OESTERS IN KOLJANDERSOUS

OESTERS IN KOLJANDERSOUS
Koljander sous
1/3 rooi rissie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
2 eetlepels strooisuiker
1 eetlepel vars koljander gekap
3 eetlepels rysasyn
1 teelepel sojasous
½ teelepel sesam-olie
½ teelepel olyfolie

Wasabi-komkommer
½ teelepel wasabipasta
1 eetlepel rysasyn
1 eetlepel strooisuiker
1 klein komkommer, in linte gesny
1 eeetlepel gepekelde gemmer, in repies gesny
12 oesters, oopgemaak

Vir die koljandersous, meng al die bestanddele saam.
Vir die wasabikomkommer, meng die wasabi, rys asyn en strooisuiker. Giet oor die komkommerlinte en laat staan 5 minute. Plaas die gepekelde gemmer en wasabikomkommer op elke oester. Giet koljandersous oor.

Weet nie waar kom ek aan die resep nie maar dit is baie lekker!!

 




INGELEGTE MOSSELS

tested

INGELEGTE MOSSELS

375 ml olyfolie
250 ml witasyn
50 ml suiker
5 heel naeltjies
3 lourierblare
12 swart peperkorrels
1 medium opgekapte ui

Kook saam vir 12-15 minute
Verwyder naeltjies en lourierblare
In aparte kastrol met 250 ml kokende water en 20 ml sout gooi jy 500gram mossels en kook vir 3 minute
Voeg dan die mengsel van die eerste kastrol by die kokende mossels en kook net deur.
Le in terwyl dit nog warm is en verseel..

BRON: Anton Welman




SLAKKE EN ROOMGEREG


SLAKKE EN ROOMGEREG
2 blikkies slakke in pekelwater
1 groot ui, gekerf
100 ml Ultraroom
250 g sampioene
sout
Aromat
vars gekapte knoffel na smaak
1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene en knoffel geur) aangemaak soos op pakkie aangedui.

Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter. Spoel slakke BAIE GOED af in vars water. Meng slakke met uie en sampioene in braaipan. Voeg aangemaakte Pasta Sauce en room by. Voeg Aromat en sout na smaak by. Braai alles saam vir ±15 minute. Bedien met bruin brood.

Foto:  Ronell Visser Gouws
Kon nie Pasta Sous op ons dorp kry, toe vat ek gewone Kaassous met Sampioene en lekker peper. Dit was voortreflik.




SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS

SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS
1 ui gekap
1 bakkie vars sampioene
vars knoffel na smaak
1 pakkie paste sous (kaas knoffel en sampioene
1 pakkie (garlic and herb patato bake)
gerasperde cheddar kaas
250 ml room
250 ml water
250 ml melk
peper en aromat
Braai uie, knoffel en gesnyde sampioene in botter, meng room, melk, water met pakkies souse.
Voeg by sampioene, voeg slakke en kaas by, prut stadig vir 10 min. As sous te dik is, vedun met melk. Kan ook vir mossels gebruik word.




KRUIE MOSSELS

KRUIE MOSSELS
50 vars, swart mossels
15 ml botter
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml grof gekapte pietersielie
5 ml gedroogde basiliekruid
5 ml gedroogde oreganum
250 ml witwyn
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
vars, gekapte pietersielie vir garnering

Week die mossels 30 minute lank in vars, koue water. Gooi mossels weg wat oop is. Skrop die skulpe skoon en trek die baard af. Verhit die botter en soteer die ui en knoffel daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die pietersielie, basiliekruid, oreganum, wyn, sout en peper by en laat dit prut vir 4 minute lank. Voeg die skoongemaakte mossels by, bedek dit en laat dit nog 5 minute lank prut totdat die mossels oopgaan. Gooi mossels wat nie oopgaan nie, weg. Strooi die gekapte pietersielie oor en dien dit op.




SEEKOS POTJIE


SEEKOS POTJIE
Hou vis se kort gaarmaaktyd ingedagte en dat dit bederf word deur dit oorgaar te maak. Sorg dat die kole laag bly en moet nooit toelaat dat die inhou van die potjie vinnig kook nie.

30 ml botter
300 g calamari ringe
1 rooi- en 1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny
varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ½ koppies rou wit of bruin rys
750 ml vis of hoender aftreksel
1 kg visfilette, in porsies gesny
300 g knopiessampioene, in skywe gesny
2 ml droe origanum
400 g mossels in skulpe
30 ml olyfolie
2 groot uie gekap
3 knoffelhuisies gekneus
5 ml sout
5 ml paprika
250 ml bier
2 ml borrie
500 g garnale, onthaar en afgedop
250 g ertjies
2 ml droe gemengde kruie

Verhit die botter en olie in ‘n gietyster pot en soteer die calamari sowat 2 min totdat dit ondeursigtig is. Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas die uie, soetrissies en knoffel in die pot en soteer tot die uie deurskynend is. Geur met sout, peper en paprika. Roer die rys by. Verhit die aftreksel, bier en borrie. Pak die visporsies, calamari, garnale en sampioene in lae op die bestanddele in die pot en giet die verhitte vloeistof oor. Sit die deksel op en laat omtrent 30-45 min of tot die rys gaar is, stadig prut. Voeg ertjies, origanum en gemengde kruie by en sit weer die deksel op. Laat prut nog 5-10min.

 

 




MOSSELRYS


MOSSELRYS
Vir die wat van Gansbaai se wereld af kom, ken sekerlik vir Anna Smal en weet hoe lekker seekosse sy kan maak. Hierdie is ‘n resep wat ek jare terug by haar gekry het en wat gereeld op ons tafel beland.  Ons hou dit as ‘n hoofgereg, met lekker vars broodrolletjies (of ‘n vars Franse brood) en met ‘n lekker bottel wyn en voila! En soos my man altyd sê: “ons is ge-fix!”
2 pakke spek, in stukkies gesny
1 groen soetrissie, stukkies gesny
1 groot ui, gekap
1 teelepel hoogvol vars knoffel
Braai alles saam in klein bietjie margarien of olie.

Voeg die volgende by : –
5 koppies gaar rys
2 teelepels hoogvol gekapte pietersielie
2 blikkies gerookte mossels en sous
grofgemaalde swart peper na smaak

Gooi in oondskottel en voeg 2 koppies grofgerasperde kaas by.
Sit in warm oond tot kaas gesmelt het.
Roer goed deur en dien op.
Vir garnering kan jy so ‘n paar gaar mossels (met dop) bo-op sit.
Ideaal vir ‘n ligte ete of as bykos by visgeregte.
Geplaas deur Lorraine Weitz Brand