KAASSKONS IN KLEIN MUFFIN PANNETJIES

2013-10-25-kaasskonsinkleinmuffinpannetjiestested
KAASSKONS IN KLEIN MUFFIN PANNETJIES

Bo-op skonsies het ek uie en tamaties gebraai, sout en peper, met ‘n blikkie boeliebeef.

4 eetlepels olie
1 eier
¾ koppie melk
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 ½ koppie geraseperde kaas
1/2 teelepel pietersielie

Meng alles saam en skep lepel vol in klein muffin pannetjies.
Spuit met spray en cook.
Bak by 180°C vir ongeveer 15 – 20 min of tot toetspen skoon uitkom.

Foto: Marie Rheeder Troskie




SPRITE SKONS

sprite skonstested

SPRITE SKONS
250 ml room
250 ml sprite
3½ koppies bruismeel
½ teelepel sout
2 eetlepel suiker opsioneel

Verhit oond tot 220 ºC.
Sif meel en sout (en suiker) en sny room en sprite liggies daarin
Rol uit en druk met drukker, plaas op bakplaat en smeer met eier of melk.
Bak vir 15 – 20 min

Foto Heidi Rowe

Nota:  Indien jy die skons wil uitdruk, gebruik ongeveer 230-250ml as jy sommer ‘n slap degie wil he en dit in muffin panne bak, gebruik die groot blikkie sprite (330ml)  hier kan jy jou diskresie gebruik

 




TANNIE POPPIE SE SKONS


TANNIE POPPIE SE SKONS
500 ml koekmeel
5 ml sout
250 ml melk
20 ml bakpoeier
2 eiers
125 ml kookolie

Sif droë bestanddele saam, klits eiers, melk en olie saam.
Voeg vloeistof by droë bestanddele.
Meng tot slap deeg.
Skep lepelsvol in kolwyntjie panne.
Bak 15 min op 200°C, hulle moet nie bruin wees nie, nog wit.

Foto: Cheryl Van Blerk – Het 24 uitgekry, just plain no cheese.
Resep: Tannie Poppie – Kokkedoor




SUPER SKONS

super skons
SUPER SKONS
500 ml koekmeel
12,5 ml bakpoeier
12,5 ml suiker
5 ml sout
90 g margarien (100 ml)
1 ekstra groot eier
125 ml melk

 

Verhit oond @ 200ºC. Sif droë bestanddele en vryf margarien met vingerpunte in. Klits eier en melk (ek gebruik nie heeltemal so baie melk nie, probeer 100 ml) en vorm stywerige deeg.
Rol uit, druk uit en bak 12 – 15 minute tot goudbruin. Baie lekker en die resep verdubbel baie suksesvol.

BRON EN FOTO: Jackie Naudé




KAASSKONS BROODJIE

Skon broodjie - Rinatested
KAASSKONS BROODJIE
625 ml koekmeel  (Gebruik 500 ml glutenvrye-  en 125 ml rogmeel vir glutenvrye broodjie)
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd[op]
250 ml kaas
80 ml olie
1 eier
+- 180 ml melk
Sif droë bestanddele 2 x saam.
Voeg kaas by.
Meng olie, eier en melk en ek sit bietjie heel korrel mosterd in die mengsel.
Meng alles goed saam.
Skep in klein broodpannetjie en bak so 20min by 180ºC.

Dit bly ‘n wenner en heerlike vir die kosblikke ook

RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans




FLATERVRYE SKONS

flatervrye skons
FLATERVRYE SKONS

Ek het hierdie skons (resep van skoonma) nou al vir derde keer gemaak. Dit is regtig flatervry. Boonop is ek (of was ek) nog nooit mal oor skons nie want as die bakpoeiersmaak nie my tong en verhemelte irriteer nie, gee dit myon gelooflike sooibrand. Hierdie is alles wat bostaande nie is nie.
Die deeg is maar aan die papperige kant as jy dit uitdruk maar ek was slim, het dit sommer in my muffinpannetjies gegooi. Dit is lekker net soos die resep se maar vir hierdie klompie het ek ‘n handvol kaas, ‘n eetlepel fyn peppadews (in die botteltjies) en ‘n paar snysels chives bygesit om dit ‘n meer savoury skon te maak.(12 skons – muffingroottes)

1 x 500 g pakkie bruismeel
1 houer room (250 ml) (het al die room ook vervang met joghurt, gooi net bietjie melk by)
1 klein blikkie sodawater of limonade (200 ml)
knippie sout
Gooi alles in ‘n mengbak en meng goed.
Druk uit in eweredige groottes (of skep dit soos ek in ‘n muffinpannetjie)
Bak vir plus/minus by 180 ºC of 350 ºF vir ongeveer 20 min.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

 




SPEK-EN KAAS-SKONS

BACON AND CHEESE SCONEStested
SPEK-EN KAAS-SKON
500 ml bruismeel
knippie sout
5 ml mosterdpoeier
250 ml kaas gerasper
150 ml uit gebakte snippers spek
80 ml olie
1 eier
200 tot 250 ml karringmelk

Voor verwarm oond na 180ºC, smeer bakplaat of kolwynietjie pan.
Sif meel,s out en mosterd saam. Meng die kaas en spek by.
Klits die eier, olie en melk saam.
Meng alles tot ‘n deeg en rol balletjies en druk hulle plat in die kolwyntjie pan of op bakplaat.
Bak vir 20 tot 25 min.
Bedien warm met boter.
Jy kan hulle ook vries en net opwarm in die microwave vir n paar sekondes tot 1 min, na hulle ontdooi het.

BRON EN FOTO: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

 




KAASSKONS MET MOSTERD

kaasskons Caroltested

KAASSKONS MET MOSTERD
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd, opsioneel
250 ml kaas
80 ml olie
1 eier
±180 ml melk

Sif droë bestanddele saam.
Voeg kaas by.
Meng olie en eiers en voeg by die meelmengsel.
Maak aan met melk.
Skep in vlak kolwynpannetjies en bak so 15 min by 180ºC.
Dit is maar die lekkerste skons!!!

Nota:
Rina Kleinhans:
Ek het hierdie ou staatmaker weer vanaand gemaak, ek het bietjie ham ingesny en ook weer bietjie semels ingegooi. Ek het dit ook in ramekins gebak en in ‘n oondpan met kookwater by 160°C gebak in ‘n oond met ‘n waaier. Hulle was regtig heerlik.

Lettie van der Merwe:
Hierdie resep is ‘n wenner. Ek gooi opgehoopte teelepel “potato spice” by – en baie kaas. Meng melk en mosterd en vir mooi kleur, so knypie borrie. Jy proe dit nie, die skons is dan net mooi kleur.

Foto:  Carol Visser –  ek het toe die kaaskons met mosterd gemaak en chives ingesit – perfektos! Baie dankie.




GOATS’ CHEESE AND BASIL SCONES

goats cheese sconestested
GOATS’ CHEESE AND BASIL SCONES
400 g plain flour
200 g butter chilled
2 tsp baking powder
1 tsp salt
a pinch of cayenne pepper (optional)
300 ml buttermilk
200 g goats’ cheese
a handful of basil
2 bsp grated cheese

Preheat the oven to 220 degrees celcius – put the flour in a bowl and rub the butter into it until crumbly. Add baking powder, salt and cayenne pepper and mix lightly with your hands. Add butterilk, mix with a spoon until it just holds together. Tip onto a floured work surface. Fold the dough onto itself a few times while working the goats’ cheese and the basil into it. Add the other cheese. Cut the scones with a 5 cm cutter and place a small piece on the top of each scone. Bake for 10-15 minutes or until it has doubled in size!
SOURCE and photo: Carol Visser



KAASSKONS MET NUTTY WHEAT

kaasskons met nutty wheattested

KAASSKONS MET NUTTY WHEAT
250 ml koekmeel
250 ml nutty wheat
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd
2 ml rooi peper
250 ml kaas
60 ml olie
1 eier
180 ml melk

Meng die droë bestanddele saam en voeg die kaas by.
Meng olie, melk en eiers, gooi by meel mengsel en meng goed. Deeg is styf maar nie te styf nie, skep met ‘n lepel in muffin pan (6) en bak vir 20 min by 180 grade C.

Resep en foto:  Rina Kleinhans