GEURIGE LAMSVLEIS MET KERRIEVRUGTE

tested

GEURIGE LAMSVLEIS MET KERRIEVRUGTE
4-6 porsies
6 lamstjops
sout en peper
1 middel groot ui gekerf
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang
gerasperde skil en sap van ‘n ½ suurlemoen
1 eetlepel olie

Plaas die tjops in ‘n vlak bakskottel, geur dit met sout en peper en plaas die ui bo-op.
Meng die ander bestandele en gooi oor die vleis. Bedek die skottel en bak ongeveer 1 ¼ uur in die oond by 200ºC.
In ‘n aparte bak maak die kerrievrugte, bak saam met die vleis vir die laaste 30 min.
Rangskik die vleis en kerrievrugte op ‘n opskepskottel en bedien.
KERRIEVRUGTE
3 koppie ingemaakte vrugte, perskes, pynappel, appelkose of mengsel van die 3
3 eetlepels vrugtestroop
2 eetlelepels meduim sterkte kerriepoeier
sap van ½ suurlemoen
2 eetlepels bruinsuiker
botter
Plaas die vrugte in ‘n vlak gesmeerde bakskottel. Meng die kerrie, vrugtestroop, suurlemoensap en skep oor die vrugte.
Bestrooi met bruinsuiker en plaas klontjies botter bo-op die vrugte.
Bak saam met die tjops in die oond en bedien saam met die tjops.
Hiedie vrugte is ook heerlik saam met enige gebraaide vleis.




PUMPKIN BREDIE

2015-08-09-pumpkinbredietested
PUMPKIN BREDIE
Ingredients

You may use , Blade beef , lamb or Mutton , about 10-15 pieces

2 onions chopped finely
4 whole chillies
Freshly ground black or white pepper
Salt to taste
1 tablespoon of sugar
1 kg of peeled and cubed pumpkin
2 tablespoons of oil
1 stick cinnamon
2 all spice

Method

Heat your oil and add meat to pot , browning the meat on all sides , add your salt, onions , chillies, cinnamon , all spice and pepper . Now Braise until the onions has browned/ caramelized as well . Add a cup of hot water and simmer meat on medium heat , until water has dissolved , repeat this process until you test the meat and it’s tender … About three times , depending on the type of meat . Now add you cubed pumpkin and sugar and Braise on medium heat Until the pumpkin is soft , stirring occasionally.

Delicious!!!

Recipe Fatima Sydow
Photo: Amanda Conradie




ROSEMARY LAMB TOMATO STEW

2015-07-27-rosemarylambtomatostewtested

ROSEMARY LAMB TOMATO STEW
1 kg lamb, cut up into bite sizes (I used meat from a leg of lamb)
1 large onion, roughly chopped
3 tablespoons chopped garlic
1 cup oil
6 – 8 potatoes, peeled and cut in bite sizes
bunch of fresh rosemary
1 tin of peeled and cut tomatoes
4 tablespoons tomato paste, mixed with 2 cups of water
salt and black pepper, to taste
2 tablespoons coriander seeds, finely grind
3 tablespoons brown sugar
2 tablespoons Worcester hot sauce

Add half cup of oil in a large pot or as I did a wok.
Fry the meat together with a some rosemary on high heat for ten minutes then add 1 cup of water turn down the heat.
Add the potatoes to the meat and let this simmer for another 30 minutes on medium heat.
In between check if you have enough water to cover the meat and potatoes.

For the sauce:
In a medium pot, add the rest of the oil, and fry the onions.
Add garlic and coriander seeds fry for another 5 min or more until golden brown.
Add tin of tomatoes and lower the hear.
Add the tomato paste, rest of the rosemary, Worcestershire sauce, sugar and simmer for another 10 minutes.

When meat is tender add the sauce, salt and black pepper and simmer for another 10 minutes on medium heat.
Serve with white rice.
Source and photo: Shan T Russ




SKAAP RIBBETJIE IN DIE OOND

 

SKAAP RIBBETJIE IN DIE OONDtested

SKAAP RIBBETJIE IN DIE OOND
1.5 kg rib
1 pakkie bruin uie sop (aangemaak met 1 koppie kookwater)
½ koppie suurlemoensap
Sous:
30 ml Worcestersous
30 ml blatjang
2 eetlepels heuning
1 teelepel aromat
½ koppie port
1 teelepel growwe sout
1 teelepel growwe swart peper
1 teelepel braai speserye

Kook ribbetjie in stoompot vir 20 min met angemaakte uiesop en suurlemoensap.
Braai dan vir uur aan weerskante in oond op 170°C, smeer gemengde sous oor in intervalle.
BRON – Cecil Dunhin




LAMSVLEIS STOWEGEREG

tested
LAMSVLEIS STOWEGEREG
1 kg skaapboud, blokkie gesny
12,5 ml botter
5 ml olie
2 uie, gekap
1 knoffelhuis, gekneus
25 ml tamatiepuree
20 ml blatjang
700 ml vleisaftreksel
sout peper na smaak

Braai vleisblokkies in verhitte botter en olie. Voeg uie en knoffel by en soteer. Verhit tamatiepuree en blatjang en voeg by vleis. Voeg vleis aftreksel by. Geur met sout en peper. Prut 1 ~1 ½ uur lank. Dien warm saam met Drostdy Hof Claret Select op.
Bron: Elda Lombard




KARIEN SE LAMSKENKELS

lamb shank karientested

KARIEN SE LAMSKENKELS
2 heel lamskenkels
1 bees “stock cube”
1 knorr bees “stock pot”
1 ui, fyn gekap
1 teelepel knoffel
50 g tamatiepaste
250 ml rooiwyn
1 blik gekapte tamaties
½ teelepel gedroogde roosmaryn
gegeurde koekmeel
2 eetlepels bruinsuiker
1 blikkie sampioene
Robertsons se Garlic en Rosemary spice
Gemaalde swart peper na smaak

Strooi die meel oor die lamskenkels en braai dan in ‘n pan met olie totdat die vleis lekker bruin is. Haal die vleis uit en braai dan die ui, knoffel en roosmaryn saam tot ui sag is. Sit vleis terug in pan en voeg dan die “stock cubes” by wat in 500 ml kook water opgelos is. Voeg die wyn, tamatiepasta en blik tamaties by. Sprinkel van die Robertsons speserye oor die vleis en sommer in die sous ook. Voeg bruinsuiker en swartpepper by. Proe maar net of daar nog speserye of suiker kort. Sit deksel op en laat so 30-45 min stadig kook. Plaas alles dan in ‘n kasserol bak met ‘n deksel en laat bak op 160 ºC vir so 2-3 ure. Voeg sampioene so halfuur voordat jy gaan opdien by. Vleis was lekker sag en sappig.

My eerste probeerslag en moet sê dat dit regtig lekker was.

Resep en foto: Karien Bronkhorst




GEBRAAIDE SKAAPBOUD EN PATATSKYWE

GEBRAAIDE SKAAPBOUD EN PATATSKYWE
‘n Lekker groot skaapboud (2 kg of meer)
1 bol vars knoffel
6 -7 takkies vars roosmaryn
1 koppie ekstra suiwer olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
½ koppie rooiwyn
2 eetlepels garam masala (gebruik komyn as jy dit nie in die hande kan kry nie)
Sojasous
½ koppie suurlemoensap
3 groot patats – geskil en in skywe van 2 – 3 mm gesny
Paar eetlepels appelkooskonfyt

Ontbeen die boud (vra jou slagter as jy sukkel) en vlek oop sodat die vleis oral ewe dik is. Die boud het ‘n vetkant en ‘n vleiskant – gebruik ‘n skerp messie en sny die vleiskant vol kepies, so diep soos ‘n halwe vuurhoutjie en 2cm uitmekaar. Stop boud met van die knoffel en roosmaryn. Verf die boud met olyfolie en geur dit met sout en swartpeper.

Sous
Meng die res van die olyfolie saam met die rooiwyn, suurlemoensap, garam masala, sojasous, die res van die knoffel en die roosmaryn-blaartjies in ‘n mengbak. Sit die sous en ‘n kwassie langs jou braaier. ‘n Enkele lagie kole wat jy van tyd tot tyd met meer warm kole aanvul, is al wat jy nodig het. Sit die rooster hoog, omtrent ‘n voorarmlengte van die kole af. Sit die boud op met ‘n groot oondbak deksel bo-oor sodat die boud in sy eie oondjie bak. Draai hom elke 5 minute om en verf hom met die sous. Na 30 minute meng jy ‘n paar eetlepels appelkooskonfyt by die orgie bedruipsous en gee die boud ‘n glanslagie aan elke kant. Dit behoort na sowat 40 tot 50 minute reg te wees, bros buite, ligpienk binne. Verf die patat skywe met olyfolie terwyl die boud gaar word en braai dit eenkant op die rooster. Druk ‘n vurk in om seker te maak. Jy kan ook ‘n bietjie garam masala oor die tjips strooi – die soetigheid van die patat werk goed saam met speserye




GIDEON SE SKAAPPENS STUKKIES

 

2015-07-14-gideonseskaappensstukkiestested

GIDEON SE SKAAPPENS STUKKIES

+- 500g skaappensvelletjies in stukkies gesny
500g klein aartappeltjies geskil
1 groot uie geskil en gekerf
1t kerrie poeier
1e suiker
1/2 t borrie
2 naeltjies
knypie neut
2 lourie blare
1/2 t korriander
3 e asyn
bietjie swart en wit peper

Kook die pensvelletjies tot sag so vir drie ure in n bietjie water
voeg die uie by enkook n rukkie tot glaserig
voeg dan die aartappels en al die speserye by hou net die kerrie , suiker , en borrie uit en kook tot die aartappels sag is
meng dan die borrie , suiker en kerrie met n bietjie water en voeg by kook dit deur en siedaar bedien saam met wat jy wil ek was lus vir brood saam met myne

Resep en Foto:  Gideon Louw




WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

 

2015-07-12-gideonafvaltested

WINDMEUL KELDER KERRIE AFVAL

1 Skoon skaap afval
2 Medium uie in ringe gesny
8 Medium aartappels
20ml Matige Kerrie poeier
10ml Borrie
750ml Sterk getrekte Rooibos tee
5 Eetlepels Mrs. Balls oorspronklike chutney.

Sout en peper na smaak

So maak mens:

Neem so ‘n bietjie Rooibos tee om die kerrie aan te maak. Braai die uie tot deurskynend, voeg die skoon skaapafval by en bedek met Rooibostee. Voeg die kerrie mengsel nou by en laat prut vir 2 ure of totdat afval sag is, voeg die aartappels by en kook tot gaar. Voeg chutney by net so voor die aartappels heeltemal gaar is.
Gideon Dakkie Swanepoel




INGRID SE LAMSKENKEL BREDIE

 

2015-07-12-ingridselamskenkelbredietested

INGRID SE LAMSKENKEL BREDIE
1 kg lamskenkels
Wortels
Aartappels
Ui
Vars tamaties fyn gemaak in voedselverwerker
Origanum
Garlic pepper
Sout
Knoffel
Ek werk nie van resep af nie my eie konkoksie. Ek braai my skenkels in olyfolie tot mooi bruin. Haal uit en hou een kant. Braai ui en wortels met knoffels tot ui sag is. Gooi vleis terug met aartappels by. Voeg tamaties, tamatie paste, kruie, etc by met bietjie water. Ek bak dan in oond tot vleis sag is en groente gaar. Voeg maar nog water by as dit droeg kook. Jy kan ook bruin ui sop byvoeg as dit te loperig is. Ek gooi ook so 2 eetlepels suiker by om die suur te breek. Bedien dan met rys.
Resep en foto: Ingrid Mouton