SWISS JAM ROLL

2015-08-19-fb_img_1439988755438
SWISS JAM ROLL
250 ml castor sugar
5 eggs seperated
pinch salt
15 ml oil
5 ml vanilla essence
250 ml Selfraising Flour
5 ml baking powder

Beat egg whites to soft peak .
Cream eggs and castor sugar
Add oil and vanilla essence
Sift flour, baking powder and salt.
Beat dry ingred well to egg mixture.
And fold in soft peak egg whites well in batter with spoon.
Grease and lined (waxpaper) on swiss roll pan
Bake in middle shelf for 8 – 10 minute on 200C
Dust castor sugar on a strong sheet apgreaseproof paper and remove cake from oven.. Remove the waxpaper… Spread smoothen jam of your choice on cake and quickly use the greaseproof paper as a guide to roll up swiss roll.Cut in thick slices and serve with whipped fresh cream..
Source- Feriel sonday
Photo -Feriel Sonday




MARELI SE MERINGUE ROULADE MET MANGO EN GRANADILLA

MERINGUE ROLADE REGGEMAAKtested

MARELI SE MERINGUE ROULADE MET MANGO EN GRANADILLA
4 eierwitte
185 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
5 ml witasyn
5 ml mielieblom
125 ml klapper
300ml styfgeklopte room
30 ml granadilla pulp
2 medium mangoes, geskil, ontpit en in skywe gesny
vars geroosterde klapperneutkrulleVoorverhit die oond tot 160°C.
Smeer ’n klein rolkoekpan (25×30 cm in deursnee) en voer uit met bakpapier sodat dit oor die kante steek. Smeer die papier ook goed.
Klits die eierwitte tot sagtepunt stadium, voeg die suiker geleidelik by en klits aanhoudend totdat die suiker opgelos is.
Vou die vanilla en mielieblom in.
Sprei die mengsel egalig uit op die voorbereide pan en sprinkel die klapper bo-oor.
Bak op die laer oondrak in die oond vir omtrent 20 min. of tot liggies verkleur.
Bedek ’n afkoelrakkie intussen met ’n strook bakpapier.
Keer die meringue om op die bakpapier
Verwyder die papier waarop dit gebak het en laat afkoel met die klapper-kant na onder.
Smeer die styfgeklopte room op die afgekoelde meringue.
Smeer die granadilla pulp en pak die mango-skywe op.
Rol ferm op vanaf die lang kant; gebruik die bakpapier as hulpmiddel. Sny die kante netjies af indien verkies.
Versier met geroosterde klapperneutkrulle.

Foto:  Lida Pieterse




KERRIE MAALVLEISROL

KERRIE MAALVLEIS ROLtested

KERRIE MAALVLEISROL
Vulsel:
500 g maalvleis
1 ui gekap
1 knoffelhuisie
1 eetlepel kookolie
1 eetlepel kerriepoeier
sout
1 wortel in blokkies
handvol sultanas
1 eetlepel asyn
1 eetlepel blatjang
Deeg:
2 koppie koekmeel
1 teelepel sout
½ teelepel neut vars gerasper
4 eetlepel botter
Kerriesous:
1 eetlepel kookolie
1 ui gekap
handvol sultanas
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 koppie vleisaftreksel
sout
1 eetlepel blatjang
2 teelepels asyn

Braai uie en knoffel, voeg kerrie en sout by braai. Voeg mallvleis by, voeg al die ander bestanddele by, laat prut tot gaar.
Deeg:
Voeg droë bestanddele en botter bymekaar, meng tot lyk soos mieliemeel, vroeg bietjie water by tot stywe deeg. Rol uit in reghoek, smeer afgekoelde maalvleis bo oor, rol op en seël met koue water.
Sous:
Braai ui en sultanas in olie, voeg kerrie en borrie by en braai.
Voeg al die oorblywende bestandele by en kook deur.
Plaas rol in gesmeerde oondbak en skep sous oor.
Bak by 200ºC vir 30 tot 40 min.

Resep en foto: Elmarie Smit




SAVOURY TUNA ROULADE

Savoury rouladetested
SAVOURY TUNA ROULADE
60 g butter
1/3 cup cake flour
400 ml milk
4 eggs, separated
¼ cup finely chopped chives
250 g spreadable cream cheese
425 g can Greenseas® Tuna Chunks in Springwater, drained
1 lebanese cucumber, finely diced
2 spring onions, finely diced
2 tsps capers, chopped
Freshly ground black pepper, to taste

Melt butter in a large saucepan. Stir in flour and cook whilst stirring for 1- 2 minutes. Add milk all at once whisking continuously until smooth. Bring to the boil, reduce heat and simmer until thickened. Stir in egg yolks and chives then set aside.
Beat eggwhites until stiff peaks form. Gently fold into white sauce mixture and pour into a 34 x 24cm baking paper lined pan. Bake in a preheated oven of 190ºC for 15 minutes or until golden. Remove from oven and transfer from tin onto a clean tea towel and remove paper. Cool.
Spread cream cheese over cooled roulade, leaving a 1cm border from the edge. Top with Greenseas® Tuna , cucumber, spring onions, capers and pepper. Roll up from the long edge as for a Swiss roll. Wrap in plastic wrap and refrigerate for 2 hours before slicing.

Photo:  Adam Cloete en Willem Bierman
Nota van Adam ivm ‘n gasoond:
Ek het nie eintlik gekyk nie, maar ek het dit baie hoog gestel. Seker so tussen 250 en 270ºC vir ongeveer 20 minute en toe nog in die oond gehou vir ‘n ruk na ek die vlam afgesit het. Ek skat maar met alles, want ek vind jy moet met enige iets die temperatuur hoër stel as wat die resep vra en dit langer inhou. Ek het dit op die laer rak gebak.




HOENDERPASTEIROL

2015-04-25-11178233_811094545641465_4462019185374471384_n-001tested

HOENDERPASTEIROL
1 Today skilferkorsdeeg
4 hoender borsies
2 uie
80 ml blatjang
80 ml tamatiesous ( na smaak)
1 pakkie sampioene
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
speserye  na smaak

Stoom hoenderborsies gaar, Terwyl borsies stoom, braai uie, soetrissies en sampioene tot sag met al die nodige kruie en speserye na smaak, laat die vulsel bietjie afkoek.  Rol die deeg uit.
Plaas die vulsel op die uitgerolde deeg, nie te naby aan die kante nie.
Rol op en verf liggies met eier vir goudbruin kleur.  Plaas in voorbereide bakplaat en bak teen 180ºC tot bruin gebak en net so rukkie bo ‘gegrill’ vir daai “crispy” deeg .

Resep en foto: Marlise Smith




RICE KRISPIE ROL

RICE KRISPIE ROL
¼ koppie gesmelte botter
300 g mini malvalekkers
5 ½ koppies Rice Krispies
1 ½ koppies melk sjokolade chips
½ koppie grondboontjie botter
Smelt die botter oor warm water en voeg die malvalekkers by. Smelt alles oor baie lae hitte.
Voeg die Rice Krispies by en meng goed.
Smeer die mengsel in ‘n voorbereide bakplaat
Sit die sjokolade en grondboontjie botter in ‘n mikrogolf bak en smelt, roer elke minuut.
Smeer die sjokolademengsel oor die rice Krispies, laat in ‘n koel plek staan totdat die sjokolade begin hard word, wees versigtig dat dit nie te hard word nie, want dan gaan dit nie oprol nie.
Maak die kante los met ‘n metal “spatula” en rol dit op, begin by die lang kant.
Jy kan die rol ook in enige iets van jou keuse rol, indien verkies ( hundreds 1000 of neute)
Draai die rol toe in kleef pastiek om te stoor.
Sny in skywe vir bediening

Rina Kleinhans : Nota
Ek weet nie of mens die sjokolade bo op die malvalekkers gesmeer gaan kry nie, maar dit is wat ek dalk sou doen. smelt die botter en meng met die Rice Krispies, smelt die malvalekkers, smeer bo-op en sit dan die sjokolade bo-op, laat stol en rol op… probeer en laat weet asb?




MINCE ROLL

mince rolltested
MINCE ROLL
Serves: 4-6
Dough:
500 ml (280 g) Snowflake self-raising flour
2 ml salt
30 ml cold butter or margarine
5 ml sugar
125 ml (50g) grated Cheddar cheese
1 extra-large egg
125 ml milk
beaten egg and milk for glazing
Filling
30 ml cooking oil
400 g lean beef mince
1 medium onion, coarsely chopped
2 cloves garlic, crushed
30 ml chopped fresh parsley or 10 ml dried
salt and freshly ground black pepper to taste
200 ml chutney

Dough:
Sift flour and salt together. Rub in butter with fingertips until mixture resembles breadcrumbs. Add sugar and cheese.
Whisk egg and milk together. Add to dry ingredients and cut in with a knife. Knead lightly to a soft dough. Wrap in plastic wrap and let rest in refrigerator for about 15 minutes.
Filling:
Heat oil in a medium, heavy-based saucepan. Fry mince until it changes colour. Add onion and garlic and sauté for a few minutes until soft. Add parsley, seasoning and chutney and mix well. Remove from heat and leave to cool slightly.
Roll out dough onto a lightly floured surface, into a rectangular shape of about 20 x 30 cm in size. Spoon filling onto dough, leaving a 1.5 cm border open around the edges. Roll up like a swiss roll, and place onto a greased baking tray.
Make a few incisions with a knife at intervals of about 2.5 cm. Brush with beaten egg and milk. Bake in a preheated oven at 180 °C for about 50 minutes until golden brown.
Snowflake recipes

Foto: Mirinda Innes-Grant




BOELIEBIEFROL

Bully beef roll 1tested

BOELIEBIEFROL
1 skilferkorsdeeg, uitgerol
1 blikkie boeliebief, effe fyn gedruk met ‘n vurk
1 uie, gekap
1 groen soetrissie, gekap of kwart van elk – groen, rooi en geel soetrissie
1 koppie Chedder kaas
Braai boeliebief, uie en soetrissie saam. Haal van stoof af en meng kaas by.
Smeer oor uitgerolde skilferkorsdeeg en rol op.
Vou kante mooi toe en na onder.
Sit in bakplaat.
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol.
Bak by 180°C vir so 45 min tot gaar en bruin en bros.
Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels.

Wenk:
Ek braai nie eers my goed nie – ek meng die gekapte uie, soetrissies, die kaas en boeliebief(alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak (Rens)

Vervang die boeliebief met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek.

Resep en Foto: Wilna Dorfling
2de Foto: Adam Cloete – gemaak deur Adrian Olivier
Foto: Willy Henckert




SPINASIEROL

2015-02-12-spinasieroltested

SPINASIEROL
Stoom 500g skoongewaste spinasie vir +-10 min tot sag.
Dreineer in colander en droog oorblywende water uit in skoon vadoekie.
Braai 1 ui, paar sprietuie en ‘n groterige tamatie in pan met bietjie botter tot sag, sout en peper na smaak.
Snipper mbv ‘n skêr die spinasie in fyn repies en roerbraai saam met uiemengsel vir +-2 min.
Rol ‘n skilferkors of “puff” pastry uit, smeer spinasiemengsel oor hele rol, krummel blou kaas in stukkies oor hele pastei.
Rol in ‘n rol, sit in vrieskas vir omtrent 15 min net tot styf.
Haal uit en sny in wielietjies. Sit op voorverhitte bakplaat en bak tot gaar (20 min) of tot goudbruin. (180*C).
GENIET!
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock




SPINASIE- EN SAMPIOENROULADE

2014-12-19-spinacerouladetested
SPINASIE- EN SAMPIOENROULADE
600 g spinasie
30 g botter
4 eiers, geskei
knippie neutmuskaat
1 eetlepel gerasperde Parmesankaas
Vir die vulsel:
15 g botter
250 g gekerfde sampioene
sap van ‘n ½ suurlemoen
sout en peper na smaak
200 ml Crème Fraiche
2 eetlepels fyngekapte pietersielie

Vir die vulsel:
Smelt die botter en voeg die sampioene en suurlemoensap by. Geur met sout en peper en kook vir 3 minute tot dit net begin sag word. Hou eenkant om af te koel.

Was die spinasie en plaas in ‘n kastol met net die water aan die blare. Kook oor ‘n stadige hitte vir 1 – 2 minute tot die blare net verlep. Dreineer goed en druk die blare om die ergste water uit te kry.

Smeer ‘n rolkoekpan en voer dit uit met bakpapier. Smeer die bakpapier ook. Kap die spinasie grof op en plaas in ‘n mengbak. Meng die botter, eier gele, neutmuskaat, sout en peper en roer dit by die spinasie in. Klits die eierwit in ‘n aparte bak tot styf, maar nie droog nie en vou dit dan versigtig by die spinasie mengsel in. Giet die mengsel uit in die pan en bak by 220ºC vir 10 tot 12 minute tot ferm. Sprinkel die Parmesankaas op ‘n vel bakpapier en keer die roulade om op die kaas. Laat afkoel vir 10 minute en trek die bakpapier af. Sny die kante mooi gelyk.

Dreineer die sampioene en hou van die vloeistof eenkant. Plaas die sampioene in ‘n bak en voeg die crème fraiche en die pietersielie by en geur dit na smaak. Roer bietjie van die sampioene se kookvloeistof by indien dit te dik is. Smeer die vulsel oor die roulade, maar laat ‘n 2,5cm oop aan die kante. Rol op van die lang kant, bedek en laat afkoel in die yskas. Sny in skywe om te bedien.
Resep geplaas deur: Adam Cloete