n braaivleis.

Pauline Olivier
Chilli opgesny en feta in blokkies.

Catherine Ann Keller
Ek maak piesang mayo en ‘n bietjie kondensmelk

Charmaine Grove
1 blik baked beans, 2 eetlepels mayonaise, 1 of 2 teelepels suiker, ongekapte peppers, opgekapte rooi ui, opgekapte stukkies tamatie met ‘n bietjie sout en peper (stukkie chilli opsioneel). Wenreseppie!

Elizabeth Cloete Botha
Piesang mayo en kerrie poeier. Heerlik!

Esta Maree
Geblikte Pynappelstukke saam baked beans is net so lekker.

Annette Lusse
Paar lepels blatjang.

Vicki Gordon
Tamatie en komkommer blokkies en ui.

Carol-ann Basson
Braai uie en stukkies russian en voeg laaste boontjies by.

Zelda Ellis
Fry onions and green pepper which are finely chopped, add chutney, sweet chilli sauce and curry powder, stir until all well blended. Add a little apricot jam and the baked beans and let simmer for a few minutes. Lekker curry beans. You can cut your banana up as a side dish with it.

FOTO:  Peet Strijudom




KERRIE COUSCOUSSLAAI

KERRIE COUSCOUSSLAAI
2 koppies couscous
2 koppies kookwater

Gooi water oor couscous en laat staan.

Meng saam en voeg by couscous:
25 ml kerriepoeier
15 ml borrie
1 koppie olyfolie
½ koppie suiker
5 ml mixed herbs
sout en peper na smaak

Meng ook by:
fyngesnyde greenpepper, na smaak
1 blik ertjies
1 blik pitmielies

Roer goed alles deur.
Laat oornag staan.
Resep : Angela De Klerk
Foto: Sandra Schreuder-de Klerk




KOUE STAMPMIELIE GEREG


KOUE STAMPMIELIE GEREG
500 g gaar stampmielies
1 blikkie pitmielies
250 g gebraaide spek in blokkies
1 groenpeper in blokkies
½ koppie sweet chilli sous OF 1 koppie griekse of franse slaaisous
1 koppie mayonnaise
¼ koppie roomkaas
2 eetlepels kondensmelk
4 feta wiele in blokkies
1 koppie cheddarkaas in blokkies
sprietuie opgesny
sout en gemaalde swartpeper
20 ml country garlic and herb spice (Robertsons) of mixed herbs
3 gekookte eiers opgesny in ringe – opsioneel vir bo op

Meng souse deeglik met spices.
Meng pitmielies, stampmielies en groenpeper saam met spek, kase en sprietuie goed saam.
Roer die sous by en meng goed.
Garneer met gekookte eiers en sprinkel paprika bo op vir kleur.
BRON: Maralize van Winsen




GIDEON SE LEKKER PYNAPPEL EN PAPAJA SLAAI

GIDEON SE LEKKER PYNAPPEL EN PAPAJA SLAAI
Pynappel in blokkies gesny
Stukkies gekerfde groenrissie
Stukkies fetakaas
Stukkies papaja
Gekerfde rooi ui
Sweet chilli sous
Meng alles saam en geniet saam met jou braaivleis.
Bron en foto: Gideon Louw




BRUSSELSPROUT SALAD

BRUSSELSPROUT SALAD

Servings: 4-6
Salad
20 Brussels sprouts, shaved
1 avocado, diced
6 green onions, diced
1 cup spinach
7 bacon slices cut into ½-inch pieces
⅓ cup Parmesan
¼ cup dried cranberries
¼ cup sliced almonds (slicing optional)
Lemon Vinaigrette
4 tablespoons lemon juice
4 tablespoons olive oil
1 tablespoon Dijon mustard
1 tablespoon oregano
1 tablespoon pepper
1 tablespoon salt
Garnish
Lemon zest
PREPARATION
1. In a small bowl, prepare the vinaigrette.
2. Juice one lemon into the bowl and remove the seeds.
3. Add the Dijon mustard, oregano, salt, and pepper. Whisk together.
4. Once mixed, slowly add the olive oil while continuing to whisk until evenly blended.
5. Set aside until ready to dress the salad.
6. Prepare the salad. Slice off the stem of the Brussels sprouts and cut each one in half. Thinly slice the half horizontally, shaving the Brussels sprouts.
7. In a large bowl, combine Brussels sprouts and spinach.
8. Add the rest of the salad ingredients.
9. Pour the dressing evenly over the bowl.
10. Toss thoroughly until well mixed.
11. Enjoy!
Source and Photo: Elicia Wippo




MAGTELD SE BEETBLATJANG

MAGTELD SE BEETBLATJANG
8 medium bete
2 medium uie of 1 groot ui
500 ml bruinasyn
750 ml suiker
15 ml kerriepoeier
5 ml gemengde speserye( mix spice)
5 ml sout
45 ml mielieblom( maizena)
45 ml water
Kook bete tot gaar,verwyder skille en sny in blokkies,hou eenkant
Verhit die asyn en suiker oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Bring tot kookpunt voeg dan die gaar beet by en die opgekapte uie,laat prut 10 min. Voeg die kerrie,mix spice en sout by,laat prut so 5 min en voeg dan die maizena met water gemeng by,laat prut weer vir so 5 min tot die sous dik is….
Baie ou resep,smaak is heerlik!
2 x mayonaise grootte bottels
Bottel warm
Bron en foto: Magteld Janse van Vuuren en 2de foto: Lizelle Maree




OU BALLIE KERRIESLAAI


OU BALLIE KERRIESLAAI
1 blik (820g) perskes in perskesap
1 blik (840g) pynappel stukkies
1 fles (390g) wit suur uitjies
37,5 kerriepoeier
37,5 wit suiker
100ml fyn appelkooskonfyt
Knippie sout
5 druppels tabasco sous
2 blikkies (420g) boontjies in tamatiesous
25ml mielieblom

Dreineer en snipper die perskes maar hou die sap. Dreineer die pynappelstukke maar hou die sap. Dreineer die asyn van die suur uitjies, voeg die perske- en pynappelsap, asook die kerriepoeier, suiker, konfyt, sout en tabasco sous by. Kook vir 10 minute.
Voeg perske snippers, pynappel stukke, heel uitjies en boontjies in tamatiesous by. Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Kook vir 5 minute tot sous verdik. Laat afkoel.

FOTO: Hettie Swanepoel

2de foto:  Taryn Rossouw
Baie dankie almal! Ek het een groot blik perske skywe, een blik pynappel stukkies, en een fles tuisgemaakte chilli sous gemeng. Ek het die perske en pynappel stroop dik gekook met ‘n pakkie soet suur sous en maizena. Almal het baie lekker geëet, selfs die kinders. Dankie vir al die raad!




INGRID’S PASTA SALAD

INGRID’S PASTA SALAD

Half a packet pasta
Green pepper
Red onion
Tin whole kernel mielies
Spring onion
Tomatoes
Olives
Feta
1 bottle salad dressing. I used Greek.
Spices such as garlic and herb and green onion
Boil pasta as cooking instructions on packet
Chop rest of ingredients add to pasta once cooled off and spices. Lastly add the salad dressing and mix.
My own recipe.
You can use your own choice of ingredients
Source and Photo: Ingrid Mouton




GIDEON SE MANGOSLAAI


GIDEON SE MANGOSLAAI
Mango in blokkies gesny
Klein stukkies seldery
Bietjie gekerfde rooi ui
Paar baba spinasie blare gekerf
Paar gekerfde stukkies pynappel
‘n bietjie sweetchillie sous
Meng als saam

Bron en foto: Gideon Louw