PIETIE SE LASAGNE POT


PIETIE SE LASAGNE POT
Ek het dié resep by my broer geleer. Begin vroegmiddag al – hoe langer die maalvleis prut, hoe lekkerder is jou pot.
50 ml olie
1 kg maalvleis
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, gekneus
2 blikke gekapte tamaties
100 g tamatiepasta
30 ml Worcestersous
30 ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper
’n groot hand vol vars kruie, gekap
sowat tien lasagnevelle

VIR DIE WITSOUS:
100 g botter
80 ml meel
3 koppies melk
1 koppie cheddar, gerasper
1 koppie mozzarella, gerasper
1 koppie feta gekrummel

Verhit die olie in ’n platboompot en braai die uie en knoffel sag. Voeg dan die maalvleis by en braai dit amper gaar.
Gooi die tamatie, tamatiepasta, Worcestersous, blatjang, kruie, sout en peper by. Roer dit goed en laat prut vir sowat drie ure (of minstens vir ’n uur, as die honger druk).
Verhit die botter en roer die meel by totdat die sous begin dik word.
Gooi die melk by en hou aan met roer totdat die sous glad en deurgekook is.
Skep die maalvleis uit, giet ’n dun lagie witsous in die bodem van die pot, bedek die witsous met lasagnevelle, gevolg deur ’n laag maalvleis. Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is. Sprinkel die kaas bo-oor, sit die deksel op en laat dit oor lae hitte prut vir sowat ’n uur.
Om jou skoonma te beïndruk kan jy ’n bietjie sampioene, gestoomde spinasieblare en ’n skeutjie sjerrie by die vleismengsel voeg.
Foto en aanpassings:  Dorea Fisher
Ek het 3 soorte kaas in die witsous gesit. Feta, cheddar en mozzarella. Geen sherry. Die resepte is perfek soos hy is.




ALAGAARTJIE POT

ALAGAARTJIE POT – CHOLESTROLBOMPOT
(vir 6 mense)
VLEIS
1 groot beesstert
1 groot heel beestong
½ kg skaapstertjies
6 skaaptongetjies
400 g soutbeesvleis, opgesny in 5 cm-stukkies
1 kg skaapskenkels
1 pakkie ontbytspek, gesnipper
½ glas droë rooiwyn

GROENTE
4 groot uie, gekap
500 g klein uitjies
½ bossie klein worteltjies, heel
2 selderystingels, gekap
300 g wit sampioene
2 groot bakhande vol jong groenbone, met die stingels afgesny
20 klein, vars heel aartappeltjies
pietersielie, fyngekap

SPESERYE
gemaalde swartpeper
10 heel naeltjies
2 lourierblare
1 kaneelstokkie
‘n paar wonderpeperkorrels
4 knoffelhuisies
1 klein jalepeño-rissie, ontpit en opgekap
½ pakkie bruinuiesoppoeier
2 teelepels gemengde kruie

Sit die beesstert en spek saam met ’n halwe koppie olyfolie in ’n koue potjie. Voeg al die speserye by (maar nie die soppoeier nie). Sit nou die potjie bo-op sy kole.
Braai dit vir sowat 30 minute en sit dan die beestong en skaaptongetjies bo-op die beesstert en spek.
Gooi ’n bietjie warm water en ’n halwe glas droë rooiwyn by. Sit die deksel op en kook dit taamlik vinnig vir sowat 80 minute. Gooi nog water by indien nodig. Pasop vir te veel sout; die soutvleis is klaar soutig.
Pak die soutvleisstukke saam met die skaapstertjies en -skenkels boop. Sorg dat daar genoeg water op die vleis is.
Pak die groente in lae bo-op:
Begin met die uie, dan die wortels en seldery. Pak die sampioene teen die rand, gooi die groenbone in die middel en druk die heel klein uitjies tussen die bone. Pak die aartappeltjies bo-op en en gooi ’n bietjie pietersielie oor. Kyk mooi waar die beestong in die pot lê; jy moet dit later uithaal.
Sit die deksel op en kook dit vir minstens ’n uur en ’n half.

Lig die tong met ’n lang vurk uit, sonder om die potjie deurmekaar te krap. Ontvel die tong en sny dit in skywe. Probeer die skywe instoot waar jy die tong uitgehaal het, sonder om dinge deurmekaar te krap.
Strooi die soppoeier oor en laat dit vir ’n halfuur lank stadig prut.
Maak intussen kluitjies aan.  Skep lepels vol bo-op en laat ’n halfuur lank prut. Maak seker daar is genoeg sous vir die kluitjies.
http://www.foodloversrecipes.com/2018/04/kruie-kluitjies-dumplings/
Resep geplaas deur: Hendrina Barkhuizen Kruger




NICOLENE SE SEEKOSPOT

NICOLENE SE SEEKOSPOT
1 ui fyngekap
1 eetlepel knoffel, gekap
700 g seafood mix
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 koppies gemengde groente
1 koppie witwyn
400 g garnale (prawns)
250 ml room
sout, peper en vis speserye na smaak

Braai die ui en knoffel in bietjie olie in jou pot, voeg seafood mix,  aartappel en mixed veggies (ertjies, mielies en wortel) by, laat ‘n bietjie van die vog weg kook (+/- so 15- 30min)
Voeg die witwyn by en laat prut.
So 20 min later kom die prawns by en net voor prawns klaar is (ongeveer 10 min) voeg die room by. Laat deur kook. Ons het gegeur met sout, peper en vis speserye na smaak. Als was gemaak in ‘n swartpot op ‘n gaspstoof. Heerlik
Resep en foto:  Nicolene Adams
2 de foto:  Marietjie Van Zyl
Hier is my beloofde foto van die seekos-potjie met SeafoodMix gemaak soos riglyne gekry op Nicolene se resep. Behalwe ek het nie prawns gehad nie en het toe sampioene gebruik wat ek saam met die uie en knoffel effe gebraai het. Dit proe baie lekker! Gaan dit netnou eet saam, het sommer net ‘n groen slaaitjie daarby gemaak. Baie dankie vir julle hulp!




ASHLENE’S LAMB POTJIE

ASHLENE’S LAMB POTJIE
500 ml red wine
1 Liter bottle of coke not zero
3 tbls bovril
packet beef goulash mix
onions
garlic
Bisto
mushrooms
baby onions
Aromat and LOTS black pepper

Brown onions and garlic and add lamb. Brown.
Mix in a jug wine, coke, bovril, and goulash mix, aromat and pepper.
Pour in pot cook for 3 hours until lamb tender.
Add mushrooms and onions, cook till soft.
If needs thickening use Bisto.
Serve with rice and French bread and butter.
Recipe can also be made with beef.
WINNER everytime!
Recipe: Ashlene Ross




LOUISE SE LAMSKENKEL POTJIE


LOUISE SE LAMSKENKEL POTJIE
Omtrent 1.5 kg lamskenkels
goeie rooiwyn
1 groot ui, gesny
2 – 3 huisies knoffel, fyngemaak
vars kruie, na smaak
klein aartappeltjies
gemengde vars groente, na smaak
geurmiddels: Ina Paarman Seasoned salt en Garlic & Herb
Bisto of sopmengsel

Braai eers die skenkels mooi goudbruin in olie of botter, nie alles op een slag nie.
Verwyder uit pot en hou eenkant.
Braai dan een gesnyde ui en knoffel na smaak in jou warm pot.
Voeg vleis by, ‘n skeut goeie rooiwyn, en ‘n takkie vars roosmaryn en geurmiddels. Ek het Ina Paarman se Seasoned salt en Garlic & Herb gebruik.
Prut stadig vir omtrent ‘n uur.
Voeg baba aartappeltjies by en prut vir nog ‘n halfuur of tot aartappeltjies amper sag is.
Nou kom die groente by.
Ek het klaargesnyde groente gebruik, die “roast mix”, dis ideaal vir ‘n potjie. Sny baie groot stukke bietjie kleiner. Voeg sout by asook nog vars kruie. Ek het roosmaryn, tiemie en basil uit die tuin gebruik.
Verhoog die hitte en kook vir omtrent nog ‘n halfuur of tot groente net sag is. Moenie die groente pap kook nie.
As alles gaar is kan jy n bietjie Bisto met omtrent n koppie water meng en deurkook. Proe of nog sout moet bykom.
Bedien op rys of mash.
Resep: Louise Groenewald
Fotos: Louise Groenewald

Notas:
Die beste potjie het die minste bestanddele in. Jy moet die vleis en groente kan proe en alles moenie pap gekook wees nie.
Vermy ‘n groot verskeidenheid geurmiddels en souse.
Voeg slegs ‘n baie klein bietjie vloeistof by terwyl pot kook slegs as dit absoluut nodig is.




LAMB CURRY POTJIE OR BUNNY CHOWS

LAMB CURRY POTJIE OR BUNNY CHOWS
Camping this weekend so lamb curry potjie turned into bunny chows.
1 kg lamb pieces
2 medium onions chopped finely
oil for browning onions
2 tbsp medium curry powder
Briyani mix
2 tbsp Chutney
2 tomatoes, chopped
1 tsp crushed garlic
salt and pepper to taste
1 beef stock pot or cube
4 medium potatoes

Brown the onions on medium heat (I use a cast iron pot), add garlic and stir. Add 2 bay leaves, one star anise, 2 cinnamon sticks and about 2 teaspoons of jeera seeds (these are all in the briyani mix packet). Allow this to simmer for a couple of minutes. Add curry powder and simmer for 2 mins stirring to avoid it catching. Add lamb pieces and stir through till browned. Add tomatoes, chutney and stock pot. Stir well. Add boiling water from kettle till meat just covered and simmer with lid on till meat soft. Usually about an hour add potatoes. When potatoes soft remove lid and simmer till liquid has reduced and thickened. Serve with rice or in a bunny chow.
Photo and recipe posted by Jackie Paterson




DAVE SE RISSIE EN KERRIE SKAAPSKENKEL POT

DAVE SE RISSIE EN KERRIE SKAAPSKENKEL POT
1 kg skaap skenkels
2 uie opgesny
Baba aartapels (Soveel jy wil)
Crushed garlic na smaak
Potjie mix groente
2 pakkies sampioene opgesny
Chilli sous (Ek gebruik tuis gemaakte)
Mother in law curry. Na smaak
Tandori Masala. Na smaak
Curry masala. Na smaak
Borrie. Na smaak
Steak & Thops spice
5 Bay leaves
Volgende gooi mens na smaak
Origanum
Thyme
Nutmeg
Cloves
Ground Cumin
Coriander
Cinnamon
Sous:
Brown onion sop poeier
Ms Balls chutney
Appelkoos konfyt
Greek salad slaai sous
Mostert sous

Ek braai eers die uie bietjie tot glans. Dan gooi ek al die droeë bestanddele in. Dit is die borrie, kerrie poeiers, nutmeg, cloves, cumin, coriander, cinnamin, origanum, thyme in. Maar raak bietjie droog in die pot. Gooi net bietjie water in. Braai dan nog bietjie en haal uit. En dan gooi ek die vleis in en braai bietjie uit. En dan gooi ek als weer terug met bietjie water tot die vleis amper bedek is.
Prik tot amper sag. Gooi baba aartapels in en prik vir ‘n rukkie tot amper sag. Gooi potjie mix in en na so rukkie die sampioene.
Sous
Gooi n pakkie brown onion sop poeier in bietjie water en meng mooi. Voeg chutney, konfyt en Greek slaai sous by na smaak en meng mooi. Roer mooi en gooi mengsel in pot . Verlaag hitte en prik tot sous lekker dik is.
PS…..
Ek bedien dit met samp. Maar in plaas van sout in gooi, gooi ek 2 blokkies chicken stok in. Oppas vir die cloves. Moet nie teveel ingooi nie, want kan maklik als oorheers.
Foto en resep: David Naude




SKENKEL EN GROENTEPOT

SKENKEL EN GROENTEPOT
1 kg skaap skenkels
Drie aartappels geskil en in kwarte gesny
Drie wortels geskil en in repe gesny
1 pakkie sampioene gehalveer
1 teelepel chillieflakes
1 teelepel sout
1/2 teelelpel wit peper
1/2 pakkie bruin uie soppoeier
2 koppies water
Braai die skenkels mooi bruin en voeg die gekerfde uie by
Braai nog n rukkie en voeg die aartappels by asook die water en die wortels, sout en peper en chillie flakes.
Prut stadig vir ongeveer 1 uur
Voeg die sampioene by en prut vir nog n halfuur
Skep van die potjie se sous af omtrent n halwe koppie en meng met die halwe pakkie soppoeier
Prut vir nog n half uur
Bedien op n bed rys saam met soet pampoen
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




CHOCOLATE AND MARSHMALLOW POTJIE PUDDING


CHOCOLATE AND MARSHMALLOW POTJIE PUDDING
1 Chocolate cake mix, plus ingredients listed on the back of the box
1 Chocolate pudding mix plus 2 cups cold milk
1 cup marshmallows
½ cup white chocolate chips
½ cup chocolate chips

Prepare cake batter according to package directions and pour into greased potjie.
Prepare chocolate pudding mix.
Cover cake mix with marshmallows, then carefully spread pudding mix over marshmallows.
Top evenly with chocolate chips.
Cover and cook for 50 to 60 minutes or until edges are done and pudding is bubbly.
Serve with cream or ice cream.
Recipe and pictures:  Louise Venter




HEEL GEBAKTE PAMPOEN IN SWARTPOT

HEEL GEBAKTE PAMPOEN IN SWARTPOT
Genoeg vir: 8 porsies
1 heel boerpampoen
30 ml botter
1 groot ui, skoongemaak en fyn gesny
6 repies spek, fyn gesny
750 ml vars brood krummels
250 gram vars groente ná eie keuse (opgesny in blokkies)
2 knoffeltoontjies, skoongemaak en baie fyn gesny
30 ml vars salieblare
500 ml gerasperde Cheddar kaas
250 ml room
vars gemaalde sout en swartpeper
Voorverhit die swartpot oor  matige kole.
Gebruik ‘n skerp mes en sny die bokant van die pampoen af (dit vorm later die deksel).
Skraap die pitte aan die binnekant van die pampoen uit.
Smelt die botter in ‘n groot braaipan eenkant oor matige kole.
Soteer die ui tot sag in die botter.
Skep die uit en braai die spekvleis tot bros.
Skep die ui terug in die pan en voeg die groente by en soteer effens.
Voeg die broodkrummels en knoffel by en roer totdat die broodkrummels goed deurgemeng is.
Voeg die salie by en geur met sout en swartpeper en roer die kaas by.
Skep die vulsel in die pampoenholte.
Plaas ‘n vel aluminiumfoelie wat met olie gesmeer is onder in die pot.
Giet die room stadig oor die vulsel in die pampoen, todat die room geabsorbeer is.
Plaas die pampoendeksel op die pampoen en draai die hele pampoen in aluminiumfoelie toe. (Kante èn bo).
Plaas die pampoen in die pot en bak dit sowat 2 uur of tot sag. (Plaas kole bo-op swartboompot se deksel ook).
Toets met ‘n toetspen totdat pampoen sag en gaar is.
Maak die pampoen oop en sit voor as ‘n bygereg saam met braaivleis.
Resep aangepas en geplaas deur Amanda Conradie