LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE

lamsvleis bredie regtested

LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE

Omdat bredies dikwels hoog in vet is, kan jy gerus jou bredie die dag vooraf maak; sodoende kan jy die vet afskep sodra dit afgekoel het. Die boontjies in dié resep neem die heerlike vleisgeur op en is ‘n gesonde bestanddeel wat sorg vir ekstra proteïen en volop vesel.

Genoeg vir 4-6
1 kg maer lamstowevleisblokkies (met die bene)
2 groot uie, gekap
3 heel wonderpeperkorrels
4 naeltjies
45 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
4 kaneelstokkies
1 stuk gemmer van 5 cm, gerasper
2 blikke tamaties
250 g groenboontjies, gekerf
1 blik niertjieboontjies, gedreineer
gaar bruinrys om voor te sit

Sny enige sigbare vet van die vleis af. Gooi 250 ml water in ‘n groot kastrol, verhit dit tot kookpunt en voeg dan die ui, wonderpeperkorrels en naeltjies by. Laat dit prut totdat die water verdamp het. Gooi die olyfolie by en braai die mengsel totdat die ui goudbruin verkleur. Voeg dan die vleisblokkies, knoffel, kaneelstokkies en gemmer by. Kook die mengsel en roer dit die heeltyd totdat die vleis begin verbruin.

Voeg die tamaties by, sit die deksel op en laat dit vir een uur prut. Haal die pot van die plaat af en laat dit eenkant afkoel. Sodra dit heeltemal koud is, skep al die vet af wat bo-op die bredie gevorm het.

Verhit die mengsel weer en laat dit vir 30 minute prut. Voeg die boontjies by en laat dit prut vir nog 20 minute of tot die boontjies sag is. Sit dit saam met bruinrys voor

Foto: Engela Olckers




JACO SE SKAAPBOUD

tested

JACO SE SKAAPBOUD
Ek hoop dit maak julle nuuskierig Die titel verwys na die liedjie se tweede reël, naamlik “Parsley, Sage, Rosemary and Thyme” – die speserye wat ek gebruik.
Hierdie skaapboud-resep is redelik maklik, en vat nie ure om voor te berei nie. Ek begin gewoonlik 10:00 op ‘n Sondagoggend, 11:00 is dit in die oond, 15:00 eet ons en vat dan ‘n lekker middagslapie daarna.
2 kg skaapboud
3 groot aartappels
2 tamaties
1 groot ui
1 soetrissie
4 medium wortels
1 suurlemoen
sout en peper
60 ml olyfolie
Speserye:
pietersielie, salie, roosmaryn, tiemie
(Parsley, Sage, Rosemary, Thyme) vir die wat dink ek probeer slim klink

Skakel die oond aan op 200°C.
Meng al die speserye, sout en peper. As jy vars speserye gebruik, kerf dit eers baie fyn.
Sny die skaapboud in skywe (of gebruik boud-tjops), masseer die speserymengsel goed in, steek sosatiestokkie deur die tjops om die boud weer bymekaar te hou.
Skil aartappels, sny in 1.5 – 2 cm blokkies, versprei onder in die “casserole”.
Sny tamaties, wortels, ui en soetrissie in skywe of repies (hoe jy dit verkies), meng dit en sit op aartappels.
Plaas vleis bo-op, drup olyfolie oor doe vleis, maak seker dat vleis oral olie het, gebruik meer as dit nodig is.
Sny suurlemoen in skywe en plaas dit bo-op die vleis.
Plaas die deksel op die “casserole” en plaas in oond wat nou lekker warm behoort te wees, kyk gereeld (so halfuur – interval) of dit nog nie begin gaar word nie. Sodra die vleis begin ruik of dit gaar word, stel die oond af na 170°C.
Hou gereeld dop. Die resep het nie water nodig nie, die sap van die vleis en groente is genoeg vog en die eerste bietjie olyfolie keer dat alles vasbrand.
Sodra vleis gaar is, verwyder ek die suurlemoen heeltemal, dan haal ek gewoonlik die groente uit, giet die sous in ‘n pot en “braai” dan die vleis sonder die deksel vir so 10 minute om dit bietjie droër te maak. Die suurlemoensap maak die vleis heerlik sag!
Maak die sous met Bistro of Gravo aan om ‘n lekker dik bruin sous te kry.
Dien op met bruinrys, soetwortels en murgpampoentjies.
Totale tyd wat ek spandeer aan hierdie gereg is omtrent 2 ure, voorbereiding en “opcheck” ingesluit.
Res van die tyd spandeer ek aan die Sondagkoerant.
BRON: Jaco Steyn




JAPTRAP TJOPPIES

TJOPS LEANNE
JAPTRAP TJOPPIES

Jy vat 2 eetlepels olie en 2 eetlepels matige kerriepasta en smeer dan die lamtjoppies daarmee. Dan sprinkel jy die tjoppies met ‘n teelepel Komynsaad en druk dan ‘n suurlemoen se sap daarop uit.

Dan braai jy dit.

Nota:  Die tjoppies is heerlik hoor, sal dit beslis weer so maak, dit oorweldig nie die vleis nie, beslis ‘n wenner gewees!

Leanne Thurston Coetzer




SUIKERBOONTJIE BREDIE

1240578_10201927307214219_749053114_ntested

SUIKERBOONTJIE BREDIE
Foto en resep: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPE
Lekker koud by ons vanaand.
1 pak suikerboontjies geweek
1 kg lamsbredie vleis (Ribbetjies, skenkels ens)
2 groot uie
blik gekapte tamaties
sout en peper
aartappels in stukke
basmati rys

Ek gebruik die stoompot.
Kook eers die boontjies in die stoompot vir so 30 min. Voeg die vleis, sout en peper, tamaties en uie by. Stoom vir nog 30 min. Voeg aartappels by en stoom nog so 8 min. Bedien met rys.




CURRIE LAMB

2013-09-03-lambroganjoshtested
CURRIE LAMB

1 tablespoon vegetable oil
1 large onion, finely chopped
1 teaspoonWoolworths freshly grated ginger
2 teaspoons Woolworths freshly chopped garlic
2 red chillis, deseeded and finely chopped
2 teaspoons ground cumin
1 cinnamon stick
1 x 320 g (approx) lamb leg cubes
1 x 400 g can Italian chopped tomatoes
4 tablespoons tomato purée
a good pinch of salt
200 ml organic Greek yogurt

Heat the oil in a pan and gently fry the onion until it starts to soften. Stir in the ginger, garlic, chillis, cumin and cinnamon stick and fry for 2 to 3 minutes. Fry the lamb in the mixture for 2 minutes, constantly stirring until it starts to brown. Add the tomatoes, tomato purée and salt, cover and simmer over a very gentle heat for 40 to 50 minutes or until the lamb is cooked and tender. When ready to serve, stir in the yogurt just a spoonful at a time to prevent it from curdling.

Ek het ‘n eetlepel kerrie poeier by gegooi en 3 eetlepels blatjang. En natuurlik die klein aartappels ook. Het lam skenkels gebruik

Foto- Nikki-Lee de Beer




SKAAPRIBBETJIE MARINADE

SKAAPRIBBETJIE MARINADE
Hierdie resep behoort aan tannie Jo Calitz van Swakopmund. Dis heerlik
Die resep as volg:
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise
Heuning na smaak
1 koppie kookwater
Gekapte knoffel na smaak

Ek “pre cook” die ribbetjie altyd en dan marineer ek dit.
Meng die bogenoemde bestanddele saam en marineer die ribbetjie daarin ongeveer 3-4 ure tot gebruik.
Sit foelie oor die pan waarin jy bak. Bak dan in die oond teen 180ºC vir 1-2 ure.
Haal foelie af en bak vir nog so 30 min of tot goudbruin en krakerig.
BRON- Barbara Bullock
Foto: Lizel Taljaard Wessels




WATERBLOMMETJIE EN SKAAPNEK BREDIE

waterblomme - ernotested
WATERBLOMMETJIE EN SKAAPNEK BREDIE

Ek het 1.3kg Skaapnek gebruik. Lekker stadig gaargemaak in ‘n swartboom pot. Het sout en peper en olyf olie ook gebruik na smaak vir daai braai gevoel en die deksel toe opgesit om so bietjie te prut. (Ek is seker ‘n ‘pressure cooker sal net so goed werk).

Het die deksel afgehaal en gewag vir die meeste water om te verdamp. Die vleis uitgeskep in ‘n aparte bak en in die oond warm gehou. Toe het ek twee middelslag uie wat fyngekap was in daai lekker skaapvet gegooi en gebraai. Sodra uie lekker sag en bruin gebraai was het ek die Waterblommetjies (500gram en Mooi afgewas) saam met drie medium aartappels (in dik skywe gesny) in die pot geplaas en met 250ml droe wit wyn bedruip.Ek het ook so ‘n ekstra 25ml suurlemoensap bygevoeg. Die deksel toegemaak en vir ‘n lekker rukkie (Ek skat so 20 minute) op ‘n stadige hitte geprut. Ek het daai ‘sauerkraut’ reuk ervaar wat in die lug begin hang het. Ek was baie versigtig om op hierdie stadium nie te veel te peuter met die kos in die pot nie. Intusen het ek die samp en bone wat oornag in water gestaan het begin kook asook die soet pattat medallions. Nadat ek gevoel het die mengsel in die pot het nou lekker begin saamspeel het ek die skaapnek bygevoeg, sommer so in die pot, en goed gemeng. Ek het die plaat so klein bietjie warmer gestel en vir ‘n verdere 20 minute geprut.
En Voila. (Wil net byse dat ek die waterblommetjies vooraf in soutwater laat le het vir so ongeveer 1 uur)

FOTO EN RESEP: Erno Van Dyk




KERRIE SKAAP AFVAL

afval gideontested

KERRIE SKAAP AFVAL
Kook die skoon skaap afval stadig tot sag.
Sny 3 groot uie by, voeg ook by:
10 peperkorrels
8 naeltjies
3 lourierblare
kwart teelepel neut
1 teelepel koljander

Na ‘n halfuur kan jy ‘n paar klein aartappeltjies byvoeg.
Wanneer die aartappels amper sag is, voeg by sous:

1 eetlepel appelkooskonfyt
3 teelepels suiker
1 eetlepel kerrie
2 eetlepels borrie
driekwart koppie asyn
knoffel
‘n halwe pakkie oxtail poeier
Prut stadig vir ongeveer ‘n halfuur.
Resep en foto’s:  Gideon Louw
1ste Foto: Hiletje Smit




HEERLIKE HEUNING RIBBETJIE

rib met heuning rina
HEERLIKE HEUNING RIBBETJIE

Strooi jou gewone braai speserye oor, baste die ribbetjie met heuning, blatjang en tamatiesous gemeng en bak in die oond op 180 ºC.
Pasop net want die heuning laat dit nogal vinning brand. Moenie die oondrakkie te Hoog sit nie. So in die middle van die oond is reg. Ek bak dit vir so 35 tot 40 minute dan is dit lekker crispy.

OF braai op die kole nadat jy dit ‘n rukkie in die gemengde sous gemarineer het.

Nota: ek het dit gebak op 160 ºC vir 1 ½ uur en elke keer weer gesmeer wanneer ek dit omdraai… Heerlike

Resep:  Amanda Verster Vd Merwe
Foto: Rina Kleinhans




TAAI RIBBETJIE MET LEMOENSAP

TAAI RIBBETJIE MET LEMOENSAP
sowat 1,5 kg lamsribbetjies
MARINADE
80 ml lemoensap
15 ml sojasous
30 ml heuning
60 ml tamatiesoius
15 ml olie
sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die ribbetjies in kleiner porsies en meng al die bestanddele van die marinade.
Marineer die ribbetjies vir sowat 30 minute of verkieslik oornag.
Pak die ribbetjies met die marinade in ’n groot oondbak en bedek met foelie.
Bak sowat 30 minute.
Verwyder die foelie en bak tot taai en gaar. (Draai die ribbetjies om sodat dit alkante gebraai word en skep die marinade oor die ribbetjies terwyl dit braai).
Foto: Minette Mirie Vd Westhuizen