COETZEE SE SKAAPSKENKEL POTJIE

COETZEE SE SKAAPSKENKEL POTJIE

Plaas 2 kg opgesaagde skaapskenkel in jou pot. Dit kan sommer gevries in die pot kom soos hy warm word. Kook vir 3-4 ure tot vleis los is van bene.
Voeg aartappels en gemengde groent bo-op en kook tot aartappels amper sag. Voeg ‘n koppie rooi Jeripico by en maak n sousie met pakkie beef sop,
beef en onion sop,
halwe koppie blatjang en
3/4 koppie sweet chili sous
met ‘n halwe liter kook water.
Voeg by pot en kook verder vir 10-15 minute

Bron en foto: Coetzee Neethling




GROOTMAAT POTJIEKOS

GROOTMAAT POTJIEKOS

200 g pp vleis rou gewig
13 kg rys
Ek werk op 6 persone per koppie rys.
Groente werk ek op 150 g tot 170 g pp rou gewig wat insluit:
Baby marrow, mini corn, patty pans, broccoli, wortels, rooi uie, boontjies, butternut en aartappel. Jy kan sweet peppers ook bevoeg. Dan het jy inderdaad ‘n kleurvolle pot.

Hou jou groepsamestelling in gedagte. Sekere groep mense eet meer as ander groepe.
Vir mense wat die kos gratis gaan kry. Oorweeg dalk om vir hulle in te skep as wat hul self inskep.
Hou jou bordgrootte baie standaard.
Indien dit weggooibare eetgerei is wat jul gaan gebruik, gebruik die fomo 44.
Mense kan liewer kom vir ‘n 2de inskep.
Speserye regtig na smaak.

Wenk: Fanie Smit




LAMSPOTJIE MET KLUITJIES (DUMPLINGS)

LAMSPOTJIE MET KLUITJIES (DUMPLINGS)
(6 – 8 porsies)
60 ml olyfolie
6 knoffelhuisies, gekap
1,2 kg kort lamskenkels
500 g baba-uie, geskil
60 ml tamatiepasta
30 ml fyn koljander
20 ml komynsade
10 ml paprika
30 ml droë roosmaryn
2 x 400 g-blik kersietamaties
500 ml rooiwyn
400 g baba-aartappels
400 g babawortels
sout en varsgemaalde swartpeper

Kluitjies:
125 ml botter
140 g (250 ml) bruismeel
200 ml water

Verhit olyfolie in swartpot. Voeg knoffel en lam by. Braai vinnig tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute. Voeg uie en tamatiepasta by. Braai vir nog 5 minute. Voeg koljander, komyn, paprika en roosmaryn ook by en braai vir 2 minute. Voeg tamaties en wyn by. Sit deksel op en laat stadig prut vir sowat 90 minute. Voeg nog water by indien vloeistof begin wegkook. Voeg aartappels en wortels by. Laat weer stadig prut vir sowat 30 – 45 minute of tot aartappels sag is. Geur met sout en swartpeper.
Maak kluitjies só.
Vryf botter en meel met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg genoeg water by sodat ’n nie te stywe deeg vorm. Haal deksel van pot af en skep lepels vol deeg bo-op bredie. Sit deksel terug en laat stoom vir sowat 30 minute tot kluitjies gaar is.

Resep geplaas deur Marietjie Prinsloo




NICO SE BEESSTERTPOTJIE

NICO SE BEESSTERTPOTJIE
2 beessterte
2 groot uie gekap
2 huisies knoffel
6 wortels,
6 meduim aartappels,
6 mielies op gesny en
1 pk sampioene
2 pk oxtailsoppoeier
250 ml room en 125 ml melk
Braai uie en knoffel, haal uit en braai dan beesstert in dieselfde pot tot lekker bruin.
Gooi alles weer in pot en gooi n bottel old brown sjerry en halwe koppie brandewyn. Kook oor lae hitte vir 2 ure. Gooi dan mielies, aartappels en wortels in. Kook vir nog so 2 ure baie stadig. Gooi sampioene in. Meng oxtailsoppoeier met room en melk en gooi bo oor. Laat simmer vir 20 min. En dan eet jy lekker.

Resep en foto: Hettie Swanepoel




HENDRIK SE SKAAPRIBPOT

HENDRIK SE SKAAPRIBPOT

1 skaaprib in blokke
3 aartappels
3 wortels
500 g groenbone
3 tamaties gekap
500 ml aftreksel
200 ml rooiwyn (Pinotage)
1 TL finkel (Fennel)
1 TL komyn
1 TL sout
1 TL wit peper
1 ui in ringe
4 knoffel huisies
3 rissies, ontpit en gekap
olyf olie
kluitjies
1 koppie bruismeel
water genoeg vir slap deeg
sout en peper na smaak

Braai uie rissies en knoffel saam tot sag. Skep uit en braai vleis bruin. Skep uie terug, gooi rooiwyn vleis aftreksel tamatie en speserye by kook 45min. Voeg aartappel wortel en bone by kook tot aartappel sag is. Skep kluitjie deeg oor en kook nog 15min
Skep en geniet

Foto en resep: Hendrik Markgraaff




GIDEON SE KERRIE VRUGTE SKENKELPOT

GIDEON SE KERRIE VRUGTE SKENKELPOT
2 kg lamskenkels
2 groot aartappels, geskil en in mote gesny
1 klein blilkie fyn pynappel
1 groot groen appel, geskil en in mote gesny
2 uie, geskil en in ringe gesny
1/2 k geweekte sultanas
1 groot tamatie opgrkap
2 k witwyn ±
Braai die vleis en uie saam
Voeg die aartappels by asook ‘n koppie wyn en kook omtrent ‘n 3/4 uur
Voeg die appel sultanas en pynappel en tamatie by asook nog ‘n koppie wyn
Kook vir nog ‘n uur
Voeg dan die sous by wat bestaan uit
1 e borrie
1 e kerrie
3 e suiker
1 pakkie oxtail sop poeier wat als gemeng is met n koppie water
Laat prut vir nog ‘n uur en geniet ‘n paar fynetjies
Bedien saam met rys
Bron en foto: Gideon Louw




KREEFPOT

KREEFPOT

Vir tien mense het jy so 20 kreefsterte nodig, onthou om die dermpie vooraf te verwyder.
Ek braai dan 2 fyngekapte uie en knoffel na smaak in ’n bietjie olie totdat dit lekker deurskyn.
Dan kap ek 3 tamaties en so ¼ stukkie soetrissie baie fyn (ek gebruik geel soetrissie vir delikate geur) en braai dit saam met die uie vir nog ’n paar minute.
Geur nou die tamatiemengsel met die volgende:
1 teelepel droë koljander
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel borrie
1 teelepel kerrie
1 teelepel fyn droë rissie
2 eetlepels suiker
1 eetlepel suurlemoensap
Laat dit stadig prut vir 5 minute. Voeg die kreefsterte met 2 blikke klappermelk by en laat prut vir nog 10 minute. Garneer met fyngekapte vars koljander. Ek gebruik pietersielie.
Ons hou van kerriekreef saam met geurige wit Basmatiese rys, maar dit lyk en smaak ook wonderlik saam met mini-poppadums
Ek het die resep gebruik behalwe ons het 13 kreef sterte gebruik plus die poote ook ingesit.
Nota:
Ek nie mal daaroor as goed te ryk is nie so het net 1 blik coconut milk en 1 blik wit wyn gebruik.

Resep en foto:  Rozetta Dalaen Muller




GIDEON SE LAM EN MACARONI POT

GIDEON SE LAM EN MACARONI POT
6 groot lam tjops
1 1/2 koppie pypie macoronie
75 ml tamatiesous
25 ml woestersous
25 ml asyn
10 ml suiker
2 – 3 k witwyn of water
3 uie, gesny in wiele
2 k gerasperde chedder kaas
sout en peper na smaak
‘n bietjie koekmeel
Meng die tamstiesous woestersous asyn suiker
Braai die vleis en uie in n platboom swartpot
Gooi dan als uit in n bak en rol die tjops in die meel. Plaas terug in pot en strooi die gebraaide uie bo oor die vleis
Gooi dan die tamatiesous mengsel bo oor en kook op stadige kole vir vyf minute
Voeg dan 1k wyn by en kook vir omtrent n 3/4 uur
Voeg dan die macaronie egalig by oor alles en voeg dan die ander koppie wyn ook by
Maak die deksel toe en kook vir nog 1 1/2 uur
Voeg die gerasperde kaas egalig oor en prut tot kaas gesmelt en crisperig is
Ekt n bietjie kole op die pot se deksel gesit nadat die kaas in is
Bron en foto: Gideon Louw




SUZANNE SE BEESSTERT POTJIE

beestert-potjie-suzanne-regtested

SUZANNE SE BEESSTERT POTJIE
1,5 kg beesstert
1 kp meel
3 E. olie
3 E tamatie puree
1/2 t droë tiemie
4 loerierblare
500 ml rooi wyn
750 ml beef stock
4 medium wortels (klein gesny)
4 seldery stingels
3 medium uie, opgesny
1 kg baby potatoes
5 wortels, grof gesny
sout en peper na smaak

Rol oxtail in meel, braai in pot tot bruin. Haal uit, braai uie, seldery, en wortels tot sag, voeg vleis terug in pot met rooiwyn, beef stock, tiemie, loerierblare en tamatie puree. Prut op lae kole vir 1 en half uur. Dan word aartappels, grof gekapte wortels, sout en peper bygevoeg, kook n verdere uur en ;n half en geniet.

Resep saamgestel en verander sowel foto: Suzanne Petersen
2de foto: Gideon Louw




AARTAPPEL POTJIE

aartappel-pot-ceciltested
AARTAPPEL POTJIE
1 pakkie baby aartappels
1 pakkie sampioene
½ pakkie wit uie sop
1 ui, opgekap
1 pakkie spek stukkies
500 ml room
1 pakkie baba mielies
vars knoffel, uitgedruk
fyn gerasperde kaas, cheddar en haloumi

Braai uie en knoffel saam.
Voeg sampioene saam.
Voeg spek by en braai alles tot bruin.
Voeg baba mielies by.
Voeg aartappels by.
Voeg uie sop gemeng met water by.
Na 30 min voeg 250 ml room by.
Draai hitte af en kook vir 60 min.
Voeg kaas by en roer.
Voeg 250 ml room by en kook tot gaar.
FOTO EN RESEP:  Cecil Dunhin