APPEL- EN PRUIMENDANT TERTJIES MET BOTTERBROOD DEEG



APPEL EN PRUIMENDANT TERTJIES MET BOTTERBROOD DEEG
Appel en pruimedante vulsel. Ek het Vrydagaand appeltertjies in ‘n ‘muffin’ pan gebak. Het my botterbroodjie resep vir deeg gebruik.
Die vulsel is:
2 appels in klein blokkies gesny (skil en al)
6 pruimedante ontpik en versnipper
400ml water
½ teelepel kaneel
2 eetlepels suiker
Kook tot appels sag is (seker so 25min).
Ek het 2 opgehoopte eetlepels vlapoeier met water gemeng om sous te verdik. Die pruimedante en vlageur was heerlike verandering op rosyne. Daar het vd mengsel oorgebly toe eet ek dit vir ontbyt op skonbrood (my botterbroodjie resep gebak as ‘n broodjie ipv aparte porsies).
BOTTERROODJIE
Ek bak net met Golden Cloud Bruismeel.
3 koppies meel (750ml)
75 ml botter (nie margarien). Vryf dit in.
Dan 1 eier en bietjie water (so 50-100 ml)
Roer in met vurk om sagte deeg te vorm. As dit ‘sticky’ is, sit nog meel by, as daar te veel meel los is, spat nog water by om al die meel op te tel. Moet dit nie te veel knie nie (dis nie ‘n brood nie). Druk plat met hande en druk skons uit. As jou dik en wyd is, bak dit so 20min.
As jou skons klein is (so 5cm deursnee + 2-2.5cm rou), dan bak dit net 15 min op 190º C.
Ek gebruik hierdie deeg vir skons, skonbrood, boerepizza (plat soos pizza met pizza bolaag) en souttert kors. Skonbrood, boerepizza en souttert bak so 25 min. Soms gooi ek kakao by die meel om sjokolade skons te maak. Baie lekker met konfyt en sjokolade room. Vir die appeltert kan jy bietjie suiker by deeg voeg en baie dun uitrol.
RESEPTE EN FOTO’S: Adelle Gascoyne










