SALAD WITH FIGS AND WHITE BEANS

SALAD WITH FIGS AND WHITE BEANS
Today I would like to share with you my proposal for an unusual combination: salad with figs and white beans in a spicy parsley sauce. I recommend adding colourful cherry tomatoes to balance the floury taste of the beans and the gently sweet taste of the figs. They will be equally beautiful as a decoration on the dish.
(for 2 people):
200 g of white beans
2 fresh figs
12 cherry tomatoes
a fistful of blueberries
dip:
3 tablespoons of olive oil
1 tablespoon of water
half a chili pepper
2 tablespoons of minced parsley
1 clove of garlic
salt and pepper
Dice the onion and chili pepper. Add the olive oil, water, chili pepper, parsley and garlic and stir. Spice it up with salt and pepper and leave for a while.
Soak the beans and leave them for a night. Boil until they are soft. Cut the cherry tomatoes in half and the figs into quarters. Mix the beans with half of the dip and leave for half an hour. Arrange the beans, tomatoes, blueberries and figs on a plate. Sprinkle with the rest of the dip.
Recipe posted by Katarzyna Posłuszny
Photo: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




MANDY’S PINEAPPLE AND BANANA SALAD

MANDY’S PINEAPPLE AND BANANA SALAD
1 pineapple cut into chunks
5 bananas sliced
1 cup whole kernel corn
Equal parts mayonnaise and condensed milk( about half cup each)
Mix everything and refrigerate for about an hour.
It’s best to make this salad about an hour before eating as the banana will turn brown.
Next time I want to coat the banana in lemon juice to combat that.
Recipe posted by Mandy Fillmore Grovers
Photo: Mandy Fillmore Grovers




PAPAJA SLAAI ALA RINIE

PAPAJA SLAAI ALA RINIE
gekrummelde stukkies fetakaas
repies komkommer
gekerfde rooi ui
gekerfde rooikool
stukkies kropslaai
stukkies rokket
blokkies popo
1 knerts sweetchilliesous

Alles saam gemeng in ‘n slaaibak.
Foto: Gideon Louw




BREAD SALAD

BREAD SALAD
Dit is baie lekker. Maak die resep net Kersdag – hoekom weet ek nie, maar almal weet Zelda bring die broodslaai! Ek het my resep bietjie aangepas van oorspronklike resep – ek vind die asyn is bietjie te skerp soos wat op resep aangedui is. Waar ek verander het is in hakkies: (My version in brackets – where I have changed ingredients)

1 loaf bread
2 eggs
¾ cup sugar (1 cup sugar)
½ cup white vinegar (¼ cup vinegar)
½ tsp mustard salt and pepper
Cut bread into small blocks (croutons) and fry in oil.
Put aside in airtight container until required.

Boil all other ingredients together over low heat until thickens.
(I whisk together first before boiling)

Once cool add:
¼ cup cream (1 cup cream)
¼ cup mayonnaise (1 cup mayonnaise)

Sauce can be kept in fridge until required.
(I do croutons and sauce day before needed)

When ready to eat, pour sauce over croutons and mix.
Recipe posted by Zelda Ellis




AARTAPPELSLAAI MET GRASUIE


AARTAPPELSLAAI MET GRASUIE
Heerlike aartappelslaai om saam met die naweek se braaivleis te geniet!
Maak 6 porsies
6 groot aartappels
1 ui, baie fyn gekap
4 agurkies, baie fyn gekap
500 ml (2 koppie) mayonnaise
187 ml (¾ koppie) kondensmelk
5 ml (1 teelepel) witasyn
knypie sout
6 grasuie, gekap
Kook aartappels in water met genoeg sout tot mes se punt gemaklik daardeur kan steek.
Dreineer en laat aartappels afkoel.
Trek skille af en sny in blokkies.
Meng ui, agurkies, mayonnaise, kondensmelk, asyn en sout, en roer by aartappels.
Sit koud saam met gekapte grasuie voor.
Wenk:
Kondensmelk kan ook met 125 ml (½ koppie) strooisuiker vervang word. Roer strooisuiker by mayonnaise, laat ’n bietjie staan tot suiker opgelos is en meng goed.
Resep geplaas deur Annelize de Bruin
Foto:  Annelize de Bruin




LENORE SE WENNER AARTAPPELSLAAI

LENORE SE WENNER AARTAPPELSLAAI
1kg aartappels
2 koppies mayonnaise
1 blik gekondenseerde melk
1 pakkie bacon
2 medium uie
3 hard gekookte eiers
sout en
growwe peper na smaak
Kook aartappels sag en laat effens afkoel. Sny bacon in blokkies en braai crispy. Meng mayonnaise en gekondenseerde melk saam. Voeg gekookte eiers wat gerasper is, opgekapte uie en bacon met sy bietjie olie by die lou aartapels. Strooi growwe peper oor na smaak. Voeg mayonnaise mengsel by en roer deur. Die slaai smaak so rokerig en dus ook lekker die volgende dag
Resep geplaas deur Lenore Combrink
Foto: Lenore Combrink




GEBAKTE VYE EN FETA SLAAI MET PARMAHAM

GEBAKTE VYE EN FETA SLAAI MET PARMAHAM
12 heel gedroogte vye
15 ml olyfolie
200 g feta
6 skyfies parmaham, middeldeur gesny
50 g dennepitte
100 g roket
10 ml heuning
30 ml balsamiekasyn
30 ml olyfolie

Voorverhit oond tot 180°C. Week vye vir 5 minute in 250 ml warm water tot plomp. Breek feta in growwe krummels, sny vye lengtegewys middeldeur en vul met feta. Vou ham om vye en steek met tandestokkie vas. Sit op bakplaat en strooi olyfolie oor. Bak 15-20 minute of totdat ham krakerig is. Rangskik roket op bord of bak, plaas vye bo-op en strooi dennepitte oor. Meng asyn, heuning en olie en gedruip vye met sous. Sit dadelik voor.
Resep geplaas deur Renate Strydom Engelbrecht




MARIËTTE SE 3 BONE-KERRIEBONE SLAAI

MARIËTTE SE 3 BONE-KERRIEBONE SLAAI
3 sakkies bone
½ koppie kerrie
1 koppie asyn
3 koppies suiker
15 ml sout
10 ml swart peper
1 ui  gekerf
3 peppers een van elke kleur
Kies bone van jou keuse en week oornag in koue water.
Kook tot sag.
Voeg sout, growwe swart peper, asyn, kerrie en suiker by na smaak.
Kook kerrie lekker deur die bone.
(Ek kook en laat staan paar uur en kook dan weer)
Wanneer alles lekker deurgekook het, plaat afgesit, voeg ek gesnipperde groen-, geel-, rooi peppers en ui by.
Roer deur en bottel terwyl warm.
Hoe langer hy staan, hoe lekkerder raak hy.
(Ek hou myne maar in yskas)

RESEP EN FOTO:  Mariette Heydenrych-Kotze

Ons het hierdie wenk gebruik om die asyn bietjie te neutraliseer
Neutralize the vinegar chemically by stirring in a pinch at a time of baking soda. Baking soda is a potent base, or alkaline, ingredient and will convert some of the vinegar to carbon dioxide. Taste the food after stirring in each pinch and repeat until the flavors are balanced.




ERNA SE KERRIE NOEDELSLAAI

ERNA SE KERRIE NOEDELSLAAI
Daar is soveel piepklein variasies op die lekker slaai. Maar hier is die een wat ek maak. Vrek lekker saam met braaivleis.
1 pak skroefnoedels
1 rooi soetrissie, gekap
1 ui fyn gekap
1 koppie tamatiesous (All Gold)
½ koppie asyn
½ koppie olie
150 ml suiker
25 ml kerriepoeier
Tobasco sous
peper
Kook pasta tot gaar.
Dreineer dan (spoel net liggies af of glad nie).
Meng die res van die bestanddele saam en gooi oor warm pasta.
Laat afkoel en roer weer deur voor ete. Kan vorige dag gemaak word.
Partykeer gooi ek minder kerrie dat dit minder brand.
Die soetrissie en uie maak ek in voedselverwerker lekker fyn.
As ons dit dieselfde dag eet spoel ek die pasta nie af nie-as dit vir die volgende dag is spoel ek net so lig en vinnig onder water af, sodat die sous steeds sal vassit aan die noedels, maar dat dit nie droog sal raak na die volgende dag nie. Roer in elk geval weer deur voor opdien.
(Jy kan die soetrissie heeltemal uitlaat)
Foto en resep deur Erna Van der Merwe




ETIENNE SE BLATJANG AARTAPPELSLAAI

ETIENNE SE BLATJANG AARTAPPELSLAAI
1 pak baba aartappels
1 koppie blatjang
½ koppie olie
1 eetlepel knoffel
1 handvol vars pietersielie

Kook die aartappels met skil aan tot sag.
Meng olie, blatjang, knoffel en pietersielie en gooi oor aartappels.
Meng goed, ek gebruik sommer my hande, omdat die aartappels breek met die utensils.

‘n Ietsie anderse aartappel slaai 🙂

Resep geplaas deur Etienne A G Roux