GEKRUIDE SKAAPRIBROL

tested
GEKRUIDE SKAAPRIBROL
1 ontbeende skaaprib
15 ml koljandersaad
1 liter kookwater
2 uie, halveer
15 ml vars roosmaryn
5 ml sout
250 ml droë witwyn
50 ml asyn
250 g gemengde droëvrugte
250 g spek
125 ml broodkrummels
30 ml pieterselie
swartpeper

Sny oortollige vet af.  Vryf asyn en koljander oor rib en laat staan 2 ure lank.   Week droëvrugte 30 minute in kookwater, dreineer en sny fyn.
Braai spek en dreineer.
Braai uie, voeg by spek met broodkrummels, droëvrugte, kruie, sout, peper en wyn.  Prut tot effens verdik en laat afkoel.
Rol rib oop, skep vulsel oor lengte en rol styf op. Bind vas.
Braai oor warm kole tot bruin.  Lig rooster hoër en bedek vleis met tinfoelie en braai tot gaar. Draai gereeld om.
Resep:  Petro Calitz




MADRAS LAMB CURRY

madras kerrie martietested
MADRAS LAMB CURRY
Serves: 8
Curry paste
1 1/2 tablespoons coriander seeds
1 1/2 teaspoons cumin seeds
5 whole dried red chillies
6 fresh curry leaves
1/2 teaspoon salt
3 tablespoons garlic paste
2 teaspoons ginger paste
1 1/2 teaspoons ground turmeric
1kg lamb meat, cubed
1 teaspoon fennel seeds
8 tablespoons ghee (clarified butter), melted
4 tablespoons vegetable oil
4 onions, thickly sliced
1 (400ml) tin coconut milk
500ml water, divided
6 cardamom pods
1 cinnamon stick
1 1/2 teaspoons garam masala
1 teaspoon sugar
3 tablespoons warm water
1 tablespoon tamarind paste

Prep:30min › Cook:2hr › Ready in:2hr30min

Toast the coriander seeds over medium-low heat until they begin to turn brown and pop. Repeat the toasting process with the cumin seeds, then with the dried red chillies. Transfer each ingredient to a food processor or spice grinder as you finish. Add the salt and grind to a fine powder. Mix with the garlic and ginger to form a thick paste.
Sprinkle the turmeric over the lamb, stirring lightly to coat. Toast the fennel seeds as above and set aside.
Heat a casserole over medium heat with the ghee and vegetable oil; cook the onions until golden brown, about 10 minutes. Stir in your curry paste and fry for 1 minute. Stir in the meat and fry for 1 minute more. Pour in 2/3 of the tin of coconut milk and 250ml of water; bring to the boil, then reduce the heat to low. Simmer for 10 minutes.
Stir in the remaining coconut milk and water, along with the cardamom pods, cinnamon stick and toasted fennel seeds. Cover partially and return to a simmer, cook for about 1 1/2 hours until the lamb is tender. Stir occasionally and thin with water if the sauce becomes too thick while cooking.
When the lamb is tender, stir in garam masala, sugar and the tamarind paste dissolved in 3 tablespoons of water; cook 5 minutes longer, or until the sauce thickens. Remove the cinnamon stick and cardamom pods before serving.
Tip:
If you don’t have garlic or ginger paste, simply use the same amount of freshly grated garlic or ginger.
Recipe posted by en photo from Martie Fourie Moolman




MAROKKAANSE LAMBREDIE

2014-08-22-marokkobredietested
MAROKKAANSE LAMBREDIE
500 gm lams-bredievleis of tjops
1 koppie skaap aftreksel (blokkie gemeng met kookwater)
1 teelepel van elk: cumin, coriander, gemmer, kaneel, paprika, sout en peper.
3 aartappels in blokkies gesny
3 wortels in stukkies gesny
3 groot baby marrows in groterige stukkies gesny.
2 opgekapte medium grootte uie
2 gekapte knoffelhuisies

Braai die vleis saam met die uie en knoffel tot bruin. Voeg die skaapaftreksel daarby en stoom vir 20 minute of kook tot die vleis sag is. Voeg die groente asook as die speserye, sout en peper daarby saam met nog ‘n ½ koppie kookwater en kook verder tot die groente sag is. Bedien saam met rys.
Resep en foto:  ADAM CLOETE




STEFAANS SE AFVAL POT

stefaans se afvaltested

STEFAANS SE AFVAL POT

Soooo Kook mens n afval potjie…
1tot 1 en 1/2 kg skaap afval
1 eetlepel sout
2 eetlepels asyn
1 ui
2 groot aartappels,
en 1 teelepel van die volgende speserye..
GRound Ginger..Green Onion seasoning..Mixed herbs. Masala.. Growwe peper….Sea salt…Rajah mild and spicy..

Braai eers die uie lekker bruin, in BOTTER en dan die afval, so potbraai totdat dit bruin is….dan kook die afval totdat dit sag is voor dat die res van die speserye en die aartappels bykom.. Kook tot alles lekker sag is, en die sous na wense – lekker eet

Stefaans Blaauw




RACK OF LAMB

 

rack of lambtested

Ok so hier is my resep vir rack of lamb.

Rack of lamb – see photo
One clove of garlic crushed.
One onion finely chooped
4 table spoons of olve oil
4 table spoons of dark soy sauce
Bunch of rosemary chopped.

Mix all ingredients and marinade 2 small rack of lamb in for at least 3 hours.

Sear the meat in a hot pan and add to the oven at 200 degC for 30 minute (well done but fall of the bone soft) rest for at least 5 minutes before serving with roasted new potatoes (cut in half and made with goose fat, rosemary and braaisout) and any veggies you like!

Enjoy!

 

Recipe and pic from Anette Scheepers




KOOS SE DEURNAG KERRIE POT

koos se kerriepottested
KOOS SE DEURNAG KERRIE POT
Hier is soos ek dit voorberei.Dit was soos gisteraand Ek is alweer besig met my deurnag Lam Kerrie pot. Nou het ek klaar uie gebraai en uit die pot geskep.
Tyd om die lam’s Nek te braai aan altwee kante en weer uit te skep.
Dan braai ek die ander vleis tot alles altwee kante gebraai en geseel het.
Voeg alles weer in pot en stel die plaat stadig. Moet geen water byvoeg nie daar is genoeg vog in die vleis as jy dit stadig kook. Laat kook vir so n uur dan voeg ek die vooraf gebraaide uie saam met sout en peper by.
Kook nou vir nog een uur en in my tyd sal dit dan 12h00 wees.
Onthou om nou nog gedrurig te roer sodat die pot nie aanbrand nie.
Nou voeg ek my eie klaar gemaakte Kerrie mengsel by en laat prit vir 30 minute.
Sit die hitte onder die pot af en laat staan so op die warm plaat tot more sodat die Kerrie goed kan deur trek.
Ek kook my aartappels en ander groentes wat ek wil by sit in die oggend appart tot amper gaar.
Voeg alles by die Kerrie vleis en verhit die Kerrie pot en laat prit tot reg om te geniet

Foto en metode:  Koos van der Merwe

Lamb curry pot
1 kilogram lamb shank, cut into 5cm pieces, or shoulder of lamb on the bone cut into 6 pieces (your PnP butcher will cut it for you)
1 medium PnP onion, roughly chopped
2.5 cups boiling water
2 tbsp vegetable stock powder
4 medium PnP onion, finely chopped
2 tsp PnP garlic and herb spices
1 medium PnP brinjal, diced
1 medium PnP green pepper, finely diced
4 tbsp PnP vegetable oil
4 cloves granulated garlic, finely sliced
2 tbsp medium curry powder
1 tsp PnP ground coriander
2 tsp turmerick
6 cardamom pods, husks removed
1 tbsp grated ginger
1 medium PnP chilli, finely sliced
1 half cinnamon stick
5 medium PnP tomatoes, halved and grated
2 tsp sugar syrup
2 cups stock, from the cooked meat
1 tbsp corn flour, mixed with 1 tbsp water
30 ml PnP lemon juice
1 bunch coriander or basil leaves, to garnish
Lamb
Place meat, onion, water and stock powder in a heavy-base saucepan with a tight-fitting lid and simmer slowly for about 2 – 21⁄2 hours, until meat is fork tender. Remove fat and gristle.
Curry sauce
Season onions with garlic and herb seasoning
Sauté seasoned onions, brinjal and green pepper slowly in oil until soft and beginning to brown.
Add garlic, curry powder, coriander, turmeric and cardamom. Cook gently, stirring, to develop the spice flavours.
Add ginger, chilli, cinnamon stick, tomatoes, sugar and half of stock from the cooked meat.
Simmer sauce very slowly for 10 minutes
Add meat and remaining cooking liquid. Add cornflour mixture and lemon juice.
Stir to thicken
Leave to stand overnight (in the fridge) or for a few hours at room temperature. This allows the flavours to develop and gives the meat time to absorb the lovely curry flavours.
Reheat and garnish with fresh coriander. Serve with rice and sambals like chutney, banana in yoghurt, finely chopped tomato and onion.




RINIE SE SKAAPNEK KERRIE

skaapnek kerrie gideontested
RINIE SE SKAAPNEK KERRIE
My aandkossies was Rinie se skaapnek kerrie met vrugte
1 tamatie geskil
1 appel geskil
310 g fyn pynappel
6 gesnipperde droe perskes halwes vooraf geweek
6 aartappels
½ koppie suiker
½ koppie sultanas
1 eetlepel borrie
1 eetlepel kerrie
½ pakkie oxtail soppoeier
Braai die vleis en uie, voeg aartappels by en kook tot sag met ‘n bietjie water,  voeg dan pynappel, tamatie, appel, sultanas, by en kook vir +- nog ‘n uur
Meng kerrie, borrie, suiker, sop en ‘n bietjie water en voeg by laat prut vir +- 15 min.
Dien op saam rys en piesang of iets na jou smaak !

Resep en foto: Gideon Louw




SKAAPRIB TROOSKOS

2014-08-08-10547328_10204324800390050_6495757730737752584_otested
SKAAPRIB TROOSKOS

Dit lyk nou bietjie vaal, maar dit is een van ons geliefde winter trooskos, het nie ‘n resep nie maar dit is baie eenvoudig sal maar beduie.

Sakkie suikerboontjies geweek vir paar ure,
vet skaapribbetjie gesny.
2 uie gesny
sout en peper en
aartappels in stukke gesny.

Sit alles in stoompot vir so driekwart uur, bedien met rys.
Bron foto en geplaas deur: Martie Fourie Moolman




HEERLIKE RIBROL

2014-08-07-heerlikevleisroltested
HEERLIKE RIBROL

Koop hierdie ontbeende rib wat klaar in ‘n rol is by jou slagter.  (kan glad nie se hoe groot nie. Ek koop agter kwart). Sout, aromat, steak n chop spice oor en plaas in oond teen 230 grade C vir 15 min, draai dan af na 100 grade C en los vir 30 min gooi sweet chilli sous oor .
Pak groente in en terug in oond teen 70 grade C tot groente gaar is.
Heerlike sous onder gemaak, wat ek met bisto en mielieblom dikker gemaak en sit saam met stampmielies voor gesit.
Idee van Yvette Kleynhans




SKAAPBLAD

2014-08-01-skaapbladtested
SKAAPBLAD

In daai elektriese druk pot..
En hy word met die mes uitmekaar gemaak, NIE GESAAG NIE…
( Vir die wat weet hoe om n blad uitmekaar te haal)

1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1 eetlepel koljander
1 teelepel fyn kaneel,
1 Groot ui in ringe gesny
2 eetlepels asyn

kook alles 1 en 1/2 uur in die pot,
Haal dan die blad uit, en bak in die oons totdat dit krispie is..
Kook nou IN DAAI SOUS en in DAAI POT…1/2 koppie rys, en 1/2 koppie stampkoring 30 minute…
En skep op as die blad bruin gebak is.
BRON- Stefaans Blaauw