BEETSLAAI MET “BAKED BEANS”

BEETSLAAI MET “BAKED BEANS”
6 lekker groot beet knolle gekook en geskil
Braai ‘n ui lekker bruin in bietjie olie (in blokkies gesny)
meng
125 ml suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
5 ml mostert poeier
sout en pepper
Rasper die gekookte en geskilde beet daarin, en meng goed deur.
Voeg die ui en ‘n blikke baked beans by, en meng deur.
Resep geplaas deur Rudi Campher




TWEE KOMKOMMERSLAAI


TWEE KOMKOMMERSLAAI
Rasper die volgende op growwe kant van rasper en meng:
1 x medium Engelse komkommer
3 x groot Miami Sweet & Sour Cucumbers (agurkies)
1 x medium grootte wit ui
1 x dik wiel Pick ‘n Pay Black Pepper Feta
1 x gekookte eier (opsioneel)
Bietjie mayonaise kan ook bygevoeg word. Komkommer maak egter heelwat sap. Ek het nie sout en peper bygevoeg nie, die feta se sout en peper was voldoende.
Geniet saam met gebakte vis of as vegetariese ete.
Resep: Christelle van Rooyen
Foto:  Christelle van Rooyen -Vanaand sonder eier gemaak, as bykos saam met steak.




AARTAPPELSLAAI IDEES

AARTAPPELSLAAI IDEES
Wayne Dugmore
My persoonlike gunsteling is met ‘n bietjie baie fyn uie en gekookte eier. Meng mayonaise met ‘n bietjie kondensmelk en melk/room – jy wil dit nie te soet hê nie en dit moet bietjie loperig wees. Meng sout en peper in na smaak. Giet oor aartappel, eier, uie mengsel. Roer deur en laat staan om sous in te laat trek. Roer nog sous en pietersielie deur voor opdiening. Lekkerste wanneer ys koud.

Minouise van der Merwe
Gebraaide Uie, Sampioene, Green, Yellow and Red Bell Peppers (Soetrissies), Ertjies (soos per jou voorkeur), Gekookte eier/s, 1 eetlepel kondesmelk vir elke 5-6 eetlepels mayonnaise en so bietjie vars of gedroogte pietersielie nadat die slaai mengsel gemeng is bo-oor

Elsabe Templeton
Helfte mayonnaise, helfte suurroom of creme fraiche, fyn gerasperde rooi uie, gekapte agurkies en gekookte eier grof gekap.
Madeleine Scholtz
Baie ou resep, meng mayonnaise met bietjie olie, suiker en asyn. Ek gebruik maar soos ek voel, met gekapte ui en gekookte eier en gekapte parsley.

Rudi Campher
Maak nie saak of dit mayonnaise, gemeng met kondensmelk is, of net skoon mayonnaise, maar rasper altyd ui in/ of spriet uie, sout en pepper, met altyd bietjie mostert poeier. Maak ‘n groot verskil. Gebraaide spek stukkies net so lekker daar in.

Nathalie van Heerden Botha
Boiled and diced – No Mayonnaise – don’t like mayonnaise – Olive oil; Coarse salt preferably Himalayan; juice and rind of a lemon. Chopped mint leaves.
Eat when slightly warm. Great! My Gran made it this way!

Jacqui Gericke
Or mayonnaise with whipped ideal milk – delish. You can even use sour cream, with spring onions and mustard seeds – divine, although different




ZEN SE SMUL LEKKER BROCCOLI SLAAI

ZEN SE SMUL LEKKER BROCCOLI SLAAI
Heerlikke refreshing slaai vir die somer!
1 broccoli kop
½ koppie uie
1½ pak blokkies spek
2½ tafel lepels asyn
1 koppie mayonnaise
1/3 koppie suiker
1 ½ koppie gerasperde kaas
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
Handjie vol neute (opsioneel)

Meng al die droë bestanddele saam. Braai die spek en sit by die droë bestanddele.
Meng dan in aparte beker die suiker, asyn en mayonnaise saam en giet oor die mengsel, roer lekker deur.
Dit smaak die lekkerste as jy dit eers oornag gelos het in yskas.
Resep en foto: Zendi Houghtan-Hawksley




CHICKEN SATAY SALAD

CHICKEN SATAY SALAD
Coat 2 skinless, boneless chicken breasts with 2 tablespoons peanut sauce,
1 tablespoon vegetable oil,
1/2 teaspoon chili powder
and 1/2 teaspoon salt.
Grill about 3 minutes per side.
Whisk 5 tablespoons peanut sauce,
3 tablespoons oil,
2 tablespoons lemon juice,
2 tablespoons water, and salt and pepper to taste.
Combine 1 chopped leaf lettuce (torn coarsely),
1/2 head romaine (torn coarsely),
1/2 cucumber (cut into matchsticks),
1 medium carrot (cut into matchsticks),
1 red pepper (thinly sliced) and 3/4 cup cilantro (chopped).
Top salad with chicken, 3 tablespoons peanuts and drizzle dressing.
Photo:  Elsabie Templeton
Iets wat ek volgende keer sal saam met dit maak vir ekstra krakerigheid is beslis diepgebraaide noedels om saam met die te eet.




ANET SE ANDERSE KLEURE SLAAI

ANET SE ANDERSE KLEURE SLAAI
Wil julle nou van my ” ietsie anders” resep vertel, die kleure het my aandag getrek en ek was opsoek na ‘n “ander” slaai by ‘n braai en toe sien ek die kleure as ‘n nagereg.
Die oorspronklike resep is vir nagereg maar ek besluit toe om die kleure te maak in ‘n slaai vorm. Nou nie traditioneel slaai kleure nie, maar tog mooi.
Oranje lagie:
2 wortels gerasper
¾ koppie room
1 pakkie lemoen jellie, aangemaak met ¾ koppie warm water, afgekoel
Voeg die room by die wortels, voeg die afgekoelde jellie by die roommengsel en meng deur. Giet die mengsel in ‘n ring pan en laat stol.
Geel lagie:
2 blikkies fyn pynappel, gedreineer
Meng ¾ koppie room
2 desert lepels suiker
1 pakkie granadilla jellie aangemaak met ¾ koppie warm water, afgekoel
Meng die room, pynappel en suiker. Voeg die afgekoelde jellie by en meng. Indien die geel bietjie bleek is kan so 2 druppeltjies geel voedselkleursel by geroer word. Giet die mengsel oor die gestolde wortels en laat eenkant om te stol.
Groen lagie:
2 groterige murgpampoentjies gerasper en die water uitgedruk
¾ koppie room
sout en peper na smaak
1 pakkie lemmetjie jellie aangemaak met ¾ koppie warm water, afgekoel.
Meng die room, murgpampoentjies en sout en peper na smaak. Voeg die afgekoelde jellie by en meng deur. Indien die kleur nie groen genoeg is nie, kan 2 druppeltjies groen voedselkleursel bygeroer word. Giet die mengsel op die gestolde pynappellaag en laat eenkant om te stol.
Maak die slaai so dag of 2 voor die tyd dat al die geure kan “trou”.
Nota – ek het die slaai al net so in lagies in die slaaibak ook gemaak. Hier by ons is dit verskriklik warm op hierdie stadium, ons bly in die trope en alles smelt geweldig vinnig, so as julle bang is dit word pap hou dit in slaaibak,  anders keer die slaai uit in een van die borde wat ys onderin kan hou, dat die slaai kan koud bly. Probeer en laat weet wat julle dink.
Resep en foto: Anet van der Merwe




POTATO SALAD WITH HAM AND GHERKINS


POTATO SALAD WITH HAM AND GHERKINS
Ek het grootmaat gemaak, gebottel en in yskas gebere. Hou lank.
1 kg desiree potatoes, washed
4 hard-boiled eggs, peeled, sliced
4 green onions, thinly sliced
5 gherkins, sliced
50 g shaved ham, chopped
1/2 cup mayonnaise
2 garlic cloves, crushed
2 tablespoons lemon juice
1/4 cup chopped fresh flat-leaf parsley leaves
Cook potatoes in a large saucepan of boiling, salted water for 10 to 12 minutes or until just tender. Drain. Set aside to cool for 5 minutes. Thinly slice crossways. Cool completely.
Place potato, egg, onion, gherkin and ham in a large bowl. Combine mayonnaise, garlic, lemon juice and parsley in a bowl. Season with salt and pepper. Add to potato mixture. Toss to combine.
Serve or bottle and keep in the refrigerator.

Posted by Dalene Pieterse

 




GIDEON SE SMAAKLIKE KOOLSLAAI

GIDEON SE SMAAKLIKE KOOLSLAAI
1 1/2 koppie witkool gekerf
1 koppie rooikool gekerf
1 koppie mayonaise
1 koppie melk
1 wortel gerasper
1/2 koppie gekerfde pynappel
1 selderystingel gekerf
1 eetlepel dijon mosterd
1 teelepel knoffel en kruie speserye
1/2 teelepel knoffel vlokkies
Sout en swart peper na smaak
Meng alles saam in ‘n slaai bak en geniet
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




KOOL EN KOEJAWELSLAAI

KOOL EN KOEJAWELSLAAI
Resep: Amanda Conradie
FOOD LOVERS RECIPES
Slaaisous:
60 ml sesamsade (¼ koppie)
45 ml olie (3 eetlepels)
30 ml rys asyn (2 eetlepels)
30 ml water (2 eetlepels)
skeut Sojasous
3 ml aangemaakte mosterd ((¾ teelepel)
15 ml heuning (1 eetlepel)
Slaai:
½ wit kopkool, in skyfies gesny
1 klein rooi ui, in dun skyfies gesny
2-3 elk koejawels en piesangs, in skywe gesny
handvol gekapte koljanderblare
Vir voorsit:
lemmetjies
ekstra koljanderblare
Braai die sesamsade in ‘n droë pan todat dit net begin verbruin. Skep die helfde uit en hou eenkant.
Voeg die olie by die res en verhit tot warm, giet uit.
Meng die res van die slaaisousbestanddele by die sesame-olie en laat afkoel.
Meng die kool en ui. Voeg die vrugte en koljanderblare by en giet die slaaisous oor.
Skep in ‘n bak en sprinkel sesamsade oor. Rond af met lemmetjies en koljanderblare.




BUTTER BEAN AND ITALIAN PARSLEY SALAD

BUTTER BEAN AND ITALIAN PARSLEY SALAD
VARS, LEKKER EN ANDERS
1 tin butter beans, drained
1 rib of celery – without leaves, sliced
couple of spring onions, sliced
lemon – zested, juice in separate container
Olive or nut oil
salt and pepper
peppadew, sliced
HUGE amount of Italian flat leave parsley (Not the curly one), chopped

Mix oil, lemon zest and juice to taste, salt and pepper. Bit of sugar if needed. Mix with rest. Test if taste is to your liking, add more lemon juice/salt/oil/sugar as needed.
This salad improves on standing for flavours to blend. Keeps well in fridge.

1 blik butter beans, gedreineer
1 rib seldery – sonder die blare, in skyfies gesny
paar spring onions, in skyfies gesny
suurlemoen, rasper die zest af, druk die sap apart uit
olyf of neut olie
sout en peper
peppadew, opgesny

BAIE Italiaanse pietersielie (NIE die krullerige een nie) dit moet amper lyk of jy te veel het – gekap
Meng olie, suurlemoen zest en sap na smaak, sout en peper. Kan ook bietjie suiker bysit na smaak. Meng met die res. Proe of balans tussen smaakmiddels reg is.
Die slaai moet verkieslik ‘n paar uur oorstaan sodat die smake maats kan maak. Hou goed in yskas.
Gebaseer op ‘n slaai wat ek in ‘n Griekse restaurant geëet het.

Nota:
Ek weet butter beans in tuna en blare slaai is baie lekker, ek dink dit kan hier ook werk om dit meer van ‘n maaltyd te maak op sy eie.
Fotos my eie : Petro Borchard