SKAAPVLEIS BLOKKIES IN ‘N BESLAG


SKAAPVLEIS BLOKKIES IN ‘N BESLAG
Twee groterige tjops in stukkies gesny sodat dit net ‘n happie grootte is en gedoop in ‘n beslag wat bestaan uit:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
25 ml suiker
½ teelepel sout
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
± 1 koppie melk

Klits die eier en botter liggies. Voeg saam die meel, sout, suiker en bakpoeier in ‘n mengbak.
Voeg die melk mengsel by die meelmengsel en klits saam tot ‘n loperige beslag nie te dun of te taai nie.
Doop die gesnyde stukkies tjop in die beslag en bak in warm olie vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




UZBEK PLOV


UZBEK PLOV
(Kazakstan Pork and Rice Pilaf)
The original and traditional recipe use lamb meat. I adapted it for pork meat and reduced the cooking time somewhat for the pork, but added the original cooking times for the lamb in brackets next to my times.
2 cups basmati rice
4 heads garlic, whole
½ cup vegetable oil
1 kg pork meat cubes
2 large onions, thinly sliced
5 large carrots, coarsely grated
2 tablespoons cumin seeds (crushed)
2 tablespoons coriander seed (crushed)
½ cup of raisins
1 teaspoon whole black peppercorns
2 cups boiling water to cover

Place basmati rice in a large bowl and cover with warm water. Set aside. Wash heads of garlic. Set aside.
Heat vegetable oil in a dutch oven or large skillet over high heat until smoking, then add pork, turning occasionally until the meat is evenly browned, about 6 (10) minutes. Stir in the onions; cook and stir until the onion has softened and browned, about 6 (10) minutes. Stir in the carrots; cook and stir until the carrots have softened, about 6 (10) minutes. Sprinkle with cumin, coriander, raisons, and peppercorns. Drop whole garlic heads into the mixture, stirring to evenly distribute ingredients. Reduce heat to medium. Cover and cook for 20 (30) minutes.
Wash and drain basmati rice with hot water. Pour cleaned rice over the pork mixture in an even layer. Slowly pour in the boiling water. The rice should be covered with about ¾ inch of water. Do not stir. Season with salt, and reduce heat to medium-low. Cover and cook until rice is tender, and the liquid has been absorbed, about 20 minutes. Stir rice and meat together, and serve with the garlic heads on top.
Recipe posted by Adam Cloete
Photo: Adam Cloete




ANNA’S LAMB RIB


ANNA’S LAMB RIB
1 cup tomato sauce
½ cup honey
little bit of Worcester sauce
salt and black pepper to taste

Mix all the ingredients together and add the lam.
Leave for 2 or 3 hours in the sauce and bake on 180 ºC  for 1 ½ hours.
You can also put it on grill for the last few minutes.
Photo and recipe: Anna Mtshweni




LAMSPOTJIE IN DIE OOND


LAMSPOTJIE IN DIE OOND
Met rys, soetpampoen, soet ertjies, mielies en beetslaai.
2 kg lamsvleis eie keuse van soort
1 kg aartappels
1 kg gemengde groente gevries
2 groot uie, opgekerf
1 eetlepel vars gekapte knoffel
vleis speserye, sout en peper, roosmaryn en sage uitdraai droë kruie na smaak
3 eetlepels bisto en halwe pakkie soppoeier beef en uie
1 potjie vars room (250 ml)

Braai uie in bietjie olie in warm gemaakte swart pot tot lekker bruin.
Voeg die vleis by en braai aan albei kante met speserye tot bruin.
Draai van die kruie uit en voeg vars knoffel by.
Pak jou gehalveerde aartappels bo-op vleis en gooi bietjie sout en peper en vleis speserye.
Pak die gemengde groente bo-op met bietjie sout. Sit deksel op.
Daar is klaar vog in die pot, nie nodig vir water.
Bak in oond by 180ºC vir uur en ‘n half voorverhitte oond.
Maak Bisto en halwe pakkie soppoeier met room aan.
Giet sous bo-oor kos en bak nog ‘n halfuur sonder deksel.
Resep geplaas deur Ronell Boshoff
Foto: Ronell Boshoff




ALTA SE LAMSKENKELS


ALTA SE LAMSKENKELS
6 skenkels
½ koppie goeie rooiwyn (ek het Merlot gebruik)
1 takkie roosmaryn
1 takkie tiemie
6 heel uie
sap van 1 suurlemoen
1 klein blikkie tamatiepasta
braai en steak and chops speserye
koekmeel
olie vir vlak braai

Smeer speserye in skenkels in, rol in koekmeel en braai skenkels alkante, haal uit en pak skenkels in groot oondbak.
Meng wyn, water, suurlemoensap en tamatiepasta en gooi oor die skenkels in die oondbak.
Sit die uie, roosmaryn en tiemie by en bak vir ± 2 ure met deksel of tot lekker sag by 180ºC.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk




RICHMOND RIB


RICHMOND RIB
1 kg lamsribbetjie
sout en peper
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
200 ml suiker
5 ml Tobasco

Vryf die ribbetjie in met sout en peper na smaak.
Braai dit oor matige kole, of hang dit sommer langs die vuur totdat dit gaar is.
Kook intussen die res van die bestanddele vir 5 minute.
Plaas die ribbetjie in die sous en sit dit terug op die kole vir ongeveer 15 minute.
Gebruik ’n kwas om die ribbetjies met die orige sous te verf.
Foto:  Liza-Mari Rheeders




CURT SE SKAAPRIBBETJIE IN DIE OOND

CURT SE SKAAPRIBBETJIE IN DIE OOND
Lekker vinnige sondag middag lams ribbetjie in die oond.
1 lamsrib
olyf olie, vir smeer
Robertson Rosemary & Garlic spice, tot smaak
½ ui, in skywe gesny
2 wortels, redelik groot gesny
± 350 ml Robertson Natural Sweet Rooiwyn

Vat die rib en smeer met olyfolie, spice dan met Rosemary & Garlic spice. Voeg die ui en wortels by. Laat vleis en groente lê in die rooiwyn. Druk dan in oond 180°C vir 90 min of tot lekker sag en sappig.
Geniet ☺
Resep en foto: Curt Carstens




SKAAPSTERTJIES IN DIE OOND


SKAAPSTERTJIES IN DIE OOND
Braai stertjies bruin in ysterpot. (Moenie die vet weggooi nie… uitgebraaide skaapvet is baie lekker!)
Plaas stertjies in oondbak, sout en peper, gooi goeie klompie tamatiesous en worcestersous oor (sodat stertjies mooi bedek is).
Bedek met foelie en bak in die oond van so 160ºC. vir ongeveer drie ure tot vleis lekker sag is en van beentjie afkom.
Verhoog oond tot so 200ºC en bak nog rukkie sonder foelie tot lekker bruin vir ongeveer 10 minute. Skep uit. Gooi ergste vet uit oonpan, maar behou die lekker dik bruinsous onder. Bedien met kapokaartappels.
Resep en foto: Corrie Pretorius du Plessis




DEBBY SE KERRIE SKAAPTONGETJIES


DEBBY SE KERRIE SKAAPTONGETJIES
2 pakkies skaaptongetjies
2 heel naeltjies
2 bay leaves
fyn swart pepper
2 teelepel kerrie poeier
1 teelepel borrie
3 eetlepels asyn
klein bietjie appelkoos konfyt
1 ui, grof gekap
2 – 3 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Ek het die tongetjies vir 35 min gestoom in my drukkoker met naeltjies, bay leaves en fyn swart pepper.
Na 35 min tongetjies uitgehaal velletjies afgetrek en nealtjies uitgehaal. Terug gesit in pot.
Voeg die res van die bestanddele by.  Stoom vir 10 min.  tot die aartappels sag is.
Sous net bietjie verdik met mielieblom aangemaak in bietjie water.
Dit was heerlik!
Foto en resep:  Debby Grant




CLAUDIA SE LAMSNEK STOOF POTJIE


CLAUDIA SE LAMSNEK STOOF POTJIE
4 lamsnekke
1 glas goeie kwaliteit rooi wyn
500 ml hoender aftreksel
6 heel knoffel huisies, skoongemaak
10 klein uitjies
1 takkie roosmaryn
1 takkie tiemie
4 wortels, skoongemaak en in stukkies gesny
2 groot soetpatats, in dik skywe gesny
1 eetlepel suiker
knypie sout na smaak

Braai die vleis in olyf olie en regte botter tot bruin.
Sit die uie en knoffel by en braai klein bietjie saam vir paar minute.
Sit die rooi wyn, kruie, en sout by, sit wortels en soet patat bo-op die vleis en kruie.
Sit die hoenderaftreksel by en laaste strooi 1 eetlepel suiker oor die soetpatat.
Sit in oond met deksel op vir 3 ure op 180 grade C.
Bedien met cous cous en dit was heeeeeeeerlik verby
Foto en resep: Claudia Coetzee