WILDSPOT

wildspottested

WILDSPOT

Uie
Knoffel
Bacon
Italian herbs and spices
Baba aartappels
Baby marrows
Mielies
Mushrooms
1 Pakkie Oxtail Sop poeier

Braai knoffel en uie. Voeg 2 pakkies bacon by sodat die vleis nie droog is nie.
Sit vleis in pot vir so 10 min en voeg ‘n halwe bottel rooiwyn by.

Los vir 45 min tot ‘n uur.

Voeg Italian herbs, sout en peper by. Voeg die baba aartappels by, daarna baby marrows, mielies uit die blikkie en mushrooms.

Los vir so uur en ‘n half. Voeg ‘n pakkie Oxtail soppoeier by, en ‘n halwe pakkie mushroom soppoeier aangemaak met water. Rys gaargemaak met borrie en sout.

Foto en resep: Anesta van der Linde‎




LIPLEKKER HOENDERPOT MET LEMOENSAP

liplekker pot 2 reenenliplekker pottested

LIPLEKKER HOENDERPOT MET LEMOENSAP
Alida skryf:  Hier is ‘n heerlike hoenderpotresep. Dit is baie lekker.Veral om die kampvuurtjie. Ek en my man is self baie lief vir kamp en die pot bly ‘n wenner.

250 ml vars room
2/3 groot uie
1 pk hoender (1 kg pak)
8 medium aartappels
500 g gemengde groentepak
500 ml lemoensap
1 pk heuning en mosterdsous (cook-in-sauce)

Braai uie tot bruin,voeg hoender by en braai tot ligbruin.
Voeg aartappels, groente en bietjie water by. Laat kook tot groente amper sag is.   Meng sap  met cook in sauce en voeg by, kook deur tot groente gaar is. Voeg room laaste by, meng deur.
Laat oor matige hitte prut.
Bron: Alida Fourie
Foto’s:  Reenen Stenekamp




CECIL SE SEEKOSPOTJIE

FB_IMG_1462122311610tested
CECIL SE SEEKOSPOTJIE
Seekos pot met krap afteksel bedien met rys en hazelnut stroop.
Krap aftreksel:
Braai krap stukke in olyf olie
Kook verder in:
Water
Sout
Swart peper
½ koppie wit wyn
1 gekapte ui
Giet aftreksel deur lap en sif en hou eenkant.

Potjie:
½ koppie botter
1 gekapte ui
Gekapte knoffel
1 pakkie sampioene
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 gekapte tamatie
250ml room
Krap aftreksel
Gemengde seekos
Wit wyn
Calamari
Gerookte mossels
1 teelepel borrie
Sout
Swart peper

Braai uie en knoffel in die botter.
Voeg wit wyn en sampioene by.
Maak uie soppoeier aan met bietjie water en voeg by.
Sit gemengde seekos, calamari en krap ekstrak by.
Kook op lae hitte.
Voeg die borrie en tamatie by.
Kook tot vloeistof minder raak.
Voeg room en gerookte mossels by.
Voeg ekstra sout en swart peper by indien nodig.
Kook op lae hitte vir paar minute en bedien.

Resep en foto:  Cecil Dunhin




ANNELINE SE ROOIBOK-POTJIE

Rooibok-potjietested

ANNELINE SE ROOIBOK-POTJIE
1 rooibok boud, in blokkies gesny
1 kg varkvleis met vet
1 l melk
½ koppie asyn
3 eetlepels Texan steak spices
1 eetlepel mild curry
1 teelepel gemmer
8 heel naeltjies
1 teelepel crushed garlic
1 teelepel sout
1 koppie water

Sous:
5 teelepels Bisto
1 l water
5 eetlepels Worcestersous
5 eetlepels tamatie sous
5 eetlepels sweet chillie sous
groente
15 klein aartapeltjies
½ pak wortels, geskil en in stukke gesny
6 uie
1 pak sampioene in kwarte gesny

Week die rooibok vleis in die melk vir 1 uur. Haal uit die melk en kook vir 1 uur in water met die asyn. Dreineer en was mooi af, sit eenkant.
Braai die uie met al die ander bestanddele behalwe die sous bestanddele, groente en 1 liter water. Voeg die varkvleis by en braai tot vleis mooi bruin is.Voeg die rooibok en 1 koppie water by en prut stadig vir 2 ure.
Voeg die groente by en prut tot groente sag is. Meng al die sous bestanddele en voeg by en prut vir nog 30 minute.
Bedien met rys of stampmielies.

Foto en resep deur Anneline Le Roux Marx‎




SEAN SE SKAAPNEK-BOERBOK KERRIEPOT

SEAN SE POT 2 REGGEMAAKSEAN SE POTtested
SEAN SE SKAAPNEK-BOERBOK KERRIEPOT

Dis maar ‘n “moerby” resep so pas maar aan na smaak:
Gelyke hoeveelheid skaapnek en boerbok kookvleis, afgespoel met asyn en gespesery vooraf (ek het sout, swartpeper, BBQ, Steak & Chops, koljander, naeltjies en knoffelsout gebruik).
Braai vleis effe bruin in pot (gebruik sonneblom olie) en haal weer uit.
Braai nou uie en knoffelhuisies grof opgekap vir so ‘n minuut en gooi dan vleis terug en roer deur.
Voeg kerriemengsel by en braai verder terwyl jy heeltyd omroer. Ek maak ‘n slap pasta met kerrie, borrie en bruinsuiker.
Gooi nou jou ander kruie by. Lourierblare, heel anyssade, ens.
Gooi nou so 2 koppies Sprite in die pot asook kookwater (so 800 ml) waarin die volgende opgelos is: Een blokkie hoenderekstrak, worcestersous, blatjang en appelkooskonfyt).
Prut tot vleis sag is. Sit dan jou wortels en aartappels bo-op.
So 5 minute voor gaar gooi een blik coconutmelk by (jy kan room ook gebruik) en ‘n pakkie bruin uie soppoeier.

FOTO EN RESEP:  Sean O’Brien




CECIL SE SKAAPPOTJIE

cecil se skaappotjietested
CECIL SE SKAAPPOTJIE

1 kg skaap vleis
opgekapte groente van keuse
5 eetlepels worcester sous
5 eetlepepels heuning
1 pakkie bruin uie sop
sout en peper na smaak
1 koppie port
Braai ui en knoffel
Braai vleis saam op hoë hitte
Voeg uie sop saam
Na 20 min voeg groente saam
Na 40 min voeg res van sous saam, kook op lae hitte
Kook tot reg
Bedien saam rys

Bron en foto: Cecil Dunhin




BART SE VIS POTJIE

vis potjie barttested

BART SE VIS POTJIE

Bart Van Wyk Vis potjie. Maak eers die sous, ek vat sommer ‘n pakkie potato bake, 300 ml melk, 200 ml vars room. een getjopte toon knoffel, vier groot bruin mushrooms en ‘n koppie gerasperde chedder.
Terwyl die sous dik word (stadige hitte en baie roer) Was die garnale en droog droog.
Braai 2 uie goud bruin, skep uit.
Vat ‘n paar stukke kingklip moote (Hake ook goed, maar hulle gaan pap in die pot,) druk droog en braai in botter, baie warm, die vis moet eintlik skroei. skep uit.
Braai prawns, vinnig, warm botter.
Spoel mossels goed af, tjêk vir stukkies skulp.
gooi allie prawns, ui, mossels en die sous by mekaar, saam met die sous.
Roer goed deur, gooi die vis in. Laat prut so 5 minute, eet saam vars brood.

FOTO EN RESEP:  Bart Van Wyk




BEESSTERT EN WATERBLOMMETJIE POTJIE

beesstert en waterblommetjie potjie1tested
BEESSTERT EN WATERBLOMMETJIE POTJIE
2 uie
2.5 ml mosterd saad
2 lourier blare
15 ml dijon mostert
30 ml Worchestershire sous
200 ml rooiwyn
30 ml worchestershire spice
60 ml tamatie pasta
2 knoffel huisies gekap
3 bees sterte
1 blik tamatie uie smoor
2 blikke waterblommetjies
6 medium aartappels

Braai vleis in pot en skep uit.
Braai uie tot sag sit knoffel en speserye by. Sit vleis terug met een koppie water prut stadig tot vleis sag is met deksel op. Voeg water by soos nodig.
Meng rooiwyn mostert tamatie puree en smoor en sit by en prut 5 min. Sit aartappel by en prut tot sag. Voeg waterblommetjies by ( in die blikke klaar sag) laat saam warm word.
Bedien met rys of mielie gruis.

RESEP EN FOTO:  Hendrik Markgraaff




BEESSTERT IN DIE POTJIE


BEESSTERT IN DIE POTJIE
1 of 2 Beesstert mooi skoongemaak in stukkies
1 pakkie wit uie soppoeier
1 pakkie beesstert soppoeier en kookwater.
Pak rou beesstert in swaar oondskottel of ysterpot met deksel.
Gooi soppoeier droog oor.
Gooi sout en peper.
Bedek met kookwater tot alle vleis net bedek is, maak toe en stowe in oond vir so 3 uur, of tot vleis sag is.
Sit wortels en aartappels in, indien verkies so uur voor die 3 uur om is voeg 2 e tamatiesous en 2 e worcestersous by.
Roer 1 kop rooiwyn in en 1 kop room.
Ek sit ook graag bietjie tiemie in.
Stoom tot verder sag, maar hou dop dat dit nie brand nie.
Bedien. Heerlik.

RESEP: Elize Matthysen Theron




GAIL’S LAMB KNUCKLE POTJIE

tested

GAIL’S LAMB KNUCKLE POTJIE
1 kg lamb knuckles, washed and trimmed, dust in seasoned flour
2 large onions, sliced
4 sticks celery, chopped
3 large potatoes, cut into cubes
4 carrots, chopped into chunks
1 punnet mushrooms, sliced
1 punnet green beans, trimmed
1 small tin tomato paste
1 punnet baby marrows
mange tout
mini corn
2 sprigs fresh rosemary, leaves pulled off stalk
1 sprigs thyme, chopped
1 chicken stock cube dissolved in 200 ml boiling water
1 cup red wine (optional ) add more stock if not using wine
black pepper and salt last according to taste

Toss knuckles in seasoned flour and dust. Brown in potjie pot in 2 tbsp oil. Once browned, remove. Add onions and celery and cook until tender, add more oil if needed. Add fresh herbs, chicken stock, wine, tomato paste. Add meat back into potjie and cook for 1½ hours. Then add carrots and potatoes and cook a further ½ hour. Add your other vegetables and cook a further 15 mins. Garnish with chopped parsley.

PHOTO AND RECIPE:  Gail Haselsteiner