KOOS SE KOMBUIS POTJIE

tested
KOOS SE KOMBUIS POTJIE

Ek noem die ‘n kombuis potjie want jy moet ‘n ysterpot gebruik soos op n drie poot buite op die vuur maar in die geval ‘n plat boom pot. ‘n Mens maak nou die in die huis as dit nie lekker weer buite is nie en jy kry dieselfde resultaat as buite.

Gebruik 3 groot uie saam met 3 kg skenkels
Speserye is Sout, peper, Chilli beef Aromat.
Sny uie skuifies om te braai.
Bedek die bodem van die pot met Olyf olie net genoeg om die uie in te braai
Plaas gekerfde uie in die pot saam met die olyf olie
Braai uie tot glaserig.
Haal die uie uit die pot uit
Plaas die eerste laag vleis in die pot tot bodem bedek is en braai vining altwee kante tot donker en verwyder weer die vleis. Dit is om die vleis te seel.
Doen dieselfde met al die vleis totdat dit aan altwee kante gebraai is.
Verlaag hitte onder die pot tot omtrent no 2 of 3 op my stoof
Plaas nou die vleis terug in die pot. Begin met die dik stukke en pak laag vir laag
Voeg sout, peper en Aromat by volgens smaak
Voeg die helfte van die uie in die pot bo op die vleis en weer na die tweede laag vleis
Pak nou die res van die vleis in die pot en Voeg die laaste uie bo op die vleis in die pot.
Voeg sout, peper en Aromat by volgens smaak
Sit die deksel op en los om stadig te kook
Ek glo vleis moet in sy eie sous kook dus voeg ek nie sommer water by nie.
Jy moet maar vir die eerste uur kort kort roer om die vleis nie aan te brand nie en terwyl daar sous vorm.
As dit regtig te droog is kan jy bietjie water by sit maar vermy as jy kan.
Na 2 ure Proe of die sout in jou sous volgens smaak is en voeg by.
Jy gaan nou nie weer aan die pot roer nie.
Die hitte moet reg wees. Stadig prit, Die sous genoeg wees en die sout moet reg wees
Pak nou jou groente bo op die vleis.

Gooi bietjie speserye oor die groente. SWit die deksel op die pot en los.
Jy maak ook nie weer die pot oop voor oor n uur nie. Probbeer net ruik aan die stoom of die pot nie brand nie.
Alles behoort nou gaar te wees en nie gbrand as jou hitte stadig gebly het nie.
Maak nou vir jou n sous. Bruin uie sop poeier en room werk altyd lekker.
Voeg die sous nou by in die pot en sit weer die deksel op en laat prit vir 15 minute
Beste resultaat as jy nou daai pot net so los die hitte van die stoof plaat af sit en laat staan tot more oggend.
Daar is n paar geheime/tricks aan potjie
Hitte moet reg wees.
Moenie water gebruik nie dit vat die smaak van die vleis uit die pot. Vleis het genoeg vogtigheid wat sys eie sous sal vorm.
Jy maak nie n pot onnodig oop in die laaste 2 ure nie. Die geur ontsnap.
Vleis wat brand gee n aaklige smaak aan n potjie so hou die hitte laag.
2de foto: Vanoggend stap ek in n speserye winkel in en sien die sak wat se rys vir diabete.
Dis maar Basmati maar soos hulle se dis long grain.
Volgens die man in die winkel is hy diabeties en hy eet elke dag van die rys.
So lyk dit.
My kombuis potjie met daai Long Grain Basmati rys.

BRON/FOTO: Koos van der Merwe




GIDEON SE VERVOLMAAKTE HOENDER NOEDEL POTJIE

2015-10-25-gideonsevervolmaaktehoendernoedelpotjiegideon se hoender noedel pottested

GIDEON SE VERVOLMAAKTE HOENDER NOEDEL POTJIE
6 stukkies hoener ( dye en boude )
3 med groot iue gekerf
+-2 koppies skulpie noedels
1 pakkie bruin sampioene gekerf
1 rooi soetrissie gekerf
1 teelepel chilieflakes
1 eetlepel knoffelflokkies
300 ml room
1/2 pakkie sampioen roomsop gemeng met 50ml water ( moenie sout bysit nie die soppoeier maak dit sout )
1/2 teelepel witpeper
1 1/2 koppie gerasperde cheddar kaas

Braai die hoener stukkies vooraf saam met die uie voeg dan die sampioene by asook die rooi rissie knoffelflokkies , chillieflakes en witpeper
Prut omtrent vir 20 min gooi dan die skulpie noedels bo oor en prut vir +- 15 min gooi dan die room oor en prut vir 10 min voeg dan die sampioemroomop en water by en prut vir ‘n 1/2 uur
Strooi dan die kaas bo oor en laat goed smelt op stadige kole !!! en ek belowe jou jy sal dit weer wil doen as jy klaar ge eet het !!
Bron en Foto:  Gideon Louw
3de foto: Thalia Rondganger




FANTA HOENDER POTJIE

 

FANTA HOENDER POTJIEtested

FANTA HOENDER POTJIE
Ek het die hoenderstukke eers so bietjie goudbruin gebraai. Uitgehaal uit die pot… dan uie en peppers wat gechop is gebraai, die hoender weer teruggesit . Ek het so 2 by 500 ml fanta bottels gehad en 1 ingegooi en dit gekook. Geen water so vir  omtrent 45 min gekook. My aartappels by gesit gekook vir n ½ uur en chunky mix en baby carrots ingegooi, en verder vir ‘n halfuur gekook. As jou sous min raak, gooi die ander fanta by. As dit gaar is, het ek dit met ‘n pakkie bruin uie sop poeier dik gemaak dis al.
BRON – Raymond Williamson




HEEL HOENDER NOEDEL POT

2015-10-11-heelhoendernoodlepottested
HEEL HOENDER NOEDEL POT
1 heel skoongemaakte hoender
2 groterige uie, opgekerf
2 koppies skulpie noedels
300 ml room
1 teelepel chillie vlokkies
1 teelepel knoffel vlokkies
1 eetlepel sout
1 pakkie bruin sampioene (omtrent 6 grootes), gekerf
1 rooi soetrissie, gekerf
1 eetlepel olyfolie

Braai die heel hoender in die olyfolie in ‘n warm pot saam met die uie.
Voeg dan die sampioene en rooirissie by en verminder die hitte, laat prut ‘n rukkie.
Voeg die chillie vlokkies en knoffel vlokkies asook die sout by.
Gooi die noedels rondom die hoender en gooi die room oor die noedels.
Laat prut die pot dan vir nog ‘n uur en kyk altyd dat daar genoeg vog is.
Garneer met ietsie groen, ek het gekapte grasuie gebruik.
Bron en foto: Gideon Louw




POTJIE LEKKERTE – LAMSBOUD GESTOP MET SPEK

 

tested

POTJIE LEKKERTE – LAMSBOUD GESTOP MET SPEK
1,5 kg supergraad lamsboud
250 g swoerdlose streepspek of rugspek
4 – 5 huisies knoffel, fyngemaak
15 ml Ina Paarman gegeurde sout
vars gemaalde swart peper
4 ml speserye vir Tjops & Biefstuk
Sous:
15 ml Mielieblom (Maizena)
2 ml souspoeier (Bisto)
15 ml droë Sherry
30 ml room
tinfoelie

Steek met ‘n skerppuntmes diep snye oral in die boud en stop met stukkies spek. Vryf die knoffel oor die boud en vryf dan die gegeurde sout, peper en speserye in.
Draai die boud deeglik in tinfoelie toe en plaas in potjie oor medium kole. Plaas ook ‘n paar kole bo-op die deksel. Maak die boud stadig gaar vir omtrent 3 ure terwyl die kole gereeld aangevul word om die hitte eweredig te hou.
Verwyder die boud uit die potjie en maak die tinfoelie oop. Skep die sous uit die potjie en hou dit eenkant. Plaas die boud terug in die potjie en braai die boud bruin aan weerskante oor warm kole. Verwyder die boud en hou warm.
Om die sous te maak: Skep die vet van die sous af wat eenkant gehou is. Gebruik 150 ml van die sous en plaas in die potjie asook 150 ml water. Proe of nog sout nodig is. Bring sous tot kookpunt oor warm kole. Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die orige sous en verdik die sous in die potjie. Voeg ook die souspoeier, Sherry en room by.
Sny die boud in skywe en plaas op ‘n dienbord. Bedruip die boud met van die sous en bedien die res van die sous apart.

Bron en foto: Louise Groenewald




SHANKY CHICKEN POTJIE

2015-08-17-shankychickenpotjietested
SHANKY CHICKEN POTJIE

1 kg lamb shanks
4-6 stukke hoender van jou keuse
2 groot uie in ringe gesny
1 medium greenpepper in repies gesny
1 kg gemengde groente (Country Crop)
1 groot patat in blokkies gesny
halwe pakkie broccoli
halwe butternut in blokke gesny
Begin met kookwater en vleis in die pot totdat dit begin gaar word, voeg uie en greenpepper by asook ‘n bietjie Bisto en ‘n beef blokkie, daarna ‘n halwe pakkie Brown Onion soppoeier. Kook totdat uie begin sag word en voeg aartappels en patat by. Daarna volg die res van die groente en laastens ‘n pakkie Cream of Mushroom soppoeier gemeng met melk wat ingaan. Laat pot prut totdat als gaar is.

Bron en Foto:  Inge Pieterse




KOBUS SE SEEKOSPOT

tested

KOBUS SE SEEKOSPOT
2 eetlepel botter
2 groot uie, fyngekap
3 eetlepel fyngekapte knoffel
2½ koppies rys
1 eetlepel growwesout
2 liters kookwater
2 x 350 g pakkies gekapte knopiesampioene
6 soetrissies in rooi, geel en groen
6 kreefsterte, opgesny
500 g ferm vis, in blokkies gesny
1 kg swartmossels, oopgestoom
1 kg calamari-ringe
1 glas droë witwyn
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 teelepel skerprissie
sap van ½ suurlemoen

Sit die botter, uie, knoffel, rys en sout in ‘n pot, voeg die kookwater by en kook tot die rys byna gaar is.
Voeg die knopiesampioene en gesnyde soetrissies by en kook tot die rys gaar is.
Skep alles uit die pot.
Skep die kreefsterte en vis in die pot en voeg die swartmossels, calamari-ringe en ‘n glas droë witwyn daarby. Drink die res van die wyn.
Geur die pot met ‘n bietjie swartpeper en skerprissie en druk die suurlemoensap oor.
Skep die rysmengsel bo-op en laat prut vir 20 minute.
Meng alles versigtig in die pot en bedien.

Resep geplaas deur Linda Venter
Foto: Janeske Kotzé‎




DIE BESTE BEES VLEIS POT

Die beste bees vleis pottested
DIE BESTE BEES VLEIS POT
Die beste bees vleis pot wat ek nog ooit gemaak het. Al moet ek dit nou self sê. Al wat ek kan sê wat die resep aan betref is daar is amper ‘n halwe bottel OBS in saam met rooiwyn asyn om die soet so bietjie te breek. So 1 tot 9 verhouding. (9 is die OBS). Kom ek probeer die resep vir julle neerskryf.

Potjie bees vleis (genoeg om nommer 3 pot half vol te maak),
Olyf olie na smaak
1 tsp gemaalde koljander
1 tsp borrie
1 tsp kumyn
600 ml Old Brown Sherry
4 tbsp Maizena
2 blokkies beesstert aftreksel.
Klein aartappeltjies heel met skil.
Wortel 20 cm blokkies gesny. (Genoeg vir een laag.)
3 klein rooi kool koppies, kwarte gesny, en opgebreek.
5 gemiddelde rooi uie, kwarte gesny en opgebreek.
2 groot rooi soet russies. groot opgesny.
8 gemiddelde grote patats (3 cm blokke gesny)
2 pakkies sampioene heel gelos

Braai vleis in genoeg olyf olie en voeg speserye by. Braai tot bruin.
Gooi nou 200 ml OBS met Rooiwyn Asyn in die verhouding hier bo.
Roer die uie en soet rusie in die vleis in.
Maak toe en prut vir 1 uur.
Na 1 uur sit ander bestanddele in die pot in die volgorde:
Aartappels, wortels, kool, patats en sampioene.
Los blokkies aftreksel op in klein bietjie kook water. Net genoeg om te bedek. Gooi by die res van die OBS en rooiwyn asyn soos verhouding. Meng twee eetlepels Maizena in.
Voeg dit by die bot. Sit die deksel op en prut vir 2 uur.
Los twee eetlepels Maizena in 100 ml water op en voeg by die bot roer in en prut nog so paar minute om sous dik te kry.
Geniet saam met Samp of Rys of sommer net so.

Foto en resep deur Andrew du Toit




EERLIKE BLESBOKSKENKELPOT

2015-07-27-eerlikeblesbokskenkelpottested

EERLIKE BLESBOKSKENKELPOT

1 1/2 kg blesbok skenkels
2 kleinerige aartappelsin agstes gesny
2 groterige uie in ringe gesny
2 groterige wortels in kwarte oor doe lengte gesny
1 e growwe sout
1/2 t witpeper
1/2 t chillie flakes
2 blokkies hoener stock
1 e crushed garlic
1/4 k balsamiese asyn
1 bottel rooiwyn

Braai die vleis en uie saam met ‘n klein bietjie olyfolie.
Voeg dan die bottel rooiwyn by en prut vir ± 3 ure.
Voeg dan die aartappels en wortels by asook die res van die bestandele by en prut vir nog ‘n uur.
Bedien op saam met rys !

Bron/foto: Gideon Louw




MARIE SE MAALVLEIS POTJIE

MARIE SE MAALVLEIS POTJIEtested

MARIE SE MAALVLEIS POTJIE

1 ui opgekap
1 kg maalvleis
olie om in te braai
1 blokkie biefekstrak aangemaak met 750 ml kookwater
20 ml soja sous
20 ml asyn
vars takkies oreganum, tiemie en sage of 10 ml droë italian herbs
1 pakkie sweet and sour sous aangemaak met kookwater
5 – 6 aartappels geskil en in stukke gesny
2 groot wortels geskil en dun skyfies gekerf
Sout/peper
Halwe pakkie oxtail sop aangemaak met kouewater tot net pasta vorm

Braai ui in olie tot sag, voeg maalvleis by en braai tot half gaar
Voeg asyn, soja sous en kruie by en roer deur
Voeg opgeloste biefekstrak by en laat prut vir 20 minute
Voeg sweet and sour sous by en roer deur
Voeg wortels by en sit aartappels bo-op
Gooi sout en peper oor aartappels
Laat prut tot wortels en aartappels gaar is
Indien bietjie vet bo-op, skep af en verdik die sous met aangemaakte oxtail sop
Roer lekker deur en bedien met Rys

FOTO EN RESEP:  Marie Dumas Jennings