JOHAN SE PERLEMOENGEREG


JOHAN SE PERLEMOENGEREG
1kg Perlemoen ontskulp
1 Ui fyn gerasper
Olyf olie
250ml Wit wyn / Sous waarin perlemoen gekook is
Sout en fyn peper
Neut ( knypie of twee )
Suurlemoensap
250ml Room

Kook die skoon gemaakte perlemoen in klein bietjie water tot sag. ( Die perlemoen maak sy eie sous ). Behou die sous.

Braai die gerasperde ui in die olie op matige hitte tot glanserig. Voeg die gemaalde perlemoen by en roer deur. Voeg sout en peper en die sous van die perlemoen by terwyl gedurig geroer word. Voeg nog sous of wyn by indien nodig. Voeg die neut by. Voeg suurlemoensap by en tot die verlangde “ suursmaak “ volgens keuse reg is. Voeg ten laaste die room by en roer deur terwuyl die perlemoen prut.

Bedien op rys met suurlemoen skyfies.

RESEP:  Johan Rossouw




HOW TO COOK OCTOPUS

HOW TO COOK OCTOPUS

You boil the octopus in a pot with boiling water, pinch of salt, 2xbayleaves whole, 2 x gloves of garlic, drop of olive oil and 1x whole onion …
Boil everything together for approximately an hour and a half … or until the onion is see through …
in the mean time you then make a fire …
Once the octopus is done boiling you transfer it to the fire and you braai it for abt 5 – 8 min…
take off the fire and cut In Strips and serve immediately…
sauce:
25ml of olive oil
10ml of vinegar
Garlic
Parsley
Mix the ingredients and pour over octopus when ready to serve

Hint: When you buy octopus it’s normally already cleaned …
what I do I just rinse it under the tap before I put in the boiling water …
PS: don’t pull the pink/purple skin off

Source and Photo: Oddette Lynne Gaio




GIDEON SE SWART MOSSELS IN KAASSOUS


GIDEON SE SWART MOSSELS IN KAASSOUS
Ek het vir ‘n voorgereg mossels in my slakkebakke gemaak en is heeeerlik!
12 uitgedopte swartmossels
1 eetlepel fyngekapte knoffel
1 teelepel aromat
3 eetlepels room
4 eetlepels witwyn
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas

Verhit alles in ‘n pan tot kookpunt, behalwe die mossels en kaas.
Voeg dan die mossels by en kook vir 7 min.
Haal dan mossels uit en plaas in die slakkebak se holtes gooi die sous wat in die pan is oor die mossels en vul sodoende die holtes.
Strooi gerasperde Mozzerella kaas bo-oor en verhit onder grill vir 5 tot 7 min.
Geniet die sous wat oorbly met ‘n strukkie brood.
Hmmmmmmm djeerlik!

RESEP EN FOTO: Gideon Louw




PRAWNS, SQUIGLY POPS IN SUURLEMOEN BOTTER SOUS EN GEEL RYS.

PRAWNS, SQUIGLY POPS IN SUURLEMOEN BOTTER SOUS EN GEEL RYS.
Prawns
Prawns, derms en koppe afgehaal
Robertsons louisiana spice blend
Spillers peri peri olie
Suurlemoen botter sous(Food lovers recipe se resep)
Knoffel
Gooi olie in pan
Voeg prawns by en geur met robertsons speserye en knoffel.
Braai tot prawns gaar is. So ongeveer 4-5 minute. Gooi van die suurlemoen botter sous oor die prawns, meng goed deur en bedien met geelrys of chips.
Squigly pops
Kalamari koppe en tentakels
Maizena
Meel
Sout
Peper
Olie vir diepbraai
Geur meel en maizena met sout en peper.
Gooi oor kalamari en meng goed deur sodat als bedek is met meelmengsel
Braai in matig warm olie tot goudbruin

Bron: Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen




MINI SEEKOS PASTEIE

MINI SEEKOS PASTEIE

250g gemengde seekos
1 gekapte ui
Gekapte knoffel na smaak
2 eetlepels mayonaise
Rol puff pastry
Braai alles saam
Plaas in bakkies
Bak vir 22min @ 200°C

Resep en foto: Cecil Dunhin




SPEKKO RYS SUSHI KOEK

SPEKKO RYS SUSHI KOEK
500 ml Spekko Royal Umbrella Jasmine rys
1 liter water
sout na smaak
60 ml rys-asyn
15 ml strooisuiker
2 nori-velle, gesny om in ’n ronde koekpan van 15 cm te pas
125 ml mayonnaise
25 ml wasabi-pasta
200 g salm-sashimi, dun gesny
1 ferm avokado, in skywe gesny
30 ml gemengde wit en swart sesamsade
1 komkommer, in linte gesny
8 – 12 steurgarnale, skoongemaak en liggies gaargestoom

Kook die rys in die gesoute water volgens die aanwysings op die pak
Haal van die plaat af en sit eenkant om af te koel.
Sprei die rys uit oor die bodem van ’n groot, plat bak.
Meng die asyn en die suiker en giet oor die rys.
Gebruik ’n groot slaplemmes om die rys te sny en verwyder enige klonte.
Laat die rys verder afkoel tot kamertemperatuur.
Deel dan die rys in twee gelyke dele.
Skep die een helfte van die rys in ’n ronde koekpan van 20 cm wat met kleefplastiek uitgevoer is en druk vas.
Sit die eerste nori-sirkel bo-op (daar sal reg rondom 2,5 cm oop wees na die kante van die pan).
Meng die mayonnaise en die wasabi. Smeer die helfte hiervan oor die nori-sirkel op die ryskoek.
Pak nou ’n laag salm en avokado.
Plaas die ander helfte van die rys bo-op en druk weer vas.
Plaas die tweede nori-sirkel bo-op.
Verkoel voor opdiening.
Om op te dien:
Keer die koek uit op ’n opdienbord.
Smeer die ander helfte van die wasabi-mayonnaise op die koek en strooi die sesamsade bo-oor.
Garneer met komkommer-rose en steurgarnale.
Sny met ’n baie skerp mes en sit voor.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen




RHOAN SE GARNAALSTERTE OP DIE KOLE


RHOAN SE GARNAALSTERTE OP DIE KOLE
Geur die garnale met Knoffel, sout, growwe swart peper, chilli flake en gedroogde pietersielie na smaak en bedruip met vars suurlemoensap..
Braai oor matige kole vir ongeveer 4 minute op die dop en bedruip dan met ‘n suurlemoen-bottersous.

Bron en foto: Rhoan de Villiers
CREAMY LEMON BUTTER SAUCE
This rich, creamy lemon sauce is delicious served with fish. You can also add other spices to it for extra flavour such as garlic or mixed fish spice.
Ingredients
125ml (1/2 cup) thickened cream
20g butter (if you are using unsalted butter, add salt to taste)
1 1/2 tablespoons (30ml) fresh lemon juice
1 tablespoon finely chopped parsley
Method
Step 1
Heat cream to just below boiling point, do not boil
Step 2
Add butter, lemon juice and parsley and stir until butter is melted and mixture is smooth.
Step 3
If the sauce is a little thin, simmer, stirring constantly, until it reaches the desired consistency.
Step 4
If the sauce is too thick and/or separated, add a little water (one teaspoon at a time) and stir or whisk vigorously until sauce is fixed. Serve immediately.

source: Ocean Basket
http://www.blogmarketsell.com/ocean-basket-creamy-lemon-butter-sauce/




LANA SE KNOFFELSLAKKE


LANA SE KNOFFELSLAKKE

1 blikkie slakke
knoffel en botter
Ssuurlemoensap, na smaak
knypie sout en swart peper
room of melk
Cheddar en Mozzarella kaas

Braai slakke in knoffel en botter.
Voeg dan al die ander bestanddele by behalwe kaas.
Laaste sit kaas bo-oor en bak tot kaas gesmelt is en geniet met ‘n broodjie.

Bron en foto: Lana Veltman




MOSSEL SUURLEMOEN KNOFFEL ROOM SOUS

MOSSEL SUURLEMOEN KNOFFEL ROOM SOUS

Sous
500 g margarien (enige)
500 ml melk
100 g knoffel stukkies (crushed)
50 g Aromat
30 g pietersielie
80 ml suurlemoensap

Voeg al die bogenoemde bestanddele bymekaar in ‘n kastrol en verhit oor medium hitte tot margarien gesmelt is
Voeg 1 liter room by en verdik met kokemeelblom na voorkeur van dikte van die sous.

*Ek het ongeveer 120 ml koekmeel gebruik want ons hou van n dikkerige sousie.
‘n inkopieplastiek vol… ± 3 kg plus mossels.
Mossels is precooked so ek het net verhit met kookwater vir ‘n paar minute in ‘n bak en gedreineer.
Pak op bordjie en skep sousie oor.
Resep en foto verskaf: Adele Lintvelt Grobler
Resep bron: Onbekend




KREEFPOT

KREEFPOT

Vir tien mense het jy so 20 kreefsterte nodig, onthou om die dermpie vooraf te verwyder.
Ek braai dan 2 fyngekapte uie en knoffel na smaak in ’n bietjie olie totdat dit lekker deurskyn.
Dan kap ek 3 tamaties en so ¼ stukkie soetrissie baie fyn (ek gebruik geel soetrissie vir delikate geur) en braai dit saam met die uie vir nog ’n paar minute.
Geur nou die tamatiemengsel met die volgende:
1 teelepel droë koljander
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel borrie
1 teelepel kerrie
1 teelepel fyn droë rissie
2 eetlepels suiker
1 eetlepel suurlemoensap
Laat dit stadig prut vir 5 minute. Voeg die kreefsterte met 2 blikke klappermelk by en laat prut vir nog 10 minute. Garneer met fyngekapte vars koljander. Ek gebruik pietersielie.
Ons hou van kerriekreef saam met geurige wit Basmatiese rys, maar dit lyk en smaak ook wonderlik saam met mini-poppadums
Ek het die resep gebruik behalwe ons het 13 kreef sterte gebruik plus die poote ook ingesit.
Nota:
Ek nie mal daaroor as goed te ryk is nie so het net 1 blik coconut milk en 1 blik wit wyn gebruik.

Resep en foto:  Rozetta Dalaen Muller