HEERLIKE GEMARINEERDE KOOL EN BROCCOLI SLAAI

HEERLIKE GEMARINEERDE KOOL EN BROCCOLI SLAAI
Maak gemarineerde kool en broccoli slaai ewe veel kool en broccoli
2 rooi uie in halwe ringe gesny
1 bossie seldery klein gesny
rooi en geel soetrissie repe gesny
Vir 1 kool kop en 1 broccoli is die marinade:
1 koppie suiker
1 koppie witasyn
½ koppe olyfolie
Meng die 3, giet oor die slaai en laat staan vir 1 dag voor bediening,
Dreineer die marinade af voor bediening.
Dit is ‘n pragtige kleurvolle slaai en dit word glad nie pap nie,  hou lank,  geniet dit
Resep:  Zelda Snyman de Villiers




DRIE LAAG WORTEL-BEET-PYNAPPEL GESTOLDE SLAAI

DRIE LAAG WORTEL-BEET-PYNAPPEL GESTOLDE SLAAI
WORTELLAAG
1 pakkie lemoen jellie
1 koppie kookwater
1 koppie fyngerasperde wortels
Los jellie op in kookwater en voeg wortels by.
Skep in vorm en laat stol.
PYNAPPELLAAG
1 pakkie pynappeljellie
1 koppie kookwater
1 blik fyn pynappel gedreineer (410g)
1 koppie kaas
250 g geroomde maaskaas
Los jelie op in kookwater. Laat afkoel en voeg res by. Meng en skep oor gestolde wortellaag.
BEETLAAG
1 pakkie kersiejellie
1 koppie kookwater
1 koppie gerasperde gaar beet
Los jellie op in kookwater. Laat afkoel en voeg beet by. Skep bo op en laat in yskas stol oornag.
Keer uit vorm en versier met wortel repies.
Resep geplaas deur Erna Van der Merwe
Foto: Johan Coetzee.




MAKLIKE AARTAPPELSLAAI

MAKLIKE AARTAPPELSLAAI
6 medium aartappels
300 ml Cross en Blackwell mayonnaise
sout en peper
2 gekookte eiers
Stoom of kook aartappels gaar en sny in blokkies.
Geur met sout en peper
Meng aartappels met mayonnaise .
Sny eiers fyn en skep oor  die aartappels, strooi droë pietersielie oor.
Plaas in die yskas tot bedien.

Resep en foto: Meisie Van Der Colff




BOTTERSKORSIE- EN FETASLAAI MET TUISGEMAAKTE SLAAISOUS

BOTTERSKORSIE- EN FETASLAAI MET TUISGEMAAKTE SLAAISOUS
Maak eers die slaaisous:
(genoeg vir medium slaai)
2 groot eiers
8 eetlepels suiker
125 ml bruin asyn
Klits eiers goed, voeg suiker by en hou aan klits tot opgelos, voeg asyn by en klits alles mooi saam.
Ek klits alles sommer in ‘n klein stainless steel bakkie. Plaas dan die bakkie op ‘n klein kastrolletjie met kookwater. Dit stoom dan gaar. Die mengsel sal verdik, hou aan met roer.
Laat alles mooi afkoel (anders gaan die melk skif) en voeg ¼ koppies melk by. Voeg nog melk by indien jy die sous dunner wil hê. Plaas in yskas tot gebruik. Baie lekker as sous vir aartappelslaai. Ek het dit as sous gebruik vir feta en botterskorsieslaai.

Slaai:
1 medium grootte botterskorsie
‘n  paar rou grondboontjies
2 black pepper Fetaringe
1 pakkie “baby salad leaves”
Skil die botterskorsie en sny in skywe. Rooster in die oond (ek het dit net so in die oond op bakplaat gesit sonder olie of iets) tot gaar maar steeds ferm. Rooster die rou grondboontjies saam vir die laaste paar minute. Laat alles afkoel en sny die botterskorsie in blokkies. Meng ligweg met die grondboontjies.
Sny Fetaringe in blokkies en voeg by bogenoemde mengsel.
Neem die “baby salad leaves” en meng ligweg in. Giet laastens die slaaisous oor.
Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Resep van slaaisous: Ouma Aletta van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen

Foto:  Cornelia Walkinshaw Bosman  – het net die grondboontjies uitgelaat.




COLOURFULL COLESLAW

COLOURFULL COLESLAW
It is a matter of preference though as some people prefer more cabbage and others more carrots. Half of a cabbage the size of a dinner plate(shredded),
3 Medium sized carrots (grated)
4 celery stalks (sliced/diced),
1 cup of Sultanas,
2 cups of Mayo mixed with a can of Pineapple crush including the syrup in the can.
For easy mixing pour the Pineapple and Mayo in a jar, give it a few good shakes and it pours easily.
Mix everything together
A few slices of Radish for garnish.
So I used Miracle Whip instead of Nola/Crosse & Blackwell Mayo today.
Wishing you all an especially lovely day😘
Recipe and photo:  Miranda Matthews




KOUE SOET PATATSLAAI

KOUE SOET PATATSLAAI
6 medium groote patats
Walnut of Pecanuts
Sous:
½ koppie asyn
1 eetlepel mayonnaise
6 eetlepels suiker (of na smaak)
Stoom die Patats met vel aan tot gaar. Sny in ringe sodra koud. Maak ‘n sousie met die asyn, mayonnaise en suiker, roer tot suiker opgelos is en drizzle oor. Kap die Walnuts of Pecanuts op, rooster liggies in ‘n pan en gooi bo-oor.
Resep geplaas deur Charlene Swanson




BREAD SALAD WITH EGG AND MAYONNAISE DRESSING

BREAD SALAD WITH EGG AND MAYONNAISE DRESSING
(My version in brackets – where I have changed ingredients from original recipe)
1 loaf bread
2 eggs
¾ cup sugar (1 cup sugar)
½ cup white vinegar (1/4 cup vinegar)
½ tsp mustard
salt and pepper
Cut bread into small blocks (croutons) and fry in oil.
Put aside in airtight container until required.
Boil all other ingredients together over low heat until thickens.
(I whisk together first before boiling)
Once cool add:
¼ cup cream (1 cup cream)
¼ cup mayonnaise (1 cup mayonnaise)
Sauce can be kept in fridge until required.
(I do croutons and sauce day before needed)
When ready to eat pour sauce over croutons and mix.
Recipe posted by Zelda Ellis




ERTJIE- EN EIERSLAAI

ERTJIE- EN EIERSLAAI
3 eiers
1 blaarslaaikoppie
1 kleinerige ui
250g bevrore ertjies (2 koppies)
2 eetlepels mayonnaise
sout

Breek slaai in stukkies en pak in diep bak.
Pak lae.
Moenie die ertjies ontvries nie.
Pak gekookte eiers bo-op.
Geur met sout en peper.
Resep en foto: Comine Visser




3 BONE SLAAI MET ERTJIES

3 BONE SLAAI MET ERTJIES
1 blik baked beans
1 blik butter beans dreineer
1 blik ertjies of groen bone, gedreineer
60 ml suiker
60 ml olie
60 ml asyn
Meng alles goed saam.
Resep geplaas deur Andrieshia Vd Berg Gray




3 BONE SLAAI MET MOSTERD EN VARS KRUIE

3 BONE SLAAI MET MOSTERD EN VARS KRUIE
1 blik groen bone
1 blik botter bone
1 blik baked beans
125 ml wynasyn
125 ml bruin suiker
125 ml kookolie
5 ml droë mosterdpoeier
1 green pepper in blokkies
1 ui fyn gekap
12 ml vars basielkruid en pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles saam en maak verkieslik al ‘n dag voor die tyd.
Bottel en hou in die yskas.
Resep geplaas deur Riana Havenga
Foto:  Elizabeth Haupt