ARINA SE SEEKOS PAELLA


ARINA SE SEEKOS PAELLA
Braai chorizo (potlood lengte) in bietjie olyfolie.
Voeg by:
1 groot gekapte ui
rooi soet rissie gekap
4 fyn gekapte knoffel huisies
1 teelepel paprika
gerasperde skil van een suurlemoen
1 rooi chillie
Braai tot ui sag is.
Roer 2 koppies paella rys by en braai ‘n bietjie.
Voeg dan so 750 ml chicken stock en ‘n koppie witwyn by.
Kook 3 min.
Voeg seekos by.
Kook tot rys amper gaar is. Gooi klein pakkie gevriesde ertjies by.
Indien vloeistof nie genoeg is nie…kan nog wyn of water bygevoeg word.
Geur met sout en peper na smaak.
Kook tot seekos gaar en meeste van die vloeistof verdamp het.
Ek het so 500 gr mossel, 500 gr langoustines en 500 gr baby squid gebruik.
RESEP EN FOTO: Arina Fontini










