KOOS SE WILDS POTJIE OP DIE STOOF



KOOS SE WILDS POTJIE OP DIE STOOF
Ysterpot op die stoof
3 groot uie, gesny en toe gebraai saam met vark spek
Uie uit gehaal en in ‘n bakkie gelos.
2 kg wildsvleis gebraai. ‘n Paar stukkies op ‘n slag net om te seël.
Stoofplaat se hitte af gestel na no 3 en al die vleis in gegooi.
Vir 3 ure laat stoom-kook geen water in die pot gegooi nie.
Voeg by:
32 gram sout
2 gram nutmeg
3 gram naeltjie
2 gram swart peper
5 gram koljander
Plaas dan daai gebraaide uie bo in die pot, maak toe en los om te stoom-kook vir nog ‘n uur.
Toe ek sien die vleis wil begin lyk of dit wil afkook van die bene af het ek klein aartappels middel deur gesny en bygesit.
Nou wag ek tot daai aartappels sag gekook is en daai klein aartappels vat gewoonlik so ure.
Daar moet nog wortels in kom, kook tot sag en sit solank die rys op vir die lekker eet.
Wanneer alles sag gekook is, gooi die sous oor.
Dit was 1 pakkie bruin uie sop poeier gemeng tot ‘n pasta met koue water, daarna 250 ml vars room gemeng met Worcestersous tot ‘n bruin kleur. Gooi in potjie, roer goed deur en laat net stadig deurkook tot die sous lekker dik is.
Bedien saam met rys en slaai van jou keuse.
Resep en Foto: Koos Van Der Merwe











