PAELLA MET NET GARNALE EN SPEK

2013-08-10-paelametnetgarnaleenspek

PAELLA MET NET GARNALE EN SPEK
Genoeg basmati rys vir hoeveel mense jy moet kos gee ek gebruik so koppie per 2 of 3 persone,
Kook dit met “chicken stock” blokkie 1 blokkie per 2 koppies rys.
Die water moet kook en ek skat altyd 2 kppies water per koppie rys, kook dit vir 5 min en draai dan die stoof op laag vir nog 10 min,
Roer as al die water weg is en laat staan om verder gaar te stoom met deksel op en roer so elke nou en dan om alles goed los te kry laat staan tot heeeltemal koud.

Bak in ‘n pan ‘n pakkie “baconbits” en gesnyde uie tot lekker krispy.
Bak nou 2 gepersde knoffelhuisies met bietjie ektra botter en voeg die gevriesde of vars klein garnale in.
Giet suurlemoen sap oor tot garnale mooi gaar is, haal uit en los een kant, giet weer bietjie suurlemoensap oor en vars gesnyde pietersielie.

Sit nou bietjie botter in en braai gesnyde green of red pepper, gesnyde wortels, mielies en as begin droog word, sit die grof gesnyde sampoiene in en braai tot alles amper gaar is.
Sit nou die spek en garnale by die groente en meng die rys liggies deur dat alles lekker goed gemeng is.

Ek hou dit in my “cast iron” pot en sit net ‘n klein bietjie water in, laat hom stadig opwarm deur stoom, so moenie baie water in sit nie, want dan gaan jou rys plakkerig word.

Of skep alles in ‘n oond bak en verwarm alles op so 180ºC met folie oor vir so 30min.
Sit voor met ‘n lekker slaai en vissous die swart soysous.
Mens kan ook bietjie peri peri by sit by die stadium waar jy die spek, uie en garnale braai met suurlemoensap, knoffel en boter.
Voeg extra sout en peper by voordat alles verwarm word na smaak!

BRON- Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




ROMERIGE KERRIE SEEKOS

romeringe kerrie seekos - heidi

ROMERIGE KERRIE SEEKOS
Sommer so self aanmekaar geslaan.
Braai uie, knoffel en mushrooms in Kerrie en borrie mengsel.
Gooi seekos mengsel(wat afgespoel is in suurlemoensap) by uie mengsel. Prut stadig en verdik sous met maizina, gooi ook biki suurlemoensap by, sout en growwe pepper. MAak witsous, sommer dun, en kook pasta. Gooi in lae, pasta, seekos mengsel en sous Bo-oor. dis sag en yummy.

Foto en resep:  Heidi Rowe




KNOFFEL MOSSELS IN ROOM

knoffel mossels in room

KNOFFEL MOSSELS IN ROOM
250 ml room
250 ml wit wyn
1 teelepel Aromat
2 eetlepels crushed garlic

Meng tesaam in ‘n diep pan en bring tot kookpunt.
Plaas dan ± 20 mossels in pan en kook vinnig vir ± 8 min.
Pak dan uit op foelie met oop kante bo.
Gooi knoffel en wyn reste van pan oor mossels, rasper Mozzarela kaas oor.
Grill tot kaas begin bruin word en siedaar whalah!
Resep en foto:  Gideon Louw




CRAB SALAD

crab salad

CRAB SALAD
1 lb crab
¼ cup mayonnaise
¼ cup celery, chopped
¼ cup dill, chopped
¼ cup dill pickles
½ cup green onions, chopped
½ tsp yellow mustard
½ tab dill weed
Mix all together, chill for 2 hours and serve!

Recipe and photo: Janet Anderson




FEESTELIKE KRAPSLAAI

krap slaai - florainetested
FEESTELIKE KRAPSLAAI
3 k kersietamaties in halwes
1 kg krapstokkies in 6 gesny
1 groot engelse komkommer in byt grote blokkies
1 rooi ui in skywe
4 groen appels in blokkies
8 medium aartappels, saggekook en in blokkies
12 vars basilblare
Meng alles saam in groot mooi bak

SLAAISOUS
2 t droe chillie
4 knoffelhuisies, gekneus en gekap
6 t heuning
125 ml druiweasyn
1 t himalayasout
1 t gowwe peper
125 ml olyfolie
10 t mayonnaise
2 t italiaanse kruie
Meng goed deur en gooi oor slaai, werk deur met 2 vurke

Hierdie is ongelooflik lekker, by troues, verjaarsdae en sommer om die braaivleisvuur.
Vir ‘n voorgereg voeg ek 1 blik appelkose en 1 blik perskesskywe by, halveer dit net.
ENJOY!!!!!!!!!!!!
Foto en resep:  Floraine Wasserman Venter




VISPANNETJIE

FLR Slogan 2b

VISPANNETJIE
4 persone
Tussen 15 en 30 minute
1 stuk dik vaste vis (1 moot/persoon)
150 g garnale
150 g seekos
50 g koekmeel
50 g botter
150 g sampioen
1 suurlemoen
3 eigelengemaalde kaasgroente bouillon
1 dl room
1 el tamatiepasta
2 dl water
wit wyn

Maak ‘n blonde roux van botter en meel. Maak hier ‘n dik sous van met water en wit wyn. Voeg ‘n bietjie bouillon toe. Maak ‘n 2de binding met room en eigelen. Voeg die sampioene by. Lê daar die vismoot in en laat 2 minute pocheren. Roer die vis nie stuk. Doen die garnale en die seekos daarby en rangskik in ‘n ovenschotel. Strooi daar gemaalde kaas oor. Sit vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 200ºC
GEPLAAS DEUR Marlé Buyss
RESEP: Piet Huysentruyt




SEEKOS PAELLA POT

seekos paella pot
SEEKOS PAELLA POT
bietjie olie om in te braai
2 medium groot uie, efffens grof gekap
1 groot green pepper, effens grof gekap
250 g wit sampioene, gesny
1 blik Italiaanse heel tamaties
2 ½ koppies rou rys
5 koppies water
1 blokkie hoenderekstrak
500g gerookte skelvis
750g – 1 kg garnale
2 blikkies gerookte mossels
Sout en peper  na smaak

Braai uie en green pepper in olie tot uie ligbruin is
Haal dit uit pot
Braai 500 g haddock (in stukkies gesny) in dieselfde olie tot gaar
Haal uit olie
Gooi rou rys in pot, asook 5 koppies water waarin die hoender-ekstrak opgelos is asook die blik tamaties en die sampioene
Sit deksel op en kook oor stadige hitte tot die rysmengsel gaar is
Sout na smaak
Gooi 2 eetlepels botter in pannetjie
Braai 750- 1 kg garnale in botter tot ligoranje
Haal garnale uit dop as jy die in doppe gebruik het, gooi vis, garnale, uie en green pepper alles terug in pot
Voeg ook 2 blikke gerookte mossels by (kan ook vars gaar mossels gebruik)
Sit deksel op vir 10 min en roer deur
Bedien met lekker vars brood en ‘n bottel wyn
Genoeg vir 6 ruim porsies
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

 




GARNALE, AVOKADO EN MANGO SLAAI

shrimp avo and mango salad
GARNALE, AVOKADO EN MANGO SLAAI
2 ryp avokado’s
2 ryp mango’s
250 g gaar klein garnaaltjies
3 of 4 eetlepels suurlemoensap
2 of 3 lepels canola olie of olyf
1 lepel suiker
1 lepel jalapeno sonder saad (ek het rooi rissie gebruik)
½ lepel gemaalde peper
2 lepels growe sout gemaal
3 green onions
klein bossie koriander
bossie pietersielie
vars groenslaai
tamatie
komkommer
denneboom pitte, gerooster

Meng in ‘n groot slaaibak die suurlemoensap, olie, suiker, fyn gesnyde rissie en peper.
Sny die mango en avo in blokkies, kap die pietersielie, uitjies, en koriander en meng by die sousie. Sit nou die garnale by.
Sny die slaai grofweg, sny die tamatie in halwe skyfies en die komkommer in ringe.
Voer die opdien bakkies met ‘n bed van slaai en sit

om die kante van die bakkies die tamatie en komkommer ringe, sit die garnaal mengsel in die bakkies en sprinkel die denneboom pitte bo-oor!
Kan ook stukkies feta kaas by sit.

RESEP EN FOTO: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




RED BEAN SEAFOOD JUMBO

RED BEAN SEAFOOD JUMBO
This is a down south recipe, the way we cook, an American southern dish!
1 lb red kidney beans
1 lb jumbo shrimp shelled
1 lb chicken cooked and pulled apart
1 lb sausage
1 lb crab legs, or crawfish tails
Total lbs meat (4 lbs)
1 LG can tomatoes
1 LG chopped onion
1 LG chopped bell pepper
5 LG garlic cloves roasted
2 stalks celery sticks chopped
3 Tbs Cajun seasons
3 Tbs herbs & garlic power
1 Tbs red pepper flakes
2 LG whole bay leafs
1 Tbs sage flakes
2 Tbs file gumbo powder
3 Tbs liquid crab boil

Cook beans with bay leafs, and the liquid crab boil, in separate pan add sausage all veggies, tomatoes cook high 15 minutes, pour in red beans, add all the other seasons except file and hold back, bring to boil, add seafood last, let cook let boil 10 minutes lightly stirring, when done, turn off before adding the file gumbo powder stir in lightly, then let stand 30 minutes, because if you let it boil, it will get gummy!
We server over rice!
Recipe and photo:  Janet Anderson




PERLEMOENPOTJIE

abalone

PERLEMOENPOTJIE
6 perlemoene skoongemaak en in repies gesny en saggies gekap
4 groot uie, gekap
8 jong aartappeltjies
2 eetlepels margarien
2 eetlepels olie
½ koppie wit wyn
½ teelepel neutmuskaat, fyn
1 teelepel vars of gedroogde pietersielie
½ teelepel dille (droog)
sout en suurlemoenpeper na smaak
sap van twee suurlemoene of 4 eetlepels
room optioneel

Soteer die uie en aartappels vir ‘n paar minute (4) in die olie en margarien in ‘n dikboom-kastrol. Voeg die wit wyn by en plaas deksel op en laat stadig prut totdat aartappels sag is. Voeg die perlemoen en res van bestanddele by en laat prut vir 15 minute totdat perlemoen gaar is. Voeg ‘n,½ koppie tot ‘n koppie room (opsioneel) by en laat prut vir 5 minute tot deurgekook. Bedien met varsgebakte bruinbrood.

Resep geplaas deur Daniel de Kock