ONTBEENDE LAMSRIB ROL

ontbeende lamsrib gideontestedrolrib gesny
ONTBEENDE LAMSRIB ROL

Hier is ons ontbeende lamsrib gestop met feta, sundried tomatoes (tannie ina s’n) en sampioen/uie smoor.
Buite om ingevryf met aromat en worcestersous.

Sit vulsel in plat ontbeende rib, rol op en maak vas met tou.  Braai op die stadige kole  tot lekker gaar, ongeveer 2 ure of langer… baie stadig is die geheim

Gideon Louw




LAMB NECK WITH PEPPERS AND OLIVES

2014-07-26-lambneckolivesfltested
LAMB NECK WITH PEPPERS AND OLIVES
2 Lamb necks whole or ask you butcher to saw lengthwise in half
1 Tablespoon Tandoori paste
Oil to brown the meat
2 onions sliced
1 tsp crushed ginger
1 tsp crushed garlic
1 tin of tomato and onion mix
3 stalks celery diced
400 ml water and one chicken stock cube
1 teaspoon salt
dash of black pepper
1 tablespoon sugar
30 ml brandy
1 red, 1 yellow, 1 green bell pepper julienne cut
2 carrots julienne cut
30 stuffed olives
Hand full of green beans top and tail and cut in half
1. Roll the lamb in the flour before browning the meat in heated oil. Use a heavy casserole or frying pan with a tightly-fitting lid for slow gentle simmering.
2. Add onions and gently cook until onions have softened.
3. Add salt and pepper, tandoori paste and fry.
4. Add tomatoes, sugar and water and stock cube and celery
5. Cover and simmer gently for about 10 min. Do not boil!
6. Remove from stove top, bake for 3 hours at 150 deg C in oven covered.
7. Add carrot, bell peppers, green beans and olives cover and continue to bake for another 1 hour in oven.
After 2 hours in oven add water if necessary.
RECIPE AND PHOTO:  Elize Grobbelaar




HEERLIKE SKAAPBOUD

linda se skaapboudtested
HEERLIKE SKAAPBOUD

Eers die klier mooi uitgehaal toe lekker gaaitjies gedruk met knoffel en naeltjies toe vol sout gesmeer en mix herbs en woestersous en olie boop gesmeer manlief het bietjie soetwyn onder in die bak en suurlemoensap gegooi toegmaak met foelie en hom gisteraand in oond gedruk 21.00uur tot vanoggend 9.00uur teen 110grade sag soos n lammetjie gaan hom net so rukkie voor opdientyd bietjie rooster glo dit gaan lekker smaak

Linda Bouwer Peo




ITALIAN TOMATO LAMB SHANKS

skaapnek in die slowcookertested
ITALIAN TOMATO LAMB SHANKS
Foto: Petro Borchard
FOOD LOVERS RECIPES
Die resep hier onder is wonderlik nes dit is, maar ek het kerrie poeier na smaak saam met die uie gebraai (ek is ‘n woessie, so myne is mild). Op die einde het ek so ‘n ½ koppie plain jogurt met ‘n eetlepel maizena gemeng en bygeroer – ryk en lekker!
Skaap nek in slow cooker sag gekook, gisteraand dit in kerrie verwerk.

serves 4 – 6
30 ml oil
2 onions, chopped
2 carrots, peeled and sliced
2 stalks celery, chopped
2 cloves garlic, crushed
1.5 kg lamb shanks or other lamb on the bone
2 x 410 g cans All Gold Italian sliced tomatoes (or plain with added basil)
60 ml tomato paste
125 ml shredded basil leaves
15 ml green peppercorns (bottled)
30 ml soft brown sugar
15 ml balsamic or brown vinegar
salt and pepper

In cast iron (or suitable for oven and stove top pot) heat the oil and saute onions carrots celery and garlic until soft.
Remove with slotted spoon and set aside. Add little bit more oil if necessary.
Brown meat.
Add onion mixture tomatoes and tomato puree, half basil, green peppercorns, sugar and balsamic.
Cover and put in 180°C oven for 30 minutes. Lower heat to 160°C and bake for further 1 ½ hours.
Add remaining basil and season to taste. Serve with rice or pasta of your choice.
Can also be made on stove top.

 




GIGI SE KERRIE AFVAL

kerrie afval gigitested
GIGI SE KERRIE AFVAL

2 spierwit skaap pense opgesny – kook stadig met halwe koppie suurlemoensap met paar korrels All Spice vir 3 ure
Gemenge skaaprib, skenkel en nek – kook in aparte pot met sout ,peper en aromat tot sag.

Braai groen, rooi en geel peppers, gesnipperde spring onion en halveerde cherry tamaties en halwe blikkie appelkose met helfte van sous tot deurskynend. Geur met kerrie, borrie , blatjang sout en peper en aromat , knippie cumin en nutmeg.

Spoel pens af na gekook en meng met skaapvleis en braaimengsel, sit geskilde aartappels in en prut weer tot aartappels sag is. Maak pakkie bruinuiesop poeier aan met bietjie water en meng deur, prut nog so 5 minute.

Appelkoos Salsa

Ander helfte van die blikkie appelkose en sap opgesnipper
Gesnipperder groen, rooi en geel peppers
Gesnipperde spring onions
sout en peper
Enige slaaisous

Resep en foto:  Gigi Robinson




DIRK SE “INSTINK” KERRIE AFVAL

afval dirktested
DIRK SE “INSTINK” KERRIE AFVAL

 daar is mos nie ‘n resep vir afval dit werk mos met ingebore instink wat geërf is van die voorvaders en word nie twee keer op dieselfde manier gemaak nie maar dit is wat ek gedoen het. Ek vat net die grootpens en blaarpens en was dit skoon onder ’n kraan dan kook ek water in ’n pot en druk net die pens in die warm water en krap met die slagmes herhaal tot skoon en wit.

Dan as dit by die gaarmaak kom kook ek dit vir 15 min gooi die water af en spoel af en kook weer vir 15 min spoel weer af en sny als dan in kleiner repies sit die skenkels en sout by en prut vir so uur en dan sit ek die kerrie en na so 10 min die groente by en as die aartappels en wortels gaar is dan is hy reg. Ek het toevallig van die klein 7g pakkies rajah medium kerrie vandag gebruik en het een en ’n halwe pakkie gebruik.

Dirk Adendorff




BEDERFIE VELLETJIE TJOPS

tested

BEDERFIE VELLETJIE TJOPS
Gebruik 6 skaaptjops wat in meelblom gedoop is en kap meelblom in die vleis in met die kant van ‘n piering.
Doop tjops in 2 geklitste eiers.
Braai in braaipan in warm olie met 1 teelepel botter tot goudbruin.
Stel hitte vir sagte prut, gooi 3 koppie kookwater waarin 2 teelepels sout opgelos is, bietjies gewys by, stowe tot sag en gaar, moet dit nie omdraai nie.
Lekker saam met kapokaartappels en soetpampoen.
Resep: Floraine Wasserman Venter

Verandering:
Ansi Pypers Fourie my weergawe:
Het vleis voorberei soos resep. In oondbak gesit met aartappels en wortel. Sout en peper oorgestrooi en ook vars fyn roosmaryn.
3 Koppies water ingesit en in toe oondbak in oond gebak by 180°C vir omtrent 45 minute. Dopgehou en toe water weggebak het, het ek omtrent 2 tot 3 koppies Coke bygegooi, en verder gebak tot Coke weggebak is.
Foto: Ansi Pypers Fourie

 




IDEES MET SKAAPLIESTE

Yolandi Smit:
Kaiings! Eet dan saam slappap.

Zenette Vosloo:
Sny in dobbelsteentjies, in ‘n swaarboom kastrol 1 eetlepel fyn koljander, 1 eetlepel growwe sout, en begin potbraai, wanneer lekker begin braai, ‘n goeie skeut brandewyn, steek aan die brand, draai stoof af dat dit stadig verder potbraai, liplekker!

Winnie Robbertze:
Sny in stukkke, braai uie dan vleis plus naeltjies sout en peper, kook tot gaar, gooi rou rys in en stock. Kook tot gaar en redelik droog. Liplekker!

Rina Kleinhans:
Weet jy ek het ‘n niggie wat dit lekker sag kook, baie fyn sny, en die lekkerste paste maak met dit, self cottage pie sal heerlik wees.

Enna Nieuwoudt Coetzee:
Ek kook dit sag, plaas in swart oondpan en grill dit crispy, heerlik.

Rene Truter Wessels:
Kaings of vleisrol gestop met sampioene en allerhande lekkernye.

Pierre Bruwer:
G’n se dobbelsteentjies of gekook nie. Lieslap is oond of braai se kind. Sout eers op die kole, maar bak of braai hom goed kaiing. Moenie witpeper se waarde onderskat nie. Die dunlies kan mens sommer met die hand breek en bedien hom as horsdiworsie(voorgereg) As hy sout genoeg is, word die gaste eers goed dors… dan braai ons laaaater. Wens ek nou ek het ‘n lies gehad om te braai vandag.

Leon Coetzee:
Die is my beste eetdingetjie, ek sny in klein vierkant blokkies, braai in pan, eet soos biltong of ryg in stokkies met alles wat beskibaar is.

Gideon Louw:
Ek sny die dik kant van die lies oop dan stop ek bloukaas daarin en steek dit dan weer toe met bicycle speke wat ek spesiaal hou vir die job en braai dit dan lekkr crisp. ‘n Anner metode is om dit met woestersous en aromat ruim in te vryf en ook kole toe, die anner een is maal dit, dit maak die lekkerste mince ooooof net soos hy van sy ma af kom net met sout en peper, crisp orie kole – my ma my ma! Dit sak af tot by die laaste vensterjie so lekker issit!




LAMSBOUD EN KOMKOMMER SLAAI

 

komkommerslaai lamsboud natalietested

LAMSBOUD EN KOMKOMMER SLAAI

Komkommer, cherry tamatie
Miracle whip mayonaise
Aromat swart peper en n knippie kerrie
Lams marinade
Rose maryn, swart peper, I love spice beef & lamb spice, genoeg knoffel, olive oil, en suurlemoen sap. Laat dit heel nag marineer skud die bak elke nou en dan. Braai spit smeer kort kort die marinade uit bak daar op voeg meer suurlemoen sap en olie by as nodig!!
In die oond voor verwarm toe 250-280*c bak vir 30 min dan draai oond na 180*c vir nog so 1- 1 1/2 uur laaste 15 min grill om velletjie lekker te braai’

Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




HEARTY LAMB CURRY

2014-07-05-lambcurry
HEARTY LAMB CURRY
1 kilogram lamb shank, cut into 5cm pieces, or shoulder of lamb on the bone cut into 6 pieces
1 medium onion, roughly chopped
2.5 cups boiling water
2 tablespoons vegetable stock powder
4 medium onion, finely chopped
2 teaspoons garlic and herb spices
1 medium brinjal, diced
1 medium  green pepper, finely diced
4 tablespoons vegetable oil
4 cloves granulated garlic, finely sliced
2 tablespoons medium curry powder
1 teaspoon ground coriander
2 teaspoon turmerick
6 cardamom pods, husks removed
1 tablespoon grated ginger
1 medium chilli, finely sliced
1 half cinnamon stick
5 medium tomatoes, halved and grated
2 teaspoon sugar syrup
2 cups stock, from the cooked meat
1 tablespoon corn flour, mixed with 1 tbsp water
30 ml  lemon juice
1 bunch coriander or basil leaves, to garnish

Lamb
Place meat, onion, water and stock powder in a heavy-base saucepan with a tight-fitting lid and simmer slowly for about 2 – 21⁄2 hours, until meat is fork tender. Remove fat and gristle.
Curry sauce
Season onions with garlic and herb seasoning
Sauté seasoned onions, brinjal and green pepper slowly in oil until soft and beginning to brown.
Add garlic, curry powder, coriander, turmeric and cardamom. Cook gently, stirring, to develop the spice flavours.
Add ginger, chilli, cinnamon stick, tomatoes, sugar and half of stock from the cooked meat.
Simmer sauce very slowly for 10 minutes
Add meat and remaining cooking liquid. Add cornflour mixture and lemon juice.
Stir to thicken
Leave to stand overnight (in the fridge) or for a few hours at room temperature. This allows the flavours to develop and gives the meat time to absorb the lovely curry flavours.
Reheat and garnish with fresh coriander. Serve with rice and sambals like chutney, banana in yoghurt, finely chopped tomato and onion.

FOTO- Koos van der Merwe
Koos van der Merwe Nou ja alles af gesit, deksel op en nou moet dit trek. Ek het vergeet om iets te noem. Die resep praat van water saam met die vleis. Ek glo glad nie daarin om water by vleis te voeg om te kook nie. Daar is genoeg vogtigheid in vleis wat die werk sal doen as jy dit stadig kook/braai/prit. Wat julle sien op die foto is die sous uit die vleis en die Kerrie sous wat ek bygevoeg het. Daar is omtrent n halwe koppie water by die Kerrie sous toe ek alles uit die houer wou uitspoel om in die pot gegooi. So lyk dit voor slaaptyd.