


MAGGIE SE BLINKBEK LAMSPASTEI
(Baie lekker en die degie is lekker klam)
Vulsel
1 eetlepel olie
1 eetlepel botter
1 rooiui gekap
1 ui grofgekap
2 selderystingels
3 knoffelhuisies
500 g lamsrib
100 ml worcestersous
8 ml sout
300 ml water
300 ml beesaftreksel
2 takkies tiemie (Ekt 2 ml gebruik)
2 takkies roosmaryn ( Ekt 2 ml gebruik)
1 teelepel swartpeperkorrels
3 aartappels in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
300 ml ertjies
2 cm vars gemmer (Ekt dit uitgelos)
1 brandrissie (Ekt dit uitgelos)
sout na smaak
400 ml water
45 ml blatjang
40 ml bruinsuiker
1 eiergeel
45 ml witwynasyn
Kors
1 koppie koekmeel
8 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2,5 ml rooipeper
25 ml botter
1 koppie kaas
175 ml suurroom
2 eiers
175 ml melk
25 ml pietersielie
Vulsel
Verhit die olie en botter in ‘n drukkoker en soteer die iu, seldery en knoffel tot net sag.
Spoel die vleis af en druk droog. Vryf die worcestersous en sout goed in die vleis. Plaas die vleis by die uiemengsel in die drukkoker. Voeg water,aftreksel, tiemie, roosmaryn en peperkorrels by. Sit die drukkoker se deksel op en laat 30 min lank kook op hoë druk. Verhit die oond tot 180ºC
Kook die aartappels, wortels,ertjies, gemmer,brandrissie en sout sowat 10min lank in die 400 ml water. Verwyder die brandrissie en gemmer en dreineer die groente hou eenkant.
Haal die vleis uit en trek van bene af!skep terug. Meng blatjang en suiker en roer by die vleismengsel. Laat 5min kook. Voeg die groente by en verwyder van die hitte. Klits die eiergeel goed en voeg asyn by . Roer by vleismengsel. Laat afkoel en skep in pasteibak
Kors
Sif meel, bakpoeier, sout, rooipeper saam. Vryf botter in. Voeg die helfte van die kaas by en meng. Meng die suurroom, eiers en melk saam en roer dit by die meelmengsel. Dit sal ‘n slap beslag wees. Giet die deeg oor die vleis en bak 30 min lank. Haal uit en strooi res van die kaas oor! Sprinkel pietersielie oor!!!
Ekt Myne net ‘n rukkie laat staan!! Baie Baie lekker! !!!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Resep uit Kokkedoor1 aangepas deur Benhet Nieuwenhuis