JOHAN’S PRAWN CURRY


JOHAN’S PRAWN CURRY
How awesome is it to return from an extended business trip abroad and returning to my own kitchen. Unfortunately the weather is so cold which was surprising to me for October 2017 and therefor Prawn curry on the menu seems to be the answer with a great DVD movie and just chill with a glass of wine and appreciate what we have and see it all as a blessing. Blessings comes in the form of a stove, shopping centre with goods you understand and the thought that you arrived HOME and HOME IS WHERE THE HEART IS. This is an expensive dish but worth every penny in South Africa after paying Euro 3 euro for an onion then this is a breeze. Lets get cooking.
La Maison de Ville Guest House guests love this prawns curry .

First of all pour yourself a glass of wine. Cooking is an emotional
Experience 😳🍷😊

625 g prawns ( big SPAR sells deveined )  Take the skin off
1 ½ cups peas ( I use frozen )
1 x 400 ml can coconut milk
½ tin coconut cream ( shake well before you use it)
3 tablespoons oil ( I use Coconut oil)
3 onions finely chopped
6 garlic cloves, finely chopped
4 teaspoons paprika
3 teaspoons cayenne Pepper or more
3 teaspoons turmeric
3 teaspoons Mild Curry powder (I use chicken Masala powder)
3 teaspoons coriander
4 teaspoons mustard or musterd seeds
2 teaspoons chilli seeds (optional)
3 lemons juiced
salt and pepper to taste
Parsley finely chopped
Fry the onions until transparent.
Add all the spices and garlic and cook for about 5 minutes.
There are two.
Ways of doing this. The one is to add the prawns and lemon juice , cover and let is stand until your guests arrive . Lets call it marinating the prawns. When guests arrive add the peas and the cocnut milk and cream and let it simmer for 10 min. Serve with rice.
Or
Stir to coat the prawns spices, and onion mix. When your guests arrive and you are about to serve dinner then add the peas and add the coconut milk and cream, season with salt and pepper to taste.
Cover and leave to simmer for 5-10 minutes.
Add the parsley finely chopped just before serving . Do not cook the parsley with the dish . Serve with rice, or couscous.
Your feedback will be appreciated.
Photo and recipe:  Johan de Villiers Swanepoel.




MOSSELS 3 MANIERE

MOSSELS 3 MANIERE

Ek het vars mossels gaan pluk hulle goed skoon gemaak, die baard gepluk en toe oop gestoom.
Ek het die eerste 1 net so in crushed ys bedien. Hulle word yskoud en is heerlik sommer net so.

Nr 2 het ek die mossels uit die skulpie uitgehaal en op ‘n stokkie geryg en gebraai oor die kole vir so 10 min met mayonaise en pietersielie gemeng.

Nr 3 het ek Gideon Louw se resepie net so bietjie aangepas en dit was heerlik!!!!!!!!!!!!!!
http://www.foodloversrecipes.com/2014/11/spek-en-mossels-sosaties/

Ek het slegs sy sous gedeelte gebruik van sy resep
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap en ‘n handvol pietersielie
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter (ek het net 60 ml gebruik)
’n halwe koppie room (ek het hierdie uitgelos)
sout en peper
Braai ui en knoffel saam en voeg botter by om te smelt en ‘n handvol fyn pietersielie en sout en peper.
Draai mossels toe in bacon en ryg op ‘n stokkie. Ek het 1 met bacon en dan 1 sonder bacon op geryg.
Braai oor die kole en smeer die sous kort kort oor.

Foto: Benhet Nieuwenhuis




ROMERIGE MOSSELSBROODJIES

ROMERIGE MOSSELSBROODJIES
Genoeg vir 4 mense
2 blikke (85 g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 koppie) Cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ koppie) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise.
Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
Sit dadelik voor saam met slaai.
Ek het net die uie uit gelos en dit vervang met knoffel. So teelepel. Bietjie sout en peper bysit.
Resep en foto geplaas deur Marika Tegmann




VOORBEREIDING VAN VARS MOSSELS

VOORBEREIDING VAN VARS MOSSELS
Ek pluk die mossels en hou in soutwater tot by die huis. Dan gooi ek hul vir 20 min in vars water wat hul irriteer en veroorsaak dat hul meeste van die sand binne in uitwerp. Trek dan die baardjie vanaf die platkant na die “skanierkant” uit. Kook dan in gewone water tot hul begin oopgaan. Verwyder die leë helfte van die dop. Sit in plastiek sakkies en in die vrieskas. Haal dan uit as jy braai vir n lekker voorgereg. Plaas nog gevries op kole en gooi n knoffel suurlemoen en botter sousie oor. My sous het natuurlik altyd tabasco by vir n lekker bytjie…
Wenk gepos deur Christo Schmidt
Foto: Christo Schmidt

Hannes Smith
As dit Weskus mossels is moet jy eers seker maak of daar nie rooigety in die betrokke waters is nie. Bel seevisserye. Gooi die mossels in `n emmer skoon water vir `n ruklank sodat hulle van die ergste sand kan uitskei. Trek of sny die baardjie langs die skulp af en borsel skoon met `n harde borsel. Ek verkies om seekos te stoom en nie te kook nie. Sit `n paar klippe in `n `n groot emmer en gooi net genoeg water verkieslik seewater om die klippe te bedek, bring tot kookpunt en sit die mossels in. Stoom totdat hulle oopgaan en sit dan in koue water. Gooi mossels wat nie oopgegaan het nie weg. Die mooi skoon en gaar mossels kan nou met die knoffelsousie of ander lekker sousie selfs effe kerrie sousie in `n pan geprut word. Moenie `n lekker mossel sop miskyk nie dis heerlik




ADAM SE KERRIE SEEKOS VULSEL VIR VETKOEK

ADAM SE KERRIE SEEKOS VULSEL VIR VETKOEK
700 g gemengde seekos (gevries)
1 opgekapte ui
2 teelepels Kerrie (sterkte en soort van jou keuse)
1 teelepel cumin poeier
2 eetlepels vrugte blatjang
sout na smaak
Ontdooi die seekos en laat goed dreineer. Braai die uie in ‘n klein bietjie olie tot dit begin verkleur. Voeg die seekos by en roer goed deurmekaar. Voeg die Kerrie, cumin blatjang en sout by en roerbraai vir ongeveer 10 minute.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.




RIANA SE LEKKER MOSSELPOTJIE

RIANA SE LEKKER MOSSELPOTJIE
250 ml Dewfresh room
1 groot ui, fyn gekap
30 g botter
15 g vars pietersielie, fyn gekap
4 knoffeltone, fyn gekap
2 cm gemmer, fyn gerasper
sap van 1 suurlemoen
100 g vinkel, fyn gekap
15 ml botter
sout en peper
1.2 kg mossels
250 ml witwyn
800 ml rys, gaar gekook
80 g geroosterde neute
handvol gekapte pietersielie
15 ml Willow Creek basiliekruid gegeurde olyfolie
Begin met die sous:
Braai die uie, knoffel, gemmer en pietersielie in botter. Gooi die room by en laat kook vir ‘n paar minute. Geur met sout, peper en suurlemoensap.
Braai intussen die vinkel in botter saam met sout en peper vir so 5 minute. Verwyder van die plaat en plaas eenkant.
Stoom die mossels in die witwyn vir 4 minute en voeg dit by die roommengsel saam met die vinkel.
Braai die rys saam met die neute en pietersielie in olie vir ‘n paar minute.
Bedien met mossels bo-op die rys en vars pietersielie bo-op.
Resep geplaas deur Riana Havenga




NICO SE CALAMARI PAELLA MET APPELKOOSKONFYT EN SAFFRAAN

NICO SE CALAMARI PAELLA MET APPELKOOSKONFYT EN SAFFRAAN
500 g calamari ringe
500 g graatlose vis
½ sak bevrore broccoli en blomkool
5 stokke gekerfde seldery
1 koppie sheba
2 teelepel gekapte knoffel
‘n knippie saffraan
125 ml fyn appelkooskonfyt
2 teelepels kerrie
1 teelepel paprika
½ teelepel komyn
3 teelepels sout
1 teelepel swart peper
1 blokkie hoender- of visekstrak
1 houertjie jogurt
Meng alles saam en kook stadig in een koppie water vir 10 min. (Dis gaar sodra die vis of bromkool sag is.) Verdik sousie met meel indien nodig.
Resep geplaas deur Nico Conradie
Foto: Nico Conradie




CREAMY GARLIC PRAWNS WITH FETTUCCINE PASTA


CREAMY GARLIC PRAWNS WITH FETTUCCINE PASTA
1.5 kg prawns or shrimps
2 tablespoons oil
1 head garlic, crushed
1 handful of chives, chopped
125 g butter
600 ml cream
½ -1  tablespoon curry powder
salt and pepper

Add oil to pan, heat up and add the prawns.
Add salt and pepper. Fry quickly until cooked, remove and set aside.
Add butter to pan and crushed garlic and chives.
Once fragrant add cream, salt and curry.
Bring to the boil and return prawns.
Simmer for 10 min.
Add on top of pasta.
Recipe and photo’s:  Di Bo
FOTO:  Ivan van der Walt




ANGELA SE GEMENGDE SEEKOS GEREG

ANGELA SE GEMENGDE SEEKOS GEREG
1 pak van elk (ongeveer 100g elk)
calamari steaks
krap gegeurde stokkies
halfskulp mossels
Plaas bietjie botter,vars knoffel en vis speserye in ‘n pan
Sny kalamari steaks in Klein blokkies en braai vinnig in die botter. Sny dan die krapstokkies ook by en pak die halfskulp mossels bo-op.
Gooi ‘n halwe koppie witwyn in en sit deksel op totdat die sousie kook. Ek krummel ‘n lekker Groot stuk pepperfeta en gerasperde Gouda ook in. Maak die wynsousie bietjie romeriger en dikker.
Ek sit dit saam met vars slaaiblare en vars selderyblaartjies voor. Broodtjie gedoop in die sousie is hemels!!
Resep geplaas deur Angela Verreynne
Foto: Angela Verreynne




JENNIFER’S CHAKALAKA PRAWNS

JENNIFERS CHAKALAKA PRAWNS
500 grams prawns. Fried with garlic powder, chicken spice, salt and pepper.
When nearly cooked, add 1 tin hot Chakalaka and ½ cup double cream. Heat through.
Add Corriander leaves to add flavour. Serve with fresh bread.
Source and photo: Jennifer Weir