CREAMY MUSSELS WITH SMOKED CHICKEN

CREAMY MUSSELS WITH SMOKED CHICKEN
1 bag of half shell mussels
1 onion, chopped
1 tablespoon crushed garlic
1 teaspoon dry thyme
2 tablespoon rosemary
2 tablespoon olive oil
1 tub fresh cream
1 packet white onion soup powder
2 cups milk
2 smoked chicken fillets,cut up
Salt and Pepper to taste
Chopped parsley

In a big hot pot on the stove add olive oil to warm up, add onions, garlic,rosemary and thyme till soft now add cream and let cook for 5 to 10 minutes.
Mix together the milk and soup powder then add to cream mixture.
Let it cook for 5 to 7 minutes. Rinse the mussels and add to the creamy mixture.
Add the smoked chicken pieces and cook for 8 to 10 minutes. Season with pepper and salt to taste. Dish up and add parsley for garnish.
Photo: Denzel Koenana




GIDEON SE RUGBY MOSSELS


GIDEON SE RUGBY MOSSELS
20 skoon mossels met een kant van die dop
2 eetlepels fyn knoffel
1 teelepel aromat
1 koppie witwyn
200 ml room
1 koppie chedder kaas
‘n bietjie mossarella kaas vir die lekkerte

Verhit alles behalwe die mossels en kaas saam tot kookpunt. Voeg die mossels by en laat prut vir agt minute. Pak die mossels in ‘n oondpan wat uitgevoer is met foelie met die oopkant na bo. Gooi die orige sous alles oor die mossels. Strooi die gerasperde kaas bo-oor. Plaas onder die rooster in die oond vir ‘n paar minute tot die kaas lekker bruin is.
Geniet dit saam met mootjies brood wat in die sous gedoop word wat oorbly.
Foto en resep: Gideon Louw




CALAMARI IN KRUMMELKORS

CALAMARI IN KRUMMELKORS
Ontdooi die skywe calamari oornag in die yskas in plastiek sakkie op ‘n bord of by kamer temperatuur vir 2 tot 3 ure. Spoel af en maak droog met kombuis papier.
Vir hierdie hoeveelhede het ek 4 calamari skywe gehad.
Berei 3 bakke met die volgende bestanddele in volgorde van gebruik:
1 koppie Koekmeel gemeng met 1 eetlepel Suurlemoen en Peper speserye of van jou keuse.
1 eier gemeng met 2 eetlepels ongegeurde jogurt en 3 eetlepels suurlemoensap.
1 koppie fyn droë broodkrummels (ek koop sommer by die bakkery afdeling en hou in my vrieskas).

Druk nou elke skyf calamari in die meel gevolg met eier mengsel en dan die krummels en sit op ‘n droë bord. Sit in die yskas vir ten minste halfuur voordat dit in medium hitte sonneblom olie gepanbraai word. Calamari word baie gou gaar so net 2 minute per kant behoort lank genoeg te wees.
Nota: as jy genoeg tyd het kan jy die ontdooide calamari vir 12 ure in genoeg karringmelk laat marineer, dit sal nog sagter wees.
Bedien met enige bykos van jou keuse. Ek het met ‘n pittige rys en romerige suurlemoen botter en kappertjiesaad sous bedien.

KAPPERTJIESAAD SOUS
50 ml melk
5 ml mielieblom
15 ml botter
15 ml suurlemoensap
1 teelepel gebottelde Klein kappertjiesaadjies gedreineer

Roer die mielieblom in die melk in klein bekertjie tot glad en maak warm in mikrogolf tot begin verdik. Roer die botter by terwyl warm en voeg die suurlemoensap en kappertjiesaad by. Maak net weer effens warm voor opdiening.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton




GIDEON SE KREEFSTERTE

GIDEON SE KREEFSTERTE
Ek’t ‘n paar krefies bekom en vir ons ‘n kreefkelkie gemaak en was djeeeerlik!
5 gaar kreefsterte, skoongemaak en in blokkies gesny
3 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel sweet chillie sous
1 eetlepel worcestersous
1 eetlepel suiker
1 klein ui, fyngekap
1 klein tamatie, in stukkies gekerf
bietjie sout en peper, na smaak
‘n paar blare vir garnering

Sny die kreef in die middel deur en haal die kis gedeelte uit en maak die dop skoon binne in.
Meng dan alle bogenoemde bestanddele en vul die dop daarmee en garneer met blare.
Byt dan die beentjies wat aan die karkas is oop en suig die heerlike vleisies uit nadat die heerlike filling op geëet is
Hmmmmmmmmm
Nota van Gideon Louw
Die kreef is klaar gaar.
En elke ou soen maar sy vrou op sy eie manier, my manier is om die kreef gaar te stoom.
Ek plaas ‘n stuk sifdraad binne my groot swartpot waarop ek die rou krewe pak met ‘n bietjie water in die pot om stoom te kan maak.
Die water word eers vooraf gekook en dan sodra dit kook pak ek die krewe op die sif maw die krewe is nie gefompel in die water nie, sodra die water dan begin stoom as die krewe in gepak is stoom ek dit dan vir 10 tot 15 min, haal dan uit en bedek met ‘n sopnat handoeklap tot dit afgekoel is, dit voorkom dat jou kreef uitdroog.
Baaaie mense se jy moet sout of seewater gebruik maar dit maak nie vir my sin soos in my geval nie want stoom is tog maar suiwer water en die sout bly dus agter sodra jy dit begin stoom.
Foto en Resep: Gideon Louw
2de foto:  Ekt vir my en vroulief n lekker namiddag kelkie gemaak met kreefstertjies.
In plaas van ‘n kreefkarkas soos in die resep het ek rooispinasieblare ( blare het ‘n rooierige kleur ) gebruik om die bakkies mee uit te voer.




BLOUKAAS MOSSELSOP


BLOUKAAS MOSSELSOP
500 g mossels
sprietuie
1 koppie room
1 blok Bloukaas
1 teelepel knoffel

Braai uie en knoffel saam in botter en voeg mossels by braai nog 10 min.
Voeg room en bloukaas by en kook tot dik.

Ek het hier bygevoeg en gekook tot dik:
1 koppie water
1 teelepel vis speserye
pietersielie

Bedien met knoffel broodjie.

Ek was verbaas verby … DIS HEERLIK!!!!!!
Resep: Adriaan du Preez
Foto: Benhet Nieuwenhuis




SHRIMPSLAAI

SHRIMPSLAAI
So warm by ons, slaai op sy beste.
240 gram skoongemaakte shrimps (en in botter met suurlemoen gebraai)
1 klein pynappel (stronk verwyder en in klein blokkies gesny)
klompie druiwe korrels
1 blikkie manderyn segmente (water afgegooi)
1 groot kop botter slaai (butter lettuce)
2 eetlepels mayonaise
3 eetlepels vars room
1 teelepel suiker (bruin)
Sout vars gemaalde peper na smaak

Pak slaai mooi oop onder in bakkie.
Dan pynappel en manderyn segmente.
Dan druiwe korrels, meng mayo, room, sout peper en suiker saam, voeg shrimps by en skep op slaai bed. Tussen my en manlief het ons als klaar gemaak.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk




MICHELLE SE GEVULDE CALAMARI

MICHELLE SE GEVULDE CALAMARI
150 g spek stukkies
125 g garnale
3 eetlepels sprietui roomkaas
¼ koppie heelpit mielies

Maak die spek en garnale gaar soos jy daarvan hou. Meng alle gaar bestanddele saam en vul calamari buise. Plaas in ‘n oondbak en bak teen 180 °C vir so 40 minute. Draai elke nou en dan sodat dit nie uitdroog nie.
Bedien saam geroosterde Portuguese rolletjies wat met basilie pesto gesmeer is, en geroosterde kersie tamaties en bietjie gouda kaas bo-oor gerasper.

RESEP EN FOTO: Michelle Pieterse




SWARTMOSSELS OP DIE KOLE

SWARTMOSSELS OP DIE KOLE
20 skoongemaakte swartmossels, een dop verwyder
1 rooi brandrissie, fyngekap met pitte en al
100 g gekapte dunnerige gebraaide kaaswors
sap van een suurlemoen
3 huisies vars fyngekapte knoffel
½ koppie olyfolie
½ koppie tamatiesous (selfgemaak)
1 eetlepel gelykvol paprika
½ koppie gekapte pietersielie

Meng alle bestanddele behalwe die mossels, wors en pietersielie.
Pak mossels met skulpkant onder in plat bak.
Giet gemengde sous in elke skulp ‘n bietjie en giet res bo-oor en laat staan vir ‘n halfuur.
Braai mossels op matige kole vir 8 – 10 min en giet orige sous bietjie vir bietjie oor mossels terwyl jy braai.
Sprinkel gebraaide worsie stukkies oor mossels asook die pietersielie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




GEROOKTE MOSSELS

GEROOKTE MOSSELS
Ek het vandag mossels gaan pluk en hulle toe gerook. Heerlik
Pluk mossels op die rotse
Was en pluk baard.
Stoom tot oop gaan.
Voer ‘n kastrol uit met foelie, sprinkel saagsels op die foelie
Plaas ‘n draad rakkie in die pot en pak vol mossels.
Sit op lae vlam gas en laat rook vir 10min.
HEERLIK
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Foto 1 – net voor rook
Foto 2 – In proses
Foto 3 – Mossels klaar gerook.




SUURLEMOEN EN MINT PRAWN SOSATIES

SUURLEMOEN EN MINT PRAWN SOSATIES
prawn sterte
1 suurlemoen se sap en zest
1 teelepel lemongrass poeier
vars mint blare
coconut olie

Meng alles saam en marineer vir 3 ure.
Ontskil en ryg in stokkies in.
Braai op ‘n warm pan tot gaar in coconut olie.
Bedien met rys.
Foto en resep:  Cecil Dunhin