LAMB CHOPS ROGAN JOSH

2013-08-07-lambchopsroganjoshtested

 

LAMB CHOPS ROGAN JOSH
Ingredients:
Paste:
2 green chilies with seed ( remove seed for a milder curry)
1 tablespoon ground coriander
1 teaspoon cumin seed
1 teaspoon poppy seed
2 garlic cloves, roughly chopped
1 tablespoon chopped fresh ginger
2 large onions, finely chopped
1 teaspoon ground turmeric

Curry ingredients:
4 tablespoons oil
1/2 cup plain yogurt
1 tablespoon chopped fresh mint
2 large ripe tomatoes, peeled and chopped
3 teaspoons garam masala
salt, to taste
6 lamb chops fat trimmed
Method:
Paste: Dry toast, ground coriander, cumin turmeric and poppy seeds in pan over low heat until spices brown slightly and become aromatic. (Shake pan so spices don’t burn.) Place into a food processor with garlic, ginger, onions and chillies and blend until smooth. You may need to add a little water to help the blending.

Curry: Heat oil in a large, heavy-based saucepan add paste mix and fry, stirring constantly about 5 min..
Stir in yogurt, a spoonful at a time.
Add mint, tomatoes, garam masala and salt and fry, stirring, for 5 minutes.
Add lamb chops and turn in paste over high heat to coat.
Reduce heat to very low, cover and cook for 2 hours or until the lamb is very tender. (Do not add any liquid). Stir occasionally to prevent spices from sticking to base of pan.
Serve with rice, lentil, potato and green beans and chapati , tomato and cucumber salsa

BRON- Elize de Kock




TJOPKASSEROL MET MACARONI

tjopkasseroltested
TJOPKASSEROL MET MACARONI
Foto’s:  Gideon Louw en Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeel
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
25 ml asyn
5 ml suiker
150 g (250 ml) gesnyde macaroni
1 ui, gemaal
bietjie gerasperde Cheddar-kaas

Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer ‘n groot oondkasserol met deksel.
Geur tjops met sout en peper en rol hulle in koekmeel tot heeltemal bedek. Plaas langs mekaar in kasserol.
Meng water, tamatiesous, Worcestersous en asyn saam.
Giet die mengsel oor die tjops en strooi suiker bo-oor.
Sit die deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute.
Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer en hou warm.
Skep macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor. Plaas kasserol terug in die oond en bak dit sonder die deksel totdat die macaroni begin verbruin.


In plaas van tjops het ons ‘n jong bokribbetjie in langbeentjies gesny. Ons het ook ipv macaroni spaghetti gebruik en dit bo op ‘n bed van smash bedien en dit was djeerlik.
Foto: Gideon Louw




KERRIE-TJOPS


KERRIE-TJOPS
Porsies:  10 persone
2-3 kg (20) lamtjops
3 groot uie
2 groen rissies
2 eetlepels kerrie
2 eetlepels borrie
2-3 lourierblare
1 eetlepel mosterd
1 koppie bruinsuiker
2 eetlepels appelkooskonfyt ( na smaak)
1 koppie blatjang
1 koppie wit asyn
3 eetleepels Worchestersous

Braai uie en groen rissies in botter tot goudbruin. Wanneer goudbruin, gooi al die ander bestanddele by en laat prut oor lae hitte tot smaak.
Indien die sous waterig is verdik met meel soos nodig. Laat sous afkoel.
Neem die lamtjops en sit in ‘n emmer wat kan seël, gooi sous oor en laat staan vir 4-5 dae voor braai.
Bykosse soos stywe pap, kapokaartappel met groenbone of braaibroodjies kan daarmee geëet word.
Lekkerste kerrietjops wat jy in die lewe geëet het, vinger-lek-lekker!

 




CHUTNEY COLA RIBS

chutney cola ribs
CHUTNEY COLA RIBS

1 kg lean pork / lamb ribs
Marinade:
125 ml tomato sauce
125 ml chutney
300 ml Coke Cola
1 packet brown onion soup powder

Mix marinade ingredients.
Place ribs in large oval roaster, pour marinade over.
Bake at 160°C for 2 hours.




DENNINGVLEIS

tested
DENNINGVLEIS
Denningvleis het die Maleiers vir ons gegee. Die woord beteken gegeurde vleis. As jy nie tamaryn in die hande kan kry nie, kan jy ‘n bietjie suurlemoensap of ‘n kwartkoppie asyn gebruik. Maar tamaryn is eintlik die regte ding.
12.5 ml skaapvet
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie, in ringe gesny
10 ml suiker
1 kg dunrib of boudvleis (skaap)
4 kruie naeltjies
4 wonderpeperkorrels
2 lourierblare
sout en peper
raspertjie neutmuskaat
125 ml water
2.5 ml tamaryn
nog 125 ml water

Smelt die skaapvet in ‘n swaarboomkastrol. Voeg die knoffelhuisies en die uie daarby.
Strooi suiker oor en smoor so in die pan tot die uie goudkleurig is. Skep uit en sit die vleis in die kastrol.
Die vleis moet in stukkies gesny wees. Braai dit ook tot dit begin verkleur.
Voeg nou die kruie naeltjies, wonderpeperkorrels, lourierblare, sout, peper en ‘n raspertjie neut by die vleis en skep die uie en knoffel terug in die pot.
Voeg 125 ml water by, sit die deksel op en stowe die vleis tot sag. Dit neem ongeveer 1 tot 1½ uur.
Week intussen die tamaryn in die orige 125 ml water. Syg die water deur ‘n fyn sif en voeg dit by die vleis.
Laat weer stowe, net so ‘n rukkie om die geure goed te meng, en sit voor met rys of gekookte aartappels.

Geplaas deur Berie Smith
Foto: Elsa Van Antwerpen Kleinhans




KERRIE LAMSBREDIE

2013-07-02-kerrielamsbredie
KERRIE LAMSBREDIE
Foto en resep geplaas deur Linda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 g lamsboud vleis in blokkies gesny
1 teelepel gemmer puree
1 teelepel knoffel puree
1 koppie uie puree
½ kpoppie olie
1 teelepel komynsade
1 teelepel kojandersade
2-3 lourierblare
4 kerrieblare
1 kaneelbas
4 kardamoms
2 teelepels garam masala
2 teelepels “leaf masala
½ teelepel rooipeperpoeier
1 teelepel borriepoeier
1 teelepel rajah kerrie (medium)
1 teelepel paprika
2 koppies fyngekapte tamaties sonder skil
1 beef blokkie opgelos in 250 ml kookwater
8 groot aartappels in blokke gesny
1 teelepel sout

Verhit olie, gooi die komynsade, kardamoms, lourierblare, kerrieblare, kaneelbas en kojandersade daarin. Wanneer sade begin skiet, voeg die gemmer, koffel en uie puree by en roer oor hoë hitte tot lig bruin. Sit die garam masala, leaf masala, borriepoeier, paprika, rooipeperpoeier en rajah kerrie by en meng deur.
Voeg die vleis en beefblokkie by en roer deeglik deur op hoë hitte.   Roer die die fyngekapte tamaties by.
Plaas die aartappels bo-op en roer liggies.  Laat prut in die pot vir so lank as nodig, tot alles gaar en sag is.  Bedien met Basmati  rys.

Onthou al die bykomstighede by hierdie kerrie gereg:  klapper, piesang en van ouma se tuisgemaakte blatjang

 




GEROOSTERDE LAM EN BONE

lamsvleis met bonetested
GEROOSTERDE LAM EN BONE
1 kg gaar, bruin bone
1 lamsblad, ontbeen
10 ml komyn, gemaal
4 huisies knoffel, in splinters gesny
500 ml perskesap
2 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
4 medium aartappels, in kwarte gesny
3 groot wortels, in skywe gesny
5 murgpampoentjies, in skywe gesny
4 medium uie, in kwarte gesny
50 ml joghurt
15 ml mielieblom
pietersielie vir garnering

Voorverhit die oond tot 160°C. Sny soveel as moontlik van die buitenste vet van die vleis af en vryf die komyn in die vleis in. Maak klein kepies in die oppervlak van die vleis en steek die knoffelsplinters daarin. Plaas die lamsvleis in ‘n groot braaipan. Voeg die perskesap by die vleis. Geur dit liggies met sout en peper.
Bedek met aluminiumfoelie. Rooster vir een uur en bedruip voortdurend. Voeg die
aartappels, wortels, murgpampoentjies en uie by en rooster vir ‘n verdere uur. Bedruip af en toe. Om voor te sit: Plaas die bone in ‘n dik laag op ‘n groot plat
opdienskottel. Rangskik die groente bo-op die bone, sny die vleis en rangskik dit bo-op die groente. Verhit die sous in ‘n braaipan. Klop die joghurt in en geur na smaak. Maak die mielieblom met ‘n bietjie koue water tot ‘n pasta aan en roer dit vinnig by die kokende sous. Kook die sous tot dit verdik. Giet die sous oor die vleis en bone.
Garneer met pietersielie.

Foto:  Hettie Bezuidenhout




BRAISED LAMB SHANKS WITH GARLIC AND ROSEMARY

2015-11-29-braisedlambshankswithgarlicandrosemarytested

BRAISED LAMB SHANKS WITH GARLIC AND ROSEMARY
Hier is ‘n heerlike lamb shanks resep wat ek by my ma gekry het.

There will be no leftovers. This recipe will make you fall in love with your slow cooker. Your house will be perfumed with the aromas of southern France. Enjoy!

Servings: Makes 6 servings.
½ cup dry red wine
2 heaping tablespoons Dijon mustard
2 teaspoons kosher or coarse sea salt
1 teaspoon freshly ground black pepper
5 to 6 pounds lamb shanks, not trimmed of fat
1 large, firm head garlic (about 15 cloves), separated into cloves, each crushed and peeled (see Note)
2 medium yellow onions, peeled and coarsely chopped
1 large carrot, peeled and cut in 1/4-inch slices
Finely grated zest of 1 large lemon
2 heaping tablespoons coarsely chopped fresh rosemary leaves
In a small bowl mix the red wine, mustard, salt, and pepper and place in the insert of the slow cooker. Layer the shanks in the insert so they fit. Scatter the remaining ingredients around and on the shanks. Cover and cook on HIGH for 6 hours. Use tongs to reverse the position of the shanks, top to bottom. Reduce the setting to LOW and cook for an additional 6 hours.
Use a slotted spoon to transfer the shanks to a serving platter. Skim the fat from the cooking juices, taste, and add salt and pepper, if needed. Pour the juices over the shanks, and serve.

Recipe: Nadia Dignas
Photo: Lisinda Blaauw




MARINADE VIR HEERLIKE RIBBETJIE

MARINADE VIR HEERLIKE RIBBETJIE
150 ml tamatiesous
75 ml blatjang
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdpoeier
2 ml droë basiliekruid
50 ml witasyn
50 g ligbruinsuiker
12,5 ml worcestersous
1 ml tabasco-sous

12,5 ml sojasous
75 ml heuning
50 ml appelkooskonfyt

Plaas ribbetjies in ‘n groot pot saam met die ui, knoffel, peperkorrels en lourierblare. Bedek met water en bring tot kookpunt, laat stadig prut vir 40 – 50 minute of tot vleis sag is. Dreineer.
Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele vir die marinade in ‘n middelslag-pot oor lae hitte. Roer stadig vir 10 minute of tot alles opgelos is. Voer ‘n oondpan met tinfoelie uit. Pak ribbetjies in die pan en gooi marinade oor. Bak vir 30 – 40 minute terwyl jy die ribbetjies elke nou en dan omdraai. Bak tot goudbruin en bros.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie

 




HEERLIKE KOOLBREDIE

koolbredie adamtested

HEERLIKE KOOLBREDIE
Resep geplaas en foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Daar is twee geheime wanneer jy koolbredie maak: Die kool moet in kookwater lê en die vleis moet baie bruin gebraai word. Hoe bruiner die vleis, hoe bruiner is die kool.
(6 – 8 porsies – sowat 3 uur)
2 middelslag-kopkole
30 ml olyfolie
1,5 kg lam-stowevleis (stewing lamb)
sowat 500 ml warm water
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
4 aartappels, geskil en gehalveer

Kerf die kool fyn. Plaas in ‘n groot bak en gooi kookwater oor tot dit bedek is. Laat staan terwyl jy die vleis braai. Verhit olie in ‘n groot kastrol. Voeg die vleis by en braai oor hoë hitte. Hou aan met roer. Die vleis moet lekker bruin braai. Jy sal sien dat daar donker dele onder in jou kastrol vorm. Gooi ‘n baie klein bietjie van die water in die kastrol en roer die donker stukkies los. (Die vleis vorm iets wat soos Marmite lyk en ruik – dis die sous wat die bredie mooi bruin maak.) Hou so aan tot die vleis baie bruin is. Voeg die ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 10 minute. Geur met sout en peper. Verlaag die hitte en sit die deksel op wanneer die vleis baie bruin is.
Onthou, jy moet die water bietjies-bietjies byvoeg om te sorg dat die bredie nie brand nie. Die proses kan maklik 1½ uur neem. Voeg die kool by. Dit gaan na ‘n klomp kool lyk, maar dit kook baie af.
Roer die kool deur en sit die deksel op. Laat stowe vir sowat 30 minute voor jy die aartappels byvoeg. Voeg die aartappels by en druk hulle onder die kool in. Laat die bredie verder stowe vir sowat 30 – 45 minute tot die aartappels sag is.