DOMINIQUE SE SKAAPBOUD TJOPS IN SOUS

tested

DOMINIQUE SE SKAAPBOUD TJOPS IN SOUS
My slagter sny skaapboud so in skywe van 2 cm dik
1 pakkie bacon blokkies (250 g per kg skaapboud)
1 – 2 gesnipperde uie
250 ml pakkie room
1 teelepel Portuguese chicken spice
chili / knoffel na smaak
sout na smaak
Maizena

In die pan op die stoof in druppeltjie olie, braai ek eers die pakkie bacon blokkies en die gesnipperde ui of twee as ek woema het vir sny. Dan voeg ek die tjops by en tjirrrr tot bruin, draai daarna die stoof bietjie af.
Meng intussen die room met ‘n teelepel Portuguese chicken spice en ekstra chili / knoffel na smaak. O ja, en sout as jy wil. Gooi sous oor vleis, roer bietjie dat die bacon praat met die room. Laat dit ‘n paar minute prut om in te verdik, of gebruik Maizena.
Werk ook lekker in die slowcooker en enige leftovers word meat pies wat ek vries vir ander dag later.

Resep: Dominique du Toit




SKAAP SKENKELS-LAMB SHANKS

skaap-skenkels-lamb-shankstested

SKAAP SKENKELS-LAMB SHANKS
4 lamb shanks
250 ml rooiwyn
roosmaryn
4 tamaties
3 uie, sout en peper
en 4 eetlepels bruin suiker

Sout en peper lamb shanks, en gooi meel oor, braai uie tot ligbruin en sit sit lamb shanks bo op, in n aparte pot kook wyn, roosmaryn,tamaties en suiker vir so 10 min. Gooi bo oor lamb shanks en sit in oond vir so 3 ure op 180 grade C met deksel op
BRON – Leandra van der Nest




LAMSBOUD IN PORT, APPELKOOSKONFYT EN KARRINGMELKSOUS

tested

LAMSBOUD IN PORT, APPELKOOSKONFYT EN KARRINGMELKSOUS
Middagete…. Lamsboud, Plat aartappels, Potgebraaide kool, Karamel Pampoen, en Basmati rys..
1 lamsboud (ontbeen en gevlek)
Fyn naeltjies
Grof gemaalde swart peper
Sout
Worcestersous speserye
Fyngekapte knoffel
Gekapte ui
Fyn gekapte roosmaryn
Meng roosmaryn en droë beatanddele. Smeer oor gevlekte boud. Strooi gekapte knoffel en uie oor. Rol boud toe en steek met sosatie stokke of tande stokkies vas. Doen dieselfde aan die buitekant van die boud. Maak ‘n mengsel van 1 koppie port, ½ koppie karringmelk en ¼ koppie fyn appelkooskonfyt aan. Sit boud in n pirex bak of casserole. Giet die port mengsel in die bak en oor die boud. Sit deksel op en bak teen 180ºC tot soos gaar soos verkies. Haal deksel af en bak tot bruin. Laat staan vir ‘n paar minute staan sodat sappe kan terug trek.

KARAMEL PAMPOEN
Ek braai eers die botter en suiker tot dit n ligte karamel kleur kry. Voeg dan ‘n klein bietjie water by, asook die pampoen, kaneel, ‘n bietjie sout en gouestroop of heuning. Kook tot ‘n lekker karamelsous vorm en voeg net ‘n klein bietjie koeksoda by. Kook goed deur.
NOTA:  ek het vars pampoen geskil. wanneer ek gevriesde pampoen gebruik, voeg ek geen water by nie..

Resepte en foto:  Petré Van Jaarsveld




RENE’S MUTTON BREYANI

RENES MUTTON BREYANItested
RENE’S MUTTON BREYANI
500 g mutton
1 onion
2 bay leaves
2 star aniseed
2 teaspoons whole aniseed
4 cloves
2 teaspoons tumeric
2 to 3 cinnamon sticks
Coriander leaves
2 tablespoons (more or less) breyani masala
2 teaspoons crushed chilli (depends on you)
2 teaspoons roasted masala (I use packo)
2 teaspoons fine cumin
2 teaspoons crushed garlic and ginger
Salt and pepper
Half pck Brown lentils
2 to 2 and half cups basmati rice

In a tablespoon of oil roast bay leaves, aniseed, cinnamon sticks, and cloves. Then add onion and garlic and ginger. Rince your mutton and add as you start smelling your spices. Season with salt and pepper and give a good stir. Then add breyani masala, chilli and half cup water. Let it cook a while until the meat softens continually adding water so it doesn’t burn. Turn down heat and simmer. In 2 separate pots cook lentils and basmati rice with the tumeric. Basmati takes about 10 to 15 minutes to cook then you can turn down the heat and put a lid on. It will steam and fluff up. When lentils are nice and soft then ad to mutton and simmer. I never strain my basmati rice. Once it’s fluffy and soft then I ad a nice big blob of butter and stir it in before mixing it with the meat. After mixing rice, mutton and lentils all together I lastly ad some course salt and pepper over the top as well as chopped coriander leaves.. that’s it. Some like it hot so a nice side mix of tomatoes and onions + 1 chilli all finely chopped and mixed with vinegar will do (sambal)
Delicious!! (ps. My method is my own so ask me if there’s any questions)

RECIPE AND PHOTO: Rene Johnson




LAM SHANK IN DIE PRUT POT

lamtested
Nou ja My Lam shank in die slow cooker en in n ysterpot op die stoof

LAM SHANK IN DIE PRUT POT
Opgesnyde Lam shank
Uie gebraai en uit gehaal. Die Lam shanks in die pot
Later toe gooi ek weer die uie by saam met Cocktail tamaties
Onthou geen water in die pot nie
Aartappels en mushrooms
Op die einde Room met n bruin sous poeier
Hier is twee borde en as jy lief is vir uie sny sommer klomp ru uie by.
My vrou se Baby Marrows maak die pot suur proe as dit oor gestaan het toe bak ek dit apart in die oond
Ek sal later my shank geniet

Bron en Foto: Koos Van Der Merwe




SKAAPSKENKELS EN GROENTE IN DIE OOND

skaapskenkels in die oond gebaktested

SKAAPSKENKELS EN GROENTE IN DIE OOND
Plaas Skaapskenkel, uie, aartappels en wortels gelyktydig in ysterpot.
Gegeur met sout, peper en vars roosmaryn.
Deksel opgesit en in oond gesit tot vleis begin braai.
Een skaap-ekstrakblokkie in een koppie kookwater opgelos en geleidelik soos nodig bygevoeg.
Ongeveer een en ‘n half uur gebak (of tot vleis sag is). Sous met souspoeier verdik voor opdiening.

FOTO EN RESEP:  Elza Kemp




GIDEON SE LAMSRIB POTJIE

gideon se lamsrib potjietested

GIDEON SE LAMSRIB POTJIE
1,5 kg lamsrib, opgesaag in groterige porsies
3 aartappels, medium groot in blokke gesny
2 uie, medium groot en gekerf
1 wortel, groot gekerf
1 t peper
1 e growwe sout
1 t chillie flakes
1/2 pakkie bruin uie soppoeier
600 ml water, ekt sommer oorskiet sodawater gebruik
Braai die vleis in ‘n klein bietjie olie op skerp kole vir omtrent ‘n uur
Voeg die uie by en braai nog 15 min.
Voeg die aartappels en wortel by asook ± 500-600 ml water en kook op medium kole vir ±2 ure.
Skep van die sous in die potjie ± ‘n halwe koppie en meng dit met die bruin uiesoppoeier en gooi oor die inhoud van die pot.
En laat prut vir nog 20-30 min en bedien saam met plastic rys dit is nou die losserige rys en geniet hmmmmmmm heerrlik !!!
Bron en foto: Gideon Louw




KOOS SE LAMSBREDIE

LAMSBREDIE KOOStested

KOOS SE LAMSBREDIE
So maak ek.
Vandag Lam Strew in my ysterpot op die stoof.
Uie gebraai tot glaserig en weer uit geskep.
Gesnyde Lams nek in die pot gebraai tot bruin en toe vir 30 minute laat kook/prit
Onthou mens gooi nie water by nie. Jy kook nie vleis in water nie daar is genoeg sappigheid in die vleis wat uitkook as jy dit op lae hitte kook.
Na 30 minte het ek Lam stew vleis bygegooi en die uie bo-op geskep
Toe kom die speserye
Sout
Peper
BBQ spice
Worcetersous spice(Droe korrels)
Koljander
Naeltjies
Nutmeg
Behalwe vir die sout werk ek al die speserye op 1 gram vir elke 1 kg vleis
Dan kook ek alles vir n uur en roer kort kort
Klein Cocktail tamaties in gesit so 15
Nou is die pot watering van die water in die tamatie
Na 30 minute 1 Pakkie Tamatie Pasta by gegooi
En die aartappels bo op gepak
Dan kook ek dit stadig tot die aartappels sag is
Onthou alles op lae hitte op my stoof plaat no 3
Meng 250 ml Vars room met worcetersous om die bleek kleur weg te vat en gooi die Room mengsel by en kook nog 15 minute.
Sit die plaat af en laat staan die pot tot jy nou voel jy is honger.
Hoe langer die pot staan hoe beter smaak die pot.
Vandag Rys, Tamtie/uie en Avo slaai en gebraaide fyn gesnyde soet wortels
FOTO EN RESEP:  Koos van der Merwe




DAVID’S LAMB SHANKS

DAVID’S LAMB SHANKStested

DAVID’S LAMB SHANKS
Saturday night’s dinner was lamb shanks – our butcher cut up 6 shanks into manageable sizes. I added 3 potatoes and left out the celery.
8 Lamb Shanks
2 Onions
2 Carrots (I used 4)
60 ml Oil
2 Celery Sticks (substituted 3 potatoes)
10 ml Rosemary
1 Cinnamon Stick (I used 1 tsp cinnamon)
750 ml Beef Stock (I used 3 Knorr stock containers diluted in 500ml water)
3 Cloves Garlic Crushed
2 Oranges Grated Rind
500 ml Red Wine
60 ml Brown Sugar
125 ml Balsamic Vinegar
200 ml Tomato Paste

Brown the lamb shanks in oil and place in a casserole dish.
Sauté the onion, carrots, celery, garlic, rosemary and cinnamon in some oil.
Add the grated orange rind, wine, stock, sugar, tomato paste and vinegar and pour over the shanks.
Cover and cook at 160°C for 3 hours.
Open and cook for a further 30 minutes – meat should be almost falling off the bone.
Remove shanks and boil the sauce to reduce to half the original amount.
I added 2tsp cumin to the onion mixture and at the 30 minute mark I removed half a cup of the liquid, mixed with gravy powder and mixed back into the pot. I added oreganum too. I reduced the wine quite a bit too before adding to the shanks. If you make a thicker gravy you can skip the last step in the recipe. I don’t like an overpowering wine taste so find it best to reduce before adding to food.

PHOTO – David Clingham




SKAAPBOUD IN DIE OOND OORNAG

skaapboud in die oond johanntestedboud_n

SKAAPBOUD IN DIE OOND OORNAG
1 skaapboud
3 knoffel bolle
2 suurlemoene
sout en peper
vars roosmaryn
2 koppies witwyn

Plaas boud in pan en sny oor vet gedeelte. Sny een knoffel bol in die helfte en vryf oor boud. Druk sap van 1 suurlemoen uit oor boud. Sout en peper na smaak. Gooi wyn in pan saam met oorblywende knoffel, suurlemoen en roosmaryn. Bedek met foelie en bak in oond oornag teen 100°C.
FOTO EN RESEP:  Johann Van Vuuren