HEERLIKE MUFFIN OF SKONS

tested
HEERLIKE MUFFIN OF SKONS
625 ml koekmeel
250 ml fyngerasperde kaas
62,5 ml kookolie
250 ml melk
4 groot eiers
4 teelepels bakpoeier
klein bietjie sout (nie te veel nie anders gee dit die muffins/skons ‘n frank smaak)

Klits die olie, melk, eiers en kaas saam.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die olie-mengsel. (dit is ‘n slap deeg)
Skep in groot (12) kolwyntjie-pannetjies en bak vir 15 min by 200°C.
ONS HET GESMUL!
Bron en foto: Hannah Langhout
Plasing: Wilma Josey Venter




VINNIGE BOTTERBROODJIES VIR ONTBYT

VINNIGE BOTTERBROODJIES VIR ONTBYT
Sif saam:
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
Vryf  in:
25 ml gerasperde botter
Meng liggies met:
160 ml melk
1 eier

Druk plat met hand, 12 mm dik.
Druk fatsoentjies.
Smeer liggies met mengsel van eier en water.
Bak 10 min by 220ºC (Halogen).
Resep: Joey Mostert
Foto:  Francis Smith




JANA SE BOTTERBROODJIES-SKONS

tested

JANA SE BOTTERBROODJIES-SKONS
Rond en sag, net soos ekke! Haha.
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
5 ml suiker
45 ml olie
1 groot of 2 klein eiers
250 ml melk

Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits olie, eiers en melk saam en voeg dit by die droë bestanddele.
Meng dit goed en skep lepelsvol in diep kolwyntjie panne. Bak dit 10~15 minute lank by 180ºC of totdat dit goudbruin is.
Lewer 12 botterbroodjies.
Resep geplaas deur Jana Prinsloo
Foto: Alvina Kannemeyer




RAMSKOP SKONS

sprite skonstested

RAMSKOP SKONS
1 kg bruismeel
4 teelepels bakpoeier
8 ml sout – sif of klits sommer saam
4 groot eiers, geklits
200 ml kookolie
2 koppies maas

Meng die nat bestanddele en voeg by die deurmekaargemengde droë bestanddele en sny in met sterk stomp punt mes.
Knie lekker saam. Druk uit op meelbestrooide oppervlak. Plaas op bakplaat.
Smeer met eiergeel en melk. Maak toe en sit eenkant tot oond warm is.
Skakel oond nou op 220ºC aan en sodra warm, draai af na 200ºC en bak skons vir 15 min.
Laat op koelrak tot net koud, draai toe met kleefplastiek en vries.
Wanneer benodig plaas in mikro vir 30 sekondes op hoog. Laat staan vir nog 30 sekondes.
Resep geplaas deur Ilze Zimmerman Burger.




SKONS IN OMELET PAN GEMAAK

tested
SKONS IN OMELET PAN GEMAAK
2 koppie koekmeel
1 koppie melk
4 teelepels bakpoeier
2 eetlepels suiker
½ teelepel sout
½ teelepel spice waarvan jy hou
½ teelepel rooi peper
2 eiers
4 eetlepels botter

Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in.
Klop eiers en melk met vurk en voeg by droë bestanddele.
Meng deur en skep groot lepels vol in pan.
Glo ‘n SNACKWITCHER sal ook werk.
Bak vir 8 min. Haal uit en eet…

RESEP: Vicki Veiga Broodryk
FOTO: Ronel Muller Thoma