KOOS SE BAK RIB


KOOS SE BAK RIB
Ek het nou al gehoor van
Braai Rib
Staan Rib
Die is nou Bak Rib
Karoo Lam rib in ‘n bak, sout, braai speserye en gedroogte uie vlokkies oor.
Nou maak ek dit toe in die bak en sit langs die vuur wat brand vir kole om wors ens te braai. Ek gaan so bietjie kole onder die bak in krap.
Na so 2 ure haal ek uit as al die ander vleis gebraai is en braai crispy op die kole.

Resep en Fotos: Koos van der Merwe




CHARLEEN SE SKAAP EN TAMATIE POTJIE

CHARLEEN SE SKAAP EN TAMATIE POTJIE

1.5 kg skaapvleis
1 ui, opgekerf
1 groot prei, opgekerf
1 seldery, opgesny
250 g bacon bits
4 wortels, opgekerf
250 ml rooi wyn
3 liter bees aftreksel
2 blikke kersie tamaties
1 eetlepel tamatie paste
1 tlp gekneusde kniffel
1 eetl tiemie
1 eetlepel oreganum
1 eetlepel paprika
1 eetlepel cumin
1 eetlepel coriander
2 tlp suiker
Sout en peper na smaak
Braai uie, seldery,preie en bacon bits vir so vyf minute. Skep uit pot en bere eenkant. Verbruin vleis in pot. Voeg al die speserye by. Roer goed deur. Voeg uie en bacon mengsel by. Gevolg deur res van bestandele. Behalwe die wortels. Meng baie goed deur. Laat vir sowat 3 ure prut op medium hitte. Gooi wortels by op die laaste uur van prut. Sit voor saam met kapok aartappels.

Bron en Foto: Charleen Nieuwenhuizen




TAMATIEBREDIE MET APPEL SELDERY EN DRUIWE SLAAI

TAMATIEBREDIE MET APPEL SELDERY EN DRUIWE SLAAI
Tamatiebredie
2 uie, in skywe gesny
2 aartappels, in kwarte gesny
1 kg bredievleis, in blokkies gesny
6 tamaties, geskil en ontpit
1 eetlepel suiker
sout en varsgemaalde swartpeper
20 ml vars tiemie
5 ml vars oreganum
2 knoffelhuisies, fyn gekap
witwyn
5 ml vars marjoram
Braai die uie sag en voeg die vleis by. Braai 40 minute lank. Voeg bietjie water by indien dit te droog lyk. Voeg die suiker, tamaties, aartappels en kruie by. Laat waai sommer met die peper. Kook 1¼uur lank. Voeg die witwyn by indien dit te droog raak. Kook tot alles sag is, en die sous lekker verdik het.
Slaai:
Sny granny smith appels in skywe ( 1 appel pp, seldery in dun repies, hou blare vir garnering, en rooi druiwe in helfte gesny. Sprinkel met asyn, olyf olie en sout en peper na smaak.
Bron en foto: Lelane Van Der Walt




“STICKY” LAMSRIBBETJIE


“STICKY” LAMSRIBBETJIE
Was ribbetjie mooi skoon en sny in ribblets. Geur lekker met “meat tenderiser” en sout en bak in oond tot ribbetjies gaar is en begin bruin word.
Sticky sous :
¼ koppie tamatiesous
¼ koppie blatjang
2 eetlepels bruinsuiker
1 eetlepel suurlemoensap

Los bruinsuiker op in ‘n ¼ koppie kookwater.
Voeg die res van bestanddele by en roer goed.
Verf ribbetjies aan albei kante en bak tot lekker bruin.
Verf vir oulaas bietjie sous oor wanneer reeds uit oond gehaal is.
Resep en foto: Loraine Peyper Viljoen




LAMSBREDIE POT


LAMSBREDIE POT
Hierdie lams stew pot prut in my oond vir more.
1.5 kg lams pot vleis
2 uie in ringe gesny
1 kg gemengde groente
250 g sampioene
Sous
750 ml droë rooiwyn
1 x 410 g blik gekapte tamaties
10 ml knoffel
10 ml suiker (ek het dit nie bygevoeg nie)
10 ml gedroogte origanum
10 ml gedroogte basilliekruid
5 ml suurlemoenpeper
15 ml aromat
5 ml knoffelsout
Sap van ‘n halwe suurtemoen

Geur die meel sout, peper. Rol lamskenkels daarin. Verbruin die skenkels oor matige hitte voeg uie by en braai dit tot sag. Voeg brandewyn tydens die braai proses by.
Gooi skenkels en uie en ‘n casserol.
Meng die bestanddele vir die sous saam en bedek skenkels. Ek het dit oornag in die oond stadig laat prut teen 70°C. Voeg 1 kg gemengde groente by en prut vir uur of tot groente sag maar nog ferm is. Sampioene kan in die tyd ook bygevoeg word.  Bedien met koeskoes of stysel van jou keuse.

RESEP EN FOTO:  Elna Erasmus




LAMP SHANK IN A RED WINE SAUCE


LAMP SHANK IN A RED WINE SAUCE

4 lamb shanks
1/4 cup olive oil
Balsamic vinegar
Garlic
Meat spice
Garlic and rosemary spice
Salt
Carrots chopped
Onions
Red wine ( just wine merlot and Shiraz mix from checkers +- 1 cup)
Olive oil in pan heated. Mix olive oil balsamic vinegar and spices together in a bowl.. Brush on lamb shanks..
Brown lamb shanks. Set aside..
Add onions carrots and garlic to pan that shanks were browned in. When onions are soft return shanks to pan.. Add 1 cup red wine and allow to reduce. Add one cup of lamb stock. Put in oven add potatoes and bake for 3 hours on about 150deg …oh remember to.put a twig of rosemary on each shank.. P.s if anyone has any questions please ask.. Don’t have a specific recipe.just wing it..

Source and Photo: Margarate Van Gent




SKAAP EN BOTTERSKORSIE BREDIE

SKAAP EN BOTTERSKORSIE BREDIE

Eerste keer wat ek die dis probeer. Dis beslis n winter wenner.
Skaap en botterskorsie bredie
1kg skaapvleis
2 botterskorsies, in blokke gesny
1 groot ui, gekerf
1 prei, gekerf
2 wortels, gekerf
5 tamaties, gekerf
1 liter bees aftreksel
1 tlp tamatie paste
125 ml rooiwyn
1/2 tlp paprika
1/2 tlp cumin
1/2 oreganum
Sout en peper na smaak
1 eetlp maizena in bietjie water aangemaak.
Braai ui en prei in bietjie olie. Gooi vleis by en verbruin. Voeg tamaties,speserye, tamatie paste, rooiwyn en aftreksel by. Stoom vir ongeveer 30 minute. Voeg gekerfde wortels by en prut sonder deksel vir so 10 minute. Voeg maizena by om sous te verdik. Voeg botterskorsie by en prut n verdere 15-20 minute. Bedien saam met geel rys
Bron en foto: Charleen Nieuwenhuizen




WIAN SE SKAAPBOUD IN DIE WEBER

WIAN SE SKAAPBOUD IN DIE WEBER
1 Skaapboud
250g Bees bacon (kan ander bacon ook gebruik)
Braai rub (tuisgemaak of gekoop, maar enige een met bietjie bruinsuiker in werk goed)
Groente (wortels, aartappels, patats, butternut, uie werk lekker)
Ontbeen die skaapboud. Ek sny maar net langs die been af en maak ‘n paar snye in die dikker stukke vleis.
Gooi ruim braai rub aan die binnekant en pak dan die bacon op. Vars kruie kan ook aan die binnekant gesit word. Rol die boud weer toe. Ek rol die boud dat dit ‘n bietjie langer is, so draai die boud effens. Bind vas met tou. Gooi ruim braai rub oor die boud en sit in yskas vir so 12uur.
Maak vuur in die Weber en gebruik die indirekte hitte metode (vuur aan die kante en nie direk onder die vleis nie). Sny die groente in groot stukke, los die skil aan. Sit groente in ‘n bakkie/s wat onder die vleis kan staan. Sit vleis op rooster en maak Weber toe. Ek kyk na so 45min en draai dan die boud om. Een wenk wat ek kan gee is om eerder die vleis langer in te los as om dit medium gaar te maak. Die buitekant kan maar so bietjie karameliseer, dan is dit die lekkerste. Na so 2 ure sal die vleis reg wees en lekker sag (en nog sappig).
Bron en foto: Wian Swart




MARTHA SE SKAAPNEKKERRIE

MARTHA SE SKAAPNEKKERRIE
25 ml olie
1 groot ui in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml matige kerriepoeier
1 ml gemmer, mosterdpoeier en borrie
1 kaneelstokkie
1 kg skaapnek skywe
Blik tamaties
3 groot wortels in ringe
3 groot aartappels in blokkies
Sout
Water
Verhit olie in ‘n plat swartboomkatrol. Sorteer ui en knoffel tot sag. Voeg geurmiddels by en braai so minuut. Skep uiemengsel uit en braai vleis bruin. Voeg uiemengsel en tamaties by, verlaag hitte en prut tot vleis amper sag. Ek het so koppie water bygesit. Voeg groente by, geur na smaak en prut tot groente sag en sous dik is. Sit met blatjang, piesangs en klapper voor. Genoeg vir 6 mense. Ek het rys, brocolli met kaas en beetslaai bygesit.

Foto: Ivanda Venter




SKAAPSKENKELS OP KAPOKAARTAPPELS

SKAAPSKENKELS OP KAPOKAARTAPPELS
8 skenkels
1 liter tamatiesap
1 kg tamaties gekap
1 pakkie Ina Paarman pepper (red sweet pepper) pesto
2 eetlepels gekapte knoffel
sout en peper na smaak

Maak toe met foelie, stowe in die oond op 150°C vir 4 tot 5 ure. Gooi 500 g gevriesde ertjies in die sous en sit oop terug in die oond vir 20 minute. Maak genoeg kapokaartappels met botter, melk, peper en sout en bedien die skenkel en sous op die aartappels.

Resep en foto:  ‎Mara Thomas‎