INGRID SE BEESNEK POTJIE

beesnek-potjietested
INGRID SE BEESNEK POTJIE
1 kg beesnek
4 uie, opgesny
knoffel, soveel soos verkies
brusselse spruite
wortels
aartappels
sampioene
groen bone
soppoeier van eie keuse
Braai die vleis in die warm pot met bietjie olie tot bruin. Verwyder die vleis uit die pot en voeg die uie en knoffel in die pot en braai tot dit begin bruin raak, voeg bietjie water by sodat dit nie aanbrand nie.
Plaas die vleis terug in die pot by die uie en knoffel en voeg warmwater by tot die vleis bedek is. Plaas die deksel terug op die pot en prut vir 1.5 uur. Voeg die aartappels en wortels by en prut tot amper sag. Maak die soppoeier, van jou keuse, aan met 500 ml water (ek het “beef and onion” gebruik)  en voeg die sop met die res van die groente by die vleis en aartappelmengsel in die pot. Bedek en prut oor matige kole totdat die groente gaar en vleis sag is.
Resep en foto: Ingrid Mouton




CHRISNA SE BILTONGPOT

biltong-pot-su-lette-regtested
CHRISNA SE BILTONGPOT
Resep:  Chrisna Church
Foto:  Su-Lette Louise Venter
FOOD LOVERS RECIPES

Kook 1 pak macaroni tot al dente.
Braai dan 1-2 gekapte uie, ‘n pakkie gesnyde sampioene, 1 groen soetrissie en soms knoffel saam. Plaas alles in swartpot bymekaar saam met 500 g – 1 kg klam, dun gesnyde biltong.
Meng ‘n pakkie wit uiesoppoeier met room, ons gebruik gewoonlik 500 ml, en skep by jou mengsel in die pot.
Laat prut so 15 min, rasper kaas bo-oor en sit deksel op tot gesmelt. Nog meer lekker die volgende dag!

 




KOOS SE NIKNAKS HOENDER POT

koos-se-niknaks-pottested

KOOS SE NIKNAKS HOENDER POT
Ek is mos nie bang om iets te probeer nie, veral as ek dink dit kan dalk net werk.
Vandag wou ek nou weer anders wees iets nuut probeer. Lees wat doen ek op die einde dalk ken julle dit. Ek het dit nog nooit so probeer of so ge-eet nie of iemand dit sien doen nie.
Ek het nou al baie potjie kos gemaak in my lewe en aan baie kompetisies deel geneem en groot sukses gehad en leer nogsteeds nuwe dinge by.
Een ding wat my altyd pla as mens n hoender potjie maak is om die pot aan die begin te roer om seker te maak die hoender brand nie onder nie want dan breek daai hoender so maklik uit mekaar.
Iemand by n vorige Potjie Kos kompetisie se vir my jy roer nooit jou hoender pot nie. Jy pak die hoender en laat prit op lae hitte.
Ek het maar my normale potjie proses gevolg behalwe dat ek helfte van die gebraaide uie oor die hoender gegooi het en die ander helfte oor die aartappels.
Onthou ek roer maar altyd die vleisie tot die groente in kom
En ek gooi Geen water in die pot die.
Ek het die hoender gepak en speserye gegooi en toe los ek dit. Net so kort kort geskuif om seker te maak dit brand nie vas nie
Daarna het ek maar die gewone groente volgens smaak by gesit. Aartappels, Wortels, Mielies, Paty Pan en Mushrooms. Laat deur kook tot jou groente sag is.
Toe doen ek wat ek nooit aan gedink het en iemand baie lank terug vir my gese het. Probeer eendag reg op die einde Niknaks by jou hoender pot gooi.
Wel ek is liewer vir Cheas Naks en Bietjie gekleure room ook by.
So het dit gekom.
Nogal smaakvol as jy van die kaasgeur in jou potjie sal hou.
Dit maak ook die sous mooi dik.
Foto en resep:  Koos van der Merwe




JACQUES SE WILDSPOT

jacques se wildspottested

JACQUES SE WILDSPOT
Bron en foto: Jacques De Bruyn
FOOD LOVERS RECIPES
120 ml sonneblom olie
4 groot wortels opgesny
6 baba uie in opgesny
2 teelepels knoffel
2 teelepels tiemie spesery
1 kg Wildsvleis
300 g vet skaapvleis
500 ml Rooiwyn of Port
1 500 g sakkie baba aartappels
1 500 g kersie tamaties
2 teelepels sout

Verhit die olie in die pot en bruin jou uie en knoffel vir so 5 min. Voeg dan die vleis by en bruin dit saam met die tiemie en 1 teelepel sout. Sodra die vleis gebruin is, voeg die tamaties, wortels en port/rooiwyn by en 1 koppie water (indien nodig) en laat prut vir so 2 tot 3 ure met die deksel op. Hou ‘n konstante hitte met die kole. Loer gereeld om seker te maak die pot kook nie droog nie. Voeg dan die baba aartappels en 1 teelepel sout (indien nodig) by en kook vir nog 45 min of tot sag.

 




MIKE’S WATERBLOMMETJIE POT WITH SWEET POTATO

waterblommetjie-potjietested
MIKE’S WATERBLOMMETJIE POT WITH SWEET POTATO
It’s waterblommetjies time again in South Africa. I had no potatoes so substituted sweet potato, and stumbled on a winner.
In the pot is
1 kg well-browned lamb knuckles and lamb neck
two chopped onions
a tot of brandy
garlic
teaspoon coriander seeds
four cloves
fresh thyme and fresh bay leaf
sweet potato
two punnets waterblommetjies
Brown the meat in a little oil, then remove.
Fry chopped onion until translucent, add plenty of chopped garlic. Add a tot or two of brandy and return the meat. Add beef stock, sufficient to almost cover the meat, coriander seeds, cloves, Thyme and bay leaf. Leave to simmer, covered, for one hour.
Wash the waterblommetjies and cut potatoes to similar size, add all together with a bit of salt and pepper and leave simmering for 40 minutes to an hour. The vegetables will steam and shrink down into the stew. It is done when you can easily push a fork through the thickest part of the flowers, much like potatoes.
Serve on cooked rice.

RECIPE AND PHOTO:  Mike Ochtman




LAM SHANK IN DIE PRUT POT

lamtested
Nou ja My Lam shank in die slow cooker en in n ysterpot op die stoof

LAM SHANK IN DIE PRUT POT
Opgesnyde Lam shank
Uie gebraai en uit gehaal. Die Lam shanks in die pot
Later toe gooi ek weer die uie by saam met Cocktail tamaties
Onthou geen water in die pot nie
Aartappels en mushrooms
Op die einde Room met n bruin sous poeier
Hier is twee borde en as jy lief is vir uie sny sommer klomp ru uie by.
My vrou se Baby Marrows maak die pot suur proe as dit oor gestaan het toe bak ek dit apart in die oond
Ek sal later my shank geniet

Bron en Foto: Koos Van Der Merwe




ISAK SE HEERLIKE BEESTONG POTJIE

beestong potjie isaktested

ISAK SE HEERLIKE BEESTONG POTJIE
3 medium grootte beestonge
3 groot uie, grof gesny
2 medium groen soetrissie, grof gesny
500 gram knopie sampioene
250 gram gedroogde sampioene, fyn gesny
250 gram gedroogde perskes
1 pakkie potjie mielies
1 potjie mix groente
sweet and spicy apricot cook in sauce (Royco)
sout na smaak
knoffel na smaak

Vir die sous oor die tong:
250 ml English mustard
1 blikkie kondensmelk
100 ml Ideal Milk

Meng alles saam en sit in yskas.
Kook die beestonge vir ongeveer 2 ure in’ n pot op die stoof, trek die vel af en sny die tong in skywe.
Start jou Bo-Baas stofie en gooi olie in pot om bodem net-net te bedek.
Braai die uie en soetrissies tot bruin.
Gooi die beestong en knoffel saam en braai tong tot bruin.
Pak helfte van die knopie sampioene op die vleis.
Pak die klein mielies op.
Pak die potjie mix groente.
Pak die ander helfte van die knopie sampioene.
Pak die gedroogde sampioene en gedroogde perskes heel bo.
Gooi sout op en gooi die sweet en spicy apricot sous oor.
Neem ‘n koppie van die water waarin die tong gekook het en gooi oor.
Sodra die pot kook, stel die hitte af en laat prut vir ongeveer 2 ure.
Skep op stampmielies en geniet.
Resep en foto:  Izak Van Niekerk




GIDEON SE LAMSRIB POTJIE

gideon se lamsrib potjietested

GIDEON SE LAMSRIB POTJIE
1,5 kg lamsrib, opgesaag in groterige porsies
3 aartappels, medium groot in blokke gesny
2 uie, medium groot en gekerf
1 wortel, groot gekerf
1 t peper
1 e growwe sout
1 t chillie flakes
1/2 pakkie bruin uie soppoeier
600 ml water, ekt sommer oorskiet sodawater gebruik
Braai die vleis in ‘n klein bietjie olie op skerp kole vir omtrent ‘n uur
Voeg die uie by en braai nog 15 min.
Voeg die aartappels en wortel by asook ± 500-600 ml water en kook op medium kole vir ±2 ure.
Skep van die sous in die potjie ± ‘n halwe koppie en meng dit met die bruin uiesoppoeier en gooi oor die inhoud van die pot.
En laat prut vir nog 20-30 min en bedien saam met plastic rys dit is nou die losserige rys en geniet hmmmmmmm heerrlik !!!
Bron en foto: Gideon Louw




FRANCO SE HEERLIKE KERRIE AFVAL POT

kerrie afval pottested

FRANCO SE HEERLIKE KERRIE AFVAL POT

1 kg skoon skaap pens, opgesny
1 kg skoon beespote, opgesny
1 eet lepel garlic en gemmer paste
3 teelepels rajah all in one kerrie
3 uie, in half ringe gesny
3 eetlepels Mrs Balls hot chutney
1/4 tlp fyn naeltjies
1 tlp fyn kaneel
500 g lam nek
8 aartappels, in kwarte gesny

Week afvalle in asyn water oornag in yskas.
Kook die afval in die asyn water sonder enige sout in die stoom pot tot sag. Verwyder alle bene van die vleis en voeg afval terug in die water en hou eenkant.
In ‘n nommer 3 potjie braai uie tot amper sag, voeg kerrie, knoffel en lam nek by en laat die nek lekker bruin braai. Voeg naeltjies en kaneel by. Geur met sout. En voeg chutney by
Voeg die klaar gekookte afval en die water by. Plaas deksel op pot en laat prut vir so 3 ure.
Voeg nou aartappels by en laat prut tot gaar en voeg nog sout by indien nodig.
Bedien op rys of samp.

FOTO EN RESEP: Franco Dippenaar




ROLADEN POT

roladen pot hendriktested
ROLADEN POT
Basis van die pot is gebore uit Roladen
1 kg chuck in blokkies
250 g spekin blokkies
10 ml Duitse mosterd
4 gherkin pickels, in dille gesny
150 ml van die pickle sous
50 ml olyfolie
1 koppie aftreksel
sout en peper na smaak
2 eetlepels uie marmelade
bruinsous dik maak goed
wortel, aartappels en groenbone, soos jy wil insit

Braai spek in olie en skep uit.
Braai vleis tot bruin.
Voeg pickle sous, spek en aftreksel by en prut 30 min.
Voeg res in behalwe gesnyde gherkins en dik maak goed en prut tot sag.
Sit verdikkingsmiddel en gherkins in prut tot dik.
Bedien met rys of as jy nie aartappels insit nie op mash.
Suurkool loop ook mooi saam.

Resep en foto:  Hendrik Markgraaff