BOLANDSE LAMSKERRIE

BOLANDSE LAMSKERRIE

Lamskerrie is die perfekte Sondagmaaltyd om voor te berei. Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Bestanddele:
2 kg lamstowevleis
kookolie
2 gekapte uie
5 knoffelhuisies
1 t varsgekapte groengemmer
1 E masala
2 E kerrie
1 E borrie
1 E fyn koljander
1 t fyn komyn
2 heel steranyse
5 kardemomsade
3 vars lourierblare
Growwe sout en –peper
1 pypkaneel
5 E appelkooskonfyt
10 klein uitjies
3 geelwortels, opgekap
1 handvol geweekte droëperskes
1 blik gekapte tamaties
6 aartappels in kwarte gesny
Kookwater

Metode:
Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Braai die lamsvleis in die kookolie tot bruin en skep dit uit.
Braai dan die uie, knoffel en groengemmer en sit die vleis terug.
Gooi die masala, kerrie, borrie, koljander,komyn, steranys, kardamomsade, lourierblare en sout en peper, pypkaneel en appelkooskonfyt by en roer deur.
Gooi dan die uitjies, geelwortels, droë perskes, tamaties, aartappels en genoeg kookwater by.
Laat stadig prut.

Foto: Ivanda Venter
Resep geplaas deur Linda Venter




DENNINGVLEIS MET GEELRYS EN ROSYNE

petre-se-denningvleistested
DENNINGVLEIS MET GEELRYS EN ROSYNE

Denningvleis:
3 groot uie, in skywe gesny
2 eetlepels kookolie
5 vet knoffelhuisies, fyngedruk
5 wonderpeperbessies
6 naeltjies
2 lourierblare
1 groen brandrissie, fyngekap
2 teelepels varsgemaalde swartpeper
1 kg vet skaapvleis
2 eetlepels tamaryn
1 koppie kookwater
1 teelepel gerasperde neutmuskaat
sout na smaak

Braai uie in olie in ‘n groot kastrol tot sag. Voeg knoffel, wonderpeperbessies, naeltjies, lourierblare, brandrissie en peper by. Pak ‘n laag vleis bo op uie. Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en prut vir 30 tot 40 minute. Week tamaryn in kookwater. Laat afkoel. Gooi deur ‘n sif en druk al die sap met ‘n lepel deur. Giet tamaryn vloeistof oor vleis en sprinkel neutmuskaat oor. Voeg sout na smaak by en prut 10 tot 15 minute.

Geelrys met rosyne:
2 koppies Tastic rys (ek het basmati gebruik)
2 stukkies pypkaneel
3 kardemompeule
½ teelepel borrie
4 koppies water
sout na smaak
1 koppie pitlose rosyne
30 g botter
suiker na smaak

Plaas rys, pypkaneel, kardemom, borrie, water en sout in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder hittegraad en kook tot rys sag is. Dreineer in vergiettes en spoel onder lopende water af om van die oortollige borrie ontslae te raak. Tap water in kastrol en sit vergiettes bo op die kastrol. Voeg rosyne, botter en suiker by en stoom tot goed warm.

Resep geplaas deur Petré Van Jaarsveld
Foto:  Petré Van Jaarsveld




GESTOPTE SKAAPHART


GESTOPTE SKAAPHART
Hart volle resep
1. Gaan na jou slagter en bestel skaap harte.
2. Plaas die hart op n plank.
3. Neem skerp mes en sny die agter kant ( groot kant) af.
4. Die kombuis-sker word nou by die afgesnyde kant ingedruk en die aar word deur 3 knip beweging uitgesny (dis hier waar die Chris Barnard sindroom plaasvind)
5. Vat die harte nou na die wasbak en was dit goed.
6. Gee die afval stukkies vir die hond of kat Hulle “like” dit.
Ek het die harte al met die volgende gestop.
1. Peppadew en fetta
2. Spinasie en fetta
3. Kaasgriller wors
Neem nou die gestopte hart en plaas dit op vel blad bacon. Gebruik tande stokkies om die bacon vas te steek.
Braai die gevulde harte op kole of in die konveksie oond
Ek hou daarvan nie te droog nie

Resep: Herman Pypers




EASY CARVE LEG OF LAMB

Easy carve leg of lambtested
EASY CARVE LEG OF LAMB

1.5kg easy-carve leg of lamb
4 garlic cloves, sliced
3 sprigs fresh rosemary, cut into 2cm lengths
1 onion, sliced
1/3 cup redcurrant jelly
1 cup red wine
1 cup Campbell’s Real Stock Chicken

Step 1 Preheat oven to 220°C. Use a sharp knife to make 12 slits in the top of the lamb. Insert a slice of garlic and a small sprig of rosemary into each slit.
Step 2 Scatter onion slices over the base of a lightly greased roasting pan. Sprinkle over remaining garlic and rosemary. Place the lamb onto the bed of onions.
Step 3 Heat redcurrant jelly in a small saucepan and brush over lamb. Season lamb with salt and pepper. Roast for 15 minutes, then reduce heat to 180°C. Pour in wine and stock. Roast for another hour (for medium) or until cooked to your liking.
Step 4 Remove from oven, cover loosely with foil and rest for 15 minutes before carving.

My metode:- nadat ek die boud gegeur het. Sit ek dit oornag in die oond op 80 grade – so 6 tot 7 ure. Daarna laat ek dit afkoel, gooi die meeste van die sous uit en verbruin dit mooi onder die rooster element van die stoof. Dan laat rus ek dit vir so 30 minute voor ek dit opsny anders val dit uitmekaar – doeksag smelt in die mond lekker.

Foto en resep geplaas deur  Stephanie Kirchner




WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)

tested
WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)
10 ml fyn koljander
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5 ml mosterdpoeier
2,5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
sout
Repies varkspek
5 knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75 ml asyn of 125ml suurlemoensap
75 ml worcestersous
125 ml olie

Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sous bestanddele en marineer 24 uur of langer.
Bak 4-5 ure in stadige oond (150 grade C) IN DIE MARINADE.
Kan oornag gebak word teen 120 grade C.
Bak onder grill tot lekker bros indien verkies. Op sy beste as hy so sag is dat hy uitmekaar getrek word met twee vurke in die sous.
Resep en foto:  Kiti de Jager
Kiti Citi –  Ek moet julle se, die smaak is uitmuntend. Ek het die resep tot op die letter gevolg, tot op die ml. Selfs gemmer ingesit al hou ek nie van dit nie. Die smaak is eenvoudig orgasmic. Ek het die sous net dikgemaak. Hy was 5 ure in die oondjie.




IDEES VIR LEKKER OOND RIBBETJIE

ribbetjie martin muldertested

IDEES VIR LEKKER OOND RIBBETJIE
Retha Ingel Marais:
Ingredients:
2oo ml lager
50 ml soy sauce
2 tbsp brown sugar
2 tbsp Rosemary ground
2 tbsp grainy mustard
1 tbsp tomato puree
1 tbsp crushed black peppercorns
1 tbsp garlic, finely chopped
1 tsp coarse salt
Meng alles saam en marineer vir ten minste 2 ure of marineer oornag en kook tot sag in stoompot en bak dan in warm oond of oor kole.

Annalize Hattingh:
Ek spice myne, sit dan in ‘n oond kasserol met ‘n tikseltjie water onder in en sit in die oond op 130°C vir 3 – 4 ure, afhangend hoe groot hy is. Sit dan op grill vir die laaste 10 minute tot die skilletjie lekker bros is. Vleisies val omtrent van die bene af, so sag en sappig. En nou het jy my honger!

Hettie Swanepoel:
Ek meng tamatiesous, chutney, asyn, bietjie suiker en Worcestersous. Sit oond op 180°C. Sit dit op ‘n rakkie in oondban en bak. Dit is heérlik verby.

Tina Grobler Venter:
Vat rib, sit bo-op folie. Smeer rib met chutney, garlic en pietersielie. Gooi genoeg suurlemoen sap oor en Aromat na smaak. Draai toe met foelie. Marineer in yskas vir paar uur. Bak in oond (in die foelie) as rib gaar is maak oop en grill hom ‘n bietjie. BAIE LEKKER.

Liz Terblanche’:
Maak mengsel van Jimmy sous, coke en perske blatjang.

Marietjie van der Merwe:
Smeer die vetkant in met sout. Dit laat die vet vinnig uitkook en vleis bly sag.

Lorett Brittnell:
Ek sny die vetkant van die rib lekker diep met skerp mes is kleinerige diamantvormige blokkies en sprinkel mildelik bruinasyn aan albei kante met genoeg sout, peper bietjie naeltjies en fyn koljander ingevryf. Vou so dubbeld en sit in plastieksak en marineer vir 2 tot 3 ure sommer so by kamertemperatuur. (Ek draai die sak om elke keer as ek daar verbyloop.) Sit in oondpan en bak by 180°C oop in ‘n oondpan vir 2 tot 3 uur tot sag en lekker crispy met al die vel uitgebraai in die oondpan.

Foto:  Martin Mulder




OONDGEBRAAIDE LAMSKENKELS

OONDGEBRAAIDE LAMSKENKELStested

OONDGEBRAAIDE LAMSKENKELS
Het vanaand ‘n nuwe resep probeer……moet sê dit lyk heerlik en kan nie wag om dit te proe nie!

30 ml olyfolie
4 lamskenkels
Sout en varsgemaalde peper
1 ui gekap
3 groot wortels (dik kante in ringe dunner kante net in die helfte gesny)
2 selderystingels gekap
2 knoffelhuisies fyngekap
2 takkies vars roosmaryn
1 blik 400gr heel tamaties opgesny

Verhit oond tot 180C. Gooi olyfolie in diep oondbraaibak. Sit skenkels in en geur met sout en peper. Oondbraai vir 1 uur tot bruin. (ek het my uie na die eerste halfuur bygevoeg en lekker saam met skenkel gebraai voordat ek die res van die groente bygevoeg het) Plaas res van bestanddele in oondbak. Maak toe met tinfoelie en plaas terug in oond. Oondbraai nog ‘n uur. Haal tinfoelie af end oondbraai nog ‘n uur of totdat vleis heeltemal sag is en byna van die been af been afval.
Bedien met rys en ‘n lekker groen slaai. (myne was na 2 1/2 uur gaar)

FOTO – Rosemarie Maytham‎




HAGGIS

2015-02-16-haggis

HAGGIS

1 sheep’s pluck i.e. the animals heart, liver, and lights (lungs)
cold water
1 sheep’s stomach (empty)
1 lb lightly toasted pinhead oatmeal, medium or coarse oatmeal
1 – 2 tablespoons salt
1 level tablespoon freshly ground black pepper
1 tablespoon freshly ground allspice
1 level tablespoon of mixed herbs
8 oz finely chopped suet
4 large onions, finely chopped
(lemon juice (or a good vinegar) is sometimes added as well as other flavourings such as cayenne pepper)

Wash the stomach in cold water until it is thoroughly clean and then soak it in cold salted water for about 8-10 hours.

Place the pluck in a large pot and cover with cold water. The windpipe ought to be hung over the side of the pot with a container beneath it in order to collect any drips. Gently simmer the pluck for approximately 2 hours or until it is tender and then leave the pluck to cool.

Finely chop or mince the pluck meat and then mix it with the oatmeal. Add about half a pint of the liquor in which the pluck was cooked (or use a good stock). Add the seasonings, suet and onions, ensuring everything is well mixed.

Fill the stomach with the mixture, leaving enough room for the oatmeal to expand into. Press out the air and then sew up the haggis. Prick the haggis a few times with a fine needle. Place the haggis it in boiling water and simmer for approximately 3 hours.
Photo Leonora Shelton




KERRIE SKAAPNEK

Kerrie Skaapnektested
KERRIE SKAAPNEK
Ek braai uie in n pot gooi so 2 Eetlepels Kerrie by en twee 2 teelepels suiker braai nog so bietjie en dan so 2 eetlepels asyn.
Neem dan die vleis en potbraai dit tot geseel is en lekker bruin.
Gooi dan kookwater op en kook tot sag.
Sit groente en spices op en gooi dan jou lekker mengsel van Royco Durban curry cook in sauce.
Laat prut tot groente lekker sag is op lae hitte.
Maak rys en bedien Kerrie saam rys of stampmielies.
BRON – Marlene Minderon




KLEWERIGE SKAAPRIBBETJIE

2015-02-05-ribtested
KLEWERIGE SKAAPRIBBETJIE
2 skaapribbetjies deur gesny
Marinade:
5 cm vars gemmer, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gerasper
125 ml heuning
125 ml ligte soyasous
60 ml soetrissie sous
45 ml olyfolie
15 ml fyn appelkooskonfyt
5 ml geroosterde komyn
60 ml vars suurlemoensap
Seesout en vars gemaalde swartpeper na smaak.

Pak ribstukkies in n’ enkellaag in n’ nie-metaal bak. Meng alles vir die marinade goed saam en giet oor die vleis . Bedek en laat marineer vir een tot twee dae in yskas. Draai ribstukkies nou en dan om om seker te maak dat dit egalig meng. Dit werk goed om die hele spul in n’ sterk deurskynende plastiek sak marineer.
Haal uit yskas en laat dit kamer temperatuur bereik.
Braai op n’ matige hitte tot klewerig en bros.
Heerlik saam met aartappel, koolslaai en rooiwyn of paar koue biere. Wonderlike beurtkrag maaltyd. Beste met kerslig. Eet met die hand. Sorg vir genoeg servette.
Sit terug en geniet die komentaar van jou gaste. Hulle sal die ribbetjies altyd onthou.
Resep geplaas deur Louw LP Senior
Foto: Christina En LP Louw